Anneke Mostert hartroerend gegroet: ‘Pappa het elke oomblik saam met jou geniet’

Anneke Mostert. Foto: Instagram

Anneke Mostert. Foto: Instagram

Anneke Mostert, die 12-jarige meisie van Johannesburg wat Sondag selfmoord gepleeg het, is Dinsdag finaal gegroet toe haar begrafnis uit die NG kerk Quellerina gehou is.

Haar pa, Daan, het sy dogter met ʼn hartroerende brief gegroet waarin hy gesê het dat hy haar vergewe en dat sy die “mooiste, oulikste, slimste meisie in die wêreld was”.

Maroela Media het vroeër berig Anneke het op Sondag, 12 Julie, haarself met haar pa se .38 rewolwer doodgeskiet. Sy het nege briefies agtergelaat waarin sy verduidelik waarom sy besluit het om haar eie lewe te neem. In een van die briefies het sy genoem dat ʼn gewilde groep leerders by haar skool, Laerskool Louw Geldenhuys, glo vir haar gesê het sy is vet en lelik.

In die brief aan sy dogter het Daan gesê hy het nooit kon dink dat die woorde van boelies haar hart so seer kon maak nie. “Vir Pappa en Mamma het dit altyd gelyk of jou skouertjies breed was om die stampe en stote van die wêreld te hanteer. Die Here het geweet wat in jou hartjie aangaan, Pappa en Mamma nie,” het hy geskryf.

“Pappa het met die Here geraas en gevra hoekom Hy toegelaat het dat jy hierdie besluit neem. As Almagtige Skepper sou HY dit sekerlik kon vermy. Ons het nog nie die Antwoord gekry nie.”

Daan het ook in die brief aan Anneke gesê dat sy almal met wie sy in aanraking gekom het, se lewens ten goede verander het en dat hy weet sy is nou in die hemel.

Arrie Genis, skoolhoof van Laerskool Louw Geldenhuys, het aan Maroela Media gesê die skool het sedert Anneke se dood verskeie stappe gedoen om soveel as moontlik ondersteuning aan onderwysers en leerders te gee. “Ons het in elk geval ʼn voltydse sielkundige op die perseel wat berading en terapie aan die leerders bied, maar vandeesweek was daar drie ekstra sielkundiges by die skool om te help,” het hy gesê.

“Ek het ook ʼn omsendskrywe aan die ouers gestuur om te verduidelik hoe ons die situasie hanteer. Sessies oor depressie en waarskuwingstekens is gehou en pamflette daaroor is aan die kinders uitgedeel. Dit is nooit maklik om so iets te hanteer nie, maar ek glo ons het die situasie tot die beste van ons vermoë hanteer en die terugvoer wat ons van die ouers af gekry het, was baie positief.”

Genis het gesê die skool het nog altyd streng teen boelies opgetree, maar gevind baie aspekte beïnvloed die probleem. “Daar is nie een skool of werkplek in Suid-Afrika sonder boelies nie. Dit kom orals voor. Ons sal altyd teen boeliegedrag optree, maar ons is afhanklik van ouerondersteuning om dit stop te sit. Dikwels wanneer mens met die boelie se ouers praat, ouers jou nie glo nie en sê hul kinders sal nooit so iets doen nie. Ons het die ouers se betrokkenheid nodig,” het hy gesê.

Kliek hier om Daan se volledige brief aan Anneke te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Eileen ·

Ek weet dat daai lede wat die populere groepie ook maar net kinders is, maar wonder ek of een van hulle net dalk ‘n klein bietjie skuldig voel. Sterkte aan almal. What a waste!

Piet Snot ·

Eileen, ek dink ook aan die invloed wat die gebeure op die boelies se lewens gaan hê.
Op die oomblik voel ek of ek hulle iets sal kan aandoen, maar ek weet ek’s verkeerd.

Anke ·

Ek hoop die boelies se ouers is baie trots op hulle kinders.

alta acker ·

My gebed vir die ouers van Anneke is, Jesus julle hartseer, pyn en verlies sien, julle is goeie ouers vir haar gewees, Jesus het haar, die mooiste en kleurvolste blom gepluk vir Sy hemelse blommerangskikking.

Pendoring ·

Wat van ‘n “Name & Shame them” plek waar boelies se name geplaas kan word? Facebook bladsy met boelies se name op. Hulle sal gou agterkom hulle dade kan nie weggesteek word nie. ‘n Boelie floreer net wanneer hy kan baasspeel en dink hy kan wegkom met sy dade.

nig ·

Pendoring – jy het nogals iets beet maar weet nie of dit wettig sal wees nie.

neelsie ·

So n hartseer kan jy nie met iemand deel nie.
Bid God se troos vir die gesin.

santoinette ·

My innige simpatie aan die familie. Dit is so tragies haar hele lewetjie het nog voor haar gele. en dat dit so moes eindig en watse stryd het sy gevoer ons sal nie weet nie.

Marikie du Plessis ·

Gewoonlik is boelies kinders wat self ‘n probleem tuis het en nie weet hoe om dit te verwerk nie. Hulle ontvlug deur dit op iemand anders uit te haal. Dit gee hulle die gevoel van “mag” en laat hulle goed voel. Tuis is dit ‘n ander storie – daar word hulle totaal oordonder.

Elke mens het ‘n keuse in die lewe. Anneke het ‘n keuse gemaak – wat nie die beste keuse was nie. Die hele negatiewe atmosfeer veroorsaak ‘n rimpel effek wat weier en weier uit kring.

Mens word kwaad (wat normaal is) vir die boelies. Ongelukkig dink elke ouer dat sy/haar makou die gans is wat die goue eiers le, tot iets soos hierdie gebeur. My hart gaan uit na die ouers. Geen ouer behoort deur so iets te gaan nie.

My beskeie mening is dat die dag wat die Bybel vergoed toegmaak is, het hierdie soort goed begin insluip en is besig om die hele wereld lam te le. Wat Anneke gedoen het, is wat miljoene kinders wereld wyd doen. Ons moet ons oe begin oop maak en die ware rede agter als raak sien. ‘n Kind wat die Here in sy/haar lewe het, sal nie ander boelie nie.

Ek se maar net

Joey ·

Hierdie is n eina wat geen ouer of kind verdien nie.Ek is n ouma van n enigste en al kleindogter wat September 13 jaar oud word,en die “groepsdruk” waaronder vandag se kinders leef,is onaanvaarbaar,dis n gestoei en gestamp en uithaal en wys,in sekere van haar groepies meisies ook.Ek sidder elke keer as ek hoorhoe hulle kompeteer met mekaar.Klein klein wil die een n groter en beter partytjie he as die ander een,EN……….meer as dikwels is dit kinders van ouers wat dink hulle kan hulle kind se pad en toekoms oop koop met hulle aansien.”Hulle is DIE en DAAI in die gemeenskap. Maar net my beskeis mening.

Dalleentjie ·

Hierdie is so treurig. En so onnodig.
Ek was self destyds op skool (vanaf St4 tot Matriek) geboelie deur die ‘cool kids’: sleggesê, gespot en verkleineer. En dit het wel ‘letsels’ gelaat – tot vandag toe, as ek ‘n bondel tieners by die Mall sien, voel ek benoud.
En (vreemd genoeg) my pa het homself ook so ‘n paar jaar terug geskiet met ‘n soortgelyke vuurwapen.
Ek kan my net effentjies voorstel hoe die ouers moet voel. Baie sterkte met die pad vorentoe.

Inge ·

Dit is ongelooflik erg! Ek was ook geboelie op skool omdat ek oorgewig was en nogsteeds is. Op daardie oomblik wat die kinders jou boelie voel dit vir jou of jou lewe verby is, maar min weet jy dat hoe ouer jy word, dat dit beter word, maar hoe verduidelik jy dit aan ‘n kind. Ek is nou ‘n suksesvolle beroeps vrou, gelukkig getroud met twee kinders. Ek wens uit die diepte van my hart dat mense net mekaar sal respekteer, ongeag hoe jy lyk ens, maar ongelukkig sal dit nooit gebeur nie..dit is ‘n jammerte.

Thula ·

Kan nie sien dat die skoolhoof onderneem om iets aan di boelies te doen nie. Die sleg is dat sommige onderwysers self boelies is. My innigste simpatie met die ouers. Ons beleef ook hoe ons kind in ‘n “beroemde” Hoërskool in Potchefstroom geboelie word, maar die skoolhoof beskerm sy personeel en hul kinders met sy lewe

Christie Joubert ·

Dit is vir my verskriklik hartseer om te sien hoeveel jong kindertjies deesdae gediagnoseer word met depressie en selfs bipolêre steuring. Asook kinders wat geboelie word, soos in hierdie geval. Miskien is dit die feit dat ons meer toegang het tot die media, dat ek soveel meer bewus is daarvan? Toe ek n kind was, was boelies bitter min, maar ek het groot geword in die tyd toe ons nog meer pak as kos gekry het! My innige simpatie aan die ouers.

pieter pretorius ·

Ons innige simpatie vir die ouers. Ek was ook geboelie en het geleer dat niemand oor jou moet loop nie. Dis so onnodig en geen persoon verdien dit nie. Sussie rus sag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.