Baba L: Aanrander hoor vandag sy lot

Baba L nadat sy op 30 Desember 2013 in die hospitaal opgeneem is.

Baba L nadat sy op 30 Desember 2013 in die hospitaal opgeneem is.

Die sakeman van Pretoria-Noord wat sy vriendin se tweejarige dogtertjie, bekend as Baba L, so erg mishandel het dat sy gestremd gelaat is, word Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.

Regter Nico Coetzee het Maandag die 37-jarige man se vonnisoplegging tot Dinsdag uitgestel. Die beskuldigde se naam word weerhou om die kind se identiteit te beskerm.

Die staat het aangevoer dat die man, ʼn geskeide pa van twee kinders, tot 10 jaar tronkstraf gevonnis moet word. Sy verdediging het egter aangevoer dat ʼn groot boete ʼn swaar genoeg straf sou wees. Lees meer hier.

Coetzee het die man verlede week skuldig bevind aan kindermishandeling, maar het hom vrygespeek op die aanklagte van poging tot moord en die versuim om mediese behandeling aan haar te verskaf.

Baba L se 21-jarige ma is vrygespreek op al die aanklagte teen haar. Die hof het bevind daar was geen bewyse dat sy haar dogter mishandel, of toegelaat het dat haar kêrel Baba L mishandel nie.

Lees alle vorige berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Sy is vrygespreek. Hy kry 10 jaar of dalk net ‘n boete. Hy is na aan sy ander kinders. Wat ‘n groot grap. Diè 2 moes die daglig NOOIT weer gesien het nie. Kyk na daardie lewelose lyfie. Geen kans teen diè 2 monsters gehad nie. Dit is wat hulle is – monsters. Maar laat hulle loop. Hulle sal kry wat hulle toekom omdat die gereg te sleg is om dit te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.