Bob Hewitt bly agter tralies; minister beveel hersiening van parool

Bob Hewitt

Bob Hewitt en sy vrou Delaille, destyds in die hof. (Foto: Werner Beukes/SAPA)

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het beveel dat ʼn hersiening gedoen moet word van die besluit om die veroordeelde seksoortreder en voormalige tenniskampioen Bob Hewitt op parool vry te laat.

Hewitt is in Mei 2015 skuldig bevind aan verkragting en onsedelike aanranding en is tot ses jaar tronkstraf gevonnis. “Daar is duidelik geen vooruitsigte van rehabilitasie nie,” het regter Bert Bam in daardie stadium gesê.

Die regter het destyds gesê as Hewitt in sy 50’s skuldig bevind is, sou hy tot minstens 20 jaar tronkstraf gevonnis word en dat Hewitt net homself vir sy ellende te blameer het.

Hewitt is in Maart 2015 skuldig bevind aan die verkragting van Theresa “Twiggy” Tolken en Olivia Jasriel (voorheen bekend as Suellen Sheehan) in die 1980’s en die seksuele aanranding van nóg ʼn vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, in die 1990’s. Die misdade is gepleeg terwyl hy vir hulle tennislesse gegee het. Hewitt het onskuldig op die aanklagte gepleit.

Hy dien sedert September 2016 sy tronkstraf uit by die St. Albans- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth ná die Konstitusionele Hof vroeër sy aansoek om verlof tot appèl afgekeur het.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het Vrydag aan Maroela Media gesê hulle het nog geen inligting van die paroolraad oor enige besluit wat moontlik geneem is nie. “Indien en wanneer ʼn besluit geneem word, sal ons daaroor ingelig word,” het Singabakho Numalo, woordvoerder van DKD, gesê.

‘n Uittreksel uit die DKD se brief oor Hewitt se parool.

Luidens ʼn brief van die departement, gedateer 12 September, het die paroolraad egter wél op 23 Augustus vanjaar vergader om Hewitt se aansoek om parool te oorweeg. Daar is inderdaad ook besluit om hom op 23 September op parool vry te laat.

Tania Koen, Jasriel se regsverteenwoordiger, het vroeër aan Maroela Media gesê haar kliënt was stomgeslaan deur dié besluit en dat Hewitt se slagoffers geensins in die besluit geken is nie.

Die minister het Sondag in ʼn verklaring gesê hy het met kommer kennis geneem van die gebrek aan deelname deur slagoffers in die parool-oorwegingsproses. Hy het die nasionale kommissaris van DKD gevolglik beveel om die aanbeveling te laat hersien.

Olivia Jasriel tydens die hofsaak. (Foto: Werner Beukes/SAPA)

“Minister Lamola is van mening dat dit billik en in die belang van geregtigheid is dat die slagoffers en hulle families die geleentheid kry om deel te neem aan die proses om ʼn oortreder vir parool te oorweeg, soos deur wetgewing en die paroolproses bepaal word,” het die verklaring gelui.

Weens die hersiening van die aanbeveling, word Hewitt se plasing op parool dus voorlopig opgeskort.

Koen het Sondag gesê hulle verwelkom die minister se besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Anoniem ·

Olivia en die ander Vrouens moenie moed verloor nie, na aanleiding van die afgelope 2 weke se ontevredenheid oor die behandeling van Vroue in Suid-Afrika sal dié snert net eenvoudig nie meer geduld word NIE ! BOB BLY WAAR JY HOORT –
LAFAARD

Cherokee ·

Wàt ‘n grap (as jou sin vir humor dit sou toelaat om te dink dit is snaaks), om iemand by name as ‘n lafaard uit te skel, en dit anoniem doen. Dit is waar besluit moet word wie werklik die lafaard is.

Cherokee ·

Of Anoniem, miskien het ek verkeerd verstaan. Vergewe as dit die geval is. Weer lees laat dit lyk asof jy jou skrywe onterteken as – LAFAARD.

Koos ·

Sê dié een onder ‘n skuilnaam! Niemand het die toulet se ketting getrek nie.

Lolla ·

Ag Bob bly tog maar nog die volgende 3 jaar in die tronk, want daarna kan hulle jou nie langer daar hou nie. Die “slagoffers” sal in die 3 jaar seker kan genees, want het mos donkie jare gevat om tot verhaal te kom voor hulle jou gaan aankla het.

Chid ·

Gooi daai sleutel weg! laat hy in die tronk bly tot die einde van sy dae

Werner ·

Dwing hom sommer om geld te skenk aan die slagoffers en hul families. Hou hom intussen waar hy hoort

JohanR ·

n’ Pedofiel is al klaar ‘n lelike ding, maar ‘n ou pedofiel nog leliker! En net soe verloor jy enige status wat jy ooit in die lewe gehad het, omdat jy met kinders gepeuter het!

Manie van Worcester ·

Sooo dankbaar julle is almal sonder sonde, n regte ilgpunt in die donker wereld. Baie geluk julle

@manie ·

Ek mag dalk sondes hê maar ek moor nie en verkrag nie en lol nie met kinders. Neem aan jy groepeer jouself in daardie groepe…?

JWC ·

Manie v Worcester…. jy beeld ‘n kortsigtige siening van die Christendom uit! Dit is natuurlik nie jou kinders wat betrokke is nie…. Nee, Manie, hierdie ou vent word met dubbele slae geslaan, want hy het van beter geweet en was in ‘n vertrouensverhouding! Hy het ook GEEN berou getoon nie en leef steeds in ontkenning…..

Regtig ·

Hewitt toon deurgaans geen insig in wat hy gedoen het nie en het geen berou nie. Hy was in n magsposisie deur sy bekendheid as afrigter en het dit misbruik. Nou moet hy verantwoordelikheid neem (selfs sonder insig) deur tronkstraf uit te dien. Sy boetedoening is nie groot nie. Daarteenoor dra sy slagoffers jare lank emosionele letsels en kon eers onlangs n pad van genesing begin stap. Om die sondekaart van alle mense voor te hou, is ondenkbaar vir my.

WTF ·

Manie
Ons almal het sondes, maar hierdie euwel wat met onskuldige kinders gebeur het is van die ergste wat mens kan kry!
As dit jou suster of dogter was??

Elvira ·

As jy jou soos n vark gedra moet jy bereis wees om in n hok te bly. Laat hy in sy hok sy laaste asem uitblaas.

Kobus ·

Die toestaan van Parool word nie konsekwent toegepas nie. Hoeveel Moordenaars. Verkragters en Gewelds misdadigers word op Parool vrygelaat om weer dieselfde misdaad te pleeg. Was die slagoffers in die gevalle geken. Ek glo nie. Wat goed is vir die een is goed vir ander. Die Minister speel Politiek met mense de lewens

wonder net ·

Iewers het ek gelees een van die “slagoffers” het die oortreding meer as een maal aan haar ouers gemeld, Wonder net in watter tronk is die hartelose kinder verwaarlosers of het hulle al parool gekry

schaun ·

Hoe lank was shabir shaik in die tronk voor hy mediese parool gekry het omrede hy op sterwe was en hoe gaan dit vandag met hom.

Julius ·

Ek wonder net al die sondelose mense wat hier reageer, wat van vergifnis? Of is dit nie deel van julle lewe nie. As julle nie kan vergewe nie, moet nie vergifnis verwag van God nie.

Oop Oge ·

Om te vergewe beteken nie jy is vrygespreek van jou straf nie…
Wat jy saai sal jy maai en n boom word geken aan sy vrugte…
Hou op om te dweep…

Niklaas ·

Ek is tevrede met die minister se besluit. Laat dit dien as voorbeeld en waarskuwing aan andere wat ook sulke dade wil pleeg , moenie sulke goed aanvang nie.

Philippus Janse van Rensburg ·

Dit kom my voor asof die Paroolraad net vir die mooigeid daar is? Het so ‘n Raad dan enige bestaansreg? En word hulle net tereggewys wanneer daar oortreders van ‘n sekere bevolkingsgroep in die gedrang is?

Manie ·

Gaan steek kersop by die hani,s hoe om regstelsel te manipuleer om iemand in die tronk te hou wat al lankal op parool moes wees

Trompop ·

In my opinie behoort almal wat moord pleeg, verkrag, kindermishandeling, selfs dieremishandeling, ens ens agter tralies. Meeste wat uitkom doen dit weer. Dis hoekom die regter gesê het daar is geen vooruitsigte op BH se rehabilitasie. Een dag vra almal vir doodstraf terug en volgende dag wil baie weet waar is ons vergewende harte? Mense soos Julius (bo) wat vra of ons kan vergewe, dan vra ek Julius “sal jy iemand vergewe as so iets met een van jou naastes gebeur?”. As jy kan ja sê dan meneer haal ek my hoed vir jou af. Dink aan al die verwoesting wat sulke mense agterlaat vir slagoffer en familie! Dit gaan dalk nooit weg. So 6 jaar klink na n bargain vir my.

Philippus Janse van Rensburg ·

Dit kom my voor asof die Paroolraad net vir die mooigeid daar is? Het so ‘n Raad dan enige bestaansreg? En word hulle net tereggewys wanneer daar oortreders van ‘n sekere bevolkingsgroep in die gedrang is? En ek is nie rassisties nie, net nuuskierig!
Dit is ook opvallend hoeveel nyd en vergelding geopenbaar word

Cherokee ·

Wàt Ig, sien jy wat sy onskuldig pleit weerspreek? Dit lyk nie vir jou so nie. Vertel meer (of jy sal onthou word as bloot ‘n prater).

PJC ·

Wat Hewit gedoen het is veragtelik. Dit is egter ń uiters gevaarlike situasie wat geskep word om sulke onbevoegde ministers van ń onbevoegde regering sulke magte toe te laat. Die fout lě by die regstelsel. Hierdie huidige manier van doen gaan nog die blankes in die land erg seermaak.

Kolskoot ·

Nou wat sal 3 jaar nou help ? Verkragting verdien die doodstraf lyk my verkragting is nou erenstiger as om n moord te pleeg dis n siekte in AFRIKA wat nooit sal eindig vrouens wat met mans flirt julle sal slagoffers word

Johan ·

Wens die minister wil ook so beslis optree teenoor plaas moordenaars en verkragters…waarna sommige op 5maande op parool uit gaan

Peet J ·

Gestel die paroolraad en die minister is ten goede van die parool-oorwegingsproses maar die slagoffers en hulle families is gekant daarteen dan sal die veroordeelde persoon seker nie parool toegestaan word nie wat is dan die nut van die paroolraad. Sal dit nie beter wees as die (DKD) eers met die slagoffers en families in gesprek tree en daarna met die paroolraad en minister nie , afhangende van wat die uitslag ookal mag wees . Die slagoffers se teenkanting behoort ook deur ‘n professionele sielkundige persoon aangehoor te word en nie gesamentlik nie om ‘n eensydige besluit uit te skakel.

Daan ·

Skerp Koos! Vertel die Rooi Indiaan! Laat my dink aan die ou wat regs gedraai het toe vra die verkeersbeampte: Het jy nie die rooi pyl gesien nie? Antwoord hy toe: Nee,ek het nie eens die Indiaan gesien nie.

jakes ·

Hewit is skuldig en moet sy straf uitdien. Ek bevraagteken weereens hoekom die slagoffers dekades gewag het voordat hulle die saak aangemeld het? Sou hulle die aanklagtes destyds aanhangig gemaak het dan sou Hewit lank gesit het. Dit het n tendens in SA geword dat vroue jare na seksuele misbruik die sake by die polisie aanmeld. Dit is trouens ook n misdaad om nie n misdaad aan te meld nie.

Maljan ·

Sal ons ooit weet hoekom hulle dekades lank wag? Is dit vir aandag? Hoeveel van dames skryf nou boeke daaroor? Hy het blykbaar nooit skuld erken nie. Ma al die jare was daar geen meer dna of bewyse nie. Het die vroue anatomiese kenmerke eie aan hom kon voorlê? Die hof aanvaar nou wel nie leuenverklikkertoets nie, maar laat die klaers in so n geval dan leuenverklikkertoetse ondergaan oor die gebeure. Hoeveel dogters het hy daardie tyd onderrig en hoeveel kon vir hom karaktergetuies wees? Sal darem maar n skande en n sonde wees as hy alreeds drie jaar in die tronk deurgebring het sonder dat hy dit gedoen het.
Indien hy dit wel gedoen het, is hy welkom aan sy straf.

Heksie ·

Walglike ou man, hy moet eintlik agter tralies bly vir die res van sy lewe

Anneli ·

Die parool raad sal Bob Hewitt nie gesien het as hy nie die nodige bepalings na gekom het nie. Voor hy die parool raad kan sien, moet hy verskeie programme asook VOD (Victim Offender Dialogue) doen, asook ‘n brief aan al sy victims waarin hy onverskoning vra. Die CMC kantoor by die Korrektiewe Dienste moes sorg dat alles op leer is voor hy die parool raad kon sien. Net ‘n nagedagte, ons almal gaan so gal af oor mans wat teenoor vroue en kinders nakom, wat van al die vroue in die gevangenise wat daar is vir verkragting, mishandeling….

Kas ·

Haai siestog,hoe oud was hy toe hy dit gedoen het en hoe oud is hy nou.Hy dien mos,sy strafe uit al pleit hy nog steeds onskuldig.Ek neem aan die slagoffers is nooit getroud nie want hulle is seker bang vir mans.

wonder ook ·

Daar raak jy nou n ander punt aan, jy sal beslis ook gekruisig word daaroor. As hy se hy is onskuldig en hulle se hy is nie wonder ek wat is die waarheid, dalk was hy bietjie uitgelok ook, dit word nogal baie gedoen maar op die end is die man die vark, snaakse wereld waarin ons leef.

Suzette Geringer ·

Goed so – al die jare gedink jy gaan wegkom met jou dade. Dis net bietjie kort

wonder net ·

wonder hoe lank kom jy al weg met jou sondes waarvan ons nie weet

Gideon ·

My oom se slagters het uitgekom en loop rond sonder dat ons as familie geraadpleeg is!
Wat Bob gedoen het was verkeerd maar om nou sommige oortreders op maniere te straf anders as ander oor hulle velkleur maak my siek!

kolla ·

Wanneer was dit? Hierdie ding dat die slagoffers ook betrek moet word by die paroolproses is ‘n redelike “onlangse” ding.

kolla ·

Kyk ek het simpatie met die vrouens maar ek moet toegee dit irriteer my grensloos as vrouens 30, 40 jaar na die misdaad eers hof toe hardloop.

Arno Scheepers ·

Agter tralies is waar hy hoort…..tot hy daar doodgaan

Lindtjies ·

As hierdie dames net vroeër uitgekom het met die hele storie dan kon die man langer agter die tralies gewees het. Hy moes lankal sy straf gekry het.

Vreedsaam ·

Vrouens hardloop 30, 40 jaar na die misdaad eers hof toe weens die veroordeling en houding van mense (hoofsaaklik mans) wat steeds die skuld daarvan op die vrouens probeer plaas. My uitlating word gestaaf deur van die kommentare hierbo – veral die een wat impliseer dat hy uitgelok is. ‘n Volwasse man moet van beter weet. Verder is daar die vernedering, verwyt en trauma wat hierdie vrouens ondervind. En nog iets – die regstelsel (en gemeenskap) het dit deur al die jare nie maklik gemaak vir die vrouens nie, dis eers onlangs wat die slagoffers meer gunstig behandel word.

Caroline ·

Ek ste saam met jou. Verder was hierdie kinders, dertig jaar terug. Dit vat moed om op te staan teen ‘n verkragter. Kinders het dikwrls net nie daardie vaardighede nie, wat eers ontwikkel soos wat hul ouer word. Veral as die verkragter/ pedofiel ‘n bekende is.

Johan E ·

Die wet word nie konsekwent toegepas nie.
Dit maak nie vir my sin dat mense plus min 40 jaar vat om iemand voor die hof te daag nie.
Nou spot hulle met sy dood in n onderhoud.
Die Klagte waarop hy skuldig bevind is, is disgusting. Ek praat dit nie goed nie.
Maar iewers moet jy aangaan met jou lewe. Mense kan nie se hulle word weer verkrag, net omdat hulle weer en weer betrokke raak by dieselfde saak nie. Dit sal dan alle gebeure en ou seer na vore ruk. Hulle het hul dag in die hof gehad.
Die trauma kom omdat hulle weer en weer betrokke raak by die saak.

Stefan ·

Arme ou Olivia(te skaam vir haar regte naam en van) het destyds sensasie gesoek en nou doen sy dit weer. Ons wat familie is en jou ken, weet presies wat daai tyd gebeur het en hoekom dit nooit aangemeld is nie. So liewe Olivia en Me. Koen bou n bruggie se ek, bou n bruggie………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.