Charlie Hebdo-terreurbroers doodgeskiet; nóg gyselaars aangehou

Chérif en Said Kouachi, die verdagtes in die terreuraanval op die Franse koerant, Charlie Hebdo

Chérif en Said Kouachi, die verdagtes in die terreuraanval op die Franse koerant, Charlie Hebdo

Die twee hoofverdagtes vir die terreuraanval op die satiriese tydskrif Charlie Hebdo in Parys, is dood ná ʼn gewelddadige klopjag deur die polisie.

Chérif en Saïd Kouachi was sedert Woensdag voortvlugtend ná ʼn skietery by die tydskrif se kantoor. Twaalf mense is in die aanval dood.

Die twee is Vrydag omstreeks 16:00 dood toe polisiebeamptes die gebou in Dammartin-en-Goële bestorm het nadat die verdagtes ʼn gyselaar geneem het. Die gebou is ’n hanetreetjie van die lughawe Charles de Gaulle. Die gyselaar is glo bevry, berig The Guardian.

Beamptes het ook op ʼn supermark in die ooste van Parys toegeslaan na ʼn gewapende man ses mense Vrydagmiddag gyselaar geneem het. Hy is ook doodgeskiet toe die polisie die gyselaars bevry het.

Lees alle vorige berigte oor Charlie Hebdo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Kan Frankryk nie ons polisie kom oplei nie. Dit is beslis deeglike werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.