Donovan Moodley moet nuwe paroolverhoor kry

Donovan Moodley in 2012 (Foto: Werner Beukes/SAPA)

Donovan Moodley, die man wat Leigh Matthews (21) in 2004 koelbloedig vermoor het, moet teen einde Maart volgende jaar voor ʼn nuwe paroolraad verskyn.

Regter Stuart Wilson het Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg beslis dat ʼn nuwe sitting voor ʼn nuwe paroolraad moet plaasvind. Die paroolraad wat in Maart vanjaar besluit het om parool aan Moodley te weier, se besluit is tersyde gestel.

Moodley het die hof genader en aangevoer dat die paroolraad se besluit in Maart vanjaar irrasioneel was aangesien die paroolraad bevooroordeeld was teenoor hom. Daar is verder aangevoer dat Moodley se regsverteenwoordiger tydens die paroolverhoor verhinder is om sy kliënt sinvol by te staan en dat een van die lede van die paroolraad tydens die sitting aan die slaap geraak het.

Volgens Wilson moet Moodley se reg om op parool vrygelaat te word nou tydens ʼn nuwe sitting voor ʼn hele nuwe paroolraad heroorweeg word. Dit moet voor 29 Maart aanstaande jaar plaasvind.

Leigh Matthews

Moodley is in 2005 skuldig bevind aan die ontvoering en moord op Matthews en dat hy haar pa vir geld afgepers het. Hy is lewenslange tronkstraf vir die moord opgelê, 15 jaar vir ontvoering en 10 jaar vir afpersing.

Daar is aanvaar dat Moodley eers in 2030 vir parool in aanmerking sou kom, maar dit het einde 2020 aan die lig gekom dat hy aansoek vir vervroegde parool gedoen het.

Moodley het Matthews op 9 Julie 2004 – die dag ná haar 21ste verjaardag –  uit die parkeerterrein van die Bond-universiteit in Sandton, Johannesburg, ontvoer, waarna hy ’n losprys vir haar vrylating geëis het. Hoewel Matthews se pa die ooreengekome R50 000 betaal het, is Leigh se naakte liggaam op 21 Julie 2004 in ’n veld in Walkerville, Johannesburg, gevind. Sy is vier keer geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Deon ·

Lewenslank behoort lewenslank sonder parool te wees. Dan is hierdie geweldenaars nog arrogant ook nog! Maak n mens siek!

Papsak ·

Hy het gemoor en moenie parool kry nie hy moet eindlik die tou om sy nek gekry het hou hom toe gesluit

Suzette ·

Vervroegde parool? Vir wat? Omdat hy die omstandighede waarin hy nou is, nie meer kan hanteer nie of is dit om sy moordlus weereens te kan bevredig. Hy moet sit!

Oosieoos ·

Hy het nooit die waarheid openbaar nie. Wonder of hulle nie lewenslank verstaan nie hy bly a gevaar vir die mensdom en gaan dit net weer doen

Sandra ·

Nee wat, ons regstelsel geld net vir sommige mense, ander kan maak soos hulle goeddink en dan nog daarmee wegkom. Dit is lagwekkend hoe maklik jy parool kry. More moor hy weer en wil almal weet hoekom. Dit is absoluut belaglik.

Casper ·

Sy regsverteenwoordiger is verhinder om sy kliënt sinvol by te staan en een van die paroolraadlede het aan die slaap geraak.Hoe belaglik kan die regter wees om toestemming te verleen dat hy kan aansoek doen vir vervroegde parool.

Casper ·

Hoekom was hierdie regte nie vir Oscar beskore nie.Hy moes al in Maart op parool vrygelaat word maar hy kan seker nie wag vir 5 Januarie 2024 nie en daar is hierdie keer niks wat Junie Steenkampie daaraan kan doen nie,gelukkig.

Brombeer80 ·

Watse snert is vervroegde parool? Die reg stelsel en wette werk vir die misdadiger en nie vir die slagoffer nie. Iets moet verander.

Wakkerslaper ·

@Kokkerot – ons het dit saam met die land en alle beheer weg gegee aan kommunistiese terroriste… nou huil ons skielik…

houopkruip ·

Ons regstelsel is ‘n free for all.
Meeste regsgeleerdes is ‘n grap.
Maar meeste van die massas swot dit omdat dit die afgelope klompie jare meer afgewater is as enige ander studie rigting.

Bolandse Nooi ·

@George, ek hoop nie een van jou geliefdes pleeg eendag ‘n misdaad nie. Gaan jy dán ook sê daardie geliefde of familielid moet lewenslank sit? Mens, waar is jou vergewensgesindheid? Sê g-d dan nie in die woord, dat ons moet vergewe en vergeet nie?

Flip ·

@ Bolandse Nooi, verduidelik dan vir ons Deuteronomium 19 vers 21 asb

Lettie ·

Die wet van God sê: jy mag nie doodslaan nie. Hy moet sy lewenslange vonnis nog paar jaar uitdien. Sorry vir die ou wat aan die slaap geraak het in die hof. Tipies …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.