Fifa-arrestasies kring uit

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 14 mense gaan deur die Amerikaanse departement van justisie aangekla word in verband met die omkoopskandaal wat Fifa getref het.

Fifa is vanoggend geruk toe berig is dat ses hoë ampsdraers in hul hotelbeddens in Zürich, Switserland, aangekeer is. Later is berig dat sewe mense in hegtenis geneem is.
Fifa se lede is in Zürich vir die organisasie se jaarvergadering.

In dié berigte is gemeld dat bewerings van omkopery rondom die toekenning van 2018 se wêreldbekertoernooi aan Rusland en die 2022-toernooi aan Katar, nie deel vorm van die ondersoek nie.

Intussen het die Switserse departement van justisie aangekondig dat hy ook sy eie ondersoek gaan doen en dat die toekennings aan Rusland en Katar deel van hul ondersoek is. Die Switsers het klem daarop gelê dat hul ondersoek nie met die Amerikaanse ondersoek oorvleuel nie.

Volgens die Amerikaanse prokureur-generaal, Loretta Lynch, het die Amerikaanse ondersoek aan die lig gebring dat korrupsie in Fifa lank reeds geïnstitusionaliseer is en haas elke vertakking van die liggaam raak.

Berigte in Trou hier en hier. De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CJAN ·

As die FBI betrokke is met die ondersoek, kan daar dalk ‘n paar SA sokkermanne ook aangekeer word. Dit gaan interresant wees wie dit gaan wees.

Peet Schabort ·

Kom ons kyk wat gaan ter plaatse gebeur. Dalk ook ‘n rooikaart? Het vanaand op TV mompelinge gehoor van SA.
Dalk het ek nie mooi geluister.

anet ·

Wonder of Danny Jordaan ook ‘n bestanddeel van hierdie pastei is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.