FW de Klerk

Volle naam: Frederik Willem de Klerk

Beroep/Veld:  Laaste staatspresident van die apartheidsera van Suid-Afrika en leier van die Nasionale Party

Plek van Geboorte: Johannesburg

Aantal jare ervaring: 48

Prestasies: As staatspresident het hy die Suid-Afrikaanse politiek vernuwe. Hy  het saam met oudpresident Nelson Mandela die Nobelprys vir Vrede in 1993 ontvang, maar bedank in 1997 uit die Nasionale Party. Sy outobiografie, The last trek – A new beginning het in 1999 verskyn.

Google Hits: 511 000

Biografie:
As staatspresident van Suid-Afrika het hy die Suid-Afrikaanse politiek in ‘n nuwe rigting gestuur na samesprekings met Nelson Mandela. Sedertdien tree hy as spreker vir veral vrede en demokrasie in die wêreld op en is voorsitter van die FW de Klerk Stigting. Vanaf 2011 bly hy aktief as lektor.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Mike ·

Swakste politikus wat SA nog gehad het. Hy het altyd jakkalsdraaie gehardloop om reguit vrae van joernaliste, hy het sonder ‘n plan gaan onderhandel met die ANC en toe weggehardloop aan die einde van die dag.

Arno Cilliers ·

Geagte Mike….. En watse politikus probeer nie om jakkalsdraaie om joernaliste te hardloop nie? Hy was nes elke ander politikus, behalwe vir sy braawe onselfsugtige bydrae tot die einde van apartheid. Ek gee een vir hom omdat hy gedoen het wat niemand voor hom in sy posisie bereid was om te doen nie…. Mag dalk nie die beste president gewees het nie, maar hy was ‘n goeie afrikaner. :)

Eugene ·

Ja-nee Arno, nou weet ek hoekom jy nie kan verstaan dat ons vir Dr. Verwoerd stem nie. Jy sien dis 2 opponerende pole. Dr. Verwoerd was ‘n ware Afrikaner wat nie gekoop of afgedreig kon word nie en wat alles opgeoffer het vir sy volk – selfs sy lewe. FW was ‘n beginsellose, goedkoop verraaier wat vir 70 Miljoen rand en die wêreld se eer en lofbetuiginge, sy eie volk uitverkoop het.

Daar is meer as 3000 boere se bloed op sy kop – om nie te praat van die bykans 30 000 blankes in die stede wat vermoor is nie.

Magriet ·

Hy hoort nie eens op die lys te wees nie, hy het die wit afrikaner volk verraai!

christine naude ·

Ek dink hy het die beste vir ons land gedoen, al die ander presidente het geweet apartheid moet weg maar was te lamsakkig…hy het gedoen wat reg is..GOEIE AFRIKANER

christine naude ·

al die ander presidente het besef apartheid is verkeerd, maar hy was die enigste wat die moed gehad het om die ding te doen… MAAR hy is GOEIE AFRIKANER

Kobus ·

Sjoe mense! Is daar werklik nog Afrikaners wat nie weet wie en wat FW De Klerk is nie? Daar is tog ‘n hele arsenaal boeke geskryf waarin al die inligting rondom sy verraad teenoor die Afrikaner in detail beskryf is. Selfs vir die oningeligte politieke heethoof is daar maklik bekombare literatuur wat die karakter van die Judas Eskariot van die Afrikaner (en Christen) uitlig. Ek dink in baie opsigte het hy meer skade aan die Christendom aan die suidpunt van Afrika gedoen as Generaal Jannie Smuts.

Die verraad van die driemanskap: Pienk Frikkie (FW), Moemfie (Roelfie) en die Slang (Pik) onder aanvoering van die CIA en internasionale bankiers in London is in Advokaat PJ Pretorius se boek “Volksverraad” goed uitgelig (hierdie boek is nie maklik bekombaar nie). Die redes hiervoor word ook in hierdie boek bespreek. Daar is baie ander literatuur hieroor beskikbaar – ook van die “ander perspektief” wat die aksies van FW uitlig. FW het tot in London op ‘n dinee omverskoning gevra aan die bankiers dat hy nie die Afrikaner vroeer tot oorgawe kon dwing nie… FW is en was nooit ‘n Afrikaner nie.

Chris ·

Hy is seker die grootste volks veraaier van alle tye. Siener Van rensburg het in sy boek geskryf van die knaap. Hy skryf: Die NP lp van Vereniging sal die land afteken. En sowaar wie was dit FW de Klerk. Mens moet verstaan hy het voor `n keuse gestaan en hy het die verkeerde keuse uitgevoer, want hy het net sy NP vriende geraadpleeg en nie die hele land se bevolking nie en toe jaag hy aan. Toe sluit baie van die Nattes by die anc aan en kruip gat vir die eerste span, Marthinus Van Schalkwyk en Pik Botha onder andere.

Johnny Botha ·

Volksverraaier “par excellence”. Sy “verkoop” van ‘n volk aan ‘n terreur-organisasie sal seker nooit weer plaasvind nie.

mario ·

FW De Klerk en sy hele kabinet was verraaiers. Maar die hartseerste van alles is die dom “volk” wat so mislei is. Die vraag met die referendum was : ‘Stem u vir onderhandeling” JA of NEE. Almal wou onderhandel, maar toe vat De Klerk en sy manskappe die gap en gee die land op ‘n skinkbord aan die ANC. Die vraag is nooit gevra of die “volk” instem vir ‘n SWART REGERING nie. Nee dit het De Klerk en sy lakeie self besluit. Hy het sy land uitverkoop vir ‘n gedeelde Nobelprys. Ongeveer drie miljoen rand werd. Geen wonder Mandela het ook geen respek vir hom gehad nie. Eers toe die “volk” besef hoe hulle deur die NP mislei is, het hulle die party verlaat. Gevolg deur verskeie NP-ministers wat die sinkende skip verlaat het, en die ANC gejoin het. Ons gaan nie name noem nie. Hoe kan enige trotse regdenkende mens sy beginsels versaak, vir ‘n paar rand elke maand. Net omdat jy te sleg is om ‘n eerlike werk daarbuite aan te pak.

Mari Venter ·

Beslis nie! Verraaier! Nie ‘n afrikaner se g@t werd nie!

Mike ·

Ek is goddank bly dat mens kan sien hy word deur die bank verwerp as ‘n naiewe insiglose opportunis wat net vir homself gesorg het. Die wat deur sy duistere karakter kon sien was afgemaak as “regs” die einstes wat presies dit wat nou in SA aangaan voor 94 kon uitlê.

Daar is ‘n paar linkses wat nou nog hang aan sy lippe maar hulle hou ook maar die agterdeur oop om te kan vlug na waar meeste van hulle kinders nou sit omdat hulle nie hulle eie maaksel kan verdra nie.

Ina Chatwind ·

Min mense sal met my saamstem maar ek het die grootste bewondering vir hierdie man. HY het geweet dat hy homself baaaaie onpopuler sal maak deur dit wat hy gedoen het, maar het ook ingesien dat dit die enigste uitweg was en dit gedoen. Gaan dink bietjie diep na oor wat toestande in hierdie land was op daardie stadium en voor julle hom veroordeel kom op met ‘n beter oplossing, wat nie geweld minsluit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.