Hartbeespoort-inwoners sonder water

Argieffoto (Cihan320, Pixabay)

Argieffoto (Cihan320, Pixabay)

Rand Water het Vrydag die watertoevoer na Hartbeespoort in Noordwes verminder weens agterstallige skuld van die Madibeng-munisipaliteit.

“Die munisipaliteit skuld Rand Water glo ongeveer R3 miljoen,” het Erna Rossouw, raadslid van die Demokratiese Alliansie, in ʼn verklaring gesê.

Die vermindering van die watertoevoer sal daartoe lei dat sommige inwoners lae waterdruk beleef en sommige gedeeltes sal geen water in hul krane hê nie.

“Rand Water het ʼn week gelede al ʼn kennisgewing op die munisipaliteit bedien, maar dit is geïgnoreer,” het Rossouw bygevoeg.

ʼn Gedeelte van Hartbeespoort wat ook water van die munisipaliteit af kry, het vandeesweek ook sonder water gesit weens ʼn gebrek aan instandhouding. “Dit is baie slegte beplanning gegewe die huidige krisis,” het sy gesê. “Groot gedeeltes van die dorp is tans sonder water terwyl vragmotors van Madibeng steeds duisende liter uit brandweerkrane na afgeleë gebiede vervoer.”

Rossouw het gesê die DA kan ook bekend maak dat die stad Tshwane ook die munisipaliteit in kennis gestel het dat die elektrisiteitsrekening vir ʼn tweede keer agterstallig is en dat die krag afgesny gaan word.

“Madibeng se finansies is beroerd en die Demokratiese Alliansie doen ʼn dringende beroep op minister Pravin Gordhan om in te gryp,” het Rossouw afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HEVW ·

Dit is n skok as jy die kraan oopdraai en daar blaas net wind. n Pyn in die nek. In Windhoek kom groot probleme, baie groot probleme as dit nie kom reen nie. Die stad gaan sonder water wees vroeg in 2016. Instromingsbeheer is opgehef Duisende het kom vestig en die stad is soortvan oorbevolk.

Anton Smit ·

Ek het groot meegevoel met die mense in Windhoek want is Suid Afrika is die hele land oorbevolk as gevolg van die uiters swak regering en die anc stemgeregtiges wat uit Zimbabe ,Mozambiek en die res van Afrika kom

scalla ·

Baie Dankie Anc swak bestuur, die bestaande strukture kan nie eens in stand gehou word nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.