Kaap-vliegramp: Pasiënt was op pad na hospitaal

Gabriel le Roux. Foto: Facebook

Gabriel le Roux. Foto: Facebook

Gabriel le Roux (80) was saam met sy dogter op pad na ʼn hospitaal in Kaapstad toe die vliegtuig wat hulle vervoer het in die Tygerberg-natuurreservaat neergestort het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die vliegtuig van E-med Rescue24 het Sondagoggend omstreeks 04:00 van die Oranjemund-lughawe in Namibië opgestyg en moes 07:00 by die Kaapstad Internasionale-lughawe geland het.

“Kort voor 07:00 is kontak met die vliegtuig verloor. Nooddienste in Kaapstad is ontbied om na die vliegtuig te soek. Nooddienspersoneel het die wrak van die vliegtuig in die Tygerberg-natuurreservaat gevind. Niemand het die ongeluk oorleef nie.”

Volgens Vermaak is ER24 deur die Suid-Afrikaanse lughawensmaatskappy (Acsa) meegedeel dat alle vliegtuie wat die lughawe genader het in ʼn houpatroon geplaas is weens ʼn tegniese fout met hul radarstelsel. “Die E-med Rescue24-vliegtuig was ook gedurende dié tyd in die houpatroon. Ons het kontak met die vliegtuig verloor toe dit sowat sewe myl van die lughawe af was.”

Charmaine le Roux Koortzen. Foto: Facebook

Charmaine le Roux Koortzen. Foto: Facebook

Vermaak het gesê Le Roux en sy dogter, Charmaine Koortzen (49), was op pad na die Mediclinic Panorama. “Hoewel daar baie spekulasie is rakende die presiese oorsaak van die ongeluk, is ons bewus dat die burgerlugvaartowerheid op die toneel is en ʼn deeglike ondersoek sal doen na die voorval.” Volgens Vermaak was Le Roux en sy dogter albei Suid-Afrikaners en het Koortzen in Oranjemund gewoon.

Traumaberaders is vir die families van die oorledenes beskikbaar gestel. “Ons medelye gaan uit na die familie en vriende van ons pasiënt sowel as die bemanning wat aan boord was,” het Vermaak gesê.

Die ander persone wat in die ongeluk gesterf het, is Alfred John Ward (24), ʼn Namibiese paramedikus, Steven Naude (53), ʼn Namibiese vlieënier en Amore Espag (23), ʼn Namibiër wat die medevlieënier was.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die ongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

wanda ·

Rip Steven ou vriend.Sterkte aan Elana en julle dogter.Morné en Wanda (Robertson)

Berhalet Beukes ·

My hart is so seer vir familie en vriende van die betrokke persone! My innige simpatie!

Rita snyman ·

n’ groot tragedie hulle wou een lewe red. toe stref 5 mense. simpatie en sterkte, pragtige jong mense wat n’ diens wou lewer aan iemand in nood ‘

annette.venter ·

Dt is baie tragies veral vr die families mr wat my pla is hoe gebeur so iets en hoe veilig is so lugambulans dan

salmon ·

Inligting sal weer onder die mat gegooi word en een ding van ons namibiers ons staan almal saam

Hennie Niemand ·

Baie jammer en geskok om te hoor. My gebede gaan uit vir almal. Dink veral aan Tannie Harriot.
Dit net toe ek planne maak na solank te kom halo se….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.