Muldersdrift-aanval eis jong man

Morne Nel, ʼn 32-jarige man, is Donderdagaand op ʼn kleinhoewe in Muldersdrift voor sy vriendin en haar kinders geskiet.

Lt. Kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het Vrydag aan Maroela Media gesê Nel is omstreeks 19:00 deur vier gewapende mans op die kleinhoewe Bultfontein oorval. “Die man is in die bors geskiet. ʼn Skootrekenaar is as geroof aangemeld,” het Dlamini gesê.

Volgens ʼn vriend van Nel het hy later in Fourways Life-hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die aanval op Nel is die jongste van ʼn vlaag aanvalle wat die afgelope tyd in die gebied plaasgevind het.

Lees ook:
Nog ʼn moord in Muldersdrift
SAPD sê Muldersdrift is “redelik stil”
Muldersdrift-misdaad eis nog ʼn lewe
Nog ʼn Muldersdrift-inwoner doodgeskiet
Nóg ʼn aanval in Muldersdrift
‘Muldersdrift’-bende in die hof
Vyf vas oor gewelddadige misdade in Muldersdrift
Rowers ontvoer Muldersdrift-man
Muldersdrift-inwoners leef “in vrees”
Man vas na hoewe-aanval in Muldersdrift
Nóg ’n man vermoor in Muldersdrift
“My pa was ʼn held wat ons almal opgepas het”
Muldersdrift-slagoffer sterf
Krugersdorp-skoolmeisie sterf tydens rooftog

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.