‘Nkandla-11’ gaan nie skuldig pleit

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die 11 werknemers van die departement van openbare werke wat dissiplinêr verhoor word oor die R246 miljoen se opgraderings aan president Jacob Zuma se private Nkandla-woning, sal nie skuldig pleit nie, het die Sunday Independent berig.

“Ons lede is vasbeslote dat die interne dissiplinêre verhore moet voortgaan. Hulle is in die stadium vir niks bang nie en wil hê die proses moet voortgaan sodat hulle hul onskuld kan bewys,” het Claude Naiker, bestuurder van die staatsdiensvakbond PSA in KwaZulu-Natal, aan die koerant gesê.

Itumeleng Molosi (58), direkteur van projekte, het glo in Desember skuldig gepleit op aanklag dat hy onreëlmatig kontrakteurs aangestel het en aanskaffingsprosedures verontagsaam het. Molosi sal glo sy pos behou nadat die departement hom twee maande lank sonder betaling geskors het en ʼn finale skriftelike waarskuwing uitgereik het.

Die Sunday Independent berig dat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) bevind het dat Molosi en ander werknemers die aanstelling van ‘n kontrakteur vir die projek, goedgekeur het. Die kontrakteur het glo R2,2 miljoen meer gekry as waarop hy geregtig was.

Philip Mashilo, woordvoerder van die departement van openbare werke, het aan die koerant gesê dat die nuutste verwikkelinge niks verander nie en dat die 11 werknemers se verhore in Februarie sal voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alex gous ·

Hierdie Zuma skelm moet vir 2015 sy jaar in die Hof kan kry. Ek dink ‘n baie groot deel van die bevolking sien uit na sy dag in die Hof. Dit sal ook die einde van ou skelm se steel dae wees. Dan is hy ten minste Veilig agter Slot en Grendel.

Fourie ·

Ja jong, so kom hy met alles weg – was dit nou ons was die trunk deur se sleutel al lankal sommer weggegooi, dat hy korrup is, is feite!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.