Die twee kinders, albei vier jaar oud, en hulle ouers ontvang berading. “Die ouers se kontak met hulle biologiese ouers word deur ʼn span van die eenheid vir Kinders, Adolessente en Gesinne bestuur,” het Ann Skelton, direkteur van Tuks se Sentrum vir Kinderreg, aan Sapa gesê.
Die ma’s word aan hulle kinders voorgestel en die kinders aan mekaar. “Die ma’s en kinders ondergaan reeds ʼn behandelingsplan by die Charlotte Maxeke-hospitaal se eenheid vir Kinders, Adolessente en Gesinne,” het Skelton gesê. Sy is deur die hooggeregshof in Pretoria aangestel om die saak te ondersoek en aanbevelings te maak.
Die seun en meisie is op 2 Augustus 2010 by die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg tydens geboorte omgeruil. Die ouers het ingestem om die kinders wat hulle grootgemaak het, te hou. Dit het aan die lig gekom dat die kinders omgeruil is toe een van die pa’s op ʼn vaderskaptoets aangedring het en daar vasgestel is dat nie een van die ouers ʼn biologiese ouer is nie.
Volgens Skelton se verslag het die vroedvrou wat teenwoordig was tydens die geboortes, glo per ongeluk die kinders se naamkaartjies en lêers omgeruil.
Goeiste. . .hoe sluk ‘n ouer so iets ???
Ek het op ‘n 702 radioshow in Redi se inbeltyd al geluister toe ouers en kinders ingebel het met wie dit gebeur het. Ek het baie gehuil, dinge word nie weer normaal nie. As hul ‘n feite film daaroor maak sal ek dit graag wil sien.
Ek aanvaar nog dat jy twee babas van dieselfde geslag kan omruil, maar ‘n seun en ‘n meisie? Hoe verdomp vertraag is jy dan???
Dit is aaklig. Ek het onlangs ‘n tv reeks gekyk.. Switched at birth…. so ek kan verstaan hoe die ouers voel.
Die ouers weet mos al voor geboorte gewoontlik wat die geslag is. Of met geboorte word daar vir jou gese of dit seun of dogter is. So ouers moes dadelik onraad vermoed het. Kan dit ook van sekere staats hospitale verwag
Genade mag die Vader vir hulle almal genade en krag gee. Wat ‘n vreeslike ding !
Ek kan my nie indink hoe mens so ‘n situasie hanteer nie. Hier sit jy met ‘n kind wat jy grootgemaak en liefgekry het as jou eie, en dan is dit nie jou biologiese kind nie. Nou leer jy jou biologiese kind ken – maar jy het vier jaar gemis. Dis vreeslik.