Poskantoor aanvaar nou bankkaarte vir lisensiehernuwings

(Foto: Esther Lourens)

Die Poskantoor sê hy aanvaar voortaan debiet- en kredietkaarte as betaalmiddel vir die hernuwing van motorlisensies by alle poskantore waar dié diens beskikbaar is.

Die kantore het voorheen net kontant as betaling hiervoor aanvaar.

“Die diens is by sekere poskantore in al Suid-Afrika se provinsies beskikbaar, behalwe Mpumalanga en die Wes-Kaap. Die lys met takke waar die diens beskikbaar is, is op die poskantoor se webblad,” het Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, gesê.

Die hernuwing van motorlisensies is die gewildste van alle transaksies by poskantore – ʼn duidelike bewys dat die diens ʼn groot sukses is, het Kruger gesê.

Motoriste wat ʼn verkeersboete ingevolge die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe-wet, ook bekend as Aarto, opgelê is, kan dit ook by enige poskantoor betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Judge Dredd ·

…net jammer die poskantoor hier by ons het nie eens koeverte…..

Denise ·

Nou gaan die kaartmasjiene weer nie GEREELD nie werk nie……

ZET ·

Die gewildste diens ja, en net een toonbank en helse lang ry. Terwyl al die ander
toonbanke in die poskantoor leeg is.

Japie ·

Hier by ons in die Karoo moet ons by die munisipaliteit wat gereeld aflyn is gaan uitneem. Dit is n pyn.

se maar net ·

Sal net graag wil weet of die Poskantoor mag weier om ‘n lisensie hernuwing te doen as daar uitstaande verkeersboetes op die voertuig is, of uitstaande lisensiegeld op ‘n ander voertuig op die eienaar se naam is? Het iemand dalk meer kennis in hierdie verband?

koos ·

Nie die poskantoor nie maar wel Enatis. Hulle gebruik dieselfde sisteem as die lisensie kantore, so as jy daar nie kan hernu nie sal jy orals gestop word. Ek is nie 100% seker nie, maar onthou vaagweg dat daar ‘n hofbeslissing was dat jy nie geweier mag word om lisensies te hernu nie.

Pieter C ·

Het al met my gebeur ja. Hulle tel dit verseker op en dan moet jy alles betaal om jou lisensie te kan kry

Netso ·

Jy doen inelkgeval geen ander sake daar nie! Waneer laas het jy ñ brief gepos of een ontvang? Die lisensie aanslagte kan die poskantoor nie eers betyds uitstuur nie?

Gert ·

jy moet eers jou uitstaande boetes betaal voor hulle jou lisensie hernu, het eerste handse ondervinding.

Wendy ·

Het laas week my lisensie gaan hernu by poskantoor – het 3 uitstaande boetes waarvan ek weet. Hulle het niks daarvan gese nie.

Santie ·

Gert , dit hang af watse boetes jy het , ek het 2 op my naam gehad ek kar gekoop al paar keur my kar lisensie gaan doen en nie nog eenkeer probleme gehad nie , ek weet my vriendin het net die boetes betaal wat gekeur het dat sy haarne kon kry.

ZeldA ·

@wendy… nie alle verkeersboetes kom op die munisipale rekords voor nie. Tpa sin gewoonlik nie op nie

Wielspore ·

Hier in die Laeveld (Slowveld) is daar geen poskantoor wat voertuig lisensie hernuwing doen. Die diens in Nelspruit en Witrivier lisensie kantore is ook nie op standaard, is baie van lyn af is (papier opgebruik) omdat betaling aa NATIS uitstaande is.

WIEBO ·

Ek kan nie my bestuurslisensie hernu by Waltloo nie, want ek het n uitstaande boete, wat niemand my kan se waar of vir wat ookal nie. Nou ry ek al meer as 2 jaar sonder n bestuurslisensie in Pretoria rond. Kan ook nie my voertuig se lisensie skyfie kry as gevolg van die beweerde boete nie……………nie by die poskantoor, of by die verkeers departement nie……..

Engela ·

Dit is ‘n diens wat vir elke poskantoor in elke dorp moet beskikbaar wees.
ek self het nou vir 2 maande al probeer om my kar lisensie uit te neem. dit is een groot gemors. die bespreking vir leeringlisensie en bestuurderlisensie moet ook aanlyn beskikbaar gemaak word vir alles provinsies. as jy dit in gauteng kan doen hoekom nie in die ander dele ook nie dit is net ‘n bekommernis

Adri ·

Dalk moet mens jou bestuurlisensie ook by die poskantoor kan doen dan het hulle nog ‘n rede om oop te bly

Johan ·

Nee…..net as hulle online is…..gewoonlik is hulle altyd OFFLINE….

Quentin ·

Hier in Bethlehem baie goeie diens by die poskantoor.Vinnig en vriende diens.Party kliente kla nou en dan hulle is niks gewoont nie.Kliente deel ook puik diens met ander vriende.So die persoon wat altyd kla bly asb by jou huis.Ons het nie julle suur
gesigte nodig nie.Poskantoor bo.

Adri ·

Nog n diens en dan as die sassa mense in die poskantoor is moet jy agter in die ry gaan sit want daars nie genoeg personeel om d werk te doen nie
Soooo ek weet nie of dit gaan werk nie

anton ·

Dit is presies wat ek ook sal doen WIEBO!!!
As hulle my nie kan se vir wat en waar die kaartjie was nie.
Elkgeval verval jou bestuurlisensie nie maar slegs die kaart.
Miskien as hulle meer weet wat aangaan, sal dinge beter kan word.

Snuffels ·

Ek het verlede jaar my bestuurs lisensie gaan uitneem. Ek was al van 05:00 die oggend daar en ‘n nommer gekry. Toe ek my lisensie moet hernu in Akasia, het hulle vir my gesê daars uitstaande boete op my naam. Ek moes eers die boete betaal voordat ek my lisensie kon hernu. Ek wil ook sê die nommer wat hulle vir my gegee het, kon ek nogsteeds gebruik, so ek het nie my plek verloor nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.