Radovan Krejcir in hegtenis geneem

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Die Tsjeggiese voortvlugtende, Radovan Krejcir, is Vrydagmiddag op aanklag van poging tot moord en ontvoering in hegtenis geneem, berig EWN.

Die polisie het sy inhegtenisneming bevestig. Solomon Makgale, woordvoerder vir die nasionale polisiekommisaris, Riah Phiyega, het laat Vrydagmiddag op Twitter bevestig dat die polisie Saterdag om 12:00 ‘n perskonferensie sal hou om Krejcir se inhegtenisneming te bespreek.

Volgens EWN is dit nog nie duidelik in verband met watter voorval die lasbrief uitgereik is nie.

EWN het met Krejcir in verbinding probeer tree, maar sy selfoon is afgeskakel en sy prokureur is nog nie seker watter afdeling van die polisie sy kliënt in hegtenis geneem het nie.

Krejcir staan steeds sy uitlewering aan sy land van oorsprong teë. Hy is in absentia aangekla van belastingbedrog en ander aanklagtes.

Krejcir was vroeër vanjaar die slagoffer van ‘n bisarre sluipmoordaanval wat beskryf kan word as iets uit ‘n James Bond-rolprent. Klik hier om meer te lees.

Lees ook:
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Deana ·

Stuur hom terug na sy land van herkoms. Ons het meer as genoeg hier om te onderhou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.