Schabir Shaik se broer onthul meer oor sy mediese toestand

Schabir Shaik. Foto: Werner Beukes/SAPA

Schabir Shaik, voormalige finansiële raadgewer van oudpres. Jacob Zuma, ly volgens sy broer aan chroniese hoë bloeddruk wat weerstandig is teen medikasie en daarom is hy op mediese parool vrygelaat.

Mo Shaik, ’n broer van Schabir, het Maandagoggend in ’n onderhoud met Die Groot Ontbyt wat op kykNET en GrootFM uitgesaai word, meer inligting oor sy broer se mediese toestand onthul.

Schabir is in 2005 tot ʼn effektiewe 15 jaar tronkstraf gevonnis vir korrupsie en bedrog. Hy is in Junie 2009 op mediese parool vrygelaat. Sy borgtogvoorwaardes is in 2015 verslap omdat hy glo goeie gedrag en vordering met sy rehabilitasie getoon het.

Mo het tydens die onderhoud gesê hy hoop sy broer sal hom vergewe vir die onthulling oor sy mediese toestand. Hy het aangevoer dat verskeie van Schabir se organe begin ingee het weens die hoë bloeddruk en dat die toestande in die tronk dit vererger het.

Volgens Mo was die koste van Schabir se behandeling ook baie hoog en was dit een van die redes hoekom hy op mediese parool vrygelaat is. Hy het gesê hoë bloeddruk is ’n ongesiene moordenaar.

Mo Shaik tydens die onderhoud. Foto: Skermskoot/Groot Ontbyt

Schabir se vrylating op mediese parool het destyds tot groot omstredenheid gelei weens sy bande met Zuma. Daar is onder meer aangevoer dat hy in die eindstadium van ʼn terminale siekte was. Hy is ná sy vrylating op mediese parool talle keer in die openbaar gesien onder meer waar hy gholf speel.

Mo het tydens die onderhoud daarop gewys dat dit reeds 15 jaar is sedert Schabir skuldig bevind is. Hy het ook verwys na pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging in Desember dat die straf van sekere kategorieë gevonniste oortreders verminder word. “Sy vonnis is dalk verby,” het Mo gesê.

Die departement van korrektiewe dienste het in Junie 2015 gesê Shaik se parool verval in 2021.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Alet ·

My hoë bloeddruk was ook weerstandig tot ek die regte dosis medikasie gekry het.

Kiewiet ·

Snaaks genoeg, Ek is gedurende 1975 ook gediagniseer met dieselfde tiepe hoe bloedruk. Ek gebruik van toe af kroniese medisyne. Ek is nou al 73 jaar oud het een hartaanval in 2008 gehad en oorleef. (ek was vier dae later op die golfbaan vir n rondte golf) Ek werk nog steeds en is verder baie gesond. Watse bog van Schaik is dit die? Miskien moet hy Kuba toe gaan vir mediese behandeling.

SomeOne ·

maar hy is TERMINAAL siek, wat beteken hy moes al lankal dood gewees het

Pandora ·

In dié geval is ons almal terminaal siek, want ons almal gaan een of ander tyd dood. Gmf!! Net nog ‘n bewys van hoe belaglik ons hele regeringstelsel op alle vlakke is. Mag die wiel draai vir dié lamsakke!

antieke antie ·

wie was die drs wat dit besluit het…. was daar geskenke?…. waar was die drs opgelei?

Annatjie ·

Shame ja en hoe bloeddruk is nie ‘n algemene siekte en mens moet dit maar privaat hou, jy kan liewer oor aambeie praat as hoe bloeddruk. Julle is een groot grap.

Anoniem ·

Dit is nou die grootste bol bollie. Miljoene mense sit met bloeddruk en duisende in die tronk het ook bloeddruk hy kon net nie die punch vat en was bang vir daai buk en mik geselsskap in die tronk. Kabouter kabouter jou stouter

marius ·

Terminaal beteken seker volgens die spul die plek waar jy wag met jou golf sak om te vlieg vir ‘n lekker naweek . Bloeddruk beteken seker as jou gesig rooi word waneer jy die gaatjie drie keer mis .

Willem ·

Ja nê!? En varke vlieg en die tandemuis kom haal jou melktande…

jzjz05 ·

Verwag iemand ek dit moet glo,Mens moet pasop , n mens se neus kan groei as jy stories vertel.

Ronel ·

SO nou gaan almal wat in die tronke aan hoë bloeddruk ly, daarop aandring om op mediese parool vrygelaat te word.

Moedeloos ·

My bloeddruk styg ook elke dag as ek sulke goed lees en daar is geen genade vir my nie. Vat jul pak soos n man en erken jul foute.

Yolandie ·

Ek het nie geweet dat hoe bloeddruk ‘n terminale siekte is nie. So lagwekkend, hier het politieke bande darem baie gehelp sodat hy vandag lekker vry kan rondloop.

Andrè ·

Soos met alle kroniese medikasie hou dit jou net aan die lewe, dit genees nie die siektetoestand nie.

charmaine ·

As jy in die tronk is, is alles gratis tot hoe bloedruk kostes is verniet.
Ek myself is op kroniese hoe bloedruk pille en meeste hoe bloedruk pasiente word elke 6 maande weer getoets. Hulle moet dalk n meer “gevaarlike” siekte uitgedink het.

Rose ·

Hy het in der werklikheid geen vonnis uitgedien nie. Almal n klomp skelms.

Phillip ·

Maar ek dog hy is vir termienaale kanker vreigelaat hoe nou . Van kanker na hoebloedruk dit maak vir my geen sin nie 2 verskulende siektes ??

Sandra ·

Nee die tronk was nie fancy genoeg vir hom nie. Hulle het byvoorbeeld nie golf op hulle agenda gehad nie. Miljoene mense ly aan hoe bloeddruk, maar hul leef daagliks daarmee. Hoeveel gevangenis is daar nie wat ook aan dieselfde siekte ly, maar hulle moet maar gelief neem met die behandeling deur die staatsdokters. ‘n Privaat praktisyn is nie vir hulle beskore nie. Vertel my nog ‘n storie oor die man. Hy is so terminaal soos ek terminaal geirriteerd is met al die stories. Hy moes onder huisarres tenminste geplaas gewees het daardie tyd. Lekker vir hom het hy gelewe tot nou toe soos ‘n normale wetsgehoorsame mens, want hy is volgende jaar ‘n vry man. Mens moet nooit lieg oor jou siektestoestand nie.

Chris ·

As ek die snert lees wonder ek by myself, dink die Mo Shaik almal in die land is onnosel. Die wiel draai, maar hy draai stadig.

Belinda ·

Geen skaamte, hoe kom sit jy kastig en praat oor die groot geheim, Hoë bloeddruk, terminaal……. jy sou meer gesê het, as jy niks gesê het. Nou weet almal hoe min julle weet van siektes en tronkstraf, hy bargain daarop dat dit dan noual verby sou wees. Die punt is egter hy moes sy straf uitgedien het soos enige ander skuldig bevinde wets oortrede.

Danie ·

Wat van Clive Derby-Lewis? “You all speak with forked tongue!”

Arno ·

Persoonlik sal ek niks van sy sogenaamde mediese toestand glo voor dit nie deur betroubare dokters bevestig word nie.
Hy is as gevolg van bedrog tot tronkstraf gevonnis en het tronkstraf vrygespring bedrog.
Die tronk is waar hy en zuma hoort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.