Shrien Dewani is ‘n vry man

Shrien en Anni Dewani

Shrien en Anni Dewani

Die Britse sakeman Shrien Dewani, wat aangekla is van die moord op sy vrou Annie, is in die Wes-Kaapse hooggeregshof vrygespreek.

Adjunkregterpresident Jeanette Traverso het ʼn aansoek deur Dewani se verdediging dat die aanklagte teen hom teruggetrek moet word, toegestaan. “Ek maak die volgende bevel…die aansoek word toegestaan. Die beskuldigde word onskuldig bevind op die aanklagte.”

Traverso het gesê die enigste rede om nie die aansoek toe te staan nie, sal wees uit hoop dat die beskuldigde homself sal impliseer indien hy getuig. “Daar is geen bewyse waarop ʼn redelike persoon die beskuldigde kon vonnis nie,” het Traverso gesê.

Dewani het ná Traverso se uitspraak emosieloos by die trappe af na die aanhoudingselle geloop. Sy familie het in trane uitgebars na die uitspraak. Dewani se regspan het vroeër ʼn art. 174-aansoek ingevolge die Strafproseswet by die hof ingedien en versoek dat die aanklagte teen hom teruggetrek moet word en dat hy vrygespreek moet word.

Dewani se verhoor het op 6 Oktober begin. Hy is aangekla van moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en sameswering om hierdie dade te pleeg. Hy is ook van dwarsboming van die gereg aangekla. Dewani het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Dewani is op 8 April na Suid-Afrika uitgelewer om verhoor te word. Hy het verskeie kere appèl aangeteken voor hy uiteindelik uitgelewer is.
Dewani is daarvan beskuldig dat hy die moord op Anni, tydens hul wittebrood in Kaapstad in November 2010, beplan het. Drie mans is reeds aan haar moord skuldig bevind en gevonnis.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jakoos ·

Dis seker al wat mens kan se^ Theresa, behalwe dat ek dink Oscar Pretorius is baie vies dat hy nie eerder vir regter Traverso in sy saak gehad het nie!

Andre ·

Indien ‘n hof ‘n art 174 aansoek toestaan, beteken dit dat die getuienis teen die beskuldigde op daardie staduim so swak is dat dit nie nodig is om daarop te antwoord nie. Daar is dalk baie gese maar het geen bewyskrag teen die beskuldigde nie. Oppas- emosie kan nie die reg dikteer nie!!

Nefie ·

Maar almal weet hy is skuldig, die polisie ondersoek was swak so ook die getuies. As Anni se neef of oom kwaad genoeg is mag hulle dalk reg in eie hande neem.

Onskuldig ·

Die man is onskuldig. Die misdadigers wat haar vermoor het is reeds in die tronk waarvan een reeds beswyk het. Hulle het gelieg en Dewani te frame om ‘n ligter vonnis te kry.

Paplepel ·

Dewani is nog nie klaar nie. Hou die opskrifte dop. Binne 5 jaar in ‘n ander land. Selle storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.