Vanderbijlpark-moorde: ‘Dwelmbase het my gedwing om hulle te skiet’

Fanie du Preez Dinsdag (15 Desember) in die hof. Foto: Jacques Steenkamp/SAUK Radionuus

Fanie du Preez Dinsdag (15 Desember) in die hof. Foto: Jacques Steenkamp/SAUK Radionuus

Fanie du Preez (39), die man wat aangekla word van die moorde op sy vrou en twee kinders, is Dinsdag borgtog in die Vanderbijlpark-landdroshof geweier.

Thea (41) en haar kinders, Carlia (17) en Phillip (14), is in die vroeë oggendure van 3 Desember in hul beddens doodgeskiet. Du Preez het aanvanklik beweer hy was in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het. Hy het beweer hy is daarna deur twee gewapende verdagtes gekonfronteer wat op vlug geslaan het, waarna hy ondersoek gaan instel en sy gesin se liggame in die huis aangetref het.

Thea, Carlia en Phillip du Preez is Vrydag uit die River of Life-kerk in Vanderbijlpark begrawe. Foto: Jacques Steenkamp/SAUK Radionuus

Thea, Carlia en Phillip du Preez is Vrydag uit die River of Life-kerk in Vanderbijlpark begrawe. Foto: Jacques Steenkamp/SAUK Radionuus

Volgens Jacques Steenkamp, van SAUK-radionuus, het Du Preez Dinsdag sy weergawe van die gebeure verander en in die hof aangevoer twee Nigeriese dwelmbase het hom met ʼn vuurwapen gedreig en gedwing om sy gesin dood te skiet, nadat hy geweier het om dwelms namens hulle te verkoop. Die hof het ook gehoor Du Preez het sy weergawe van die gebeure aan die polisie drie keer verander.

Thea, Carlia en Phillip is Vrydag uit die River of Life-kerk in Vanderbijlpark begrawe. Du Preez sal teregstaan op aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg wanneer hy op 26 Januarie weer in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Pops ·

Jy praat soveel bollie, jy gaan jouself begin glo!! Niemand glo hierdie sop-storie van jou nie, niemand nie. Dalk net mense met oogklappe aan. Ek dink selfs jou prokureur gaan sukkel om jou los te kry!!!

Hannelize ·

Regtig??
Hoeveel keer gaan jy nou nog jou storie verander??

Gironki ·

Kan julle nie sien nie? Hy dink omdat Oscar Pistorius daardie metode gebruik het, kan hy ook maar!

Megan ·

Regverdigheid sal geskied!!! Sy prokureurgaan ook sukkel om hom los te kry, hoor my lied!!!

Inge ·

Dis nou ‘n pot snot! Hy is nie ‘n mens nie, hy is ‘n dier. Hy het ‘n pragtige familie gehad…wat ‘n skande.

Sumari ·

Ag asb jy praat ‘n klomp snert. Grow ‘n pair en vat jou pak soos ‘n man. Jy was man genoeg om jou gesin uit te wis. Ek kry jou geensins jammer nie. MOORDENAAR!!!

Deloris ·

Ag met waste bollie gaan die luis nog mee uitkom…. hy gaan nou net speel vir tyd. Ek hoop die slim geleerdes gaan vining sy doppie vir hom klink.

Suzie ·

Ek kry sy Moeder uit my hart jammer…Hy moes homself liewer geskiet het ipv 3 onskuldige mense..soooo dankbaar hy het nie borg gekry nie!!

Ruby ·

Mnr. Fanie du Preez, jy moet met jou siel saamleef dag en nag.

Flitsende tonele gaan jou jaag tot die dag wat jy jou kop neerlê.

Daar is pa’s daar buite wat die bullet gevat het vir hulle gesin, jy het dit gegee.

Mag jy jou saak reg maak.

arie plaasboer ·

@ Ruby,
Psigopate en Sosiopate doen wat hulle doen en voel vere daaroor na die tyd.
Hulle het geen gewete wat hulle aankla soos jy (en ek) graag sou wou sien nie.
Die vermoede bestaan by my dat die ou een van die twee afwykende soorte kan wees.

Elizma ·

Nou waarom het hy dan nie die 2 dwelm base geskiet nie? Skiet wou hy skiet en nou skiet hy sommer met n hele vark spek.

OuVrou ·

Hulle was maar net in sy pad! Dalk is daar ‘n polis wat moet uit betaal, maar nou gaan hy in elk geval boggerol kry. Dalk het hy net baie haat in sy hart. Monster

Amanda Marais ·

Bring die doodstraf terug. Moorde word deesdae te maklik gepleeg. Tyd dat moordenaars weer aan hulle nekke begin hang.

Cherize ·

Die feit dat hy dwelmbase geken het, spreek boekdele. Hierdie assosiasie wys net sy integriteit. Ek kry net sy ouers en familie aan beide kante bitter jammer – wat n skok moes dit nie vir hulle wees nie

SNEL ·

Cherize, dit was nogal my gedagte ook, ek dink sy familie sak hulle koppe in skaamte en vir hulle kry mens so jammer om deur een vrot appel in die familie nou so deur die modder gesleep te word, en dan haar familie, om te dink hy het hulle miskien n rat voor die oë gedraai en mooi broodjies gebak terwyl hy sulke vieslike gedagtes in sy kop aan die broei gehad het en nou het hy hulle van hul dogter en twee pragtige kleinkinders beroof. Sy lyk vir my na so oulike vroutjie en dis sulke twee pragtige kinders en dan hoor mens daai woorde (wat mens ook nie eers weet of dit waar is nie) van die dogtertjie wat geskreeu het “nee Pappa, nee” (dit was in n ander koerant so geskryf) en sy het blykbaar haar hande voor haar gesig gehou om te keer. Dis vreeslik! Geen pa sal sy vrou en kinders skiet as iemand n geweer teen sy kop druk nie, hy sal eerder n koeël vir hulle vat. Hierdie ou is net besig om n diep gat vir hom te grawe met al sy storietjies, dis net jammer daar hang nie n galg aan die anderkant van daai gat en wag vir hom nie.

Anoniem ·

Fanie, ek ken jou al 30 plus jaar……jy het van kleins af oor alles gelieg. Ek kan nie saans slaap nie want al was jy ‘n leuenaar het ek nooit gedink jy is ‘n koelbloedige moordenaar nie. Die feit dat jy geen emosie toon nie laat my dink jy verdien wat jy gaan kry. Ek kry oom Koos, tannie Joan en vir Jacques jammer….. jy verdien geen genade nie…..jou arme vrou en kinders het dit nie van jou ontvang toe jy daai sneller so baie kere getrek het nie…..mag hulle bevreesde gesigte dag en nag by jou spook…..hulle was reg jy is nie die naam van pa werd nie

Annamarie Trollip ·

Ek glo dit is een verskriklike skok vir hulle. Shame…..
Maar as jy weet hys ‘n blatante leunaar glo ek hulle almal het dit ook geweet. Is dit sy eie bloed kinders ?
Mag jou gewete jou OPVREET Fanie !!!!1

Annamarie Trollip ·

Ja dit moes vir hulle ‘n verskriklike skok gewees het….shame
As jy weet hy is ‘n blatante leunaar moes sy familie dit ook weet…..
Ek hoop sy gewete vreet hom op !!!

Van ·

Anoniem: Dit moet n groot skok wees as jy die persoonlik ken en hy doen sulke walglike goed. Voel bitter bitter jammer vir die vrou en kinders se familie, vriende en kennisse. Mag hy sy saak reg maak met God voordat te laat is :'(

Sandra ·

Dink die man ons glo nog in “fairy tales”? Dit was ‘n baie swak beplande moord.

Hannie ·

ja, lieg lieg lieg, hoe kan enige hof jou verder glo. Wat ‘n LAFAARD!!

anna otto ·

Ongeag watter straf die hof hom eendag sou toedien sal hierdie mens, al het hy net een greintjie menslikheid in hom, vir die res van sy lewe vir sy dade betaal. Dis wat kan gebeur as n kind-boelie en volwasse-boelie word. May God have mercy on his soul.

Anoniem ·

Daar is net een straf vir hom….die doodstraf!!!! Bloed vir bloed!!!!!!!!!!!!!!……Hoekom menslikheid aan hom betoon!!!!!!!!!!!!!!Maar die sal nooit gebeur in Suid Afrika in elk geval nie met die huidige regering wat ons het nie…

esmari ·

Een ding is verseker! As iemand ‘n geweer teen my kop hou en sê kies om jou kinders te skiet of ons skiet jou dood, sal ek vir my kinders vertel dat ek vor hul baie lief is en dat hul moet sterk wees sonder my!!!

Berhalet Beukes ·

Tensy jy betrokke was met dwelmhandel of die Nigeriërs, sou hulle jou nie uit die bloute forseer om dwelms te verkoop of jou familie te skiet nie. Êrens is ‘n kinkel in die kabel en ongelukkig gaan jy sit. Jy is ‘n lafaard! En jou vrou en kinders verdien die volle waarheid!

Berhalet Beukes ·

Korreksie… Jou vrou en kinders verdien dat die volle waarheid uitkom.

Corrie ·

En jy lafaard skiet maar net jou gesin? Wat het jy by dwelm base gesoek? As jy gemors gebruik het,hoekom se jy het n gesin en waar jy bly??? Hoekom het jy hulle nie geskiet nie,,,of hoekom het jy nie die koeel gevat nie?? Mag jy opvrot in die tronk!!

André du Toit ·

Die man mag nie so baie lieg nie. Die Regeering hou nie van kompetisie nie. Volgende storie is dalk ‘n stem in sy kop het vir hom gesê om die moorde te pleeg

Peet J ·

Waar mal opgehou het daar het hierdie man begin, bring hom uit sodat hy gestenig en aan die brand gesteek word. Hy het die wet van die Almagtige God verontagsaam.

Annie ·

Hierdie storie maak ook nie sin nie, daar gaan weer ‘n nuwe storie wees in Januarie. In my oe is hy ‘n viesliker as ‘n vark, mag hy vrot in die tronk.

Stev ·

LOL…dink die man die publiek gaan sy storie glo.

Vir sulke dade is slegs een straf goed genoeg en dis die doodstraf. Ek oordeel want almal kan deur sy storie sien. Niemand op aarde kan gedwing word deur n derde party om sy eie gesin te vermoor nie, hoe kan mens met jouself saamleef .

Mnr. du Preez, JY is deel van die gemors in ons samelewing. Mag die wiel draai en sommer vinnig ook.

Stev ·

mense, daai LOL is bedoel vir wat die man kwyt raak. Sy dade maak my sommer hartseer en woedend tegelyke tyd.

Net indien iemand nie my my verstaan nie.

charmaine ·

Rug graatloos! Hy hoor stemmetjies. Hy skiet sy familie omdat iemand so se en probeer nie eers self verdediging of om sy familie te waarsku nie. In n vorige koerant foto het hy n”help-my-sterk-lyk hempie” gedra en sy bultende spiere gewys maar kon nie sy familie “beskerm nie”.HAHAHA! Jou dom krag aapie.

Elize ·

Sjoe Fanie, hoeveel stories, a nee a man, eers was dit 4 rowers, toe 2 rowers, stoei in die gang met een, rower laat val vuurwapen, (hoekom sou hy jou nie ook skiet nie, maar slegs die vrou en kinders), daarna het jy blykbaar “gecrack” oor kinders jou aanvat oor jou “affairs”, (volgens jou naamlose vriendin), nou is dit dat dwelmbase jou wou dwing om dwelms te verkoop(hoekom sou hul jou dan nie ook gedwing het om jouself te skiet nie) Hoe het hul in die eerste plek in jou huis ingekom, sonder om in te breek, dan was jy mos die een wat hul toegang verleen het tot die huis. Wel Fanie, ek wil die oordeel nie, dit kom my nie toe nie, maar ek sê dat die gereg sy gang loop, die waarheid sal wel uitkom en reg en geregtigheid sal seevier, en ek kan vir jou eending sê, jy speel nie met die gereg nie, daai mense is opgeleide persone, en hul kry daagliks met hierdie tipe goed in aanraking en hul gaan vir jou uitmekaar trek, so as ek jy is, praat die waarheid, vat jou pak soos ‘n man, toe jy die sneller getrek het, het jy nie aan die gevolge gedink nie? 2 pragtige jonge kinders, wat nog soveel gehad het om voor te lewe, hoekom het jy nie maar net vir Thea en die kinders gelos en met jou lewe aangegaan nie, en hul met hulle sin…..ai ai ai

Ivonne ·

Sies kry jy nie skaam nie
Sulke lieflike mense moet boet vir jou sondes
Onthou net eendag daar bo gaan jy boet

Charmaine ·

Jy ken dwelmbase???? En nog erger hulle weet waar jy bly!!! Jy was van dag 1 af n selfsugtige vark, wat nie vir 1 oomblik aan jou vrou of kinders gedink het nie. As iemand so iets aan my moes voorstel het ek eerder my eie lewe geneem, as wat my kinders en man moes boet met hulle lewens. Jy is n swakkeling en het n maklike uitweg gesoek, en dank die Here Hy het dit vir jou gegee. Mag jy vir die res van jou lewe elke sekonde van elke minuut van elke dag jou gesin se lyke voor jou oe sien en jy die moed bymekaar maak en doen wat jy in die 1ste plek moes doen.

Toffie ·

As hy ‘n ryk en beroemde atleet was het almal nou vir hom opgestaan en gebid. Dan het hulle jou sommer met hulle bybels oor die kop geslaan as jy iets negatief van hom durf sê het. Mense darem.

Rooijan ·

Toffie dit is nie heeltemal dieselfde nie is dit? Hierdie man het sy familie 3 van hulle een vir een vermoor terwyl hy na hulle gekyk het. In die Oscar geval was daar darem so ń mate van twyfel dit was moontlik dat hy gedink het hy skiet op n inbreker. Maar nou ja die appelhof het daardie beslissing omgekeer. Lang storie kort dit is nie dieselfde nie.

Piet ·

Interessant.
Pistoors het ook met ‘n paar verskillende stories vorendag gekom.

Lee ·

Hoe kan ‘n pa sy eie kinders skiet!!! Dit gaan my verstand te bowe. Hoekom het hy nie eerder homself geskiet en sy vrou en kinders gelos nie. Jy is ‘n lafaard meneer! Rus in vrede julle 3. Julle is nou veilig in Jesus se arms! xx

Bloues ·

As ek moet kies tussen my gesin en myself, en ek het n wapen in die hand, sal ten minste een”dwelmbaas” saam met my sterf

Toffie ·

Moord en liegstories om die moord toe te smeer. Dis presies dieselfde Rooijan. Wat my verbaas is dat mense dink sulke ouens het ‘n gewete. Binnekort het hy ook ‘n nuwe liefde en haal hy epistels uit die bybel aan vir ons.

Oom Kallie ·

As jy eers die demoon van seksuele perversiteit, en die demoon van verslawing, die demoon van dwelmmisbruik, en die demoon van woede, haat en twis in jou siel lêplek gegee het, is die demoon van die dood gou by. Een lei jou na die ander. Laat dit ‘n waarskuwing wees vir almal wat met verkeerde dinge besig is.

tamboti ·

Ek wil nie herhaal wat almal se nie, ek sien dat baie vroue in woede kommentaar lewer! Ek hoop net duisende ander skrik wakker en soek hulp voor hul vrot mans, (die wat aan drank en depressie ly ook) hul verder aanrand of moor – dink aan jul kinders!
Ek is jammer dames dat sommige mans so is, maar moet dit geensins duld nie.

Anoniem ·

Maak nie saak hoe oud Thea was nie…hierdie is n baie tragiese verhaal. Geen normale denkende mens doen so iets deur sy gesin uit te wis. Ek is baie seker almal van ons toe die eerste berigte verskyn het, het getreur of jy hul geken het of nie. Hy behoort uit samelewing verwyder word. Niks wat hy se kan dit regverdig nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lulu ·

JCV – so what? Al was sy 81 sou dit nogsteeds MOORD gewees het!

Anoniem ·

Ek het Carlia geken, van laerskool af en ek kan eerlik se dat sy en haar boetie wonderlike kinders was! Ek hoop jy kry jou verdiende loon! Jy moes liewer jouself geskiet het as jou gesin! Lyk my maarnet jou gewete het jou begin vreet! Ek hoop jy sal elke liewe dag gespook word by hulle gesigte! Hulle het dit nie verdien nie! Jy is nie die grond werd waarop jy loop nie.

Anoniem ·

Net n vraag…watse man, gee sy adres vir dwelm handelaars? En sou hy dit doen vir watse rede? Nee regtig, dis n openlike leun!

On-glo-baar ·

al is jy hoe kwaad, hoe gefrustreerd kan jy dit sowaar nie oor jou hart kry om jou weerlose gesin af te maai nie. Ek lei af Thea was dalk maklik sy het geslaap en jy was kwaad omdat jy jou beursie verloor – hoe kon jy haar net vir finansiele gerief aanhou, dit sê al klaar jy is skuim, nee skuim kan mens nog skoonmaak, jy is laer as gemors. Dan gaan jy na jou kindertjies, wat ‘n deel van jou is, hoe kry jy dit reg om sommer net jou seuntjie wat ook niks vermoed het dood te skiet, dan jou dogter wat intussen wakker geword het en jou smeek, hoe kyk jy in haar oê en skiet haar. Dit alles beteken jy is die grootste gevaar op aarde, nie eers jou geliefdes naby jou is veilig nie. Ek weet nie of ek vir jou Ma moet bid of haar blameer vir alles nie, as ons reg lees en luister rand sy ook sommer mense aan, het sy jou van kleins af laat verstaan, maak nie saak wat jy doen, jy is altyd reg. Ouers wat blind is vir hul kinders se foute pluk sulke vrugte. Ek hoop regtig jou familie bid net vir jou siel en ondersteun jou nie, want ‘n mens wat sy eie kinders uit vrye wil doodmaak verdien geen ondersteuning nie! Jou eie kinders, dit is net nie moontlik nie, jy verdien selfde medisyne, niks wat jy of iemand sê kan hierdie nuus sagter maak nie. Pleks jy het jouself geskiet al was dit dan agterna, jy verdien nie belastingbetalers se geld om te oorleef asook regverdige verhoor te kry nie. Groot woorde, maar jou moorde is groter as enige denke, jou eie kinders………….. Toffie jy is op jou eie planeet, hierdie moordenaar kan met niemand vergelyk word nie, jy het nie ‘n idee wat gebeur het of wat hy gedoen het nie!

Anoniem ·

Goed gese…van hom kan mens dit verwag. Maar hy vergeet GOD slaap nie!!!!!

Anoniem ·

Geen tronk vir hom nie…hy gaan leef op my en jou geldjies….gaan versorg word op ons geld so-ook mediese dienste kry op ons geld soos menige ander…Ek en jy kan nie eers behoorlik lewe van dag tot dag. Hy het niks van die goed vir sy gesin gegun….hulle het nie eers n kans gegehad teen hom…..gee hom wat hy hulle gegee het…die dood!!!!!!!!!!!!!!Geen simpatie met die man!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

anoniem ·

Dit is n skondende storie.. ek weet nie hoe hy dit oor sy hart gekry het om sy gesin te skiet nie.. Well hy gaan ten to one Los kom op borg en bla bla wand hulle glo mos alles in die hof of dit word net uitgestel. Maar dit maak nie nou saak wat met hom gebeur nie. Hy sal eendag voor God moet Staan en VErdUideLik Hoekom en waarom.. hy gaan dalk nie nou betaal nie maar eendag in die vure van die HELL sal hy brand..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.