ʼn 31-jarige administrasiebeampte van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en ʼn 19-jarige student sal Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.
Dit kom nadat die twee in hegtenis geneem is tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie deur die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê die ondersoek het begin nadat die Valke inligting ontvang het dat die beampte en die student vir geld studente onwettig by die universiteit registreer wat nie aan die toelatingsvereistes voldoen nie.
“Die twee het na bewering groot bedrae geld geëis by aansoekers wat nie aan die toelatingskriteria voldoen nie en dan die stelsel gemanipuleer en meer punte aan dié studente toegeken vir toelating tot die universiteit,” sê Mulaudzi.
ʼn Geheime operasie is by Wits se Braamfontein-kampus uitgevoer waar albei verdagtes in hegtenis geneem is. Die ondersoek na die saak duur voort.
Daar is niks so slim soos ‘n skelm nie.
Want dit is sy human rights wat Jy toepas.
Waar de hel kom hulle aan al die planne! Kan CR nie sien dat die ANC letterlik ALLES verwoes het nie.