Luister: Heuning jaag drome en sê wat hulle wil sê met tweede ritmiese album


Heuning-Drome

Heuning het in Maroela Media se ateljee kom kuier. Foto: Heuning se Facebook-blad.

Die country-musiekgroep Heuning het pas hulle jongste album, Drome, bekendgestel en aanhangers het onlangs ook die kans gehad om die eerste enkelsnit, “Skree”, se musiekvideo te sien.

Jeanette Rootman en Henk Dercksen van Heuning het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor die nuwe album. Hulle het ook bietjie meer vertel oor die pret wat hulle gehad het met die maak van “Skree” se musiekvideo.

Maak ook seker jy luister tot die einde van die onderhoud om ʼn akoestiese weergawe van die titelsnit van die album Drome te hoor!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.