Hond sak en pak op stasie gelos

Die DBV in Skotland het die foto van Kai op Facebook gedeel.

Die DBV in Skotland het die foto van Kai op Facebook gedeel.

ʼn Hond wat met ʼn tas by ʼn treinstasie in Ayr, Skotland gelos is, maak wêreldwyd nuus.

Die DBV in Skotland het op sy Facebook-blad gesê die Sharpei-kruising is Vrydagaand by die stasie gevind waar hy aan ʼn reling vasgemaak was. Die reun, wat vermoedelik tussen twee en drie jaar oud is, het ʼn mikroskyfie onder sy nekvel gehad en daar is vasgestel sy naam is Kai.

“Ons het die persoon wat die mikroskyfie geregistreer het gekontak, maar die persoon voer aan hy het die hond in 2013 op Gumtree verkoop. Ongelukkig kon hulle nie vir ons die adres gee van die persoon wat die hond gekoop het nie,” het die DBV op Facebook gesê.

STV News berig dat daar ʼn kussing, ʼn speelding, kos en ʼn bak in die tas gevind is.

“Hierdie geval beklemtoon die moontlike gevolge daarvan om diere op die internet te verkoop aangesien dit dikwels daartoe lei dat mense op die ingewing van die oomblik troeteldiere koop waarvan hulle baie min weet.”

Talle mense het intussen reeds op die DBV se Facebook-blad aangedui dat hulle vir Kai wil aanneem. Sy storie het ook reeds wêreldwyd die nuus gehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mishka ·

As ek sulke goete lees, kan ek moord pleeg as ek sulke mense wat diere so mishandel en weggooi in die hande kan kry. As jy nie ‘n diereliefhebber is nie, MOET OM HEMELSNAAM NIE ‘N HOND/KAT AANSKAF NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Daardie is ook wesentjies met gevoel en vra so min . Los honde en katte vir ons wat ‘n passie het vir honde soos in my geval.

MartinLJ ·

Mishka, Ek stem 100% met jou saam. Ek dink ook sulke optrede kom terug na mens toe.

Mishka ·

Beslis MartinLJ. Nie vandag, môre of oormôre nie, maar eendag gaan sulke mense duur betaal vir hul optrede.

Eileen ·

Dit is Skotland – wrede eienaar pak sy hond se besittings als in ‘n tassie en gaan los die hond by die stasie – ‘n plek waar mense notisie van hom sal neem, en waar hy na ‘n skuiling geneem sal word waar hy hopelik ‘n nuwe huis sal kry.
Maar hier in Suid Afrika word ‘n dier eenvoudig afgelaai langs die pad. Ek bly in Akasia en het ek baie keer diere gesien wat langs die Mabopane Snelweg staan – dit isnie lank voor ek weer van daai diere op die snelweg sien stukken en uitmekaar geruk. Watse mense laai ‘n dier af met die hoop dat die dier eenvoudig doodgery sal word. Kai se “eienaar”was tenmiste sensitief.

Mishka ·

Moet dit nie eers noem nie Eileen!!! Gelukkig vir Kai was sy “eienaar” darem sensitief soos jy sê maar hier by ons in Suid-Afrika word hulle sommer doodgeslaan en babatjies by ashope gaan afsmyt! Ons DBV hier moet gaan leer by Animal Cops oorsee. As jy dan jou hond wat jy nie meer wil hê nie, gaan laai hom/haar dan maar af by die DBV of van die ander instansies wat omsien na hawelose diere. Maar hoekom in die eerste plek hou jy ‘n hond aan as jy nie na hom/haar kan omsien en baie liefde gee nie! Ugh, ek kan slange spoeg oor diere wat so mishandel word!! Of net weggesmyt word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.