23 April, die dag ná It’s Time

Deur SJ Wiggett

SJ by die biddag.

Ek het al verskeie kere in my lewe gehoor hoe mense baie sterk opinies het oor boeke, films en byeenkomste wat hulle nie gelees, gekyk of bygewoon het nie. Ek was gister [Saterdag] op die plaas Wilde Als, so 4 kilometer buite Bloemfontein, waar It’s Time plaasgevind het.

22 April was amper ’n tipe groeperingsinstrument:

  1. Pro-It’s Time
  2. Anti-It’s Time
  3. Besluit nog op 23 April hoe jy oor 22 April voel (wie “like” of “share” watter artikel oor die “event”)

Daar mag moontlik vandag mense wees wat dink: “Sien, alles was toe verniet. Klomp mense het nou gaan bid en die son het opgekom, die Rand is nie sterker nie, niemand is weggeraap nie, die president het nie verander nie en geweld het nie opgehou nie.”

Dit is waar, maar daar het iets in meer as ’n miljoen mense se lewens gebeur.

“So was daar toe nou ’n miljoen mense?”

Ek is nie doodseker nie, want ek het nog nooit ’n miljoen mense bymekaar gesien nie, so ek het nie iets om dit mee te vergelyk nie. (Daar word nou nog gestry oor hoeveel Israeliete Moses deur die woestyn uit Egipte na die Beloofde Land gelei het. Want is die vrouens en kinders nou bygetel of nie …? Die presiese getal mense speel ’n baie klein rol in dié gebeurtenis). Terug by gister: Ek kan met oortuiging sê dat dit die grootste skare is wat ek nog ooit gesien het. Sou iemand kon bewys dat daar fisiek meer as ’n miljoen mense was, sal ek glad nie sukkel om hulle te glo nie.

Wanneer iemand die oggend ná hulle troudag opstaan, of selfs toe Wayde van Niekerk wakker word met ’n goue Olimpiese medalje om sy nek, het die wêreld nie ewe skielik handomkeer verander nie, amper soos ’n tipe “magic trick”, nee glad nie. Maar dit was ’n oomblik wat deel vorm van ’n storie wat Wayde, die bruid en die bruidegom en selfs die skoonma se lewe vir altyd sal beïnvloed. Ons lewens bestaan uit stories, en ek weet vir seker dat daar meer as ’n miljoen stories gebore is by It’s Time (Aan Twyfelende Thomas: Sou daar net 700 000 mense wees en elke 2de persoon het twee stories om te vertel, is ons by ’n miljoen).

It’s Time- nasionale biddag (22 April 2017) Foto: Dr. Michael Mol (Verskaf aan Maroela Media deur die organiseerders)

Jy beskou jouself dalk nie as “geestelik” nie en dit is oukei, so kom ons praat dan gou oor die logistiek. Agter die verhoog was die einste heuwel waar oom Angus saam met ’n groep mense gestaan het. Die verskil is dat dit ses weke gelede ’n vlakte met heuphoogte gras was, maar gister was dit gesny, gehark en gebaal (1 300 hektaar), daar was paaie, daar was 10 km se “fiber”-lyne, daar was 1 000 toilette, daar was 1 800 km toiletpapier en behalwe vir die verhoog was daar 29 klanktorings – elkeen met ’n skerm van 3 x 4 m. Die hele dag is deur vrywilligers gereël en alles wat nodig was is geskenk – dit in opsig self is ’n wonderwerk (of ’n hele paar “stories” werd).

Wanneer iemand bereid is om op hulle eie onkoste al die pad Bloemfontein toe te reis, ’n kampstoel en water enige iets van 2 tot 8 km te dra, heeldag in die son te sit omdat hulle ’n verwagting het dat God kan ingryp en Suid-Afrika red, glo ek dit is nie te veel gevra dat daar vir hulle genade en ruimte sal wees nie. Dalk selfs ’n stukkie dankbaarheid dat daar sulke tipe vasberade landsburgers is.

Dit was lekker om vir Michael Mol en sy seun Joshua te ontmoet. Michael sê gister sommige van die dinge wat jy vir jou kinders sê en leer sal hulle onthou, maar die dinge wat hulle beleef, sal veel langer by hulle bly.

’n Paar mense was bevrees dat dit ’n “get rich quick scheme” vir oom Angus is, maar daar is geen geld ingesamel of offers opgeneem nie. My persoonlike belewenis was ’n boodskap van hoop en liefde van Jesus Christus en glad nie ’n man se plan vir die land nie.

It’s Time- nasionale biddag (22 April 2017) Foto: Dr. Michael Mol (Verskaf aan Maroela Media deur die organiseerders)

Die een ding van It’s Time wat vir my baie bemoedigend was, was om weer Suid-Afrika se mense te beleef. Mense met ’n glimlag, mense wat vir vreemdes omgee, mense wat oor rasgrense heen saam bid, wat vertrou, wat hoop, wat uitroep na ’n Almagtige God, mense wat water deel met vreemdes en biltong bied aan ’n onbekende persoon langs hulle.

My hart het hoop geskep uit die mense wat ek gesien het.

Selfs kompeterende maatskappye het hulle verskille op sy geskuif en saamgewerk op dié dag.

Die een ding wat It’s Time reggekry het, is om ons elkeen weer te laat dink. Wat is vir ons belangrik? Voel ek ek moet in Bloem gaan bid? Waarvan is ek oortuig en waaroor voel ek sterk? Of jy gister op Wilde Als was of nie is nie belangrik nie. Wat belangrik is, is dat ons elkeen sal besef It’s Time vir elkeen van ons om te besef dat ons ’n rol het om te speel en dit sal begin speel.

22 April 2017 was ’n belangrike dag, maar 21 April 2018 is BAIE belangriker: die wyse waarop elkeen van ons vir die volgende 365 dae sout vir hierdie smaaklose aarde en lig vir hierdie donker Suid-Afrika (wêreld) gaan wees, is kardinaal.

  • SJ Wiggett is ‘n verkopebestuurder by GROOTfm 90.5, het in 2010 sy BTh-graad voltooi en is tans besig met ‘n graad in besigheidsadministrasie. Hy woon in Pretoria saam met sy vrou, Maretia. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Rika ·

Ek glo met my hele hart dat God groot dinge vir die land en sy mense gaan doen. En al het daar net 1 persoon sy hart aan God gegee, was hierdie byeenkoms totaal en al die moeite werd. Mense het hul stemme laat hoor, mense het tyd gevat om God eerste te plaas en dit alles was die moeite werd. Daar is mense wat negatiewe opmerkings gaan maak, maar ek weet verseker dat God elke hart gesien het, elke gebed gehoor het, en dat God groot dinge gaan doen…

Daan Venter ·

As die 700 000 net bereid is om sonder verskoning en met oortuiging met hulle familie, vriende en kollegas te praat van hulle ondervinding sal ‘n stukkie daarvan in mense se harte vassit.
‘n Klein mosterdsaadjie wat sal groei – suurdeeg wat sal uitrys. Diè wat daar was moet net versigtig wees vir “Sunday Warrior, but Monday whiner” – hou aan lees, bid, glo en getuig!

JvA ·

Mooi geskryf SJ. Ek en my man was daar en ek kan persoonlik se dat ons nooit weer dieselfde sal wees nie. Dit is ‘n belewenis wat mens nie in woorde kan beskryf nie. Die orde en vrede omtrent die dag was ongelooflik. God is groot.

Jan Jooste ·

Puik artikel. Gebalanseerd en rig op die toekoms, waar dinge saakmaak !!!

Genieve ·

Alles gebeur met n doel.Die Here moes iets doen om mense te laat glo dat hy n werklikheid is en ek glo steets daar sal resultate wees,want God was inbeheer.Die woord se: Wag op die Here en laat jou hart sterk wees..ja wag op die Here.Hy sal beslis antwoord.

Justice ·

Die hartchirurg Chris Barnard het gese dat sukses nie `n doelwit is nie maar `n resultaat. Welgedaan aan almal.

Breytie ·

Ek was nie by die byeenkoms nie, maar het op 23 April na die opnames gekyk wat uitbeeld – sonder verduidelikings – hoe die gedagte vir “It’s time” ontstaan het en hoe die hele konsep ontplooi het. Mense wat mekaar gladnie geken het nie en in verskillende dele van die land woon, het perfek in harmonie opgetree om onwetend ‘n rol te speel in die ontstaan en uitvoering van die hele onderneming. Behalwe dat dit verstommend groot was, was dit ook ‘n verstommende wonderwerk.

Ons moet ons oë wyd oopmaak en raaksien dat hierdie deel is van ‘n proses van verandering. Dalk is daar nie veel aanwysbare “resultate” van die byeenkoms nie, maar met tyd sal ons kan terugkyk na ‘n wyer scenario as net een gebeurtenis, en dan sal ook die kritici moet erken ons is besig om na ‘n nuwe geestelike vlak te beweeg. Daar kan geen twyfel hieroor bestaan nie as ‘n mens die sigbare waarheid aanvaar dat die konsepbeplanning nie deur mense uitgedink is nie. ‘n Nuwe fase is betree, spesifiek vir die blankes van Suid-Afrika. Nou is die voortgang hiervan onstuitbaar, maar onthou: dit gaan oor tyd afspeel.

Katryn ·

Dit was een amazing dag gewees en ek stem saam met die artikel.

Pietman ·

Twee dinge wat my opval. Die sukses van die dag word gemeet aan 1. of mense ‘n aangename belewenis gehad het 2. en ‘n persoonlike boodskap van hoop en die liefde van Jesus gekry het. Oor punt nommer 2, indien jy vir ‘n jaar lank kerk toe gaan sal geen boodskap oor Jesus meer vir jou nuut wees nie, die boodskap bly soos die Bybel dieselfde. Indien iemand beweer hy het so ‘n ontsaglike wonderlike boodskap gehoor , twyfel ek of die persoon eerlik is. Oom Angus gaan jou niks kan vertel wat jyself in die Bybel kan lees nie. Dit was mos eintlik ‘n biddag. Daar is waarskynlik baie meer as ‘n miljoen mense wat elke dag vir SA bid. Mense wat saamdrom is nie veronderstel om ‘n verskil te maak nie. Maar ja dis seker ‘n lekker ervaring om soveel mense om jou te sien bid . Hopelik help dit maar ek sal nie my asem ophou nie.

Burger ·

Ek was daar en as dit wat daar gebeur in kerke kan gebeur , sal dorpe weer herstel word. Ongelukkig het die meeste tradisionele kerke en bedienaars van die woord hulle persoonlike agendas wat deurtrek is met godsdienstigheid. Aangename belewenis … Elke ou het sy eie storie . Ek het 2 , een wat te doen het met die “aangename belewenis” en dan die getuienis. Ek vra mense wat se een hulle wil hoor. Meeste se gewoonlik die eerste een. Die stories oor die getalle ens.

Stem ·

Pietman, jy verwoord nou mooi dit wat my ook opgeval het. Die wat wil hoor, sal hoor; die wat wil sien, sal sien….ek kan baie sê, maar soos ek hier sit, is ek moeg gepraat en gelees, maar nooit moeg gebid en opstaan vir ons Heilige, Almagtige God en Sy Waarheid nie. Dankie vir dié wat, al word hul uitgekryt vir negatief wees, wetties, ens ens (selfs erg belrdig en vervloek!), veg vir die Waarheid. Ek kan wel sê ek het baie meer ‘opstaners’ vir Angus Buchan en die geleentheid/belewenis gesien, as vir God en die Waarheid van Sy Woord en Karakter. Was gevra dat mense navors oor Angus en sy bande met NAR, WOF, en diesulkes (en feitelik genoem hoe mense wat hom ken gekontak het om mooi met om te praat hieroor en hy volstrek weier en nie gehoor gee aan die waarskuwings nie. ‘n Ou vriend van hom het als probeer, maar hy ignoreer hom net), het hul dit summier geïgnoreer. Sê dit iets? Verseker ja! Ek is nie trots hieroor nie, eerder diep besorgd en hartseer oor die misleiding.

Hein Olivier ·

Dis so jammer dat die mense wat negatiewe kommentaar lewer, nie die moeite gedoen het om saam te gaan na die It’s Time event nie! As jy daar was sal jou gesindheid anders gewees het, verseker! As jy dit beleef het wat ons beleef het kan jy nie anders as om te besef dat ons God leef en dat Hy nog ‘n plan het met ons land nie! Hierdie was ‘n “heart changing” event en dit het nie gegaan oor oom Angus of iets soortgelyks nie. Dit woord wat hy verkondig het was in lyn met die Bybel en ek glo dis wat op ons Vader se hard is vir die mense in ons land. Ek is baie opgewonde oor dit wat die Here nog in ons land gaan doen!

Luiperd ·

Hein – Die probleem wat ek met jou stelling het is die hele “belewenis” gedeelte.

Ek is ‘n opregte Christen wat elke week kerk toe gaan, musiek speel en my lewe so na aan God probeer leef moontlik. Ek ervaar nie my God as ‘n ‘belewenis’ nie! ‘n Verhouding is wat ek ervaar, een soortgelyk as die van my ouer huis. As ek by my pa en ma gaan kuier is dit tog ‘n normale kuiertjie, sonder enige ‘hypes’.

Ons Pastoor bring elke week ‘n boodskap wat in lyn is met die Bybel en dit wat Angus gepreek het, was vir my net nog ‘n boodskap soos die van ons Pastoor.

So ek weet nie, ek ervaar die teenwoordigheid van God in my lewe juis in die stil nederige oomblikke, daar waar geen mense my aandag kan wegvat van Hom af nie.

Ek is bly as dit mense aangeraak het en hopelik sommer na God toe gelei het, maar vra asb. daardie mense om Sondag kerk toe te gaan. Ek weet Agnus is nie daar nie, maar ek hoop God alleen sal darem voldoende wees…

Cois ·

Shoe Pietman, Ek gaan seker nie so gereeld kerk toe as wat ek moet nie maar ek lees my Bybel gereeld – en glo my as ek se dis asof ek elke keer iets nuuts, iets motiverends kry uit die boodskap wat ek hoor of die bybel stukkie wat ek lees. As jy jou Bybel lees of kerk toe gaan en dit raak vervelig dan moet jy iets daaraan doen!

Wat ‘n ondervinding!!, ek was daar en dit was wonderlik, wonderlik.

Pietman ·

Cois, jy kan dalk interessante inligting ontdek, ek gee toe. Maar die kern van die boodskap bly dieselfde. Indien jy vir die 1000ste maal hoor” Jesus het vir jou sondes geboet deur die kruisdood” gaan jy tog nie in ekstase en verwondering wees nie? Ek meen hoe kan jy opgewonde raak oor iets wat jy weer hoor maar reeds weet? Vir my is daar ‘n helse valsheid aan sulke mense.

Maggie ·

Pietman,’n mens kan verseker elke keer in ekstase/verwonderd wees.Ek is al geruime tyd in ‘n noue verhouding met God en elke keer as ek die Kruisigingsverhaal vir my seuntjie lees en kom by die deel waar Jesus vra:”My God,my God,waarom het U my verlaat?” en ook waar Hy sy laaste asem uitblaas,is ek en my 5 jarige albei in trane.(Miskien huil my kind omdat ek huil alhoewel ek weet hy verstaan reeds baie van geloofsake).Ek is elke keer intens geraak deur die opoffering wat Jesus vir ons elkeen gemaak het. Hoe kan ek nie wees nie?

Hannelie ·

Net soos Burger hier sê, die mense in tradisionele kerke, hoekom is dit die 100ste keer dat ek my mond hieroor rek? My ,tradisionele kerk, is vir my hoe ek kies om my geloof te leef. Iemand anders in een van die,sekte kerke, as ek dit dan nou maar so kan noem, reken ,ons tradisionele mense, het n gebrek aan kennis. Oordeel is nie vir my nie so ek is bly vir jou as jy voel dinge werk soos jy dit sien maar gun my dan ook my stukkie son. Ek vind op n dood gewone sondag in my gemeente in my dorp net soveel soos jy in Bloem in n veld gevind het. Ñ Oom kan ook nie aan mense beloftes maak en sê God het hom gesê as jy dit en dit en dat en en en……nee hoor.

Lucy ·

SJWiggett hoop jy skryf nog baie want jy het n besondere vermoe om met woorde emosies in perspektief te stel

theo klopper /lephalale ·

Jesus is n waarmaaker van SY woord,en se daarin [waar daar twee of meer mense in My naam vergaarder sal EK teenwoordig wees ,en HY se in die woord ,toets my daarop ,[dankie Here vir n instrument soos oom angus ,vir die lesers wat skepties is oor die byeenkoms[[God se in sy woord,: ken my in al jou wee en Ek sal jou paaie gelyk maak,amen amen. dankie VADER

Luiperd ·

Theo – Ek stem saam, God se ‘Waar daar twee of meer in My naam vergader’

Ons vergader elke week…

Dankie Here vir ‘n instrument soos ons Pastoor.

Koos ·

Het gewonder wanneer die flou verskonings gaan begin inrol…. vandat Angus begin het met sy Mighty Men godsdienstige saamtrekke en biddae het dinge net agteruit gegaan in die land. Mors van kosbare tyd en hulpbronne.

Ivan Pienaar ·

Haai Koos, ek het nou alles gehoor oor wie is verantwoordelik vir die agteruit gaan van SA, en joune vat eerste prys . Om mighty men te blameer is verregaande en absoluut belaglik. Wat doen jy om die agteruit gang te stuit?? Laat ek raai, jy is een wat net murmereer en sit en dood spreek en leef in die verlede. Niemand maak verskonings oor Saterdag. Almal wat daar was het opgestaan in weerstand teen bose magte en nie teen vlees en bloed nie. In die gegewe oomblik toe ‘n miljoen hande vat en hul versoen met hul Skepper, het nie bose geeste wat heers oor SA op krukke gevlug, want Ons God sluimer of slaap nie. Voor iets in die fisiese kan manifesteer moet die stryd in die geestelike realm gewen word voor die Regterstoel van God. Ek vra weer, Koos wat doen jy omtrent die toestand in SA?

Pietman ·

Ivan ek dink Koos wil sê dit het geen verskil gemaak nie. Hy blameer nie Mighty Men nie. Hoe weet jy die bose geeste het gevlug? Het jy dit gesien? Ek dink hulle is terug krukke en al , hulle hou glo ‘n saamtrek op Coligny.

Elize ·

Was een groot belewenis. Dankbaar dat God dit op ons as gesin se harte dit gelê het om daar saam ander te gaan bid en so Sy teenwoordigheid kon sien en voel

balao ·

Dis met hartseer in my gemoed wat ek die negatiewe kommentaar lees wat inkruip tussen al die positiwiteit, ou vurktong bly maar net lustig en besig.
Hier vanuit Namibia het ek uit volle bors gejubel en Vader dankie gese vir al die mense wat dit nodig geag het om nader aan Hom te kom. Ek glo nie vir enigiemand het die dag oor Angus Buchan gegaan nie, maar eerder oor die geestelike bevestiging van hul eie geloof en om hul eie vertwyfelings hok te slaan.
Wat uiters belangrik is om vorentoe saam te neem, is die seeninge wat gedeel is onder bekendes en onbekendes, rykes en armes, al die reenboog skakerings tussen wit en swart, geleerd en ongeletterd, want aan Vader se voete, is ons almal gelyk.
Verder is dit ook nodig om vorentoe nie al die beloftes wat elkeen gemaak het, versugtinge wat voor Vader gele is en behoeftes wat raakgesien is, vergeet sal word nie, maar dat elk juis aandag aan al daai dinge sal gee om n daadwerklike verskil te maak.
Soms gebruik die Vader juis sulke geleenthede om ons oe oop te maak vir n volgende persoon se behoefte. Tree uit jou gemaksone, tree in vir daai mense en tree op, om die verskil te wees wat jy voor gebid het.
Shalom vanuit n Blessed Namibia

EBENHAESER ·

Baie kan vir oom Angus se grootse gebeds-aksie gese word en min kan daarteen gese word. Tog is daar altyd die negatiewes en doemprofete. Ai tog mense, salueer eerder vir oom Angus as ‘n instrument wat deur die Here gebruik word om ons land se mense tot hartgrondige bekering op te roep. Dankie vir almal wat so ver gery het om hul stem te voeg by die wat bereid is om te bid dat die lewende God in ons land ingryp-ek salueer julle ook! “twee werkende hande” soos iemand in hierdie kolomme opgemerk het “beter is as ‘n miljoen bidders” is ‘n growwe misgissing, inteendeel een ware bidder kan vanuit sy/haar binnekamer ‘n hele land verander!

Donene ·

@Gerrit ………..so ‘n bek moet Bar One kry! Well done!

Amelia ·

wag God se tyd….. nie jou tyd nie.. die verandering het reeds gebeur…
daar het meer mense hul harte oop gemaak op een dag as in n jaar.
daar het meer mense saam gestaan en saam gebid as van tevore…
moet nie jou eie tyd wag nie, wag vir God se tyd…

Louis ·

Ek was daar en stem 100% saam met die skrywer. Daar is soveel positiewe dinge wat ek beleef het die belangrikste daarvan is dat ek ‘ n ontmoeting gehad het met die Lewende God. Aan al die kritici:Pasop dat julle nie die belangrikste dinge in die lewe mis met ongeveer 60 cm nie ( afstand van jou hart na jou kop). Die Here is GROOT

Pietman ·

Dankie Louis waardeer. Jy mag maar vir Ivan ook bid. Ek sal op my beurt vir al die Louis’s bid in Suid-Afrika, net om seker te maak ek mis jou nie.

Louise ·

Vir my was die wonderwerk dat 1000 000 mense so stil is dat jy n speld kan hoor val. Oom Angus staan nie vir homself nie maar vir God en om dit te kon doen verg baie moed en geloof. Hy staan ook onder God se beskerming. Mense moet nie uit ongeloof en onkunde iets teen hom se nie Negatiwiewe praatjies kom nie van God af nie. Die bose kon nie daar teenwoordig wees nie want God se almag was teenwoordig. Sulke tye vlug bose magte. Ons menslike verstand en redenasies is nie in staat om al die dinge te verstaan nie. Net deur vir God te begin soek word dit openbaar .

Sondaar ·

Ek is ‘n sondaar. Jesus het vir my vergewe aan ‘n kruis toe Hy vir my gesterf het. Daarom lewe ek. Oorloë, diefstal, moord, Rand/Dollar/Euro en dood gaan daar wees. Party mense verwag ‘n lewe van geen hartseer en verdriet, asof eweskielik ‘n “majic” woord gespreek is en alles is reg. Ek lees van iemand wat skryf dat daar mense dood is in ‘n botsing na die bid byeenkoms. Ek is bly vir daardie mense wat dood is. Hulle lewe nou saam Jesus in die hemel. Almal gaan dood gaan. Almal. Maar weet jy dis wat gaan gebeur as jy doodgaan. Ek gaan by Jesus wees! Soos Angus begin het: ” I am not interested in your opinion, You are not here for my opinion, We are here for Gods opinion” (AMEN). Jy’t dalk erg seergekry in en deur die Kerk, skynheilige mense, Pastore of ‘n Dominee of wat ook al. Jou gerusstelling moet by Jesus wees. Hoe jy by Hom uitkom is maklik. Van die tuin van Eden se tyd af soek God altyd na die mens. Altyd. Hy het nog nooit opgehou soek na jou nie. Ja ek was daar! Ek het hande gehou met ‘n Tannie langs my. Ek het ‘n oom sien huil. Ek het gesien hoe ‘n paar mense (rondom my) hul harte vir die Here gee. Ek het ‘n Hindo gesien. Ek is bly ek het gegaan. Daar is en bly krag in gebed en in Jesus se vloeiende bloed.

Geda Grové ·

Was nie daar nie, maar ek het gehoor van selfondersoek, gesindheidsvrandering, versoening, uitreik na mekaar en posiiwiteit oor SA. Wat is fout daarmee?

bianca ·

Ek sal verseker weer n keer 2 uur die oggend van rtb na bloem toe ry en na Angus fan kyk …en na die show weer terug ry rtb toe …dit was die moeite werd !!♡
Dankie Jesus …..

Luiperd ·

Ek’s bly Angus doen dit vir jou!

Ek sal maar net elke week kerk toe gaan en elke dag self tot God bid.

Hoop as hulle dalk volgende jaar ‘n ander persoon vra om die dag te lei, jy darem nogsteeds 2 uur sal opstaan…

Wille Willemien ·

Puik artikel! Seënwense vir jou en jou vrou! XxX

Isabel ·

weet julle doen julself ‘n guns en gaan volgende keer saam en beleef self hoe ‘n belewenis dit is om ‘n miljoen plus gelowiges bymekaar te kan wees. Niemand kan dit vir jou beskryf nie jy moet dit self ervaar. Dankie Oom Angus. “want waar daar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle” Mattheus 18 vers 20. En dit kan ek verseker se Jesus was daar

Willem ·

In 1992 lees ek n boek oor Siener v Rensburg waarin onder andere gese word dat ver in die toekoms as dinge uiters donker in SA word, daar n geestelike leier uit die Ooste van die land die volk net voor die laaste stryd sal begeester of geestelik sterkmaak. Angus is uit Greytown- Ooste van die land.

Zane ·

Baie dankie aan Micheal Mol vir die mooi fotos. Ons waardeer dit. Baie dankie aan It’s Time

Francie ·

Ek sal graag wil sien dat daar jaarliks so ‘n biddag is.
Baie dankie aan die “Johan” wat die spreekwoordelike vuurhoutjie getrek het.

Leonard van der Dussen ·

Kom ons gaan elke Sondag kerk toe, lees elke dag Bybel en bid elke dag.

japie ·

Sue ek stem heeltemal saam met jou..dit is tipies vir mense om te dink dat Mega kerke n bewys is van goeie vrugte soos bv. bedieninge van mense soos Billy Graham, die Promise Keepers waaraan Angus behoort, James Dobson, Rick Joyner om net n paar te noem, maar die probleem met hierdie denkwyse is dat hierdie groot byeenkomste of kerke, juis hulself openbaar en uitwys vir wie hulle is, ongoddelike manne, Judas 14-15, Luk. 6;26, 2 Pet. 2;2 en hulle sal hul verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word. In hierdie laaste dae, 2 Tim. 3;1, 4;3, Luk. 18;8, is baie mense juis die teken van n valse leraar, want die Skrif se, baie nou is die pad, en min is hulle wat die weg vind. My advies aan jou is Heb. 1;1, waarin God vir ons se, nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wereld gemaak het. Hier sien ons dat God ons roep tot n verhouding met Homself, nie deur n navolger van n mens te wees nie, maar in die binnekamer tot n persoonlike verhouding met Hom deur die Seun Jesus Christus. Seen vir jou.

Blom ·

Die 22ste was n awsome belewenis. Al die Eer aan God dat ons daar kon wees. Veranderinge kom. Kom ons gaan uit,met Jesus in ons harte sodat mense Hom in ons kan sien. Bid vir mekaar sonder ophou. Deel die goeie nuus van God. Jesus het ons geroep om siele te werf vir Sy koninkryk. Mag Jesus ons krag gee om dit te gaan doen. Dankie oom Angus dat jy ons in gebed gelei het. Al die Eer aan ons Skepper. Dankie vir gehoorsaamheid. Die teenwoordigheid van die Heilige Gees was wonderlik……………but God!! Seên vir almal. Jesus liefde

Luiperd ·

Ek wonder as ons Pastoor Willie Potgieter van Kathu af gevra het om die byeenkoms te lei of daar 30 mense sou opdaag…

Wonder maar net? Ek meen sekerlik sou God daar ook teenwoordig gewees het en sou mense dieselfde “blessings” ontvang het, of sou hulle? Ek glo ek sou…

Luiperd ·

Ek stem saam John. Niks wat hy Saterdag gese het is nuut nie…

As ons Pastoor dit vir ons se kry ek nie hoendervleis nie en dit haal beslis nie koerante nie.

Nee wat, hoop maar God hoor my ou enkel gebedjie elke dag. Ek weet ek bid dit nie voor massas mense nie, maar ten minste kan God weet di’s 100% opreg.

maryann ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie, Suid Afrikaners wat ‘n spul huigelaars is om God so uit te tart.
Sies, skaam julle, Angus is gestuur om ‘n boodskap te bring, en almal wat daar was wit swart geel groen bruin, maak nie saak nie het saam gebid vir hierdie land, en moet God nie aanjaag nie, Hy sal op Sy tyd werk nie julle ongelowige Thomasse wat julself christene noem se tyd nie.

Dankie aan almal vir die mooi positiewe kommentaar oor Angus en die byeenkoms- Laat ons aanhou om saam hande te vat en te bid tot ons God en die antwoord en verandering gaan kom.

Hou op spot oor jul blessings wat jul pastoor sal gee en dink aan hoe Goddelik hierdie oomblik was dat almal saam kon staan en bid en prys en Jesus loof. AMEN

*M* ·

Kan die mense wat nie daar was nie, asb op hou kommentaar lewer. Julle het geen idee wat ons beleef het daardie dag nie. Ek hoop so iets word weer gehou en dat julle wat so negatief en lelik is oor die hele storie daar sal wees en actualy sien waaroor dit gaan. Dit gaan nie oor wie dit gereel het nie, dit gaan nie oor hoeveel mense daar was nie dit gaan nie eers oor kerke nie, dit het gegaan oor alle Suid-Afrikaners wat vir God vra om hierdie land ‘n beter plek te maak. EK hoor nie een persoon wat daar was wat kla nie…….

Marietta ·

Ek stem saam met M. Kan die mense wat nie daar was nie, asseblief ophou kommentaar lewer. Hierdie byeenkoms het nie oor Angus Buchan gegaan nie, en dit was nie sy idee nie, dit was God se aksie, God het mense geroep om saam te kom, God het die plek en die datum gekies, en God het die getal aangedui. Deur alles wat gebeur het, is God alleen verheerlik. Geen mens het enige eer hieruit gekry nie, net God alleen. Angus was die as, die mense die speke, die ronde rim die gebede wat die wiel laat rol. Onthou ook dat dit nie net die sametrek op Bloemfontein was waar mense gebid het nie, daar was gebedsaksies en kleiner groepe in kerke, skole, huise, dwarsoor die land waar mense Saterdag bymekaar gekom het om saam te bid. Ek sou nie verbaas wees as nog ‘n miljoen mense bowe en behalwe die wat Bloemfontein toe gekom het, saam gebid het laas Saterdag nie. Net God sal weet hoeveel. As ‘n nasie het ons onsself voor God verootmoedig, as ‘n nasie sal ons groot veranderings sien in ons land. Daar was ‘n geestelike stryd gevoer en daar is ‘n geestelike oorwinning. Aan God AL die eer!

japie ·

Mighty men, Promise keepers, Men of promise, Macho men, Savage men, alles name wat Angus sy manne gee, alles loop oor van trots as ons hierdie name met die Een moet vergelyk wie hul veronderstel is om navolgers van te wees, Jesus Christus die nederigste Seun van die mens wat ooit op hierdie aarde gewandel het..ek dink selfvernedering moet by Angus begin en deurvloei na sy aanhangers, Rom. 6;6-aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie, as ons dan saam met Christus gesterf het, gekruisig is, dan eers kan ons Sy navolgers wees, se Hy nie self vir ons, as jy My navolger wil wees moet jy elke dag jou kruis optel en My navolg nie?

Caro ·

Dit als gaan nie oor Oom Angus nie maar oor ons God. Were two or more people come together God demand a blessing.

japie ·

Hi Maryann, wil net graag se, ek wil se dat jy mooi moet oplet dat Angus gestuur is om die volk te verlei..kom ek gee sommer vir jou die feit. 1 Tim. 3;1-5, Dit is n betroubare woord: as iemand na n opsienersamp verland, n leierspossisie, begeer hy n voortreflike werk, n opsiener dan moet onberispelik wees, n man van een vrou..dit klink reg in Angus se geval, maar dit is nie, sy vrou was geskei vantevore, en Jesus se, Matt. 19;1-12 – maar Ek se vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery en n ander een trou, pleeg egbreek, en die een (Angus) wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreek, hier het ons die Here Jesus se eie woorde direk aan Angus wat met n geskeide vrou getrou het, God verbied dit, en Paul us ook soos in in die vorige Skrif gesien het. Die gevaar is dat Angus n owerspelige egbrekersgees losmaak oor almal wat elke keer voor hom vergader. Hy is n valse leraar en mense ondersoek en tots nie die geeste nie, en so het almal aan afgods offers deelgeneem saam met Hom.

HEVW ·

Ek is maar te dikwels besig met die gedagte wat moet eerste heel gemaak word die volkereverhoudinge, die land of die kerk. Ek kan nie anders as om oortuig te wees dat die kerk op n baie kritieke vlak verkeer en dat dit die eerste samelewingsverband is wat heel gemaak moet word. Die kerk in sy hedendaagse besluite, die kerk se ampsdraers en die vertolking van hul ampte en ook die lidmate van die kerk. Hierdie heelmaakproses het ten eerste met elke lidmaat se hart, sy verhouding met CHRISTUS AS VERLOSSER te make. 22 April is n eenmalige gebeurtenis, maar wat nou van elke Sondag en jou lewensstyl in die res van jou lewe. Dit is die basiese waaraan ons behoefte het. Die kerk moet weer sy geloofwaardigheid herwin.

japie ·

Open. 2;14 – Maar Ek het enkele dinge teen jou, dat jy daar mense het wat vashouaan die leer van Bileam (Rick Joyner) wat Balak (Angus) geleer het om n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer, en hieraan is Angus skuldig, hy is n egbreker, hy het met n geskeide vrou getrou en Tim. 3;1-5 se, dit is n betroubare woord: as iemand na n opsienersamp verlang, begeer hy n voortreflike werk, n opsiener dan moet onberispelik wees, n man van een vrou..wat nie n ander man se vrou vantevore was nie.. verder leer Jesus vir ons in Matt. 19;1-12 – Maar Ek se vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en n ander een trou pleeg egbreek, en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreek, hier het ons Jesus se woorde direk aan Angus wat met n geskeide vrou getrou het, God verbied hom om as n leier voor die gemeente te staan!

japie ·

Haai Blom..in antwoord op jou 22ste April..as ons dit reg skryf dan is dit 22/4. En in Engels Numbers 22;4..as ons kyk wat daar staan dan sien ons n bevestiging van die valse profeet Bileam. En die Skrif se, sy weg loop gevaarlik steil in My oog..dit is defnetief n profetiese woord, toe ek hierdie openbaring by die Here kry toe vra ek n bevestiging by Hom, en die Here gee vir my Psalm 60;12 en sy naslaan bring jou dadelik uit by Num. 24 waar die laaste deel van hierdie valse profeet aanbreek. April maand is die voorvadergeeste se hoogtepunt van hul aanbidding. Deur die jare kan u maar gaan kyk op internet watter verskriklike goed in hierdie maand gebeur het. S.A. vier ook vryheidsmaand gedurende April 2017 en dit is die 22ste jaar van demokrasie en S.A. het ook n reenboog nasie in April geword..kan u sien hoe pas al hierdie dinge in. Angus het nie toevallig hierdie datum gekies nie, hy is deel van die nuwe wereldorde wat agter die gordyn deur vrymesselary en die Roomse Katolieke kerk gedrywe word na n een wereld kerk. Nommer 22 is twee keer nr 11 wat gaos, verwoesting en anargie voorstel, 22 is n dubbele deel daarvan. Die nr 22 kom ook 13 keer in die Bybel voor wat die nr van rebellie is. Angus gebruik hierdie nr 22 om vir die 1 wereldorde, asook vir die 1 wereldkerk te wys dat hy 1 met hulle is.

Minette ·

Pragtig geskryf..ek se sommer AMEN! Dis net verstommend hoe dit net mense is wat nie daar was nie, wat negatief is oor oom Angus. Eintlik het ek verwag die duiwel sal wel mense kry om te probeer om die vlamme te blus..maar hy kan nie..nie die keer nie. En Pietman..ek oordeel nie mense, nie ons is almal sondaars maar ek bid vir jou.. vir bevryding en dat jy ook eendag Jesus se nabyheid sal beleef..nie net van hom sal lees nie. En dan begin die Woord met jou praat . Dis n lewende Woord..jy het dit net nog nie ervaar nie ..

Minette ·

Sj Wiggett moet asb nie ophou skryf nie..but God…aanHom al die eer vir n herlewing wat Saterdag begin het…eks vuur en vlam en kan nie wag om te sien wat God volgende doen in ons land nie !

Blom ·

“Liewe Here, vergewe ons, want ons weet nie wat ons doen nie?” “Wees ons asseblief genadig Heer, in Jesus se wonderlike naam vra ons dit, AMEN…”

MM ·

Ek het vanuit my huis saamgebid en gewens ek was self daar – ek dink baie voel ook so. Mens voel trots en jou hart klop warm vir elke siel daar. Kragtige boodskap. haal my hoed af vir die logistiek ook. Diegene wat dit kritiseer is seker al aan die pak want duidelik is hul gemoed nie reg nie. ek sal nie weet wat die kritiek behels nie want ek ‘skip’ negatiewe kommentare. het dit regtig nie nodig nie. negatiewe mense skeel my min – ek vermy hul en hul gif

Marietjie ·

Al was daar dan 700,001 mense by die biddag, was daar ontelbare mense wat nie daar kon wees nie, en soos ek alleen in my woonkamer gebuig het voor ons Vader en my gebed gevoeg het by die duisende in Bloemfontein. My hart en gees was een saam met almal wat hulle verootmoedig het voor God. Dus, daar was miljoen en meer!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.