Lesersbrief: Aan Suid-Afrika se toekomstige held

leierskap-help-dien

Argieffoto.

Megan Meyer (gr. 11-leerling) skryf:

Dit is maklik om af te breek…. Dit is die gedagte wat deur my kop gaan terwyl ek my koffie drink en deur my kombuisvenster staar na die gebroke wêreld rondom my.

Ek sê nie ek is volmaak nie, maar hoekom moet ek in vrees lewe? Die strate wemel van mense wat net afbreek, afbrand, steel, verkrag en vermoor. Hoe kan ek dan nie in vrees lewe nie? Ek wil net ʼn bietjie ontspan, maar as ek die radio of televisie aanskakel is dit net skoknuus wat ek hoor. As ek die koerant deurblaai is dit net tragiese nuus wat ek lees. Vandag se hoofopskrif: “Nog ʼn universiteit word vernietig.”

Suid-Afrika het ʼn held nodig. Iemand wat vrede kan herstel en die rumoer en geraas kan stil maak. Iemand wat die vure kan kom blus. Ek gryp vinnig na ʼn pen en ou verkreukelde papier en skryf die volgende nota neer aan Suid-Afrika se toekomstige held: “Liewe toekomstige held van Suid-Afrika. Kom asseblief vinnig, want Suid-Afrika het jou nodig. Ons het jou nodig. Bring weer die vrede terug. Ons wil net almal saam in harmonie leef.”

Ek lees dit hardop en tot my skok besef ek dat dit amper vir my soos ʼn gebed klink. Toe tref dit my. Die held waarna almal so op soek is, is God! Hy is immers die skepper van die mens en hy is die vredebringer ook. Bid saam met my sodat God ons sal kom verlos van hierdie konflik, geweld en oorlog.

Ja, jy is reg. Dit is maklik om af te breek, maar dis net so maklik om te bid. Helde is dié wat regmaak en opbou. Die noodlot het ons dalk in die steek gelaat, maar dit is nog nie te laat vir ons held om aksie te neem nie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cornelia ·

Pragtige brief Megan Meyer.
God is maar ons enigste hoop in hierdie deurmekaar land.

gatiep ·

Baie mooi geskryf dankie.
Ja God sal nog die regte persoon stuur ons moet net bid en glo.

simon ·

mense moet ophou om te soek vir n politieke redder. God ek bid, moet ons help as ons gered gaan word. anders gaan die geweld net aanhou.

John ·

Hoe kom jy by die sg Noodlot uit as jy glo die Hemelvader staan aan die stuur? Lees gerus die aangrypende lewensverhaal van die Joodse meisie, Anna Frank. Ons het nie ‘n benul hoe dinge werk nie. Selfs Salomo het handdoek ingegooi…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.