Alles is nie reg in Suid-Afrika nie

paadjie-in-ierland

‘n Paadjie in Ierland. Foto: Verskaf.

Skarrelkind van Ierland skryf:

Ek het die skrywe in verband met die groener weivelde van ander lande, “Die gras is toe nie groener elders nie”, interessant gevind. Ek verstaan egter nie die doel van die skrywe nie.

Ek gaan aannames maak en vra: Is dit een of meer van die volgende redes?

  • Jy is werklik hoopvol en wil almal bemoedig om deel te wees van die oplossing;
  • Jy wil nie hê meer mense moet die land verlaat en gapings in die ekonomie laat nie;
  • Jy weet nie van beter nie (wat ek sterk betwyfel)
  • Jou lense is net eenvoudig rooskleurig;
  • Jy probeer jouself oortuig.

Om watter rede jy ook al die stuk geskryf het, een ding is gewis: Alles is nie oukei in Suid-Afrika nie.

Op sosiale gebied gaan dit power in Suid-Afrika. Dis ʼn gemors. Dit maak nie saak wat die Instituut vir Rasseverhoudings opdis nie. Ek gaan nie ʼn lang storie maak nie: Penny Sparrow, die Spur-insident, ensovoorts. Wit mense word uiters onregverdig behandel en dit lyk nie vir my of dit beter word nie.

Ons is almal besig om te ontaard as gevolg van die geweldige sosiale spanning waar onder ons voortdurend verkeer.

En hoe pas Suid-Afrikaners nie meer kultureel aan by Europa nie? Europa is deurtrek van vreemdelinge. Hulle bring kos, taal en kultuur saam. Daar was twee weke gelede ʼn kerkbasaar in Dublin en Amazon UK verkoop Freddy Hirsch-biltongspeserye in hulle aanlynwinkel. ʼn Mens kies om aan te pas of nie.

Jou opinie in verband met die ekonomiese faktore is, met alle respek, ongegrond. Ierland byvoorbeeld is duur. Die minimum loon per uur is ongeveer €9,50. As die twee van ons elkeen 40 uur per week werk, is ons lewenskwaliteit bykans wat dit in Suid-Afrika was. As ʼn mens nou ʼn ordentlike werk kry, meer in ʼn mens se veld, dan is die lewenskwaliteit beter as wat dit vir ons in Suid-Afrika was. Plus ʼn klomp ander pluspunte, wat ek nie in Suid-Afrika het nie.

“Vir wat,” vra die skrywer. Dis eenvoudig: Vir veiligheid en vryheid. Vir eerstewêreldse standaarde, al moet ʼn mens soos jy sê, jou standaarde aanvanklik effe verlaag en alles wat jy ken agterlaat.

Om jou lewe daar agter te laat, verseker vir jou ʼn lewe hier. Vir ons was dit ʼn “no brainer”.

Jy verwys na misdaad as ernstig, maar ʼn mens moet die bul by die horings pak en maar die beste daarvan maak. Hoe? Hoe maak jy die beste van ʼn ouer/eggenoot wat wreedaardig deur ses gewapende mans vermoor is? Moenie dat vrees jou vries nie – met ʼn 9 mm teen jou kind se kop? Dis nonsens, niemand behoort in vrees te lewe en hulleself maar tot die beste van hulle vermoë te beskerm nie.

As ek hierdie gru-stories hier vertel, dan sê baie vir my dat dit onmoontlik is dat dit op enige plek op aarde só wild kan wees. Hulle ken dit nie. Hulle glo dit nie. Een verkragting in Ierland maak sulke opslae in die media dat mens vir ʼn hele week niks ander nuus hoor nie. In Suid-Afrika is moord en verkragting algemeen.

En polities gaan dit nie te sleg nie want ons kan darem nog die president kritiseer? My liewe aarde, die man het ʼn staatskaping toegelaat, miljoene gesteel en het honderde kriminele klagtes hangende teen hom; en ons kan nie van hom ontslae raak nie. Wanneer sou jy dink dit gaan regtig sleg? Etniese uitwissing? Plaasonteinening? As die wisselkoers ZAR R50 vir €1 is?

Die vraag is dus nie of dit groener is nie, die vraag is of alle Suid-Afrikaners kan aanpas in weivelde wat anders proe, en of hulle sukkel om gewoond te raak aan die smaak en verkies om, ten spyte van wat alles in Suid-Afrika verkeerd loop, eerder aan die bekende smaak van die Karoobossie te wei.

En dis goed so, elke mense doen die beste wat hulle kan. Hulle gaan, hulle bly, hulle skerp sekuriteit op en byt vas, kies die pad en kom terug, as hulle wil.  Elkeen moet self kan besluit en nie veroordeel word nie.

Maar daar is baie groener weivelde, en ʼn mens maak opofferings om ʼn nuwe lewe te begin, maar ek weet daar is ʼn 95% kans dat ek nie ʼn gewelddadige dood aan die hand van kriminele gaan sterf nie.

Ons gaan ook nie hongerly nie en die weer kan oorkom word. En dit is genoeg vir ons vir nou.

En terloops, Europese bier proe baie beter as plaaslike bier (dit was net ʼn grap!).

Sterkte aan almal. Ons lees gedurig Suid-Afrikaanse nuus en dink aan julle.

Hierdie brief is verkort om by die voorgeskrewe lengte vir briewe te pas – Red.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Disselboom

In blote praktiese huidige terme is Skarrelkind natuurlik reg oor die verskrikkinge wat ons in Suid-Afrika beleef. Daar is ook wel ‘n groter vraag, soos as die Voortrekkers bv nou nie binneland toe getrek het nie, en nie volhard en deurgedruk het nie, daar ooit ‘n Suid-Afrika sou gewees het wat toe in die 20ste eeu vir bv heelwat Hollanders ‘n heenkome gebied in die nadraai van die Tweede Wêreldoorlog nie; en as daar nie hard geveg en gewerk is in eeue en dekades nie, sou die voorspoed om in te leef van die 1950 – 1980’s nie beskikbaar gewees… Lees meer »

Zak

Baie goed gestel Skarrelkind. Ek het ook die vooreg gehad om die veiligheid en gemoedsrus van n 1ste wereld land te ervaar. Toe besluit ek om terug te kom SA toe. Groot fout, berou dit nou na 10 jaar.

Verwonderd

Ek was net ‘n bietjie meer as 2 jaar in Engeland, dmv ‘n werksvisa so 10 jaar gelede. Soms wens ek werklik ek het maar eerder daar agter gebly. Die artikel herriner weereens aan hoe weerloos ons in ons eie land geword het. My persoonlike opinie is: as ons nie ons eie toekoms kan bestuur nie, ons geen toekoms het nie. Mense van geweld/ mags lus het geen medelye met die Afrikaner nie. Dankie vir die artikel, dit bring ‘n soberheid aan ons realiteite.

ZA in BE

Skarrelkind is reg. Dis n groot opoffering om jou land te verlaat Niemand doen dit omdat hulle dit WIL doen nie. Wie sou nou al hulle vriende, familie en land willekeurig agter laat as hulle nie basies gedwing word om n beter toekoms vir hulle kinders te soek nie. Dis nie altyd maklik of lekker nie maar n mens maar opofferings vir jou kinders. As SA se toekoms so sleg gelyk het nie sou ek raai 95% van die Saffas wat land uit is graag dadelik terug wou kom. Helaas lyk dinge nie so goed nie. En dit is BAIE… Lees meer »

SakrrelKind

Goeie middag aan julle almal, baie dankie vir julle belangstelling en kommentaar, groetnis