Lesersbrief: Balfour-plaasmoord en ʼn ope brief aan Zuma

Foto: Nantes Kelder.

Foto: Nantes Kelder.

Aubrey Delport skryf:

Mnr. Zuma, ek staan vandag by die hek van die plaas waar vier waardevolle mense ʼn gewelddadige dood in Balfour gesterf het. Doodgewone mense, mnr. Zuma, mense wat elke dag doodgewone goed gedoen het.

ʼn Ma wat sorg dat twee kinders geholpe is, ʼn ma wat elke oggend werk toe gery het, ʼn ma wat elke aand huistoe gegaan het. ʼn Pa wat met skape en beeste geboer het, ʼn pa wat ook elke dag doodgewone goed gedoen het.

Maar sien, mnr. Zuma, vandag is hierdie pad stil en vandag sal daar nie weer werk toe gery word nie. Hulle sal nooit weer die doodgewone goed doen nie, nooit weer die voorreg hê om hul kinders te ondersteun nie, nooit weer die kans kry om hulle te troos nie en nooit weer te liefkoos nie.

Hulle gaan nie doodgewone goed doen soos belasting betaal nie en hulle sal nooit weer hul geld spandeer of mense in diens neem nie,want sien, mnr. Zuma, die plaashuis is stil en die pad word nie meer gebruik nie.

Mnr. Zuma, in my soort werk werk ek elke dag met boere, my soort werk is om produkte en dienste te lewer aan my klante, mnr. Zuma, die boere wat kos produseer, werk skep, wat my onderneming aan die gang hou.

Vandag het ek weer ʼn klant minder en môre staan ek dalk weer by ʼn ander hek, ʼn stil pad, ʼn dooie land, ʼn stil opstal, want, mnr. Zuma, net in Februarie het ons al 18 klante verloor en baie mense het geliefdes verloor, kinders het hul ouers verloor en ʼn kerk dalk ʼn diaken, ʼn orkes ʼn tromspeler of dalk ʼn skool ʼn onderwyser, maar ons het nog ʼn klant verloor, ons het nog ʼn vriend verloor en Suid-Afrika nog ʼn produsent.

Jy sien, mnr. Zuma, dié soort ouens raak al hoe minder, soos my vriende, klante en kollegas, wat afgemaai is, wat verskeur is, wat verniel is.

Mnr. Zuma, hierdie mense was deel van jou reënboognasie, hulle is mense wat saam Protea-krieket kyk, wat saam Springbok-rugby gekyk het en wat ook positief was oor ʼn toekoms. Maar, mnr. Zuma, hulle is nou weg, hierdie mense wat elke dag doodgewone dinge gedoen het, hierdie mense wat bekommerd is oor reënval, hierdie mense wat alles moontlik doen om hul mense te betaal, hierdie mense wat paaiemente moet betaal, wat kinders op universiteit het.

Hierdie gewone mense wat elke dag doodgewone goed gedoen het, is weg.

Hul liefde vir alles wat mooi is, is verdof. Jy sien, mnr. Zuma, ons kan nie tyd terug draai nie en die pyn en verlange hartseer en trane gaan vir ewig bly, totdat ons weer by ʼn stukkende hek van ʼn volgende klant staan, want, mnr. Zuma, terwyl ek hier skryf, is daar dalk nog ʼn klant, broer, vriend of pa, wat vermoor word.

Mnr. Zuma, wat kan u vir ons doen om te help met die probleem waarmee ons sit, want mnr. Zuma, ons is sterk, maar ons word baie beproef en môre of oormôre is nie vir ons verseker nie. Ons liefde vir die land verdof.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê Wilma,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig van daardie woord, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

frik ·

Die brief is so waar en so tragies , die Zuma sal dit ongelukkig nooit lees en indien wel geen reaksie toon. Die moord pas in by die plan .

Henry McDonald ·

Treffende skrywe. Ongelukkig sal dit geen doel dien ook geen oplossing bied nie. Die enigste oplossing lê binne EIE geledere. Organisering, plaaswagte/boere gewapen met wettig gelisensieerde vuurwapens, paraatheid, opskerping van eie en huisbeveiliging, whatsapp groepe vir noodgeval/verdagte rapportering, patrollies en die nie-indiensneming van onwettige immigrante. Gaan na die FB-blad van die HERITAGE PROTECTION GROUP (HPG) en sien wat vermag kan word en hoe fenomenale suksesse behaal word. Die inisiatief sal uit EIE geledere MOET kom: indien nie – sal die slagting voortduur. Georganiseerde landbou en Afriforum behoort die leiding in hierdie strategie te neem……..

Henry ·

Uitstekende voorstelle wat my naamgenoot – wie ek van g’n adamskant af ken nie – maak.

Veral die afgelope weke se gebeure, laat geen twyfel dat ons op geen beskerming van die regime se kant af kan/moet verwag nie. Ek sluit veral ons mense in die stedelike/dorpsgebiede in, waar die gevare dikwels nader en meer dikwels opdoem. Kapings, huisrowe ens. Kan ons werklik nie sonder ‘n huisbediende en tuinwerker oor die weg kom nie???

Paraatheid, eie beveiliging, onderlinge samewerking, wakkerslaap!!! ens ens ens kan ons veiligheid en voortbestaan help verseker.

tish ·

siek wereld, oorbevolk en werk is te min.
ek neem geen jongmens kwalik as hul die land wil verlaat nie.
familie lede na New Zeeland, so gelukkig daar sluit nie eers jou motor snags nie

Lena Jonk ·

Ja New Zealand is n baie veilige en rustige land, ons baie gelukkig hier

Henri ·

Goeie brief net jammer die 1 vir wie die brief is, is 1 van die wat agter alles sit!!!!!!!!!!!!!

FM ·

Frik dit is soos jy daar sê!!!!! Hy sal nog van blydskap dit uitgiggel ook soos wat hy in die parlement maak.

Mr Keelvol ·

Zuma gee nie om nie oor hy nog nie iemand so naby aan hom so wreedagtig aan die dood af gestaan het nie. Hoe sal hy voel as al sy vrouens en kinders so verkrag word en gemartel word en vermoor word.

Johan ·

Al die briewe en al die optogte in die land gaan niks aan die situasie doen nie . Dit raak weekliks erger en as ons nie ons eie mense beskerm nie , sal ek graag wil weet wie gaan ?

Estelle ·

Dankie die brief is so waar en baie korrek gestel. Ons president het nog nie iemand so wreed aan die dood afgestaan nie dus weet hy nie hoe dit voel nie. As so iets ooit oor sy familie moet kom sal hy dalk wakker skrik, hoop so.

Patsy ·

Pragtige brief, maar Zuma gaan dit nie lees nie, en as iemand dit vir hom vertaal, gaan hy in elk geval nie omgee nie, want dit is deel van die ANC se plan om blankes uit te wis. Dit val alles saam met grondhervorming en transformasie, hoekom sal hy hom steur aan mense se emosies en gevoelens en families wat uitmekaar geskeur word. Die groot bekommernis hier is die DA gee ook nie ‘n duit om nie. Die blankes het DA gestem en hulle sterk gemaak .. nou hoor ek nooit ‘n PIEPGELUID van hulle oor moorde op blankes nie, net die bangmaak van ‘n KOPERKABELDIEF in ‘n doodskis .. daardie ouens sit steeds in die tronk SONDER ‘n VERHOOR!

Dellaq ·

Zuma is nie gepla nie. Soos vorige skrywer gese het, hy giggel oor alles. Hy put genot daaruit oor ons verlies en leed. HY is die een wat dan sing dat die boere uitgemoor moet word. ‘n Baie Hartseer brief deur die skrywer en so waar. Ek is sprakeloos….

Melanie ·

Het die lewe van ‘n blanke vir die regering so min werd geword dat hulle geen oor gee,of blind staar vir wat aangaan.Hoeveel meer blankes moet omkom voordat daar opgetree gaan word en indien wel,is die boere en ander blankes se voorland selfde as Zimbabwe dat hul weg gedryf word,want wie sal op ‘n plaas bly om aanhou teboer as jy ‘n geliefde moes afstaan agv moord.Glo die wat ons mense so wreedaardig vermoor dat hulle kan weg kom omdat daar geen beheer is op ons grense,of dat die tronk vir die wat moor en roof ‘n opsie is vir kos en ‘n dak oor hul kop?

DT ·

Hoe gouer ons mense besef EN aanvaar die regering gee nie om nie hoe gouer kan ons na onsself begin kyk vir oorlewing.

HENDRIK POTGIETER ·

Stem saam jou DT. dit het tyd geword dat ons blankes, boer of dan nie begin die waarheid aanvaar en op hou op die regering vertrou vir ons veiligheid. JZ en al sy “comrades” voel absoluut niks vir ons nie en die moorde word goedgekeur deur speletjies wat hulle speel om alles van ons plaas boere te weer hou of te vernietig. Ons so genaamde polisie mag beteken absoluut niks in n plaas aanval nie so dit los ons blanke boere om na ons self om te sien.

EkGeeOm ·

Pragtige brief! Ek glo vas dat die boere vermoor word as deel van grond onteiening! Plase word nou verkoop en nog n lewe verloor! Daar word glad nie na die volhoubare voedsel verskaffing gekyk nie! Slegs na politiese strategiese agendas. We need to deliver! Die mense moet vote! Honger kom eers later! Dan is dit weer die boer se skuld! Kyk wat het gebeur met die Brande in Wes-Kaap? Dit was aangehits deur n persoon! Die grond onteiening vat dalk te lank en mense neem grond terug deur moorde te pleeg op die grusaamste manier?

Penny ·

Baie dankie aan die briefskrywer. Die DA is besig om a geveg optesit vir die “94” ja ons wil he als moet vining gebeur maar mense ons is in die minderheid die ANC regeer die land :-( maar moet nie dit wat die DA probeer doen afskiet nie. Ek stem eerder DA as ANC. Daar is net eending wat ek wens die DA wil veg voor en dit is die doodstraf. Ons kan nie dat ons mense so uitgewis word nie. Ons sal moet saam staan en veg vir ons land. En die kersie op die koek dit is nie eers SA burgers nie. Kan ons hulle nie verjaag uit ons land nie. Ek kan nie glo dat almal wat werkloos is gelukkig is met feit dat hulle ons land se mense se werk steel nie. Nee jong nou het ek ook nie woorde nie. Zuma sal nie die brief lees nie!!! En niemand sal dit vir hom gee om te lees nie wat hulle is net te bly dat ons een vir een uitgewis word. Dit is ongelukkig die werklikheid.

Katjie ·

Jaa goeie brief dankie
As mnr dit maar kan lees sal dit al n begin wees maar ons twyfel sterk
Ons land en mense huil en rou saam met die honderde mensies wie se geliefdes afgemaai is. En let wel die klem op koelbloedig vermoor
Dis siek verby en maak mens woedend. Baie bloed wat vloei in ons mooi land
Geskok en verslae……

Christel Marais ·

Aubrey, jy kon dt ni beter beskryf het nie. Ek verstaan jou kop en jou hart oor hierdie mense. Jy lewe en werk daar tussen al die boere, ek weet hoeveel respek jy vir elke boer en sy familie het. Dankie vir die brief ek vertrou dat dit tog iewers n verskil sal maak. Ek is trots op jou.

Dirk01 ·

Zuma sal geensins belangstel in Aubrey se brief nie , hoekom sal hy in mense belangstel wat hy openlik beweer het swartes se grond gesteel .Al kaarte wat hy nog kan speel is grond eise en rassisme .Wie egter die brief moet sien is die internationale media .

DT ·

Hoekom gaan die internasionale media of Trump hulle steur wat met die Afrikaner gebeur?

Pieter ·

Zuma sal na die Balfour moorde luister, en dit as ‘n sukses aanteken.
Hy gebruik immers die 5de Brigade van Mugabe, en voormalige Frelimo soldate om die moorde te pleeg. Daarvan getuig die aantal van bge militêre opgeleide soldate wat in die Johannesburgse Gevangenis beskerm word. Daar is sowat 9000 van hulle. Voor elke verkiesing word sowat 5000 vrygelaat om hulle terreur en intimidasieveldtog voort te sit.
Ons as blankes is ‘n ongewenste kultuurgroep in Suid Afrika, en die slagoffers van ‘n sistemiese massaslagting met moderne en assimetriese wapens, wat dit erger as oorlog of ‘n volksmoord maak.
So geluk aan diegene wat dit mbv moderne propagandategnieke dit reggekry het, om net van ‘plaasmoorde’ te praat.
Die waarheid is dat plaasmoorde maar net 6% van die totaal uitmaak, en benewens dit, pleeg 2 maal soveel blanke jongmans tussen 30 en 40 selfmoord agv regstellende aksie en verbrokkelde huwelike.
Die eksponente van die ‘plaasmoord’ propaganda, is deel van die massamoordenaars se mediawapens, wat mense laat dink als is nog wel in stede en dorpe.

Steven SCooter ·

Dis hoog tyd dat Wit mense Saam staan – “Hulle” Hoef nie eers mekaar te ken of te weet waaroor ‘n saak gaan nie – Dan staan hulle saam.
Party van die mense wat kommentaar hier gelewer het – Het al klaar moed verloor voor hulle oor die saak gedink het. Veral as hulle ander wit mense moet by staan.

TTh ·

Zuma weet dit, Nasionale Intelligensie weet dit, Militere Intelligensie weet dit, dit is so beplan, want dit vorm deel van die ANC se bevrydingsprogram, dit gaan erger word, totdat die teikengroep tot hul sinne gedryf is en regmaak wat so verkeerd gegaan het al die jare – die hartseer is die verlies/offer/bloedvlek wat agter bly.

Johann ·

Nie eers ‘n geslote brief aan hom sal enige reaksie ontlok nie. Hy is te onnosel om hom aan enigiets te steur.

C1 ·

Vermeende moordenaars (beide) moes vandag in Balfour Landdroshof verskyn het. Slegs een (die plaaswerker) het verkyn aangesien die ander verdagte oorgeplaas is na n ander hospitaal.

Op die oomblik is die betrokke verdagtes aangekla vir: 4 klagtes van moord, besit van ammunisie en gewapende roof. Daar gaan blykbaar nog klagte gevoeg word. Die betrokke verdagte wat vandag verskyn het staar n skedule 6 borgansoek in die gesig.

Die aangeleentheid is uitgestel tot en met die 23ste Februarie 2017 (volgende donderdag) vir die verkryging van borg inligting en die betrokke aansoek.

Daar word n beroep op die gemeenskap en omringende omgewing gedoen om die verrigtinge op 23 Februarie 2017 by te woon en hul ondersteuning aan die Smuts familie te kom toon.

sue ·

Aubrey staan sterk vriend. Balfour en sy mense was lank deel van my lewe ook. Het ook die mense geken. Hoop net die president wil ook bykom. Dalk skrik hy wakker as iemand na aan hom ook wreed weggeneem word. Voorwaar dan sal ek ook hehehehehehe vir jare. Jammer dis hoe ek voel!!!!.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.