Begrafnis van die boer

droogte

Foto: Skymetweather.com

Deur Kallie du Plessis

Dit is met leedwese dat ek vandag moet aankondig my hoop en visie vir Suid Afrika het gisteraand om 7-uur met die uitsending van die nuusbulletin op TV gesterf. Met groot hartseer moes ek toesien hoe jong witmense veg om die behoud van hul taal en erfenis. Helaas was die oordonderende oormag te groot en die invloed van hogere magte, wat finansies en beleid orkestreer, is besig om die Afrikaanse taal en die geskiedenis daarvan te kelder. Daar word hard gewerk agter die skerms om die invloed en handhawing van alles wat na Afrikaans lyk en selfs net ʼn effense suggestie daarvan het, met die besem by die agterdeur uit te vee.

Die hartseer om ou historiese geboue te sien brand en duur onvervangbare skilderye in die vlamme te sien opgaan, saai verwoesting in my hart. Om te dink hoeveel studente hierdie paaie gestap het, hoeveel kennis oor die jare heen hier opgedoen en teruggeploeg is in die samelewing, die professors wat hier gedoseer het en die magdom boeke in biblioteke maak dat mens se gedagtes in ʼn malle rondomtalie wil gaan, dit is asof die brein weier om hierdie vernietiging te aanvaar.

Hoekom moet ons taal en erfenis die knie buig voor die aanslag van mense wat net wil hê, sonder om te weet wat dit geverg het om hierdie geboue, kennis en mense tot vandag toe hier te kry? Dit is oor dekades heen gevestig en briljante mense wat vandag hul plek in die samelewing volstaan, is die bewyse daarvan.

Mens kan nie net by bestaande opvoedingsinstansies instorm en eis alles moet oornag verander omdat jy ʼn taal en sy erfenis as jou mindere sien nie. Dit is om die wit Suid-Afrikaner weer en weer met ʼn spies in sy hart te steek, sy herkoms uit sy menswees te wil wring en hom te wil dwing om te vergeet waarvandaan hy kom. Dit kan mos nie!

Die SMS op my foon sê “Ons sien nie meer ʼn toekoms vir ons kinders in hierdie land nie”. My hart wil breek, want dit is my kleinkinders waaroor dit hier gaan.  Hoekom moet hulle weggejaag word, waarom het hul kultuur en erfenis die brandpunt van hierdie land geword?

My hart is bitter swaar vandag en daar is ʼn duisend hoekoms, soos met die afsterf van enige geliefde. Ek sal put uit my herinneringe, soos wat mens sal doen wanneer jy rou oor jou geliefde, want ek weet eendag sal die waaroms, daarom word.

Tot dan sal ek elke dag ʼn blom op my geliefde taal en erfenis se graf plaas, in die wete dat daar weer eendag ʼn “opstanding” sal wees, maar tot dan treur ek oor ʼn wonderlike taal wat ek bevoorreg was om lief te hê met my hele hart.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

ina visagie ·

Dit is met n swaar hart en gemoed wat ek hierdie skrywe lees. Wat wil hulle he moet ons doen, dis ook ons erfenis en ons geskiedenis, hoekom moet dit vertrap word onder voete wat niks kan opbou nie, net afbreek en verwoes. Ja vir myself gee ek nie om nie, my lewe is reeds meer as half verby, maar my kinders en kleinkinders moet is so n chaotiese stelsel opgroei en poog om gerespekteerde mense te wees. Hoe moet ek naaste liefde aan my nasate oordra as die verwoesting wat hulle saai en die demands op iets wat nie een van ons verniet gekry het nie n diepe haat binne my laat op kronkel. Liewe Vader, help onse mense en tree in soos net U kan. Amen

jenny ·

Ek weer my vraag Sal nooit by die mense Kom wat dit moet antwoord niebmaar as rassisme regtig verby is en almal het n rwgverdige kans hoekim Dan Afrikaans as taal wegvat? Dan aanvaar niemand mos afrikaners nie of is ek verkeerd? Engelse mense kan in Engels leer en afrikaanse mense in Afrikaans dis regverdig

Trots Afrikaans ·

O dwase ongelowiges. Hierdie is die begin van vryheid.
Hoe durf julle God so veloën deur sy wil te bevraagteken.
Julle het afgedwaal en tog het hy voorsien.
Hou op treur. Staan vas my volk want God is in beheer.
Vertrou op sy plan. Wag op julle knieë, want julle het afgedwaal en vol hoogmoed geword.
Wag op julle knieë, want God se plan is in werking.

Bid gedurig, wees altyd bly …

Sing vrolik, hef die stem na bowe
reverdiges verhef die heer
dit pas opregtes God te lowe…

Leonora ·

Ek lees dit en my trane loop, waar sal dit eindig. Dit is my kinders se land ook, oor hul wit is maak dit hulle die vyand rerig mense ek het gehoop ons is gelyk. Wittes word uitgeskel as rassiste maar wie is dit nou eintlik

Ian ·

En wanneer Afrikaans afgeskaf is sal hul weer iets nuut kry om te verwoes. Dit sal NOOIT ophou voordat ons ons voet neersit en begin terug baklei nie. Steeds is daar Afrikaners wat “hoop” het in SA. Word wakker Afrikaners. Ek ruik al die bloed!

Jan du Toit ·

Jy is reg. En die wat nie meer hoop vir SA het nie het sommer ook al klaar oorgegee.

Thys ·

Dit is blatante minagting van die grondwet, die grondwet bepaal dat SA 11 amptelike tale het en nou word Afrikaans doelbewus uitgesonder om weg geneem te word.
Maar wees verseker, dit gaan nie so maklik wees nie.

Renschke ·

My taal is Afrikaans en sal Afrikaans bly. My kultuur sal bly en niks en niemand gaan my verbied om my taal te praat of om my kultuur uit te leef nie. Waar ek gaan sal ek my taal praat, as iemand nie verstaan nie is dit sy proebleem. Afrikaans is as n amptelike taal verklaar, en sou dit kom dat dit weg gevat word sal ek nooit my taal verraai nie. En vlug omdat hulle daarop aandring, NEE…… staan jou staan hulle is niks want GOD is met ons!!!!!!!

Jenny Thom ·

Wanneer die toekoms op sy donkerste lyk, dan is die beker vol en dan eers sal ons ABBA Vader intree en Sy volk verlos. Moet asseblief nie moedeloos word nie, Hy lewe, Hy is in beheer en Hy het nog nooit ooit Sy volk verlaat, versaak of in die steek gelaat nie. Hy sal dit ook nie met ons doen nie. Ons klein suiwer volkie hier aan die onderpunt van die wêreld. Wees opgewonde en weet Hy kom spoedig om Syne te kom verlos.
Hou jou oë alleenlik gevestig op Hom, ons ABBA Vader, ons Verlosser, ons Koning en onse Redder.
Wees maar stil en weet Hy is in beheer.
Bid sonder ophou. Laat ons Hom weereens begin ken in elke weg wat ons gaan en Hy sal ons paaie gelyk maak.
Verlustig jou in alleenlik in Hom en Hy sal jou gee al die begeertes van jou hart.
Hy het jou wonderbaar en kosbaar gemaak, spesiaal soos net Hy jou wou hê, tot Sy eer en heerlikheid.
Halleluyah, Hy lewe en het opgestaan, die volle prys vir een en elkeen van “ons” betaal.

JP ·

So waar! Laat ons die Bybel lees en ondersoek en bid, en ons verwagting op die God van ons vadere plaas. Hy sal dink aan die ewige, onveranderlike en onvoorwaardelike beloftes aan Abraham en sy nageslag. Sy beloftes sluit herstel in, in die laaste dae.

Cobus Pretorius ·

Jenny Die enigste hoop wat ons het is ons drie enige God, maar ons moet weet, ons ou “suiwer volkie” is GLAD NIE so suiwer as wat baie dink of sou hoop nie. Ek kan nou vir jou sê dat daar waarskynlik meer opregte swart gelowiges in ons land is as wat daar opregte wit gelowiges is. Natuurlik glo ons Jesus kom weer, maar intussen moet ons ‘n manier vind waarop alle opregtes in die land kan hande vat om sodoende die radikales aan ALBEI kante te kan teestaan. Ek verpes die feit dat ons land se infrastruktuur, universiteite ens. gebrand en verwoes word, maar ek verpes verregse witmense wat swartmense haat net soveel!

Jaco Flemix ·

Ek kyk op na die berge.Waar sal my hulp vandan kom.Ons moet net weet dat God is nog steeds in beheer.Bly op julle kniee.God laat geen gebed ongehoor gaan nie.Die woord se ook daar waar 2 of 3 na my roep daar sal ek wees

Elzabee Schickerling ·

Dankie vir die mooi boodskap, dit het trane in my oe gebring omdat ek dit elke dag aan mense probeer sê en hier bevestig God dit weereens vir ons deur jou boodskappie. Ons mag nie moed verloor nie, God het ons nog nooit verlaat nie. Dis so mooi en bemoedigend!

adriana ·

my hart is stukkend… in klein krummels vermorsel deur ‘n vermorste geslag… ek huil hier in die woestyn wat nie my land is of ooit sal wees nie… ek (ons) is weeskinders.

Johan ·

Dit is met leedwese dat ek kommentaar lewer vandag… jammer mede blanke Afrikaner, maar ons het ‘n slapgat volkie geword. Elke keer as ‘n boer vermoor word of ‘n skool word afgebrand, wat sê ons….. LAAT DIT NOU WEER GEBEUR, en wie van ons doen wat…?????
Ons praat net want Voortrekkerbloed is daar in ons are nie meer nie.

Pieta ·

Jy en enige van die ander klakouse praat nie namens my, my huis, my familie, my kennisse, of my vriende nie.

Dirk T ·

Johan.
Slapgat volkie? Jy ken beslis nie jou slapgat volkie nie. Lees jou geskiedenis. Stel vas hoeveel nonsens jou voorvaders verduur het voordat hulle byeengekom het. Op hierdie stadium is die prioriteit die veiligheid van vrou, kinders en naaste familie lede belangrik. ‘n Krisis moet eers plaasvind voordat dit daadwerklike optredes van die wit Afrikaner gaan vereis. Daar is woedende mense en ook vreesbevange mense onder ons. Hou in gedagte dat min van ons ongeskonde uit hierdie aanslag gaan stap.

Sims ·

Hierdie dinge gebeur wanneer voorregte verander in regte,wanneer vra verander in demand,dit blyk asof die verlede direk verantwoordelik gehou kan word vir dinge soos goeie maniere,respek,en en en….. ,want dit is nou glad nie herkenbaar of in werking onder ons land in ons samelewing nie.

Melanie ·

Dit is hartseer dat hulle plunder,afbrand,studente aanval,als wat jare gevat het om op tebou kan vernietig word in ‘n oogwink,dit is ‘n skande dat dit wel toegelaat word .Ons regering het geen beheer oor enige iets nie, en op die einde is dit belastingbetalers wat opdok almal voel dit al klaar en gaan die hande nog dieper in die sak moet steek.

Veritas ·

Afrikaners is saggemaak deur die sukses van ons voorsate. Volkstrots daal soos die lewensstyl styg. God sal weer ingryp en ons red maar eers wanneer die Afrikaner die eer, vir ons sukses , aan Hom gee. Hy wat dit in die eerste plek vir ons gegee het. Gaan op jou kniee my volk en smeek Hom om vergifnis vir jou ondankbaarheid. Dit is al wat ons kan red van totale uitwissing.

Flippie ·

Hierdie plek is nie meer myne nie. En ek glo ook nie meer die plek van baie van ons nie. Wat nou gedoen?

Baie van ons wil weg maar kannie. Hierdie land wil ons nie hê nie. Ons het almal bydegedra tot die land vir wat dit nou werd is. Indien hierdie ouens ons nie meer wil hê nie dat moet hulle ons uit betaal vir wat ons werd is. Sodat ons kan padgee uit uit die land wat witmense haat. Na ‘n plek waar ons welkom sal wees of ten minste aanvaar sal word. Gatvol om gehaat te wees.

Illa ·

Jy flous jouself as jy dink enige ander land wil ons hê – hul sal ons dalk verduur, maar vir hoe lank. As honderde duisende van ons die wêreld invaar, wie gaan hul deure oopgooi? As jy expat vriende het, vra maar vir hul wit die algemene Internationale opinie van wit SA’ners is. Ons is gebrandmerk as rassiste, maak nie saak waarheen ons ons wend nie.

Wim Kotze ·

Flippie, hoe praat jy nou? My groot ouma sowat 11 geslagte gelede is in die Kasteel begrawe. Sy was waarskynlik ook een van jou grootouers. Gaan jy toelaat dat onlangse plakkers jou uit jou en jou grootouers se land verdryf?

anna ·

staan sterk want as ons ingee oorwin hulle .d it gaan eers sleg gaan voordat dit goed gaan. glo in die Here soos n kind glo. hulle is besig om hulself te vernietig. hulle is godddeloos en vir hulle sal daar geen genade wees nie. hou aan glo en bid

Gert Kruger ·

Baie Afrikaners het vir baie jare hul taal ten gunste van Engels geminag. Ekself veg al baie jare teen “my eie mense” wat so lief is om Engels in die plek van Afrikaans te gebruik asook om Engelse woorde op FB in hul plasings te gebruik. Jy kan ‘n perd net tot by die water bring, maar hom nie dwing om te drink nie!

Reinhardt ·

Stem saam Gert. Ek wil nie eers praat van al my niggies en nefies wat hul kinders Engels grootmaak nie. Want dit is “meer toeganklik.” EFF is nie die rede hoekom Afrikaans sal sterf nie, Afrikaners is die rede.

EB ·

Hou julle oë gerig op ons Almagtige Hemelse Vader. Daar wag ñ lelike en harde padjie vir ons voor MAAR die is als dinge wat moet gebeur. Nie te ver in die toekoms nie sal Afrikaans weer die hooftaal in ons land wees. Glo dit of nie, dit maak nie saak. Moet net nie moed opgee nie. Nooit.

Della ·

Toe ons kinders was op skool in die 1980’s. Was Engels in ons in geneuk. Geen wonder baie mense,nie almal nie, is nou so Engels “mal” nie…. As jy nie kon Engels lees en skryf nie was jy dom….

THEA SWART ·

dit is vandat Godsdiens nie meer in skole toegelaat word nie dat dinge so begin hand-uit ruk het bring godsdiens terug in ons samelewing en sien die verskil ons almal is skuldig daaraan want ons moet net aanvaar en klaar maar dis bog as ons van die begin af saam gestaan het met godsdiens onderrig het ons nie gesit waar ons vandag sit nie – dis God se manier om ons terug te lei na die ware beginsels van ons waardes

Deloris ·

Begrafnis van ‘n Boer : Meneer, niemand kon dit beter in woorde omsit as jy nie. Wel gesê, dit woorde wat ek saam met my sal dra in lengte van dae. Sterkte word jou toegewens.

Uncle Buck ·

Ek het een ding in die lewe geleer en dit is dat jy ‘n hond met ‘n stok kan agteruit dryf totdat hy in ‘n hoek is en dan byt hy jou. Iewers sal ons moet opstaan en saamstaan en met die hulp vandei HERE uitkoms kry

Izzy ·

Ek kan nie vir iemand anders praat nie …. NET vir myself…..

Ek is trots om Afrikaans te wees. Hierdie is MY land ook, ek praat Afrikaans, is blank en ‘n christen. My voorouers het met bloed hierdie land GEKOOP (ja, nie verniet gekry of GEVAT nie – daarvan kan Piet Retief se traktaat in die voortrekker museum, getuig).

Ek probeer (soos wat ek weet baie mense doen)my beste….lees/kyk/luister Afrikaans, my rekeninge ens vra ek in Afrikaans, doen my Christelike plig teenoor almal om my, gehoorsaam landswette, bid en vestig my Hoop op die Here…..MEER as DIT kan ek as mens nie doen nie. Ek is hier om te bly, want God het ‘n plan met my lewe (net soos wat Hy ‘n plan gehad het, met my voorouers wat na hierdie land gekom).

Meraai ·

Dit is treurig….dit klink of ons onsself jammer kry, amper soos die osse stap aan, geduldig, gedienstig, gedwee…… Rerig mense, ons moet ons nie laat onder kry nie. Ek dink die EFF is baie slim en hulle strategie is goed uitgewerk. Hulle weet presies waar om hard te slaan, en eintlik wil hulle chaos in hierdie land bring. Waar slaan hulle die hardste en maak die kwaadste? Taal en kultuur. ‘n Taal en kultuur bly voortleef…solank ons hom praat en solank ons soos trotse mense optree, kan ‘n kultuur nie sterf nie. Onse mense maak my bekommerd want hulle laat toe dat die EFF hulle onderkry…. en hulle slaag in hulle doel. Praat jou taal en behou jou waardigheid, al moet ons nou engels op sommige Universiteite…. ons kan, dit is nie eers vir ons ‘n probleem nie. Beur voort en sorg dat jou glas half vol bly en dat jou wortels diep geanker en trots bly!!! Vir die man wat die brief skryf….as jy asem haal, is daar ‘n lewe wat geleef wil word….vasbyt!!!!!

Henry ·

Dankie tog Meraai!
Verstommend hoe vining sommiges so aan’t teem en kerm gaan.
Ons voorvaders het na ‘n bloedige oorlog hul geliefdes in konsentrasiekampe en op die slagveld verloor. Hulle het nie in sak en as aan’t kerm gegaan nie. Nee hulle het voort gebeur en ,n wonderlike Afrikaneromgewing geskep wat aan ons, hul nasate, die geleentheid gegee om in hierdie droewe land te leef en verder te ontwikkel.

Lize Bester ·

My hart huil oor my geliefde land en taal…. dis wie en wat ek en my familie is, dis ons wortels, dis ons lewe. Mag God met ons wees…..

Jannie ·

Ek lees julle komentaar en dit mooi en als. Maar onthou God se jy moet self werk maak van iets, self begin bou self begin iets aan die saak doen en dan sal Hy God jou help. Jy kanie wag vir Pappa om jou probleme op telos nie NEE Hy se dan doen iets aan dit en Hy sal jou by staan. Hy is almagtig sonder Hom is ek en jy verlore. Doen iets ……………….

TTh ·

Kom aan Boere, (dit moet Boer met ‘n hoofletter wees), dit is nooit tyd om so begrafnis te hou nie, die gebeure kan dalk ‘n goeie ding wees (behalwe vir al die bloedverlies wat nooit so geregverdig kan word nie) om die Afrikaner/Boer se aandag te vang, al word ons erfenis so vertrap en ons skatte so geplunder, dit is aards, solank ons in siel en gees deurdruk. Die Boer kan weer opstaan en eintlik maklik sy eie terugneem en al die smetlikhede ‘afstof’. Ek dink die probleem is die Afrikaner/Boer het nie meer die wil en energie om vasbeslote op te staan, reg in eie hande te neem met groot verantwoordelikheid en sy PEN weer in Afrikabodem in te slaan en so sy grond en erfenis terug te vat nie, tot dan, sal dinge slegter gaan.

Bokkie ·

Here, ons Here, wees ons genadig. Baie kommentare dra water maar die grootste probleem is dat ONS
U vergeet het – ons het ‘n lui, biddelose generasie geword. Vergewe ons O Here!

Swaeltjie ·

Ek lees Flippie se: Baie van ons wil weg … watwou! Flippie, ons is wit boere hardloop NIE stert tussen die bene weg nie; ek is ‘n ou vrou maar bly sal ek bly. Dis MY land hierdie en dit is waar GOD my gesit het. Wat moet gebeur, gaan gebeur maar moenie vergeet dat ons ‘n Almagtige GOD dien nie. Ons moet ‘terugkeer’ na Hom dan sal HY ons paaie gelykmaak. Ek is so trots om almal wat so positief is se kommentaar hierbo te lees. Soos sommige mense se: ‘Watch this space”.

Grietjie ·

Alles is seer en ons voel warm om ons nekke maar Jannie wat jy gese het is baie waar. Ons kan nie in n hoekie gaan wegkruip en hoop iets gaan net gebeur en alles is opgelos en weg nie. Wat doen ons? ons blaker al ons woede en gevoelens in die media uit. Die andere wat oorsaak is van alles, lees ook en lag en kry lekker en hul weet presies waar hul volgende gaan toeslaan. Die verkiesing is op hande en tot dan sal al die onsmaaklikheid aangaan, daarna behoort dinge hopelik weer te normaliseer. Die groot geluid aan die klok is om, nie net nou nie maar altyd God te ken in goeie en slegte tye.

Sus ·

Miskien is die huidige verdrukking die beste ding wat met ons volk en taal en godsdiens kan gebeur anders sou ons net verder in die verderf ingedryf het. God is aan die werk – byt vas en word stil sodat ons Sy stem kan hoor.
En dan : Grietjie jy is seker reg, na die verkiesing sal die stof gaan lê en alles weer rustig word en dan is meeste van daai plunderraars weer terug op hulle poste, bakhand by die robotte in die wit woonbuurtes – en die motorruite word afgedraai vir ‘n geldjie. Ek val nie vir daai een nie!

André Badenhorst ·

Ek neem aan die woord “boer” in die titlel verwys na die volk wat met ‘n hoofletter gespel word. Die kleinletter kan wys op ‘n spelfout, maar ook op skrywersvryheid ter ondersteuning van die res van die skrywe: Die Boer is nou al gestroop tot “boer” wat kan dui op iemand wat slegs ‘n landboukundige funksie dien of dalk selfs minder.

Ek is jammer, ek vereenselwig my glad nie met die begrafnissentimente nie. Ter wille van my en my kinders se toekoms, durf ons nie gaan lê nie. Ons mag dit eenvoudig nie doen nie. En as ons wél gedwing word om te gaan lê, sal dit beslis nie sonder ‘n geveg wees nie. Die veldslag is dalk verloor, maar die oorlog nog lank nie. As ek so na die jeug van vandag kyk, is daar werklik baie hoop. Hulle is ongelooflik eerlik met ‘n kritieke sin vir oopheid en regverdigheid. Kyk maar na die onlangse inisiatiewe op Tuks. Ongelooflik! Ons mag eenvoudig nie hul toekoms kelder met sinisme nie. Hulle sal dit in elk geval nie toelaat nie. So, staan op uit die doodskaduwee, gebruik die krag van positief wees, en doen iets deur betrokke te raak by helpmekaarinisiatiewe van ouds soos wat Solidariteit nou skep. Die geleenthede is daar om aan te gryp!

John ·

Ons het die Boere-oorloe geveg welwetende dat ons uiteindelik gaan verloor. Ons het nie net die aftog geblaas nie, maar 28,000 vroue en kinders en hoeveel mans verloor? Ons kon baie meer Afrikaners gewees het vandag. Dan was ons tog so lief vir geboortebeperkingsmiddels, want so kon ons daardie ekstra motor bekostig, die gesinskamer aanbou en die vakansiehuisie by die see aanskaf ens, terwyl die ander bevolkingsgroepe groot gesinne vooropgestel het. Vandag is ons 3 miljoen en hulle 60. In 1948 was die NP in beheer sonder om ‘n skoot te skiet. Hoeveel mense gaan die’ keer opgeoffer word vir …. wat? Ons bid vir uitkom, maar wil nie wag vir ‘n antwoord nie.

Johan ·

John ek hou van hoe jy die situasie opsom….jy slaan die spyker op sy kop

Cobus Kruger ·

Wel ek belowe julle ons kan bid tot ons blou word, die probleem gaan nie vanself verdwyn nie. As jy in God glo sal jy verstaan dat Hy mense gebruik om Sy wil te laat geskied. So sonder aksie van die mense af nie gaan oor ons geloop word. Biddend of nie. Suid Afrika, keer terug na jou volk en jou God. Die geveg is net Afrikaans sprekendes s’ n. Die Boer het nog altyd opgestaan. Meskien het ons vir die laaste keer al reeds opgestaan. Leier loos. Verdeeld. Geldgierig. Eiesinnig. Ons verdien seker wat kom.

Pieter ·

Dis so hartseer.Sondag 28 Feb 2016 tree ons as gemeente in vir ons land en sy mense ons hele diens gaan ons op ons kniee voor die Here wees by AGS Ballito om 9.00. Vertrou daar gaan nog gemeentes wees wat gaan saam bid.

johan ·

ek het so deur almal se komentare gelees met baie daarvan stem ek saam ander sin ja en nee maar die hoof doel van als is dat ons almal streef na n vry land waar elkeen die reg het om te mag lewe sonder vrees dat hy of sy sal vervolg word deur sy eie taal en GODSDIENS te mag na streef nie ons is verdoem in daai opsigte as jy op staan daar voor is jy n rasis in my kinder jare was daar nie so iets dat n kind besluite oor groot mense gegee is nie maar skielik is daar reg gegee en maak hulle soos hulle wil en verafsku hulle wet en orde dit het oorgewaai in alle kante skole kerke en in alle opsigte onse privaat lewens jy mag nie jou kind dreig met bv.ek slaan vir jou ore aan nie want luister is min dan het hy of sy die reg om n klag van aanranding teen jou te maak en jy kan vervolg word teen plaas aanvallers mag jy op tree nie dan word jy aangekla vir moord koodwilige diskriminele optredes daarom het ek gese ek stem saam en ek stem nie saam nie als is n klug tot in ons kerke wat darem nog bestaan word die leeraars voor gese wat mag hy preek en hoe daar deurgegee moet word sodat die jeug nie benadeel moet word nie klink nie nie eers soveel as n vermaning nie nou vra ek jou help

Poplap ·

Terwyl jy so gelees het, het jy klaarblyklik nie opgemerk dat die kommentare uit leestekens en heel skaflike spelling bestaan.
Miskien moet jy meer aandag aan die korrekte gebruik van Afrikaans bestee, alvorens jy die groter onderwerpe wil aanspreek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.