Besin weer oor taalbeleid van die Regspraktisynsraad

dr-conrad-steenkamp-afrikaanse-taalraad

Dr. Conrad Steenkamp van die Afrikaanse Taalraad. (Foto: Twitter)

Dr. Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, skryf:

Die Afrikaanse Taalraad doen ʼn beroep op die Regspraktisynsraad (LPC) om oor hul nuwe taalbeleid te herbesin. Dit bevestig Engels as die enigste taal vir alle amptelike doeleindes vir die PLC en die sektor, onder meer kommunikasie en opleiding. Die doel hiervan is om transformasie te bespoedig.

Die beleid weerspreek homself egter fundamenteel. Eers word genoem hoe belangrik die inheemse tale is en dat hulle ontwikkel moet word, dan word Engelse eentaligheid as beleid aangekondig. Daarmee ignoreer die LPC voorts die deurdagte insette van uiteenlopende spesialiste met regs- en taalkundige agtergronde. Ook is die aanbod van etlike spesialiste om hulle van raad te bedien en pogings om in gesprek te tree, geïgnoreer.

Engelse eentaligheid in instellings wat die veeltalige meerderheid van dienste moet voorsien, bevorder die belange van ʼn klein elite ten koste van toeganklikheid, inklusiwiteit en sosiale kohesie. Dit skep, in alle redelikheid, ʼn onhoudbare situasie.

Die Taalraad en sy vennote sal dus voortgaan met bewusmaking en mobilisering. Die taalbeleid moet van onder herskryf word.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Daniël Jacobus

Hiep-hiep hoera vir dr Steenkamp en die Afr Taalraad oor hul mannemoed om standpunt in te neem vs die uitrangering en minagting vd mooiste Moedertaal suid vd ewenaar! Dis hoeka lankal tyd dat ons as taalstryders entoesiasties en metterdaad ons rüens styf maak teen die onbillike praktyk! Baie sterkte en seën toegewens!