Lesersbrief: Bevryding van die ANC en sy kamerade: Die ‘Parallel Polis’

Pieter-Ben Roos skryf:

In die Tsjeggo-Slowaakse Sosialistiese Republiek van 1976 tot 1990 was die burgerlike samelewing erg onderdruk deur ʼn kommunistiese regering en het gesmag na bevryding.

Die denker, Václav Havel, het na aanleiding van ʼn burgerlike inisiatief, Handves 77, die Parallell Polis, oftewel die gedagte van parallelsentrums, ontwikkel. Dit het voorsiening gemaak vir parallelle opvoeding, politieke strukture en ʼn parallelle ekonomie. Die aanhangers van die gedagte het opgestaan vir die beskerming van burgerregte en het dit beskerm.

Net soos die destydse Tsjegge word ons vandag deur ʼn totaal oorheersende en onbevoegde regering onderdruk en moet ons ʼn uitweg vind. Die ANC, EFF en BLF se beleid van hervorming en gesentraliseerde staatsmag neig al hoe meer na Marxisties-Leninistiese bedrywighede. Kommunisme werk nie. Dit sal nooit werk nie, veral nie in die hande van ʼn korrupte en magsbehepte regering soos ons regering nie.

As ons bly staatmaak op die regering om kragvoorsiening, opvoeding, behuising en werksekerheid te verseker, bevind ons ons reeds op dun ys. Die tyd van transformasie en die droom dat die regering sal verander, is verby. Ons moet nou begin vooruitdink en staatsbestand raak.

In die eerste plek kan ons na die arbeidsmag kyk. Die minderheid teen wie in die werkplek gediskrimineer word, is hoofsaaklik die land se geskooldes. Werkgewers, en in dié verband dink ek veral aan Eskom, dryf geskooldes uit die werkplek sonder om twee keer oor die gevolge daarvan na te dink. Word transformasie dus bo basiese dienste gestel?

Die wit minderheid moet fokus op spesialiteitsgebiede waar hulle hul kennis kan konsentreer en moet bedrywe ondersteun wat nie met die modder van wantoegepaste transformasie bevuil is nie. Ons arbeid is ʼn ekonomiese krag en ons moet dit gebruik om onafhanklik van die regering na ons mense om te sien. Arbeid gaan gepaard met kapitaal en daardie kapitaal moet, net soos wat die Christene met die Romeine gedoen het, slegs aangewend word vir bedrywighede wat ons doelwit bevorder.

ʼn Vakbondbeweging se betrokkenheid by burgerlike aangeleenthede is nie ʼn onbekende konsep nie. In Israel het ʼn vakbond, Histradut, in die beginjare van die staat Israel die inisiatief geneem om te help om die moderne staat op te bou. Dit het parallel aan staatsdienste begin om sy eie dienste aan die publiek te lewer en het op kritieke sektore in die ekonomie begin fokus om die ekonomie te bevorder.

Die goeie nuus is dat ons reeds so ʼn beweging van bevoegde organisasies het wat die Parallel Polis en Histradut se sukses insien en bevorder.

Die vakbond, Solidariteit, is byvoorbeeld daarop gefokus om sy lede se werk te beskerm en om hul kennis op hul vakgebied uit te brei. Sol-Tech en Akademia bied albei reeds tersiêre opleiding, onafhanklik van die onderdrukkende openbare opleidingsinstellings waar reeds probeer word om die minderheid uit te werk. Sakeliga bevorder besigheidsbelange en veg teen die wanpraktyke van transformasie. Die burgerregte-organisasie, AfriForum, fokus onder meer op gemeenskapsveiligheid, en hul buurtwagstelsel help byvoorbeeld om die leemtes wat die polisiediens laat, te vul. Op sy beurt bied die Helpende Hand sosiale dienste aan die onderdrukte minderheid deur in basiese behoeftes te probeer voorsien.

Die idee agter Handves 77 en Parallel Polis is om totaal onafhanklik van die regering te raak, en dit is waarna Suid-Afrikaners moet strewe. Die minderheid het sekere magte wat ons moet aanwend om die behoud van ons werk, regte, kultuur en leefruimte te verseker. Ons moet as ʼn eenheid saamwerk om saam sukses te behaal.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Herman ·

“Ons moet as n eenheid saamwerk om sukses te behaal”
Ons moet dalk meer artikels kry om vir die afrikaner te leer hoe om DIT te doen.
Ons kla oor kwota rugby, maar kyk nog stteds die kwots rugby op Tv en stadions.
Ons kla oor misdaat terwyl ander “buurtwaglede” op hulle eie onkostes die strate patroleer. en dan noem nie klaers hulle soms nog name ook soos cowboys.
Ons kla oor misdaat maar bring steeds mense met verskuilde agendas in ons huise in om dit skoon te maak.
Kom ons almal hou op kla en begin n slag k saamwerk. Kom ons stem saam dat ons kan verkil Kom ons stem saam om die regte ding te doen deur saam te staan. Kom ons stem saam dat ons msidaat in ons huise inlok deur ons gemaksug. Kom ons stem saam dat om jou eie gras te sny is net net goed vir jou gesondheid nie, maar oor vir jou familie se veiligheid en sal n doodsteek wees vir kwots rugby. Geen afrikaanse teoskouers, geen inkomste, geen wins, en binnekort kan ons dalk weer a afgod maak van n Springbokspan wat hulle beste gee net op meriete.

John ·

Maar nou is daar ‘n vlieg in die salf nl die VF+ agterryers wat reeds Solidariteit en AfriForum ingesypel het en ruimskoots die spaargeld met mooi stories begin opsuig om saamlopers se grasperke te begin sny en hulle kinders te dra. Alles so heilig. Is die Pieter-kuifies nou die DA se kompetisie (+ baie ballonne uit uniegeld) net meer gee-erig en meer +-erig? Ons kan klaarkom sonder die Mulder-soustreinryers wat lekker geskep het en nou weer die wit unies kom tackle om bogenoemde skrywe in die kiem te smoor.

lewies ·

Om ‘n vuur te maak kan wees om te vernietig, maar dit word ook gemaak om proaktief te wees, nl om te keer dat die vure wat deur mense aangesteek word met verkeerde motiewe te keer. Die Afrikaner het die roeping om voorbrande te maak, beslis vir die regte redes. Die kuns om ‘n effektiewe voorbrande te maak vereis kundigheid en ‘n fyn waarnemingsvermoe Persoonlik is ek daarvan oortuig dat dit presies is wat Solidariteit-familie besig is om te doen. Hulle het die kundigheid en rugsteun en hulle motiewe is bo-verdenking. Hulle verdien ook baie baie meer krediet van die media en gespreksprogramme op die radio. Ondersteun hulle meer as ooit. Die inhoud van die skrywe van Pieter-Ben Roos verwoord alles.

Skaar jou by hulle wat ‘n gewete het en nie by die gewetenloses nie.

JAN ·

Skitterende brief – dis tog wat selfbeskikking beteken.
Wanneer jy dit self doen en nie die staat of buiteland nie.
Waaroor Brexit en Trump so baklei.
MM moet net absoluut voluit gaan soos Breitbart mbv Disqus.
Ek is oortuig dat MM nuus se lesers kan veelvoudig vermeerder met Disqus – wat reeds meer is – as die Naspers Sekte.

Frans C ·

Ek is bevrees dat is ‘n mooi maar onhaalbare ideaal.Dit mag resultate op die korte duur lewer.Die probleem is wanneer alles in rondom duie stort en mag ons tog van so iets bewaar word,gaan die meerderheid bevolking nie net op hul hande sit en toekyk hoe ‘ngemeenskap(vergeet van die kleur) floreer nie.Hoe keer ‘n mens hulle,die massas skroom nie om mense se besighede te beroof nie.Begin jy skiet,sit jy met presies dieselfde probleme as onder apartheid en wag wêreldwye verdoeming op jou.

Nee hul sal eenvoudig op dit wat bereik is toesak en soos sprinhane verober.Sonder ‘n eie weermag en sekuriteitsdienste is jy uitgelewer aan ‘n regering wat deur onderhandelinge hopeloos te veel mag gekry het.Zuma voormalige sekuriteitshoof van MK het dit terdeë uitgebuit en is deur die ANC jare lank beskerm.

Nou is die ANC besig met ‘n opruim aksie in ‘n poging om politieke beeld te poets met die oog op die komende verkiesing en die buiteland te sus,dat alles nog nie verlore is nie.

Wat nodig is is ‘n eie staat,met eie weermag en sekuriteitsmagte.Dit hoef nie groot te wees nie.Israel vaar goed .”Israel is about 59 times smaller than South Africa. South Africa is approximately 1,219,090 sq km, while Israel is approximately 20,770 sq km.’

Dit huisves nogtans 8.9 miljoen (2x blankes hier’ in die gebied.Dit was die domste ding
ooit om die Afrikanervolk deel van ‘n eenheidstaat te maak.

Anti-Elite Erdvark ·

Daar is net één oplossing: Alle Suid-Afrikaners, ongeag identiteit, wat staan vir geregtigheid moet opstaan, betrokke raak, saamstaan en die stryd voer teen die bose magte van ongeregtigheid. Ons durf nie die slawe raak van enige nuwe “Elite” nie. Alle Suid-Afrikaners vir geregtigheid moet op ‘n een-tot-een vertrouensbasis in gesprek tree met mekaar en met die oningeligte misbruikte stemvee wat vir enige Elite uit onkunde stem.

Deon ·

Ek stem saam Frans. Waarvoor betaal ons dan belasting? Wanneer die massas sien iets werk, eis hulle net meer.

JAN ·

Orania is > 9000 hektaar Singapoer ook.
Vir die wat ernstig is kan maar hul belegging in streeksontwikkeling maak.
en MM kan maar die Breitbart voorbeeld volg .
Ons is nie die enigste met pyne van self beskikking nie. Ooooneee.

Oplossingsoekende Afrikaner ·

Eerstens: Waarom dienste op eie koste dupliseer terwyl ons in elk geval reeds belasting daarvoor betaal?
Tweedens: Hoe gaan ons ontslae raak van die juk van die gedwonge BBBEE kwotastelsel?
Derdens: Hoe gaan ons die meerderheid stemvee oortuig om nie vir ‘n sosialisties-kommunistiese stelsel te stem nie?
Vierdens: Hoe gaan ons ‘n eiland van voorspoed beskerm in ‘n see van werkloosheid, armoede, geweld en korrupsie?
Vyfdens: Waar begin en eindig ons plig as Christene?

1+1 ·

Wanneer ‘n speelveld gelyk gemaak word moet ‘n mens die slegte saam met die goeie verwag. Die verskynsel van wigte en teenwigte , aksie en reaksie is onvermydelik. Na die verkiesing van 8 Mei behoort ons hierdie onvermydelike beter verstaan.

Stephan de S ·

Dis n brief van hoop…..baie dankie. Die skrywer het na my mening nie n plan probeer gee nie , maar perspektiewe oopgemaak om hoop te bring. Lees dit in die lig daarvan.

B ·

Dankie – ons moet begin vasskop en onbuigsaam raak oor die opneem van ons regte – as ons dit nie self doen gaan niemand dit vir ons doen, inteendeel….

RG ·

So verhaal Solidariteit en Afriforum dan die koste om parallel onafhanklik te wees van die staat aan wie ons reeds belasting betaal het om hierdie dienste te lewer of net van hul ledegelde wie dwaas genoeg is om vir ‘n brood te betaal wat nie gelewer is nie en dan bestandele te koop en self die brood te bak? Maar wat, ons moet liewer nie kla met ‘n witbrood onder die arm nie, ne. Ek stem eerder vir ‘n eie staat waar ons belasting betaal tot ons voordeel.

Ben Opperman ·

Die groot vraag bly steeds tot watter mate enige iemand hul onafhanklikheid kan handhaaf alvorens daar weer ‘n stokkie voorgesteek word deur middel van (diskriminerende) wetgewing. Ons weet klaar die ANC hou nie van mededinging nie en boonop ‘n groter probleem….wat gaan gedoen word as die massas hulle noodgedwonge (terwille van oorlewing) tot blanke instansies wend en daar weereens ‘n getalle-oorwig ontstaan?

gatiep ·

Niemand sal die wil he mense kan tevrede stel nie.Al gee ons ook alles wat ons het vir hulle.Lyk vir my hulle wil ons dood he.
Geen normale mens kan saam met sulke mense lewe nie.

Jerry ·

Al bied n organisasie net een voordeel aan mense wat hulle omstandighede kan verbeter dan is dit goed so en beter as niks! Ons is egter nie in Tsjeggo Slowakye nie, ons is in Afrika waar die dinamika vir oorlewing regdeur die geskiedenis uitgeloop het op konflik. Tensy SA vir watter rede ookal immuun sal bly teen die Afrika tendens van armoede, ellende en konflik, wat ek sterk betwyfel, omrede een verkeerde insident of nog n staatskaping op die regte tyd SA se stoompot se deksel kan afskiet, sou ek reken dat daar tesame met ander paralelle strukture voorberei moet word vir daardie oomblik van waarheid, want as jy nie daarop voorberei nie en dit verras jou, gaan al die ander paralelle strukture met eensklaps totaal nutteloos wees, sekuriteitsdienste ingesluit, tensy dit gerat is om n onmiddellike gedaanteverwisseling te kan ondergaan, gepaardgaande met al die nodige buitelandse steun. Indien dit nie in plek gestel kan word nie en die oomblik van waarheid breek aan sal die nuutgevonde paralelle strukture lewenswyse eensklaps soos mis voor die son verdwyn!

JAN ·

Ag neee Jery. ASSEBLIEF
In Sarajevo het die WO 1 begin en onlangs met die opbreek van Juggo Slawie in [ LW ]
volkstate was ‘n helse helse oorlog / slagting. Onthou die ongelooflijke eensame tjellospeler het in die straat sit en speel terwyl skerpskutters op mekaar se spelende kinders geteiken het. —wanneer daar nie meer trane was nie….
Afrika is nie naastenby so boosaardig nie.. Wat nog van die wit ABO en
en wit bomrbardement van Dresden. – te veel wit bloedspore ……
Wit meerderwaardigheid is baie minder lewenskrag as swartes
Haal eerder uit en bewys jou spiere en DOEN iets self
Soos wat Orania en MM en Afriforum en Solidariteit et al besig is met paralel le selfbeskikking.
Eie arbeid maak vry = selfbeskikking.

Wil-net-weet ·

Ek vrees ons huidige regering is só magsbehep dat hul ons liewer as lyke sien gaan as vrye mense. Ek het vanmôre ‘n “red alert” op my selfoon ontvang waarin die Afrikaners aangeraai is om 3 maande se voorraad kos en water in die huis te hou. Die regering beoog blykbaar om ‘n noodtoestand af te kondig tussen 15 Maar en 15 April waartydens ons nie ons huise mag verlaat nie. Is julle enigsins bewus hiervan? Dit het gekom via Love Life vanuit Brisbane, Australië wat ook die Motsepe/Ramaphosa/ en hul vroue geimpliseer het by hernubare krag as Eskom vou. Die anc is blykbaar bang dat hul die komende verkiesing gaan verloor.

Jerry ·

Jan ek dog ek se maar net dat wanneer daar niks meer oor is om te plunder nie, die revolusioneres konflik en verwoesting gebruik om hulle spore van ongeregtigheid uit te wis. Dit is n resep wat regdeur Afrika met redelike sukses toegepas was. Kolonialisme was tog geskoei op selfbeskikking en dit is alles weg Jan, dit is weg en geen haan het nog daarna gekraai nie! Ek dog ek se maar net, want jy weet mos wat het dog gemaak, toe hy gedog het en toe dit toe nou so was soos wat hy gedog het! Dink jy regtig die hele ANC is van plan om tronk toe te gaan, ASSEBLIEF TOG hierdie is nie Tjeggo Slowakye nie, hierdie is Afrika, hier is lankal al nie meer trane nie!

JAN ·

Jerry ons het omtrent alles wat nodig is om voort te bestaan behalwe die WIL en mentaliteit.
Parallel Media, grondgebied groei eksponensieel , taal, kultuur, goedgesindheid van die regering JA . Streeksontwikkeling alles 100% wettig . Volkseie skole en universiteit tegnikon, Volkseie Kerk – alles volkome wettig . Eie geldstelsel Ora en selfs kuber munte EOra !! Tientalle vakbonde en afrikaner kultuurorganisasies.
Waar is Jerry et al ? vra maar net.
Want vir dekades het die Broederbond deur hul Naspers sekte gepreek dat alles wat goed is vir my volk se kinders is sonde of hoogstens nie HAALBAAR nie- na die Kerkaping van Vorster. Dis ingeprent op duisende bosberade d [r]inkskrums.

Sien ons kan ons nie bevry uit die vervloekte tirannie van voogdyskap / baasskap nie.
Soos die oom destyds gespog het: ” manne ek sit sommer die dak MAN-ALLEEN op met 14 Kaderskaners ”
Nou wil die wittes steeds manalleen die land regeer met ‘n hele impi maar self wil hulle not ‘n dem eers skottegoed was nie.

JAN ·

Liewe ou Jerry.
Die grootse grondroof in die geskiedenis was deur Wittes – 100 jaar gelede – en nou weer deur wittes.!!! met moord op Verwoerd. en afpersing van burgeroorlog deur oorle Broeder Pik van die Prattkultus..
Die volkvreemdes sal NIE ons wittes se verraderlijke agterlike mentaliteit kan regmaak nie. Ons sal dit self moet doen deur ons Heiland intiem te leer ken en aanbid.
Ons het ‘n helse bose geestelike kanker.
en MM het die enigste antwoord met julle suiwer Christelike sendingwerk.
Daar is geen ander hoop vir ons land en volk nie
[lees Volksverraad van Pretorius – heluit ontstellend in die lig van VSA kaskenades]

Hendrik ·

Ons gaan die roete van : Kom ons begin en ontwikkel ‘n dorp. Dit is gelykstaande aan die Voortrekkers wat die waens gepak het en die binneland ingevaar het. Alreeds het ons 500 huise en 1500 mense gegroepeer en dit net oos van Pretoria. 17km vanaf Hans Strydom. Meeste mense van ons werk in die stad. ‘n Dorpie, wildspark en hoewes. Ons is ‘n wettige Aandeleblok Maatskappy wat geregistreer by Aktekantoor. Hier is “Selfdoen beter as Niksdoen” met hoe kwaliteit bourekenaar en eie arbeidsmag. So as jy hou van veilige woonbuurt tussen jou eie mense, maak ‘n plan en kom kyk. Ons werk na selfstandige gemeenskap en wie weet , soos die Groot Trek, waar eindig alles? Dit is egter nie in ons hande nie maar in Sy Hande.
http://www.kleinfontein.net, @KleinVriende op Twitter.
Faceboek Kleinfontein se Vriende.
https://af.wikipedia.org/wiki/Kleinfontein. as jy wil weet waar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.