Brief aan ouers: ʼn Ware nalatenskap vir jou kinders

Chane Bronkhorst skryf:

(Foto: StockSnap/Pixabay)

Vanoggend op pad skool toe ry ek agter ʼn motor wat soos ʼn resiesmotor klink, met die verfwerk van die voertuig soos iets uit ʼn F1-resies of ʼn Fast & Furious-rolprent.

Dit was asof die Here in daardie oomblik met my gepraat het.

Die ouers is seker resiesmotorliefhebbers en hulle kinders is tien-teen-een ook dan groot aanhangers van en entoesiasties oor vinnige motors, want hoe dan anders – hulle ouers stel die voorbeeld en raak opgewonde as hulle verby ʼn ander motor ry wat vinnig is en hulle praat daaroor met mekaar, het ek gedink.

Die Heilige gees sit toe die boodskap op my hart.

As ons as ouers voorbeelde kan wees van Jesus-aanhangers en liefhebbers van Jesus, entoesiasties oor Hom is, elke dag opgewonde raak as ons oor Hom praat en Hom deel maak van ons daaglikse lewe, kan dit nie anders dat ons kinders ook so gaan wil wees nie. Ons voorbeeld, waarvan ons hou en wat ons van ander mense sê, het so ʼn groot impak op ons kinders en wat hulle dink reg of verkeerd is.

Ek het toevallig ʼn stukkie vroeër die week raak gelees op Maroela Media se ‘Gedagte vir die dag’.

“Dit is een ding om geld vir jou kinders en kleinkinders na te laat, maar as hulle geen rigting of visie vir hulle lewe het nie, hang jy eintlik ʼn meulsteen om hulle nek. Bid liewer dat hulle die Redder van die wêreld sal ontmoet en ambassadeurs vir Jesus sal word.”

Die beste nalatenskap wat jy vir jou kinders en hulle kinders kan agterlaat, is ʼn goeie voorbeeld van Christenskap en sterk geloof, hoe om te bid en te vertrou.

Bid saam met jou kinders, bid vir jou kinders, raak opgewonde oor en prys die Here saam met jou kinders. Dié voorbeeld sal die grootste impak op hulle lewens hê. En, jou nalatenskap sal iets wees wat geld nie kan koop nie en die wêreld nie by hulle kan steel nie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Delia ·

Kort, kragtig en so waar. Dis wat ek graag vir my kleindogters wil agterlaat

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.