Lesersbrief: Daar ís nog goeie SAPD-lede

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Karin Roux van Crime Scene Cleanup skryf:

Dinsdagoggend, 15 Augustus, ry ek op die N4-snelweg van Brits af na Pretoria-Noord.

Ek het afgespreek om iemand elfuur by die afrit te ontmoet sodat ek hulle kan help om ʼn toneel skoon te maak.

Om eerlik te wees was ek ʼn bietjie onrustig om net langs die pad te stop omdat daar al soveel kere mense ontvoer of motors langs snelweë gekaap is.

Vyf minute nadat ek gestop het, hou daar ʼn SAPD-motor agter my stil. My moed sak toe sommer in my skoene.

Die vriendelike SAPD-lid vra of alles reg is. Ek verduidelik ek wag vir iemand om my daar te kry. Nee, sê die man, ek moet asseblief onder die brug gaan wag omdat ek langs ʼn oop stuk veld staan en nie veilig is nie.

Ek maak toe so …

Kan julle glo dat hy ewe vriendelik langs my kom stilhou het en die hele tyd gewag het tot die mense opdaag?

Nadat die mense opgedaag het, het hy kom vra of ek nou reg is en of hy maar kan ry.

Ek het sy naam gevra en verduidelik dat ek graag met sy bevelvoerder in verbinding wil tree om te sê hoe mooi hy na my gekyk het. Maar hy het net baie verleë gelag en gesê dis regtig nie nodig nie.

Ek was skoon uit die veld geslaan! Wys jou net … daar is nog goeie SAPD-lede daar buite wat omgee vir ons en mooi na ons kyk.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael ·

Ek stem saam maar uit ondervinding weet ek daar is bitter min van hulle.Die wat besef om n polisieman te wees is n roeping en jy gaan miskien nie ryk word uit hierdie beroep nie maar jy gaan SA n beter en veiliger plek maak vir almal.

Karma ·

My hoed haal ek af vir hierdie SAPD-lid. Baie dankie aan hom – en ander – wat ten spyte van min geld, lang ure, ongeskikte lede van die publiek, wrede moordenaars en ander misdadigers, onveilige werksomstandighede ens. ens. steeds hul werk doen en die “badge” met trots dra. Ek noem hier spesifiek Sers. Rudi van De Doorns polisie.

Eish ·

Jip, daar is n paar goeies oor, jy tel hul op jou een hand dan bly daar nog vingers oor.

Oupagrootjie Erdvark ·

Ons behoort elke dag te bid vir ons polisie, onderwysers en skoolhoofde, mediese dokters en verpleeglui en aldrie groepe se passievolle steunpersoneel wat hul beroepe met PASSIE beoefen. Dink mooi daaraan: ons land rus op hierdie vier passievolle pilare. Hulle behoort almal elkeen meer te verdien as enige van ons politici.

Oumagrootjie Erdvark ·

Ja oupagrootjie, ons moet nooit demokrasie, reg en geregtigheid, vrede en voorspoed, ons polisie en verpleeglui en onderwysers as vanselfsprekend aanvaar nie.

Ons moet almal betrokke raak by burgerlike strukture ter bevordering van reg en geregtigheid en vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.