Dáár lê die wortel van die Afrikaner se demografiese penarie

bouwe-van-der-eems

Bouwe van der Eems. Foto: Verskaf.

Bouwe van der Eems van Milnerton skryf:

Op Solidariteit se Facebook-blad plaas Flip Buys op 28 Augustus ʼn artikel waarin hy verduidelik dat die Afrikaner, soos die meeste Westerse volke, demografies in die moeilikheid is. Die geboortesyfer onder Afrikaners is te laag om die langtermyn-voortbestaan van die gemeenskap te verseker.

Hierdie nuus is al ou nuus. In 1945 het ʼn deputaatskap van die Gereformeerde Kerke ʼn verslag gepubliseer met die titel “Selfmoord van ʼn Nasie”, waarin gewaarsku is teen die gevolge van die dalende geboortesyfer onder Afrikaners.

In 2001 publiseer Pat Buchanan die boek met die titel Death of the West waarin uiteengesit word hoe die Westerse volke stadigaan uitsterf. Die Kanadese skrywer Mark Steyn vertel op sy YouTube-kanaal dat die demografiese uitwissing van Europa die grootste storie van ons tyd is, maar totaal deur die hoofstroommedia geïgnoreer word.

Ons kan dankbaar wees dat Flip Buys, 77 jaar ná die verslag van die Gereformeerde Kerke, nie meer hierdie storie ignoreer nie. Verder onderneem Flip Buys die volgende in sy artikel: “Daarom gaan Solidariteit en AfriForum voor die jaareinde meer inligting bekendmaak oor die demografiese werklikhede van die land, en moeilike maar praktiese oplossings voorstel.”

Die oorsaak van die demografiese probleem is ten diepste ʼn godsdienstige probleem. Die waardes van die Westerse volke is deur die Christelike godsdiens gevorm. In die eerste hoofstukke van die Bybel word die huwelik ingestel en aan die eerste egpaar word die opdrag gegee om te vermeerder en die aarde te vul. Verder word in Deuteronomium 6 aan ouers die opdrag gegee: “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.” Omdat kinders en opvoeding ten diepste ʼn godsdienstige saak is, het die Westerse volke gegroei en daardeur het die Christelike godsdiens oor die hele wêreld versprei.

Soos die Westerse volke sekulêr geword het, het die redes om uit te brei of te bly voortbestaan, verdwyn. Die enigste doel wat oorgebly het, is om gerieflik te leef en af te tree. Omdat opvoeding nie meer ʼn godsdienstige doel gehad het nie, het ouers daardie taak oorgedra aan die sekulêre staat. Die sekulêre staat het daardie taak met vreugde oorgeneem om daardeur te verseker dat die volgende generasie vir die huidige regering sal stem.

As die demografiese probleem ten diepste ʼn godsdienstige oorsaak het, sou mens verwag dat hierdie saak hoog op die agenda van kerke sal wees. As mens egter na die webwerwe en Facebook-blaaie van die Afrikaanse susterskerke kyk, is daar geen teken daarvan nie. Soos in die hoofstroommedia, word die probleem ook in die kerke geïgnoreer. Dis ʼn tragiese situasie dat die organisasie wat besluit het om nie die probleem te ignoreer nie, ʼn vakbond is.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adri

“Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”Hier le die probleem. Ouers ignoreer dit. Het net tyd vir hulle self. dit is hoe die sekulere wereld en die satang werk. Vernietig die gesin, dan kry jy die gemors waarvan die skrywer praat.… Lees meer »

John

Die outeur brei nie uit nie… Dis ‘n uiters veelkantige probleem en die Afrikaner en sy Christenskap is deur die eeue van vele kante bedreig, selfs deur ander Christene soos uit Engelse geledere. Die Roomse Kerk tree ook nou weer na vore om ‘n sosialistiese nuwe-wereld-orde na te jaag. Dis waar dat Afrikanergetalle merkbaar gekrimp het toe die ekstra gesinskamer-mentaliteit saam met geboortebeperkingsmiddels in die mode gekom het, maar die 28 000 dooies in die ABO’s het die jong volk soos beplan ‘n erge doodsteek toegedien. Die uitwerking van 1994-onderhandelaars se omarming van vreemde gelowiges as nuwe landsbase word vandag… Lees meer »

Hendrik

Na jou vorige skrywe stem ek hierdie keer nogal saam met jou. Ek sien natuurlik uit wat die Solidariteitsbeweging se jaareinde verslag.

michiel durand

Dankie dat Solidariteit en Afriforum 77jaar later aan oplossings begin werk – Egter: Is daar iemand by Solidariteit en Afriforum wat meer as 10 kinders het? Voorbeeld is tog beter as praat.

Frans C

Onder https://businesstech.co.za/news/general/145347/how-south-africas-white-population-has-declined-every-year kan ‘n mens sien hoe die blanke bevolking jaarliks gekrimp het van 2005 tot 2016. Dit in teenstelling met die toename in alle ander bevolkingsgroepe. Daar is mi verskeie faktore wat bygedra het tot die afname,waaronder die veroudering van die blanke bevolking,die verslegtende ekonomiese klimaat,die uittog van blankes uit Suid Afrika weens hoë vlakke van misdaad en die regering se beleid van SEB en AA,wat indiensnname vooruitsigte van Blankes onrusbarend laat daal het. ‘n Ander mi baie belangrike faktor wat dikwels oor die hoof gesien word was dat daar onder die NP mense was wat van mening was… Lees meer »