Dankie vir Sol-Tech se toewyding

Sol-tech

‘n Klas word by Sol-Tech aangebied. Foto: Adéle Changuion

Deur ʼn ma

Liewe Sol-Tech

Vreemde ding wat ek nou doen …

Ek sit op die stoep van my plaashuis en betreur nog ’n nag van verwoestende hael … maar is dankbaar vir Sol-Tech.

My seun word nie veroordeel oor sy taal nie. Ons bid en lag en huil in Afrikaans. Ons kinders was in Engelse skole. Dus is hulle op hulle gemak in albei tale.

Ek wil vandag vir elke onderrigbeampte by Sol-Tech wat met my kind te doene het dankie sê dat julle hom help as hy nie die vraag in Afrikaans verstaan nie omdat die Engelse 12 jaar op die skoolbanke se spykers nogal vasgeslaan is.

Dankie dat julle hom die ware betekenis van taaltrots en medemensrespek leer. Julle help en veroordeel nooit. In julle klasse leer hy meer as net meulemaker wees.

Ek waardeer die feit dat kosbare geld vir die doel van onderrig aangewend word. Ek wens almal kan net verstaan dat die taal waarin ek droom nie van jou geroof kan word nie en dat ons almal saam mekaar moet respekteer, want kennis is mag ongeag jou taal.

Dankie, Sol-Tech, julle is vir ons ’n antwoord op gebed.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leonore ·

Ek sê ook dankie, want ek weet my seun doen wat hy moet doen by Sol-Tech….studeer….die week is toetsweek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.