Lesersbrief: ‘Die Afrikaner’ se begrafnisbrief

kruise-grafte-oorloggrafte

Foto: Hhach/Pixabay.com

Rassie van die Noord-Vrystaat skryf:

“Die Afrikaner” is in 1994 ná ʼn lang siekbed oorlede

Tydens sy kinderdae was “die Afrikaner” lewenslustig en baie energiek.

By volwassewording in 1948 was “die Afrikaner” die toonbeeld van gesondheid. Kort hierna het die binnelandse en buitelandse omgewing egter ernstig op sy gesondheid begin inwerk. Die nuwe medikasie wat in 1961 in die vorm van Republiekwording toegedien is, het “die Afrikaner”  beter laat voel, maar dit was slegs ʼn placebo-effek. In der waarheid het dit vinnig slegter begin gaan. Teen die laat 1980’s het die terminale fase ingetree. In 1992 is hy na die waakeenheid oorgeplaas en op lewenssteun geplaas. Die masjiene is finaal op 27 April 1994 afgeskakel.

Oorsake van dood

Die nadoodse ondersoek is nog nie afgehandel nie. Sommiges skryf dit toe aan eksterne faktore. Ander is van mening dat dit interne swakhede en interne bloeding was. Party meen dat dit ʼn mengsel van bogenoemde twee faktore was. Nog andere blameer die dokters wat hom tydens die terminale stadium behandel het en veral daardie wat die masjiene finaal afgeskakel het.

Afhandeling van die boedel

By die afhandeling van die boedel is “die Afrikaner” se kinders meegedeel dat hul praktiese bestaan binne ʼn republikeinse volkstaat onder eie politieke beheer, politieke selfbeskikking in watter vorm ook al asook selfbeskikking oor taal in formele instansies, nie deel van die boedel uitmaak nie.

Daarbenewens is “die Afrikaner” se kinders ook deur sy geestelike leiers meegedeel dat “die Afrikaner” eintlik ʼn groot sondaar was en dat hulle namens “die Afrikaner” sy sondes moet bely.

“Die Afrikaner” se nagelate kinders

“Die Afrikaner” was en streng ouer en het sy Afrikaner-kinders streng volgens sy eie oordeel en ideale grootgemaak. Baie was baie lief vir hom en het gekonformeer. Die wat nie wou nie is deur die ander broers en susters uitgejou en selfs as familielede ontken. Op hierdie wyse was talle van “die Afrikaner” se kinders reeds tydens sy leeftyd van hom vervreemd.

Buite familieverband was “die Afrikaner” nie baie gewild by sy landgenote nie. Hulle het gevoel dat hy hulle benadeel het, dat hy ʼn rassis was en ook kultureel op hulle neergesien het. Hulle het dus almal gejuig by sy dood. Hulle het ook nie werklik simpatie met sy nagelate weeskindertjies gehad nie.

Die weeskindertjies het egter gou getoon dat hul baie uiteenlopende karaktertipes verteenwoordig.

Talle doen hul eie ding en vergeet van “die Afrikaner”.

Sommige vorm groepe.

Sommige groepe vertoon omtrent al die kenmerke van “die Afrikaner”. Andere stig ʼn onverteenwoordigende Familieraad. Nog andere vestig hulself in ʼn spesifieke gebied en nooi ander familielede daarheen uit. Sommiges soek na ʼn geografiese gebied waar hulle outonomie vir die familie kan bewerkstellig.

Party doen egter praktiese dinge wat binne die huidige bestel wettig, moreel aanvaarbaar en prakties uitvoerbaar is. Hierdie laasgenoemde groep gaan moontlik die enigste van “die Afrikaner” se kinders wees wat ten minste die goeie uit sy verlede vir sy nageslag gaan bewaar.

Aftjop Begrafnisdienste wens “die Afrikaner” se nagelate weeskinders sterkte toe vir die toekoms.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Maggie Pringle ·

So mooi opgesom die begrafnisbrief.
Die naskok tref ons eers nou.
Alles is verby. Weeskinders is ons en ons nageslag.

Henk ·

Ek het slegte nuus vir die wat daar buite is n dink die “Afrikaner” is dood! Selfs die dwase wat die “masjiene afgeskakel” het gaan nog met ‘n skok besef dat HIERDIE nasie NIE uitgewis sal en kan word nie! Selfs nie eens die in eie geledere nie! Gaan maar terug in die geskiedenis. Sover terug soos die dag wat Jan van Riebeeck en die waaruit die Boer/Afrikaner ontstaan het, voet aan wal gesit het. En volg die “bloedlyn” van daardie geskiedenis behoorlik na en jy sal opmerk dat die Afrikaner telkemale van die lyksbesorger se tafel opstaan en sterker anderkant uitstap. En moenie dat die de Klerks, Meyers, Botha’s en dies meer wat die “masjiene afgeskakel het” se vanne jou mislei nie. Daar is verskeie misleides daar buite wat hierdie mense as die Afrikaners ag.

Lea ·

Ek stem sooo saam met jou..AFRIKAANS EN AKRIKANERS SAL BLY EN NOG STERKER WORD!!! LANK LEWE DIE AFRIKANER!

JC ·

Dankie Henk, ons staan weer op; en ons sal nie gaan le nie.
Ons vir jou Suid-Afrika~!

Theresa ·

Rassie, oulik geskryf. Maar dis een mening (as ek nou al jou sinisme in ag neem).

Ouma ·

‘n Afrikaner dood nie maklik nie. Dit het ons al gesien toe van ons babas se koppe deur die vyand teen die wawiele verbrysel is gedurende die Groot Trek. Maklik is dit nie om op te staan en aan te gaan nie, maar baie moeiliker is dit om dood te bly. Ons kan nie vir te lank stil lê nie.

CG ·

Dankie Ouma! Mooi en raak gestel. Met Oumas soos u, hoe kan ons twyfel?

Gerhard ·

Goeie artikel, behalwe dat die skrywer nie besef dat die groepe waarvan hy praat baie keer die selfde mense is nie. Dit is dus onwys om die laaste groep te verhef bo die ander.

Reinhardt ·

Oulike skrywe Rassie. Ek kan jou belowe ons is nie dood nie. Ek is in my 20s en ek en al my vriende is sterk vir self-beskikking. Dalk nie vir dieselfde redes as die ouer generasies nie, maar ten minste vir taal en ekonomiese vooruitgang.

danie ·

Vergeet maar van selfverskrikking die meerderheid van ons Afrikaners wil nie weer ‘n stelsel van apartheid sien nie nooit weer nie.

Brian ·

Danie,

Jy kan nie meer verkeerd wees nie. Beeld het reeds in 2010 n peiling gedoen met die volgende vraag: “Sal jy in n volkstaat gaan bly?” Slegs 27% van respondente het nee geantwoord (Google dit gerus). Dinge het intussen baie versleg. Vandag sal daai syfer nog laer wees. Jý is in die minderheid, ou bul.

danie ·

Brian ‘n peiling in die Beeld sê jy en nogal een wat nie die vraag reguit stel nie.. ‘n Beter maatstaf is hoeveel Afrikaners vir die VF+ stem in ‘n algemene verkiesing, dis allermins die enigste party wat selfbeskikking voorstel en dryf as uiteindelike mikpunt en deel is van hul verkiesingsmanifes. Daar het jy jou antwoord (hoeveel stem vir die VF+ plus/minus 150000?).

JC ·

Maar jy wil lyk my bitter graag die onderdrukte wees ou Danie. Ek is ook relatief jonk, en ek stem saak met Reinhardt. Die jonger geslag besef nou opnuut weer wat hul Afrikanernalatenskap behels; en koester dit teen alles in, en ja, selfbeskikking en getalle konsentrasie is die antwoord !

danie ·

Nee, JC niemand onderdruk my nie ek lewe soos ‘n koning in die nuwe SA. Om die waarheid te sê, enige wit Afrikaner wat darem al ‘n redelike ouderdom is het net homself te blameer as hy nou swaar kry na al die geleenthede wat hy gehad het. Op grond waarvan dink jy die Afrikaner kan aanspraak maak op selfbeskikking (die sg. Afrikaner is ‘n mengelmoes van verskeie rasse en nasies)? Meeste van die ou groepie stel ook nie belang in die idee nie want ons wil deel wees van een Suid-Afrikaanse nasie en nie in ons eie hoekie sit nie.

jaco ·

Konserwatiewe Afrikaners kon lankal ‘n beter heenkome in ‘n volktstaat gehad het, maar kanse is keer op keer verspeel. Toe daar in die vroeë 1980’s begin praat is van ‘n volkstaat, het die Nasionale Party gesê “nee, want dit rassisme”. Die regse Konserwatiewe Party het weer gesê “dit sal nie werk nie”. hulle wou blykbaar ‘n wit verkiesing wen en dan maar net weer as n wit minderheid apartheid op n swart meerderheid toepas. Ek dink tog dat as daar baie groter steun vir n volkstaat was, die wit NP-regering sou gehelp het om dan maar n stuk land vir n volkstaat af te staan.
Teen 1992 het niemand meer geweet waarheen nie. in die referendum daardie jaar het amper 1 miljoen Afrikaners darem nog nee gestem. Maar daardie amper 1 miljoen is net 2 jaar later in 1994 af na skaars 425 000 vir die Vryheidsfront. En 20 jaar later staan die VF-Plus se stemme op iets soos 150 000. So ons het nie eens meer ‘n behoorlike stem wat namens ons praat in die parlement nie. Nou wonder en net, waar is daardie 800 000 of meer stemme heen? almal dood of almal by die DA of almal in Australië?
Ter opsomming: konserwatiewe Afrikaners wat die gevaartekens van ‘n nuwe SA jare gelede al gesien het, het met idees soos “n volkstaat kan nie werk nie” en met wegbly van verkiesings af sedert 1994, ook maar lekker gehelp om die Afrikanervolk se ondergang aan te help.

danie ·

Ai foeitog die Afrikaner is tog nou so benadeel en murmureer soos ‘n Jeremiah van ouds….alhoewel daardie witbrood onder die arm darem tog nog so lekker smaak.

Haan ·

Julle oumense kan darem maar n klomp twak kwytraak. Die Afrikaner is nie in vier en negentig VERSLAAN nie, maar VERRAAI.
Oumense, gaan lê, laat die jonges vir julle baklei…
Groete
n drie en twintig jarige Afrikaner wat nog murg in sy pype en harsings in sy kop het

danie ·

Jy’s te jonk om te weet in watter gemors hierdie land was in die laat 1980’s (genade jy was toe nog nie eers gebore nie). Die ou optoggies wat jy nou sien is niks in vergelyking met die gemors van toe nie. Die land was ‘n kookpot en op die rant van onregeerbaar. Glo die oom as hy vir jou sê dit was ‘n gemors.

Haan ·

Het bogenoemde kommentaar in die hitte van die oomblik geskryf, maar al wat ek sê is: julle kan lekker begrafnis hou, maar ek gaan kraamsaal toe waar die nuwe generasie sterk Afrikaners gebore word. “Strong men create good times, good times create weak men, weak men create bad times, and bad times create strong men”

danie ·

Moenie die fout maak om die ouer garde te onderskat nie. Van ons was daai tyd nog in die weermag en het patrollies gestap in Angola en Zambie en in SA het ons patrollies gery in die lokasies terwyl die wereld om ons brand. Ek sal volstaan deur te sê dat die woord oorlog nie windmakerig en ligtelik rondgeswaai moet word nie. Dis nie ‘n playstation speletjie nie.

Haan ·

Danie jy bied soveel oplossings ek weet nie watter kant toe nie…

Henk ·

Haan, jou positiewe gesindheid is gesond en ek dink daar is derduisende jong Afrikaners wat so voel. Sover dit Danie se kommentaar betref, ignoreer dit. MAAR EEN ding waarmee ek volkome met hom saamstem – oorlog is nie mooi nie. Oorlog is nie so maklik soos wat hulle dit op TV laat lyk nie. Oorlog laat letsels. Tog is daar n tweede ding wat ek ook met hom moet saamstem, moenie ons “ou mense” onderskat nie. Onthou, ons is die enigste oorblywendes wat weermag en grensopleiding ontvang het., Wat opleiding ontvang het in binnelandse terrorisme bekamping en wat DAAR was. Ons is die ouens na wie julle jonges gaan opkyk en by wie julle nou moet leer. Glo my, ons was ook jonk en terwyl adrenalien gepomp het was ons vreesloos en gevrees deur vele, en ek dink daai vele vrees steeds daardie vreesloosheoid van die Afrikaner, maar om roekeloos te wees, dit is selfmoord.

Kannaland ·

Die oorsaak van dood was vergiftiging deur die beloftes van die liberales, en finaal doodgebyt deur die liberale wolf wat in skaapklere geskuil het.

JC ·

Moenie bekommerd wees nie Kanna, ons SIEN (het lankal) deur daardie liberale wolf se toertjies en leuens, ons sien met wat hy mee besig is; en ons beveg hom en sy trawante met al hul vuil tentakels met alles in ons mag!

Kannaland ·

Tog is daar nog so baie wat die bekende afrikaanse dagblad lees en na hulle tv kanaal kyk, en hulle landboutydskrif lees so asof dit soetkoek is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.