Lesersbrief: Die eintlike probleem met my kleur

velkleur

Foto: Prime-journal.com

Nicole Viljoen skryf:

Ek was nog nooit iemand wat my veel steur aan politiek of die menings van mense wat ander mense in bokse plaas nie.

Ek het baie vroeg in my lewe geleer dat ʼn mening nie elke keer gegee moet word nie. ʼn Mening wat jou oningelig laat klink, doen meer skade en gooi petrol op die vuur.

Die meeste menings het baie woede as ondertoon. Ek wil nie my velkleur ʼn fokuspunt maak nie. Ek voel dat wat ek nou gaan deel nie noodwendig ʼn mening is nie maar ʼn ervaring. Ek gee ook glad nie raad oor hoe ʼn mens te werk moet gaan as dit by rassisme kom nie. Ek is maar net iemand wat probeer verstaan.

Ek kyk vir myself in die spieël. Ek het nog nooit gevoel ek moet ʼn ander kleur wees nie. Ek wonder toe as ek kon kies of ek ʼn ander kleur sou wou wees. Sou iemand graag my kleur wou wees? Ek het nooit gevoel in my lewe dat ek voordeel getrek het uit my kleur nie. Ek is grootgemaak dat alle mense ewe veel waarde het ongeag status, kleur of agtergrond. Tog word daar vir my gesê ek het. Dit bly maar weereens die mening van iemand wat my nie ken nie en dus dra dit geen water nie.

Tog dra ek ʼn juk op my skouers omdat my velkleur ʼn simbool is vir ander wat swaar gekry het. Dit verteenwoordig pyn van ʼn tyd toe ek nog nie eens gebore was nie. Haatspraak word teen mense met dieselfde kleur as ek uitgespreek uit woede oor die verlede. Ek besef toe hoe moeilik mense vergewe. Ek besef ook hoe mense so graag gehoor wil word en hul pyn gesien moet word.

Daarmee gesê, voel ek tog woede in my. Ek kry nie my “kop” om sekere dinge nie. Daar word baklei vir die reg om vryheid van spraak te hê, maar as iemand dalk net iets sê waarvan iemand nie hou nie, word dit ʼn “media frenzy”. Vryheid van spraak is nie so vry nie.

Ek glo ook nie dat vryheid van spraak vir enige mens altyd ʼn goeie ding is nie. Dit is nie opbouend nie. Sekere dinge hoort in jou dagboek.

Ek kan nie verstaan hoe een mens openlik ander kan aanspoor om mense van ʼn ander kleur of geloof te vermoor nie. Ek kan nie verstaan hoe een mens die besluit neem om ouer mense en boere te teiken om hul punt oor te dra nie. Ongeag kleur. Dit kom neer op wat jy as mens van gemaak is in jou binneste. Dit kom neer op die vergifnis wat jy weier om te aanvaar of te gee.

Kom ons sê al die mense wat jy dink jy haat, word uitgewis op die aarde, dink jy vir een oomblik dat jy vrede gaan hê? Inteendeel, as al die mense wat jy haat weg is, gaan jy jouself in die gesig moet staar. Die een of ander tyd gaan jy met jou verlede moet afreken. Die verlede en dinge van die verlede maak nie wie jy is nie. Dit is iets wat met jou gebeur het. Vergifnis is vrede.

Hoekom is vergifnis nêrens te sien nie?

Ek kom tot die groot besef: Die probleem met my velkleur lê nie by my nie. Die probleem lê by die persoon wat seer het. Dié wat so bang is om te vergewe, want hulle glo hul hele identiteit is gegrond op hoe swaar dit was, of hulle nou deel van daardie tyd was of nie. My velkleur is maar net ʼn slaansak en al word ek uitgewis, gaan daardie persoon nog steeds seer hê.

My velkleur is nie wie ek is nie, my velkleur is die pakkie waarin ek kom en ek is trots op wie en wat ek is.

My velkleur is nie my probleem nie. My velkleur is die simbool van die seer waarmee jy weier om vrede te maak.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johanna Botha ·

Presies en dankie vir dit …vertaal asb want baie ander mense moet die stuk ook lees en begin dink en fokus op hulle toekoms !

John ·

Hoekom mag mense met ‘seer’ altyd net donker velle he? Hoekom gaan bly mense met ‘seer’ altyd in lande of in gemeenskappe van mense met ligte velle, veral as dit so ‘seer’ is om tussen hulle te wees? Hoekom wil donker mense met ‘seer’ altyd he die mense met wit velle moet verander en hulle ‘seer’ akkomodeer? Hoekom weier donker mense met ‘seer’ om ook te aanvaar dat daar witmense met ‘seer’ is en ook mense soos hulle is? Hoekom glo donker mense met ‘seer’ witmense wil hulle die heeltyd ‘seermaak’? Hoekom lyk donker mense met ‘seer’ se eie lande so verwaarloos sodat hulle na die glo ‘onbeseerde’ witmense se lande hardloop om verder ‘seer’ te gaan kry? Waarom wil die ‘beseerdes’ nie saamstaan en hul lande van herkoms opbou nie en as een nasie saam gesond word en mekaar ondersteun en die witmense uitlos wat hul ‘seer’ nie begryp nie?

Jan ·

Ander mense se etikette kom saam met die pakkies, hul geskiedenis het dit klaar daar opgeplak, so het baie mense en nasies gedragpatrone wat aan hul toegedig word, met natuurlik uitsonderings. Byvoorbeeld die Switsers vir hul horlosies, edm.

callie ·

Dit bly n “issue” omdat sekere mense nie trots is op wie hulle is en hoe hulle opgevoed is nie. Ek is trots om wit te wees, trots oor hoe ek grootgemaak is en bowenal trots daarop dat ek n Christen is. Ek is nie beter as ander mense van ander kleur nie, net trots op wie en wat ek is. Ek glo ek was reg toe ek grensdiens gedoen het. Ek het geglo ek beskerm my land en my volk net soos wat die vryheidsvegters(terroriste) geglo het hulle is reg. Ek het nie bomme geplant en onskuldige vroue en kinders vermoor nie maar oor n geweerloop n oorlog baklei vir wat ek in geglo het. Ek dink dit maak n verskil want ek kan na my verlede terug kyk sonder om skuldig of skaam te voel. Kan die wat bomme in winkels geplant het so terug kyk. Net soos wat swartes te na gekom is, is wittes ook te na gekom.Haat en nyd gaan dit nie verander nie. Wees trots op wie en wat jy is en leef regverdig want waarnatoe die land nou op pad is, is nog n oorlog wat almal by hul volle verstand moet vermy deur vergifnis en daadwerklike regverdigheid teenoor alle rasse.

James ·

Callie, net met een punt verskil ek van jou. Vryheidsvegters veg teen soldate en nie teen onskuldige burgers met landmyne op plaas paaie of bomme in winleksentums of in restautante (Magoos as voorbeeld) nie.
Ek is van Europese afkoms en is gladnie skaam daaroor nie. Die vraag kom telkens op by my. Indien “wit” so sleg is, waarom wil mense van ander kleur so graag “wit” wees?

Lee-anne ·

ja, goed gedoen, maar ek het nou ook al geleer dat dit netsowel in jou dagboek kon staan, want dit maak nie ‘n duit verskil aan wat aangaan in die lewe nie. Die wat ‘seer’ het, gaan dit nie lees nie… Die wat dit lees gaan niks daaromtrent doen nie. O aarde, wat gaan ons maak? Bid.

Johann ·

O’ja, dan moet ek by vra, wie is die draers van die boodskappe van ‘seer’ en wat dit versprei? Wie bombardeer ons daarmee? Is dit daardie polities korrekte media, wat saam op die wa klim en elke keer as iemand ‘n ‘seer’ het, dit aan die grootklok hang en sorg dat dit so prominent in die dagblaaie en hul webwerwe geplaas word, onder ons neuse hou, dat mens die ‘seer’ van daardie mense nie kan miskyk nie?

christo ·

Nicolene ek dink dat meer mense die D,V.D Tainted Heroes moet sien dan sal dit duidelik wees dat die SEER waarvan so baie gemaak word ook nie die maaksel van die blanke was nie maar net die teenoorgestelde .Ons blankes val soos n klip vir die propagande wat ander wil he ons moet sluk . Ek voel nie sleg oor die verlede nie .Indien die planne van die Dr Verwoerd deurgevoer kon word sou R>S>A n beter plek gewees het vandag

Nakkie ·

Wonder of dit is wat die Bybel bedoel met die sondes van die vaders sal tot in die derde en die vierde geslag gestraf word.

MissDemeanor ·

Ek dink ons moet maar hard werk daaraan om die sondes van ons vaders ongedaan te maak. Ons moet meer doen wat vir die meerderheid in die land wys dat ons belangrike bydraes maak en dat hul ook voordeel trek uit ons teenwoordigheid. Ons moet ons talente uitdeel

James ·

Tot in die derde en vierde geslag. Waarom hou dit vir so lank in die nou Israel (tweeduisend jaar) aan ?

Jan ·

Ek sê naastenby weer wat die polities korrektes hier verwyder het, baie van ons kom met etikette aan in die lewe, dit wat aan jou voorouers se gedrag en persepsies daaroor van mense uit die geskiedenis afkomstig. Ek het die voorbeeld van die Switsers genoem wat deur die jare vir hul oorlosies bekend geraak het, so was die Spanjaarde as seevaarders bekend, edm.

SkarrelKind ·

Nicolene – ek hou van die wyse waarop jy die stukkie geskryf het: Sonder om jou mening af te dwing, op nederige en liefdevolle wyse. Dankie vir die skrywe. Ek dink baie mense voel soos jy. En ek luister na al die vrae hierbo en wonder hoe op dees aarde ons hierdie probleem gaan oplos. Afrika behandel haar wit kinders, wat ook tot die kontinent bygedra het, stief. Ek is bevrees dit sal dalk nooit verander nie … ?

Johann ·

Dit is makliker vir mense om te haat.
Van die mense wat hulle so skuldig maak aan moord was nie gebore gedurende Apartheid nie. Die regering laat hulle glo dat als is nog die wittes se skuld. As gevolg van onkunde glo hulle dit en dan word die mense vermoor.

Basson ·

Gaan lees RW Johnson se atikel oor Zuma se rassisme (FIN24 op 28 Des 2016 (Ook Biznews)) , en kyk spes na verwysings tov ‘Collective guilt’, dan mag jy dalk jou paradigmas hersien. (Google maar – was ook op Biznews) Dit kom daarop neer dat ‘Collective Guilt’ ‘n oortreding teen die mensdom is, so moet nie toegee aan daardie sindroom.

(Jammer MM laat nie meer toe dat ons kan in-kopieer nie)

magda ·

Dis tyd dat die Afrikaner besef – Ons het agteruit gegaan. Ek staan nou die dag by n rugby wedstryd in n ry met my 5jarige dogertjie, om vir haar n bottel water te koop,ek wou haar ore toedruk – dronk Afrikaners met vieslike taal – maar dis mos deesdae snaaks. Ek is so moeg vir die velkleur debat. Rassisme het ontstaan uit die evolusie sprokie uit en dit is onwaar. Kom ons fokus eerder op God en hou op om soos die Israeliete 40 jaar in die woestyn te lewe. Weg met velkleur debatte – die GROOT vraag is: Wat is die kleur van jou hart?

Henry ·

Ek is bly dat jy nie ‘n probleem met jou velkleur het nie. Dit is ‘n oortuiging wat meeste siele wat regop loop en tot by tien kan tel, met jou deel.

Jy het sekerlik hierdie skryfsel opgestel, wetende dat elke stelling wat jy maak, ook op iedere en elk van ons – onge-ag velkleur – van toepassing is. Soos meeste waarhede is dit wat mens aan andere toedig, of van hulle verwag/vereis eintlik ‘n tweesnydende sward is. Ander mense wat hierdie planeet bewoon, verwag ook dieselfde van jou velkleur se mense: Vergifnis, om mense nie in bokse te plaas nie, seer te maak, onnodig seerkry, geweld pleeg of verkondig, hatigheid, slaansak/martelaar speel, identiteitsprobleem en al die dinge wat jy noem en selfs nie noem nie.

Mens behoort altyd sorg te dra dat wat jy van andere verwag, jy netso aan hulle sal lewer. Soos die Souties dit stel – “practice what you preach” en hoop vir die beste.

:-)

BOLANDER ·

Baie waar Nicole, maar hoe gaan dit tot die “regte” mense deur dring???????????????????????????????? Dit is waar die uitdaging lê!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

SUSAN ·

Ek is bevrees ons leef almal in ‘n droomwêreld. Alle nasies is van verskillende planete en vergeet maar daarvan om ooit oor enigiets ooreen te kom.

Basson ·

Die seer van die Anglo-Boereoorlog?
Die seer van die Bosoorlog?
Die seer van die 2 wereldoorloe?
Die seer van om ‘n vreemdeiling in jou eie land te wees?
Die seer om daagliks te sien hoe die ANC daarop uit is om blankes, spes Afrikaanses te vernietig, kultureel, ekonomies ens? (Families / nageslagte vestig oorsee – gebroke huishoudings / ergename / toekoms)
Dalk moet ons ook begin kwaad word?????

Oosie ·

Jy is reg, minstens het ons uit ons pyn en seer opgestaan en beur ons voort. Die ander sukkel om die verlede te verwerk en brand dit (en hulle toekoms!) eerder af.

Gideon ·

John en Basson, ek het so van julle kommentaar gehou. Dit is so waar.

Piet ·

Ek hou weer van Christo se kommentaar. Dis absoluut twak dat daar kwansuis so vreeslik gediskrimeneer is in die ou SA. Verwoerd was eintlik liberaal gewees. Gaan kyk gerus hoeveel geld hy aan die ontwikkeling van tuislande se infrastruktuur spandeer het. Die voordele om in die tuislande ‘n besigheid te begin was later selfs vir die grootste (blanke) besigheidsmanne aanloklik. Daar word nou baie meer swartmense vermoor, verkrag en aan hulle eie genade oorgelaat as voor 1994. Die groot apartheids bohaai is veroorsaak deur die media wat aangevuur is deur sinistere kragte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.