Andre Gerber van Upington skryf:
Oor die laaste paar jaar was die debat om te bly of om te emigreer – ’n warm patat onder jonger middelklas gesinne. Die sluiting van ons landsgrense weens die koronakrisis het wel tot ’n tydelike halt van emigrasie van talentvolle mense uit Suid-Afrika gelei. Die hekke is gesluit en vir eers moet dié wat wou gly, ’n rukkie langer in die land bly.
My eie gesin het baie ernstig oor emigrasie besin en sowat ’n jaar terug besluit om te bly. Ons is egter wel vuisvoos vir slegte nuus oor korrupsie, wanbestuur, misdaad en die pessimistiese uitkyk oor die toekoms in Suid-Afrika. Ons het tasbare hoop dringend nodig. Dis dié dat ek met groot opwinding Phil Craig se meningstuk oor selfbeskikking in die Wes-Kaap gelees het.
Die geluide oor federalisme of sessering in die Wes-Kaap is stadig maar seker besig om spoed op tel. Daar is verskeie groepe wat hulself vir Kaapse onafhanklikheid beywer. Dit is egter nie ’n amptelike DA-beleid nie. Dr. Groenewald van die VF Plus het ’n jaar terug met die parlementsopening gesê dat daar gesprekke oor federalisme op die tafel moet kom. Intussen was die VF Plus egter maar bra stil oor die saak. AfriForum is wel aktief besig om lofwaardige vorms van selfbestuur in “ankerdorpe en -stede” te bevorder. Of dit egter volhoubaar is om jouself in ’n “vrystad” te isoleer, omring deur ’n gebied met diskriminerende en vyandelike beleid teenoor jou kultuurgroep, is egter ’n ope vraag.
Ná Covid-19 gaan verskeie beroepslui die keuse hê om te werk vanaf plekke wat hulle verkies. Ek glo ons toekoms lê in die westelike dele van Suid-Afrika en ek moedig mense wat dit kan doen aan om hulle hier te kom vestig. Dorpe soos George, Oudtshoorn, Swellendam, Clanwilliam, Upington en nog vele meer wag op jul talente en jul beleggings. Ek daag ook die VF Plus en die DA uit om Kaapse onafhanklikheid boaan jul agenda te plaas. Julle sal verbaas wees oor die reaksie. Probeer ons!
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Ek stem saam. Reeds besig om te bou in Swellendam. Die noorde van SA raak al donkerder.
Immigrasie is nie vir my n opsie nie vanwee my ouderdom . My pensioen sal nie lank hou in Aus of Kanada nie want die wissekoers maak sommer dadelik dat jy 10 keer armer is as jy daar land.
Stuur eers die klomp geplante Oos-Kaapse stemmers terug asseblief, hier is oorgenoeg plaaslike mense wat die werk kan doen. Charity begins at home.
Stem Montagu Barrydale en Ladismith sal ook in pas. Hier is ook ongelukkig n klomp oos kaap mense
Gaan groot en wees radikaal. Ankerdorpe en ander klein aksies gaan DEKADES vat om te werk en gaan net ‘n baie klein deel van die wit mense bevoordeel. My voorstel egter sal op die allerlangste 10 jaar duur: vra die ANC om dadelik onteiening sonder vergoeding te begin in 8 van die 9 provinsies, om wit mense se stemreg weg te vat en ons tot 2de klas burgers te verklaar. Verskuif al die wit mense Wes-Kaap toe; gedwonge verskuiwings soos wat die vorige wit regering met swart mense gedoen het. Maak die Wes-Kaap ‘n wit tuisland met selfregering vir hulle… Lees meer »