Die mag is in die kieser se hande

frik-lotz-sasolburg

Frik Lotz. Foto: Verskaf.

Frik Lotz van Sasolburg skryf:

Stemdag is amper hier en dit gaan interessant wees om te weet waar mense hul kruisies gaan trek. Dis ʼn belangrike verkiesing en mense sal ʼn ingeligte besluit moet neem voor hul besluit vir wie hulle gaan stem.

Natuurlik het die meeste mense sekerlik al hul besluit gemaak, maar daar is ook diegene wat nog nie finaal besluit het nie. Baie politici maak allerhande beloftes voor ʼn verkiesing en ná die verkiesing kom daar dadels van al daai beloftes.

Kiesers moet dus kyk na watter partye die waarheid praat en werkbare oplossings het teenoor watter partye hulle aan die neus rondlei, net hul stemme soek en ná die verkiesing net van hulle vergeet.

En ja, moenie val vir die propaganda dat jy vir die sogenaamde grootste opposisieparty moet stem omdat hulle kwansuis die ANC kan klop nie. Geen party kan op sy eie die ANC wen nie, maar daar waar ANC onder 50% kry kan die opposisie koalisies vorm om die ANC weg te hou van die mag.

Kyk ook watter party se waardes ooreenstem met jou eie waardes en of hulle werklik na jou belange sal omsien.

Ekself kyk na watter party vir minderheidsregte veg en sal opstaan vir my taal, kultuur en erfenis. Verder kyk ek ook watter party is gekant teen regstellende aksie, SEB en onteiening sonder vergoeding. Baie belangrik vir my, is of daardie party ook Christelike waardes nastreef en nie skaam is daaroor nie.

Natuurlik kyk ek ook of ʼn party werkbare oplossing het om gunstige omstandighede daar te stel sodat ekonomiese groei kan plaasvind en sodoende werkgeleenthede geskep kan word, juis oor die werkloosheid in die land.

Onthou ook dat elke stem met die proporsionele kiesstelsel tel, en moet dus nie mislei word dat jy nie vir ʼn kleiner party moet stem nie. In elk geval kan ʼn party net groei as daar al hoe meer kiesers vir daardie party gaan stem.

Moet ook nie vergeet nie, die mag is in jou, die kieser, se hande. Maak gebruik daarvan en gaan trek jou kruisie op 8 Mei.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
jaco

so die ACDP wat teen aborsie is, moet nou n koalisie met die DA vorm wat pro-aborsie is???
en die VF-Plus wat teen regstellende aksie is, moet nou n koalisie met die DA vorm wat pro-regstellende aksie is??

Geronimo

In Afrika is die mag in die keiser se hande.

kolla

Natuurlik kan ‘n party op sy eie die ANC klop. Die DA doen dit dan in die Wes-Kaap.

kolla

DA regeer alleen in Wes-Kaap. ANC kan deur een party geklop word.

Hendrik

Hierdie verkiesing gee die Afrikaner nog net so blaaskansie totdat die werklikheid ons weer tref. Dit word net elke 5 jaar net moeiliker om selfstandig te raak op die pad van selfbeskikking. Soos Prof Koos Malan gister op Pretoria FM se politieke gesprek genoem het is die werk van Burgerregtegroepe eintlik baie belangriker as die verkiesing. Sonder bv Afriforum sal munisipale dienste nog meer in die moeilikheid wees as die fluitjie blasers nie die Afriforum die probleem uitwys nie. Ons verwag van die verkose politici om vir ons saak te veg want ons het hulle daar gesit en hulle kry… Lees meer »