Lesersbrief: Die mag is in die kieser se hande

frik-lotz-sasolburg

Frik Lotz. Foto: Verskaf.

Frik Lotz van Sasolburg skryf:

Stemdag is amper hier en dit gaan interessant wees om te weet waar mense hul kruisies gaan trek. Dis ʼn belangrike verkiesing en mense sal ʼn ingeligte besluit moet neem voor hul besluit vir wie hulle gaan stem.

Natuurlik het die meeste mense sekerlik al hul besluit gemaak, maar daar is ook diegene wat nog nie finaal besluit het nie. Baie politici maak allerhande beloftes voor ʼn verkiesing en ná die verkiesing kom daar dadels van al daai beloftes.

Kiesers moet dus kyk na watter partye die waarheid praat en werkbare oplossings het teenoor watter partye hulle aan die neus rondlei, net hul stemme soek en ná die verkiesing net van hulle vergeet.

En ja, moenie val vir die propaganda dat jy vir die sogenaamde grootste opposisieparty moet stem omdat hulle kwansuis die ANC kan klop nie. Geen party kan op sy eie die ANC wen nie, maar daar waar ANC onder 50% kry kan die opposisie koalisies vorm om die ANC weg te hou van die mag.

Kyk ook watter party se waardes ooreenstem met jou eie waardes en of hulle werklik na jou belange sal omsien.

Ekself kyk na watter party vir minderheidsregte veg en sal opstaan vir my taal, kultuur en erfenis. Verder kyk ek ook watter party is gekant teen regstellende aksie, SEB en onteiening sonder vergoeding. Baie belangrik vir my, is of daardie party ook Christelike waardes nastreef en nie skaam is daaroor nie.

Natuurlik kyk ek ook of ʼn party werkbare oplossing het om gunstige omstandighede daar te stel sodat ekonomiese groei kan plaasvind en sodoende werkgeleenthede geskep kan word, juis oor die werkloosheid in die land.

Onthou ook dat elke stem met die proporsionele kiesstelsel tel, en moet dus nie mislei word dat jy nie vir ʼn kleiner party moet stem nie. In elk geval kan ʼn party net groei as daar al hoe meer kiesers vir daardie party gaan stem.

Moet ook nie vergeet nie, die mag is in jou, die kieser, se hande. Maak gebruik daarvan en gaan trek jou kruisie op 8 Mei.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jaco ·

so die ACDP wat teen aborsie is, moet nou n koalisie met die DA vorm wat pro-aborsie is???
en die VF-Plus wat teen regstellende aksie is, moet nou n koalisie met die DA vorm wat pro-regstellende aksie is??

kolla ·

Vreemd hoe daai waardes uit die venster uit verdwyn sodra daar geleentheid is om te deel in ‘n regering. As hierdie moontlike koalisievennote so sterk oor hul waardes voel, behoort hulle glad nie met die DA te assosieer nie.

kolla ·

Natuurlik kan ‘n party op sy eie die ANC klop. Die DA doen dit dan in die Wes-Kaap.

Judge Dredd ·

…..met steun van minderhede(bruin en wit) nogal, wat meerderheid in Kaap is.
En wat doen die DA vir daai minderhede?

Die res van die land lyk egter anders.

BTW – DA het mos nou sy hoofkantoor geskuif Gauteng toe, wonder hoe lank dit is voordat hulle die Kaap onder die bus gooi met hul gevryery agter die swart stem?

kolla ·

DA regeer alleen in Wes-Kaap. ANC kan deur een party geklop word.

Hendrik ·

Hierdie verkiesing gee die Afrikaner nog net so blaaskansie totdat die werklikheid ons weer tref. Dit word net elke 5 jaar net moeiliker om selfstandig te raak op die pad van selfbeskikking. Soos Prof Koos Malan gister op Pretoria FM se politieke gesprek genoem het is die werk van Burgerregtegroepe eintlik baie belangriker as die verkiesing. Sonder bv Afriforum sal munisipale dienste nog meer in die moeilikheid wees as die fluitjie blasers nie die Afriforum die probleem uitwys nie. Ons verwag van die verkose politici om vir ons saak te veg want ons het hulle daar gesit en hulle kry ‘n goeie salaris daarvoor.

Jerry ·

Het jou party staatskaping 1 gestop? Het jou party staatskaping 2 gestop wat reeds in aanvang geneem het? Het jou party eenheid met alle teenrevolusionere opposisie partye bewerkstellig. Indien die antwoorde nee is, dan kan jy daarvan Virseker wees dat jou party nie opgewasse is vir die taak wat voorle nie, omrede jou party een van baie opposisie partye was en steeds is wat steeds planloos en magteloos staan en toekyk hoe die ANC staat en sy wetsongehoorsame ontplooide kaders hulself verryk ten koste van wetsgehoorsame burgers. Regstellende aksie en SEB het reeds onherstelbare skade aangerig met kaderontplooiing wat onomkeerbaar gevestig is. So, wat gaan n party bereik wat iets wil keer wat reeds plaasgevind het? n Party se prioriteite is nie reg nie wanneer tyd, aandag en geld bestee word aan minderheidsregte soos taal, kultuur en erfenis terwyl jou mense verarm agv staatskaping fase 1 en fase 2 en wat jou party nie gestop het nie en duidelik nie instaat is om te stop nie! Wanneer jou mense reeds verarm het, het regte nie veel meer van n betekenis vir hulle nie! Jy wil 5 jaar te laat, terugslaan. Jou party se voornemens is dus reeds soos water onder deur die brug!

Frik Lotz ·

Geen enkele party kan ANC op Nasionale vlak klop om beheer oor parlement te he en regering saam te stel nie. Dit geld die meeste provinsies ook en as DA in Wes-Kaap onder 50% kry sal hul in elk geval koalisie moet vorm met VF Plus, ACDP , GOOD, ens.

kolla ·

Na die VF+ se smeerveldtog teen die DA hierdie verkiesing, sal VF+ baie laag wees op die DA se keuse van moontlike koalisie-vennote. As die DA nie 50% in die Wes-Kaap kry nie, sal dit in elk geval baie naby wees en behoort koalisie met die ACDP alleenlik die knoop deur te haak.

Jerry ·

Frik jou party, asook die ander opposisie partye moes 5 jaar gelede terug geslaan het. Die partye het nie gedoen wat hulle moes doen nie en daarom is daar werklik nie n manier wat hulle dit oor die volgende 5 jaar gaan kan doen nie. Die aanslag het na staatskaping fase 1, ongekende momentum bereik en staatskaping fase 2 is reeds in volle swang aan die gang. Die partye moes dus staatskaping fase 1 gestop het om staatskaping fase 2, te kon stop! Die voorheen bevoordeeldes het nie net finansieel verarm nie, maar daarmee saam het hulle minderheidsregte ook, n lelike knou weg!

Frik Lotz ·

Geen enkele party kan ANC op Nasionale vlak klop om beheer in parlement te he en regering saam te stel nie. Dieselfde geld meeste provinsies en as ANC in n provinsie onder 50% kry kan opposisiepartye saamwerk om n koalisieregering te vorm. ANC kan nie alleen of in koalisie met EFF in Wes-Kaap regeer nie want hul steun is te min. Kiesers in Wes-Kaap kan dus vir die party van hul keuse stem en hoef dus nie net DA te stem nie. As DA onder 50% kry in Wes-Kaap kan daar dan koalisie gevorm word net VF Plus, ACDP, GOOD, ens.

kolla ·

Die ANC en EFF gaan na hierdie verkiesing in koalisie. Dis nag, behalwe vir die Wes-Kaap en miskien Noord-Kaap. Ons stem DA in die Kaap en stel nie belang in koalisies as dit nie nodig is nie.

kolla ·

Dis onwaarskynlik dat die VF+ deel gaan wees van enige regering na die verkiesing. DA gaan waarskynlik weer meer as 50% in die Wes-Kaap kry en alleen regeer. Op die ander plekke waar die DA tans in koalisie regeer, gaan die ANC/EFF koalisie waarskynlik oorneem.

Jacques die Goodwoodianer ·

Hierdie verkiesing is ñ verbete stryd om oorlewing (of oorlewering?) vir die kleiner partye.

Die VF+ dra Christelike waardes en die belange van minderhede op die hart. Aan die anderkant bied die DA ñ stabiele grondslag en ñ stewige fondasie (met ondervinding) in die suksesvolle bestuur van ñ eersteklas provinsie, naamlik die Kaap.

In ons huidige politieke en sosiale klimaat sal dit heel moontlik selfmoord wees om ons tot selfbeskikking te wend.

In elkgeval, in my opinie, is ons Christene veronderstel om ons medemens lief te hê en te aanvaar in ons samelewing. Die ongelowiges [vervang woord met gepasde sinoniem] sal boet vir hul sondes op die regte tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.