Die ossewa in die stad

suv-in-stad

Foto: Todd Cravens/Unsplash.com

Pietie Potlood skryf:

ʼn Interessante tafereeltjie het hom die afgelope Saterdag by een van ons plaaslike winkels afgespeel.

ʼn Klein huisvroutjie het haar massiewe “ossewa” probeer parkeer. Ná 10 minute se gesukkel om hom netjies tussen die strepe te kry, duik daar ʼn volgende probleem op. Die deur kan net op ʼn skrefie oop, want aan weerskante staan twee ewe groot waens geparkeer. Die leer wat benodig word om vanaf die meter hoë wa te klim is nie nou van hulp nie, wat haar noodsaak om ʼn onvleiende sprongetjie tot op die grond te maak. ʼn Suksesvolle parkeerprojek is uitgevoer.

Gauteng is een van die digs bevolkte gebiede met meer as 800 mense per vierkante meter. Dus, die lugbesoedeling is grootliks die gevolg van ons groot-kar-spoggerige-mens-mentaliteit. Wat van by die “klein dingetjies” begin en eerder ʼn ingesteldheid ontwikkel van hoe kleiner jou ryding, hoe skoner sal ons omgewing wees?

Verruil daai ossewa van jou vir ʼn praktiese, “skoner” nutsbuksie, Mevrou (of Meneer). Dis tog veel goedkoper – en natuurlik makliker om te parkeer.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Philip

Meer as 800 mense per vierkante meter? Ek weet daar is baie mense in Gauteng, maar dit is darem te dik vir ‘n daaler …

John

…. so bietjie jaloesie hier, Pietie? En so ‘n klein sosialistiese prekie. Hoekom die tannie so dophou? Weet jou antie hiervan?

WIEBO

Ek het by The Club sentrum in Hazelwood Pretoria gewerk. Vanuit my kantoor venster op die 2e vloer, het ek afgekyk op die parkeer terrein. ELKE dag het ek gesien hoe die dames sukkel om hulle groot waens geparkeer te kry. Vorentoe, agtertoe, heen en weer………. Dan kom hulle uit Woollies gestap met n plastiek sakkie……. Dan begin die sports eers. Nou moet sy in trurat uit die parkeerplek kom. Ek en my kollegas het telke male geskater van die lag vir die dames wat sooooo sukkel met die groot waens. Hoekom ry hulle die goed as hulle so sukkel?… Lees meer »

anneke

tafereeltjie – nog in my ganse bestaan nie gehoor van die word nie. Dankie Mnr Potloot vir die bekend stelling.

HAAS

Ek ry ook ‘n OSSEWA, ongelukkig nodig vir die werk wat ek doen… Ek het geleer om liewer ‘n bietjie verder te loop, kyk uit vir die “oper” parkeer areas. Een van die winkels hier in Durban het ‘n spesiale parkeer area vir ons ouens met die klein “voete”, waar die parkeer plekke bietjie weier is, maar….. Hier kom die sports….. Ons vrinne met die “fency” karre parkeer ook daar…. Dubbel oor die lyn, “reverse” parking…. Nogal iets om te sien hoe daai voertuig skeef-skeef daar-in getrek word.