Lesersbrief: Die ‘pieds-noirs’ van Afrika

hugo-kruger-frankryk

Hügo Krüger. Foto: Verskaf.

Hügo Krüger van Aix-en-Provence, Frankryk skryf: 

Na ’n onlangse verhuising na die Cote d’Azure besef ek weereens hoe divers die Franse landskap en mense is. Parys is nie Frankryk nie en soms vergeet ons dit as ons agter sementkastele en kunsmuseums wegkruip. Daar is ydelverspreide subkulture en groepe, elke dorpie met sy eie kasteeltjie, kaas en wyn. Op die reis na Aix-en-Provence sit ek in ’n trein met ’n Fransman van ’n ander spesie. Ná ’n kort gesprek in my Afrikaanse Frans, vra hy of ek van Afrika afkomstig is, dat hy aanneem dat ek ’n Afrikaner is. Die ou oom is ingelig oor Suid-Afrika en ken ons geskiedenis goed.

Dit kom uit dat die oom ’n unieke soort Fransman is – een van die pieds-noirs van Algerië wat destyds in die 60’s, ná ’n bitter burgeroorlog, van hul land onteien is. Byna 1 miljoen Franse burgers, waaronder Jode en sekulêre Algeriërs, is destyds van hul tuistes beroof toe ’n bankrot Franse regering nie meer aan sy koloniale mag wou vasklou nie. Politieke omwentelinge in Parys het ’n generasie gekweek wat niks van kolonialisme wou weet nie. Terselfdertyd het die setlaars in Algerië hulself as deel van ’n groter Frankryk gesien. Frankryk het Algerië ook as deel van hom beskou – nie as ’n kolonie nie, maar wel as provinsie.

Die plaaslike Islamitiese bevolking het onder ’n apartheidstelsel min regte gehad. Ná die Tweede Wêreldoorlog het golwe van verandering deur Asië en Afrika geloop. Die Moslems het begin om onafhanklikheid te eis. Die situasie was natuurlik, soos in baie postkoloniale lande, nie eenvoudig nie. Die wredeheersersteorie breek af as mens na die feite kyk; en dan kom ware die emosies uit.

Die Algeriese burgeroorlog het sy tol geëis en die wit Franse bevolking moes hul nedersetting van 150 jaar verlaat. Die wit Algeriërs het disproporsioneel meer soldate tot Frankryk se weermag bygedra en het gedurende die Nazibesetting die stryd vanuit buiteland voorgesit om hul land te bevry. Terwyl die politici in Parys oorgegee het, het vrywilligers uit Algerië hul lewe gaan opoffer. Hierdie wil om hulself vir hul land op te offer, is dan ook hul land se leuse: Pour liberté, égalité et fraternité (vryheid, gelykheid en broederskap).

Hierdie sin van diepheid het die politieke landskap in Frankryk tot en met die huidige geskiedenis bepaal. Tot en met die laaste verkiesing kon geen Franse president ernstig oor Algerië praat nie, omrede daar ’n erge bitter emosie agtergelaat is. Die gevoel is veral baie sterk in die suide van Frankryk, waarna baie pieds-noirs verhuis is.

“Hoekom moes ons Frankryk kom red net sodat Parys sy rug op ons kon draai?”, vra die ou oom. Dit hou ook nie daar op nie, want sy ouers en voorouers was daar gevestig – en hy moes alles agterlaat.

Ons praat oor Suid-Afrika. “Hier,” laat hy my weet, “is jy in die Franse Rugbyland!”.

Nog iets. Je veux vous dire, vous, les boers êtes chanceux  (Ek wil jou vertel, julle is gelukkig )

“Julle het nog ’n heimat, ons eie mense het ons s’n verkoop,” sluit die oom sy gesprek af.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gerhard ·

Dan is daar nog mense wat dink onteiening is nie die blanke in SA se voorland nie. Dit is die geskiedenis van Afrika, dit is die toekoms van Afrika. Die Afrikaner is geen Joodse Volk nie, hou op om bog te glo.

Henry ·

Interessante opmerking Gerhard. Verduidelik asb wat die verband tussen die Afrikaner en “Joodse Volk” asook die bg artikel is.

Gerhard ·

Henry.

Daar is al vir geruime tyd die debat oor wat die beste is vir Afrikaner se toekoms. Skrywers en kommentators stry gereeld daaroor. Die drie rigtings wat voorgestel word is soos volg:

1. Assimileer en wees bly jy mag nog asemhaal. Dit word hoofsaaklik deur linkse skrywers gepropageer.

2. Verkry ‘n eie Afrikaner staat waar ons oor ons eie sake en toekoms besluit. Dit is meestal behoudende skrywers wat dit ondersteun, hulle is egter nie altyd verregs nie.

3. Wees soos die Jode, behou jou eie taal en kultuur terwyl jy ‘n minderheid bly in ‘n groter samelewing. Dit word meestal deur linkse en sg. gematigde skrywers voorgestel.

So wat is fout met argument drie:

1. Die eerste fout met die argument is dat Afrikaners niks in gemeen het met Jode nie. Daar is nie ‘n geloof met die naam Afrikaner nie, net ‘n taal en kultuur. Ons geskiedenis verkil hemelsbreed.

2. Die Tweede fout is dat Jode nie werklik ‘n Volk is nie. Meeste hedendaagse Jode integreer in die samelewings waar hulle hul bevind. Die meeste is geneties half Europeër en daar is ook Swart Jode. Dit is hulle geloof wat hulle saambind. Die enigste plek waar hulle wel ‘n aanspraak het as Volk is in Israel.

3. Die idee word baie keer deur mense gedryf wat weet dit kan nie werk nie. Dit word gedoen om te keer dat mense ander idees kry en in ander rigtings begin trek as wat sekere denkers pas.

Paul ·

Lees die geskiedskrywers en nie politikuste oor die werklike van Suid Afrika.

Ellis ·

Gerhard, wat dink jy is die beste vir die Afrikaner se toekoms?

Gerhard ·

Die beste sou wees ‘n eie Afrikaner staat, maar die tyd daarvoor raak op.

Henry ·

Nouja, so het elkeen die reg om sy/haar mening te lug en wat ongelukkig nooit die enigste antwoord – in soverre dit nog toegelaat word – kan wees nie. My mening oor jou mening:-):
1. Ek het ‘n keuse/voorkeur met wie en met wat ek wil “assimileer en wat minder as niks met links, regs, deurmekitaar of wat ookal’ te make het.
2. Ek is ‘n behoudende Afrikaner wat soos my dapper voorouers, geen huiwering het om my reg as Afrikaner te beskerm nie, waar ek my ookal mag bevind. Weens verskeie redes is ‘n Afrikanerstaat in die huidige politieke werklikhede van die 21ste eeu, mynsinsiens onuitvoerbare wensdenkery.
3. Dat die Jode as ‘n identifiseerbare groep, oftewel ‘n volk, steeds na soveel eeue bestaan, is mynsinsiens merkwaardig.
Oor jou laaste 3 opmerkings:
Afrikaners se gelowiggeite is sover my kennis en gebrekkige belangstelling betref, Protestants van oorsprong met ‘n skeut Calvinisme en is vir seker nie ‘n unieke Afrikanergeloof nie. Oor wie en wat ‘n Jood volgens jou is, sal ek volgende keer vir Sammy Rabinowitz vra wat soos sy Pa, ook in Johannesburg gebore is en wie se kinders saam met my op skool was. Sommer ook vra waarom hy en sy kinders steeds Joods of wat hul taal ookal mag wees praat en waarom hulle Sinagoge toe gaan met daai koddige doilies op hul koppe terwyl daar baie ander kerke in die omgewing is.

Gerhard ·

Henry.

Sover assimilasie gaan is dit meer ingewikkeld as wat jou voorkeur of keuse is. So bv. is die eerste geslag immigrant altyd nog deel van hulle oorspronklike kultuur/etniese groep. Afrikaners het in 1994 van die Ou Suid- Afrika na die nuwe Suid-Afrika gemigreer, net soos baie van Suid-Afrika reg oor die wêreld gemigreer het. Die eerste geslag bly nie wat hulle is uit keuse nie, hulle doen dit reeds omdat hulle nie kan verander nie. Die geslagte na hulle word egter in die samelewing geïntegreer. Daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. Die ANC gaan nie stop voordat hulle dit gedoen het nie. Vergeet maar van eie skole en eie instellings. Hulle gaan dit alles tot ‘n einde bring. Eers is dit Afrikaanse Universiteite, dan is dit skole. As Afrikaanse skole eers verdwyn het is dit verby. Dan sal Afrikaner kinders Engels grootword. Goed soos regstellende aksie in skole sal verder veroorsaak dat dit ook met Afrika kultuur sal plaasvind. Dit is die geslagte wat kom wat die prys sal betaal.

Gerhard ·

In die vorige eeu was ‘n Joodse Staat ook net wensdenkery. Mense het dit verander. Nadat Israel tot stand gekom het het die politieke spektrum verander en oornag het hulle van wensdenkery beweeg na hul eie staat. Eintlik is die Afrikaner se probleem met ‘n eie staat ‘n self opgestelde geestelike blokkade.

Gerhard ·

Terwyl jy vir Sammy sien vra hom ook sommer die volgende vraag:

Dink hy Islam is ‘n volk of ‘n geloof? Die mense is van Midde-Oosterse herkoms en het meer Midde-Oosterse bloed in hulle as meeste Jode. Hulle leer Arabies as deel van hulle geloof. Net soos Jode is daar ook baie Moslems reg oor die wêreld en hulle hou by hul tradisies. Hulle tradisies is ook soos Judaïsme gebaseer op hulle geloof.

Vir jou inligting, kyk gerus self hoeveel Jode praat Hebreeus:

https://en.wikipedia.org/wiki/Hebrew_language

Henry ·

“Nouja, so het elkeen die reg om sy/haar mening te lug en wat ongelukkig nooit die enigste antwoord – in soverre dit nog toegelaat word – kan wees nie.”
O ja. Indien die Afrikaner-volk, -taal, -kultuur ens vorentoe sou verdwyn, dan het ons soos ander verdwene volkere, nie daarin geslaag om ons eie voortbestaan te verseker nie.
Is maar hoe dit is.

Hul KON vlug ·

Die verskil tussen die blankes in Algerie en ons is dat hulle maklik kon vlug, kort afstand oor die mediterereense see na hul vaderland wat hulle erken as Franse. Ons het nerens om heen te vlug nie want ons sit hier ver onder en Eurpoa erken ons nie as hul nasate nie. Ons moet Europa herinner dat hul uit ons teenwoordigheid gebaat het en ons moet terugvat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.