Die Rubicon, sê Max

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Hierdie brief is ʼn antwoord op Max du Preez se rubriek “US móét oor dié Rubicon” in Die Burger (14/11/2015).

Ek neem aan meneer sluit die studente van die universiteit ook in. Ek kan nie namens die studente praat nie, nie eers die Afrikaanssprekende studente nie, maar ek kan namens myself praat.

Meneer, ek stem saam dat ek (en ander wat hieroor met my saamstem) dié Rubicon moet oor, ek dink egter ons bedoelinge rondom dié gedagte is wêrelde van mekaar.

Vir die mense wat nié die geskiedenis agter die Rubicon-gesegde ken nie, hier is ʼn kort opsomming:

Julius Caesar, ʼn uiters suksesvolle generaal in die Romeinse leër, se suksesse was van só ʼn aard dat konsul Pompeius gevoel het dit plaas hom in ʼn slegte lig. Hy was immers die heerser van die Romeinse Ryk en Caesar die generaal. Pompeius het toe deur middel van die senaat Caesar beveel om uit tree en terug te keer na Rome. Caesar het egter geweier en besluit om Rome binne te val met sy legioen. Tussen Caesar en Rome was die Rubicon-rivier. Sy aanval op Rome het ʼn burgeroorlog tot gevolg gehad, ʼn oorlog wat hy gewen het en ʼn diktatorskap tot gevolg gehad het.

Snaaks hoe bekend hierde verhaal klink, nie waar nie? Wel mnr. Du Preez, ek gaan óók die Rubicon oorsteek. Die verskil is egter ek wil nie ʼn demokrasie met ʼn diktatorskap vervang nie, en ek wil ook nie ʼn gewapende stryd voer nie. Maar ek wil en gaan wel ʼn stryd voer. My stryd gaan egter wees om my taal se plek in ons “demokrasie” te help verseker.

Sien meneer, anders as jy het almal wat Afrikaans is nie reeds tou opgegooi en besluit om te “go with the flow” nie. Van ons is nog trots op ons taal en herkoms, en wil dit sien floreer in Suid-Afrika – nie net tuis nie, maar ook in elke sfeer van ons samelewing. Ook aan die Universiteit van Stellenbosch waar dit oor baie jare ʼn ingebedde, hoogsontwikkelde akademiese taal geword het en nie op dieselfde vlak as Xhosa gesien of behandel kan word nie. Ook nie minderwaardig teenoor Engels is nie, maar wel so behandel word deur sprekers van die taal soos jy en die univeriteitsbestuur. Buitendien, dit val vreemd op dat Die Burger, as ʼn Afrikaans-koerant, jou hoegenaamd toelaat om jou teen-Afrikaans-standpunt in die koerant te plaas.

My kruising van die Rubicon behels onder meer om te stry en te baklei vir my taal se plek aan die universiteit. Ek gaan dit doen al is ek alleen, al word ek uitgekryt, sleg gesê, geïntimideer, uitgejou of bespot. Ek sal dit doen al verloor ek vriende wat hulle vir my skaam. Ek sal dit doen al word ek ʼn ekstremis genoem, of selfs ook ʼn rassis – en dit omdat ek my beywer vir die regte van ʼn taal waarvan die meeste sprekers nie wit is nie. Ek sal dit doen al noem jy my ʼn taalbul en ondanks drogredenasies dat daar is nie plek vir Afrikaans in ʼn Engelse samelewing is nie. Al sê mense ek het geen toekoms in Afrikaans nie, of dat ʼn wêreldklas-universiteit Engels moet wees. Terloops, hierdie soort redenasies is ver bó my begripsvermoë.

Kyk, al staan niemand agter my nie, sal ek baklei vir my taal se plek onder die Afrika-son. Ek sal nie toelaat dat mense soos jy en Wim de Villiers my taal ontneem van sy plek aan die US of enige universiteit nie. Ek sal nie toelaat dat die ANC-regering vir my sê in watter taal ek moet leer en praat nie. Ek sal nie toelaat dat enigiemand vir my sê ek kan dit nie doen nie, want sien ek is ʼn Afrikaner.

Die Afrikaners ʼn groep mense wat nie opgee of ingee nie, al is die kanse vir sukses hoe skraal. Ons was al deur hierdie krisis en ons sal weer hierdeur kom. Want niemand, behalwe God die Almagtige, skryf ons voor nie. Nie jy of die ANC, Open Stellenbosch, ReformPuk, die SAKP of  die EFF nie. Julle kan nie namens my besluite maak oor my kultuur of taal nie.

Ek sal hierdie stryd leierloos en sonder ondersteuning aanpak as ek moet. Ek sal nie opgee of ingee nie, en as ek misluk sal ek Hendrik Biebouw se woorde aanhaal, en weer probeer: “Ik wil niet loopen, ’k ben een Africaander al slaat die landrost mijn dood, of al setten hij mij in den tronk. Ik sal, nog wil niet swijgen.”

 Pieter Burger

ʼn Trots Afrikaanse student van die Universiteit van Stellenbosch

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Heinrich ·

Dankie Pieter, jy gee my hoop dat daar nog mense met ruggraat is om op te staan vir wat reg is!

Reinhardt ·

Jy is nie alleen nie Pieter. As oudstudent van Universiteit Stellenbosch kan ek jou verseker dat daar baie van ons daarbuite is wat hartlik geskok was met hierdie skielike besluit deur Wim. Dit is iets wat ek glo Russell Botman nooit sou doen nie.

chris ·

mooi pieter. net toe ek begin vrees het jou soort bestaan nie op stellenbosch nie. en ek hoop jy’t baie vriende.

dasy nou! ·

jy is onder Die Hemelse Vader en JHVH Nissi se banier Jesus is jou Leier en jou Aanvoerder!
jy is die leier binne jou invloed groep met die staf in jou hand Pieter – vra God se plan dan sal jy binne Sy Seën vir jou handewerk wees! beplan eer begin – begin! al moet jy ook grondwetlike hof toe gaan! Volg in die voetspore wat vir jou uitgewys sal word as jy begin bid daaroor-! alles binne die raamwerk van gehoorsaamheid aan jou Skepper en die wette van die land. Moenie vanuit emosie doen nie en moenie die name oor jouself heraal wat jy dink ander jou sal roep nie! want emosie verblind die gees- doen vanuit die gesag wat die Here gee wanneer hy homself aan jou openbaar en jou Sy Wil laat ken oor die saak.
Wees nederig en aanbiddend voor Sy troon in jou saak wat jy aanpak! laat jou bootjie vaar binne die rigting wat die Here jou instuur.

Vra maar net ·

Huh????
Wat het die tirade nou met die jongman se skrywe te doen?

Henk ·

Pieter Burger, ek dink daar is duisende as nie miljoene wat saam jou sal veg nie! Max en sy regering moet begin besef dat ons in ‘n hoek is. Dat ons nou gaan rug styf trek en vir ons en ons kultuur sal veg.

Johan 2 ·

Ek wens ou Max wil nou verengels en klaarkry dan hoef en nie meer in Afrikaans sy gesanik te hoor nie…Pieter jy is nie alleen nie en dankie vir die goeie skrywe!

Marilé ·

Ditsem!!!! Nou sit ek sommer met n knop in my keel! Alleen in hierdie stryd sal jy nooit wees nie Pieter. Dankie vir die stem (skrif) wat jy aan baie van ons se gevoelens gegee het.

chrisp ·

Pieter.

Dankie tog ‘n jongman met ‘n ruggraat. Net toe ek begin dink daar bestaan nie meer so iets by ons jeug nie.

Verblywend

HEVW ·

Pieter Burger met my hele mens saam met jou. Ek stel dit hoog op prys dat jy weet in WIE se krag jy jou taak moet volbring. Wees verseker van my voorbidding.

Henry ·

Dankie tog Pieter!

Ek wil ook glo dat die meerderheid van US se Afrikaanse studente die oortuiginge deel wat jy op skitterende wyse beskryf. Gee mens moed vir Maties se toekoms.

O ja. En steur julle tog nie te veel aan oom Max en sy pelle wat altoos hul uitgediende antiAfrikaanse retoriek as vye wil smous nie. Die arme siele probeer kliphard om aandag te trek en ‘n lewe te maak, terwyl hul kaartehuis vinnig besig is om op hulle koppe in te tuimel.

Bruno Stef ·

Die Universiteit bestaan as gevolg van die studente wat daar studeer anders sou dit net n klompie geboue gewees het.Dit is arrogant van n selfaangestelde woordvoerder soos die omstrede Max du Preez om vir almal te wil voorskryf wat hulle te doen staan. Die laasgenoemde wil vir Jacob Zuma vertel dat hy n “One man wrecking ball is” maar dan let hy nie op na sy eie voortvarende egoistiese uitsprake nie. Pieter lee blikke maak die grootste geraas daar is n menigte Afrikaners wat jou siening deel en nog maar altyd op die agtergrond was maar die handvol Oppertuniste wat se tyd min raak se aanslag sal nog hewiger word vorentoe.

John White ·

Dankie Pieter.

Bly om te sien dat daar nog studente soos ek is, wat weier om terug te staan vir Engels, beskuldigings van “rassisme” en die “revolusie”.
Moet nooit opgee nie – jou doel is waardig en is al voor geveg deur menigtes in ons geskiedenis.
Mag ons die stryd (weer) wen.

Scotty ·

John White, ek het nou jou brief aan Max ook gelees. Skitterend vir jou ook. Met jong studente soos jy en Pieter, kan ons taal voortleef.
Oor Maxie moet julle nie bekommer nie. Hy het hard probeer, maar nie reggekom nie. Sal ook nooit regkom nie.
Hy is lank gelede al oor sy ‘sell by’ datum. Sterkte vir julle manne.

Pieter ·

Jis John, ek het al jou ding gelees en baie daarvan gehou! Dankie vir die kompliment, ons moet maar ons mede studente aan die gang kry! Want dit kan wragtig nie meer langer aangaan nie.

Delta Mike ·

Pieter, fantasties gestel jongman. Jy is nie alleen nie, jy voer die taal behouds stryd aan, ons “ouer garde” sal die gewapende stryd aanvoer wat aan die kom is. Die liberaliste soos Max en sy gespuis is al lankal uit geken as verraaiers. Hou jou stryd se vlam omhoog jongman, ons is met jou.

Scotty ·

Pieter,
Jy weet, ongelukkig het baie van ons Afrikaners slapgat geraak oor die jare. Ek is ‘n Afrikaner van in die 50’s. Dit is so tone krul lekker om sulke ope briewe soos joune te lees. Dit gee my weer nuwe moed in my Volk. Wat Max du Preez betref, laat hy maar maak wat hy wil. Ons het nie sy tipe in ons midde nodig nie. Ons is beter af sonder sulkes.
Baie geluk dat jy die moed het om op te staan vir jou taal en jou mense. Daar gaan nou baie amder uitkom, en saam met jou staan. Wel gedaan! Trots op jou!

Ben ·

Dankie Henk maar net n regstelling ons is nie in n hoek nie Die spul dink so maar dink hul sterkte le in hul getalle , maar sal met skok agterkom dat ons krag le in die Vader in die Hemel

N3 Huisamen ·

Pieter vir jou bid ek seën en voorspoed met baie wysheid en krag!! Toe!! Jy het murg in jou bene en ons is trots op jou en Afrikaans sal ons bly!!!!

irving ·

Ou Maxie en ‘n paar van julle pienk proff. Tragies as mens jou eie nes bevuil. een het gese hy het sy Afrikanerskap in 2005 afgesweer.Foeitog en hy weet nie dat sy genetika hom ‘n Afrikaner maak nie. Weliswaar soos die broer wat in die tronk is,maar ook nie lief vir hom nie.
Ai,waarom is daar ‘nneiging by Afrikaners om altyd hul opponent se saak beter te verstaan as hul eie. Pieter ou seun,looi hulle

Stefaans ·

Ek dink die beste raad teen Max is om hom bloot te ignoreer. Hy is ‘n politieke dinosourus wat “naam” gemaak het toe swartmense nog nie vir hulleself kon praat nie. Iemand moet Max dalk net saggies wakker maak en verduidelik dat swartmense nou self kan praat, en met enkele uitsonderings glad nie anti-Afrikaans is nie.

Johan 2 ·

Mooi gestel Stefaans…Max is eintlik baie arrogant om te dink hy moet (nog) namens ander praat, dalk sal hy op die ou end landuit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.