Die vloek van gelykheid

rassisme mnn_com

Grafika: Mnn.com

John White se brief van 15 Februarie moet hiermee saamgelees word.

FW Nietzsche, die Duitse filosoof wat gelewe het van 1844 tot 1900, word soos volg aangehaal in R Zacharias se boek The End of Reason:

“Equality is a lie concocted by inferior people who arrange themselves in herds to overpower those who are naturally superior to them. The morality of ‘equal rights’ is herd morality, and because it opposes the cultivation of superior individuals, it leads to the corruption of the human species.”

Gelykheid se destruktiewe gevolge is oral rondom ons te sien, want aan wat anders is dit moontlik om gelyk te kom as aan die swakste van die groep? Net soos water noodwendig na die laagste punt toe vloei, so daal al die positiewe kenmerke van menswees na die laagste van die beskikbare norme wanneer gelykheid die strewe is.

Ons Afrikaners sal nooit polities kan heers nie, maar ons kan eties en geestelik heers as ons bereid is om die idee van gelykheid te verwerp en te begin streef na uitnemendheid. Ons moet ophou verkeersreëls oortree omdat “hulle” dit doen, ophou swak diens lewer omdat almal al gewoond is aan swak diens, ophou afval uit motorruite gooi omdat “almal” dit doen.

Ons moet dag en nag streef na die “morele hoëgrond”, ouers moet die heel beste toewyding gee aan hulle kinders, Afrikaneronderwysers moet die ekstra myl loop vir elke kind, in die sakebedryf en beroepslewe moet die Afrikaners topgehalteprodukte nastreef. Of jy nou skoonmaker of direkteur is, jy moet die hoogste vlak van dienslewering nastreef.

Ons mag nie toelaat dat die vloek van gelykheid ons ondertoe dwing na die swakste moontlikheid nie.

Dr. Breytie Breytenbach

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann Marx ·

In die “ou Suid Afrika” was hierdie “strewe na uitnemendheid” op ‘n sekere gedeelte van die land se populasie aangemoedig, afgedwing en opgevolg. Menige Suid Afrikaanse pappa was “trots” om sy eersgeborene vir 2 jaar na ‘n militêre kamp te stuur….om van hom ‘n “man” te maak (wat die pa nie kon regkry nie) om die NG Kerk ondersteunde politieke speletjies van ‘n verkrampte klomp ou omies in die Uniegebou te gaan speel. Gelykheid is nie hier die “problem” nie, Dr Breytenbach. Die probleem is “Vryheid”. Elke mens het nou skielik die “Vryheid” om so gelyk te wees as wat hy of sy kan aan wie hy of sy wil…..en die resultate is half teleurstellend.

Henry ·

Die ‘Seders’ in ‘ou Suid Afrika’ het eerder meerderwaardige eksklusiwiteit as sg uitnemendheid nagestreef. Soos die geskiedenis bewys, was dit toe allie tyd ‘n volslae mislukking.
Vryheid en gelykheid is uiteindelik ook nie van veel betekenis nie.
Veral wanneer jy ‘n deel van die reuse meerderheid in ‘n land is, waar die staatsinkomste, grondbesit ens deur ‘n klein minderheid wat die steun van die massa geniet, beheer en onderverdeel.
Soos dit die afgelope 60 jaar in die res van Sub Sahara Afrika gebeur.

Loeis ·

Johann Marx, ek is bevrees jy is in ‘n groot mate reg. Voeg sommer by dat die pappies rugby probeer het voor hulle die weermag probeer het om van hul seuns mans te maak. Hulle het nie verstaan dat manlikheid eintlik ‘n persoonlikheidseienskap is, en niks met ‘n geskreeu en ‘n bal te make het nie. Alles was op die ou end deel van kinders se sosialisering in ‘n spesifieke denkwyse.

Wat jou opmerking oor “Vryheid” betref: wat beteken demokrasie as die mense onderdruk word? Dit is waar ons vandag is, deel agv van daardie einste sosialisering van denke.

Dirk Breytenbach ·

Geagte Johann

Dit lyk vir my of jy deur twee tonge praat, eers skryf jy die ou “omies” af deur hulle te stereo tipeer en dan neem jy aan “menige” pappas was trots om hul seuns na die weermag te stuur, niks kan verder van die waarheid wees nie, ek het meesal net bekommernis en lyding gesien want dit was nie vrywillig gedoen nie, omdat ons wetsgehoorsaam was moes ons dit of dit nou reg of verkeerd was. As ek nie rugby gepeel het toe ek jonk was nie beteken dit nie ek moet almal verguis wat wel die deursettings vermoe en die moed gehad het om daarvan ‘n sukses te maak nie. Voordat jy mense afskryf of tipeer as “verkramp” of “oud” kyk gerus na vandag se nuwe generasie politici wat vasklou aan verdwene ideologiee en uitgediende konsepte, is hulle nie ook “verkramp’, uitgedien en “oud” nie? Is Mnr Buthelezi en die President nie ook reeds “oud” en bejaard nie, of is jou doel eintlik om mense van ‘n sekere era uit te sonder as oud, agterlik en skelm? Jou kommentaar wek kommer en dra nie juis by tot ‘n sinvolle gespreek oor die onderwerp van gelykheid nie.

Leonard van der Dussen ·

Die opbou van skole, universiteite en ander opleidingsinstansies met akademiese verantwoordbaarheid is ‘n voorvereiste vir die voortbestaan van Suid-Afrika. Daar moet ‘n duidelike keuse gemaak word tussen sosialistiese onderwys wat primêr heropvoeding tot heil van ‘n kommunistiese gelykheidstaat as doel het, en ware onderwys wat wetenskaplik en akademies verantwoordbaar is juis om die christelike roeping te kan uitleef.

Die vloek van gelykheid is tans ‘n wêreldwye probleem. Vir diegene wat dit raaksien en – al verg dit geld, energie en opoffering, hulle kinders beter bekwaam, is dit ‘n geleentheid.

StopTheMadness ·

Kort en kragtig! Dit is sekerlik een van die mees insiggewende stukkies wat ek onlangs gelees het. Niks keer ons om mense “gelyk” te hanteer nie, met respek en menswaardigheid, of om gelyk voor die reg te wees nie maar die feit is, gelykheid bestaan nie. Dalk kan iemand vir ons n meer ontledende stuk hieroor skryf?

Johann Marx ·

StopTheMadness, gaan lees George Orwell se Animal Farm. Ons is almal gelyk, party is net meer gelyk as ander. Meer onteledend as dit kan jy nie kry nie…

Reinhardt ·

Fantastiese brief! Nou is ek sommer gemotiveerd om harder te werk! Laat my terugdink aand die waardes van my koshuis, Helshoogte: Broederskap, Respek, Uitnemendhuid en Trots!

Flippie ·

Ek twyfel of MM hierdie kommentaar sal plaas. Ek is mos gebrandmerk. Ma
ar in iedergeval ….

Die SA regering, die ANC en al die Afrika lande skoei hulle moraliteitsragwerk op die beginsels van “UBUNTU”. Ubuntu is ‘n gelykheidsbegrip of beginsel wat in Afrika ontwikkel is. Almal word absoluut gelyk geag. Lewens presteerders word nie werklik geag nie, maar dit word van presteerders verwag om “terug te keer aarde toe. Aanmoediging om te presteer word nie in die algemeen toegepas nie en daar word skeef opgekyk na presteerders.

Die gevolg is dus dat potensieële uitnemenheid onder groepsdruk onder druk word.

Hierdie “wonderlike” begrip, UBUNTU, is grootliks verantwoordelik vir die agterlike toestand waarin die meeste Afrika lande hulle tans bevind.

‘n Waardesisteenm wat op indivdualiteit en uitnemenheid geskoei is, sal Afrika op die regte pad van ontwikkeling plaas. Eers dit dan die ander planne.

Boerseun ·

Stem op gelykheid. Maar nou wat is die opposing? Van ons is nie geskok oor stand van saka nie. Dis net die begin. Daar gaan van die Afrikaaner nie veel oor bly in SA nie en ongelukkig gaan geen plan B of hoe grond stand punte nie ons lot red nie. Volkstaat mense, raak betrokke. Multikultuur state het/ en sal nooit werk nie want rasse en volke veskil. En afriform, academia sal net in Orania of Winhoek kan bestaan.

Henry ·

Met alle respek.
Orania is nie ‘n onafhanklike staat nie. Orania is steeds deel van hierdie droewe land en is oorgelaat aan die genade van watter regime ookal in Suid Afrika aan bewind mag wees.
Waarom sal die SWAPO bewind wat geesgenote van die ANC is, vir Afriforum en Akademia ter wille wees?
Plan B is steeds die mees haalbare/realistiese uitweg.

Dirk Breytenbach ·

Boerseun, maak asseblief seker van jou feite Akademia bestaan juis buit Orania.

Loeis ·

* Die nadeel van demokrasie is dat die massas heers, en in Suid-Afrika se geval is die massas nie op ‘n ideale opvoedingspeil nie. Die ANC kon in meer as 20 jaar nie daarin slaag om die massas op te hef nie, en hul beleid van swart bevoordeling en aanvalle op Afrikaans by universiteite lyk nogal na ‘n poging om gelykheid te bewerkstellig deur ons af te breek.
* Dr Breytenbach maak ‘n verkeerde anname dat die Afrikaner nooit sal heers nie. Dit kan gebeur, maar moet van grondvlak af opgebou word. Wanneer Afrikaanssprekende gemeenskappe (bv die Moot in Pretoria) hul mandaat by die stembus aan mense gee wie ten gunste van selfbeskikking is, kan so ‘n gemeenskap in die rigting van selfstandigheid werk. Dit sal egter veel meer as net dit kos, maar daardie selfstandigheid is ons grondwetlike reg, en kan bereik word.

Boerseun ·

Henry. As jy nie grond gebied het kan jy nie aanspraak maak om n staat te vorm nie. Die roep na Orania en Windhoek gaan oor gebiede waar daar nie baie mense is nie waar later op n staat aangedring kan word. As daar nie Afrikaner oor is om te betaal nie wie gaan dan die groot plan b uitvoer. Maar Hendry jy is welkom om eerder geld te spandeer om dieselfde pyp aanhoudend reg te maak en engels te praat. Sover doen julle uitstekende werk by die laaste Afrikaanse universiteite. Ma ons sininge verskil en tyd sal beslis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.