Drie argumente vir Afrikaners in ʼn krisis

Afrikaner

Argieffoto: Adéle Changuion

Deur Charl Oberholzer

  1. Jy mag aan jou eie kant wees

Dit is ʼn grondwetlike reg om vír jou taal, jou kultuur, jou opinies en jou geloof te wees. Menswaardigheid is selfs groter as slegs ʼn grondwetlike reg, dis ʼn hoeksteen van internasionale mensereg. Vir die voortbestaan van enige mens, moet hy behoudend wees oor sy taal, kultuur en geloof, selfs al is jy liberaal op enige ander gebied.

  1. Ras is nie gelykheid nie

Gelykheid is nie hoeveel mense van elke kleur in elke organisasie, instelling, kantoor of vriendegroep moet wees nie. Gelykheid is bloot wanneer almal ʼn gelyke geleentheid het om mee te ding vir skaars geleenthede en hulpbronne.

Die konsep van “verteenwoordiging” is ʼn valse maatstaf vir gelykheid. Dit is abnormaal vir enige instelling om die rassedemografie presies te verteenwoordig. Te veel faktore bepaal waar mense hulself bevind, soos persoonlike potensiaal, belangstelling, gesindheid, geld, agtergrond, waardes, etiek, ensovoorts.

Om voor te hou dat dit verkeerd is as meer Indiër-vroue entrepreneurs is as wit vroue, is absurd. Dit is onbehoorlike regulering van die samelewing.

Die doel moet eerder wees om meer ryk mense te skep en minder arme mense te hê. Welvaart moet geskep word, nie net verdeel word nie. Die probleem is nie dat daar so baie ryk mense is nie, maar wel dat daar soveel arm mense is.

Diversiteit is nie rasseteikens nie. Diversiteit in instellings beteken dat mense van verskillende agtergronde en verskillende idees saam moet meeding. Om instellings streng volgens rasteikens in te deel is apartheid.

  1. Dubbelle standaarde

Daar is geen rede waarom Afrikaners skaam hoef te wees om hul plek en regte in instellings op te eis nie. Van die bestaande 26 universiteite, gebruik net 2 (7%) Afrikaans as kommunikasietaal. Boonop is 100% van die klasse ook in Engels beskikbaar en daar is dus geen struikelblok tot “toegang” nie. UCT is 100% Engels, sowel as die Universiteit van KZN. Waarom is daar nie opstande teen daardie ongetransformeerde kampusse nie?

Hoe moet jy die aanslae op Afrikaners hanteer?

  1. Voer debat

Soek argumente waarmee jy saamstem en maak seker jy ken dit. Ideologiese verskille is onafwendbaar, maar idees word gestoomroller as die argument nie goed gevoer word nie, ongeag hoe eties jou opinie is.

  1. Moenie terugstaan nie

Om jou kop in die grond te druk vererger sake. Die EFF maak staat op volstruis-tegnieke. As jy in ʼn ideologiese stryd toegee, beteken dit nie dit word beëindig nie. Dit beteken jy het jou pion verloor en die aanval gaan voort tot al jou stukke van die tafel af is.

  1. Behou die morele gesagsposisie

Moenie rassisties wees nie, moenie haat kweek en net negatief wees nie. Weet wat aangaan maar moenie die negatiewe opblaas omdat dit nuuswaardig is nie (dit geld vir koerante ook). Om die waarheid te soek is om God se eer te soek. Maak seker jy weet wat die verskil is tussen die waarheid en koerantstories. Doen self ondersoek.

  1. Kry gemeenskaplike terrein

Geen konflik word opgelos sonder gemeenskaplike terrein nie, of dit nou geloof, welvaart, groei of respek is. Die realiteit is wel dat ektremiste nie op soek is na ʼn middelgrond nie, maar die doel van gemeenskaplike terrein moet altyd in die visier wees.

  • Charl Oberholzer is ʼn kommunikasie-spesialis, oud-studente aktivis en voomalige president van UP se studenteraad.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trolle ·

Baie goeie berig alles waar wat julle se onodig dat ons nou die skuld kry vir die geweld omdat ons graag wil afrikaans wees,wat is volgende?Ek wil nie n rassis wees nie baie goeie swart mense daarbuite maar sal daarvan hou as hulle ons n bietjie steun gee want ek sou dit vir hulle gedoen het as hulle in die minderheid was.Dit laat my wonder of hulle nie maar almal rassiste is nie.Een ding weet ek die buiteland haat Afrikaners so ek weet nie wat le voor vir ons nie.

Johannes Meintjes ·

Waardevolle berig. Dankie. Die blanke Afrikaner MOET leer om objektief en doelgerig saam te werk, ook ten spyt van onderlinge geskille, verskillende invalshoeke en verskillende benaderings. Daar is na mening nog vers te veel onverantwoordelike onvolwassenhede, onproduktiewe self-regverdiging of selfs pligsontduikende gedrag onder ons mense in hierdie kritiese tye.

Sakkie du Plooy ·

Die ideaal is natuurlik dat Afrikaners saamwerk. Dis baie moeilik om dit te laat gebeur. Maar as baie Afrikaners nog nie saamwerk nie is dit geen verskoning dat ons nie elkeen reeds begin WERK en bou aan ‘n beter SA vir ons en ons kinders nie.

Dan ·

En natuurlik vir jou eiendom wat hulle so graag wil konfeskeer.

Johan ·

Ek het die volgende in ‘n vorige kommentaar genoem, maar sal dit weer doen….. Ons Afrikanervolk het slapgatte geword. Ons kan net terugbaklei deur middel van selfoon “chats” en alle ander elektroniese hulpmiddels.
Die dapper onverskrokke murg het plek gemaak vir praat en nogmaals praat.
Ek baseer my opinie op die durf van Generaal Koos de la Rey….Man alleen honderde kilometers te perd gejaag om Afrikaners te gaan bystaan in nood…!!!!
Waar was ons in die week toe plaasboere aangeval was en Universiteite geplunder was……WAAR,,?????

John ·

Die situasie is tans totaal anders. Die getalle was destyds vergelykbaar. Daar is ‘n oorwig anderskleuriges in die land met ander sienings. Wat gaan dit help as ‘n klomp arm werklose stedelinge hulself gaan gooi voor die hek van ‘n boer wie se grond vervreemd gaan word? Die weermag sal met mag die mense verwyder en die boer en sy gesin agterop ‘n trok wegry na iewers(?). En wat kry ons: ‘n kiekie op die voorblad van ‘n koerant. Bravado is meestal rooi van kleur, dit loop soos bloed en ruik na bloed en dit stop sowat 6 vt onder die grond.

Sakkie du Plooy ·

Johan, ek deel jou misnoe. Waar was jy toe die universiteite geplunder is? As jy iewers in aksie was sou ons graag vorentoe saam met jou wil terugbaklei.

Trots Afrikaans ·

John, as ek mag wil ek graag voorstel dat daar meer tyd aan die bybel bestee word. Daag net op, God sal die res doen. Soos by Jerigo, soos by Dawid, soos by Bloedrivier en soveel ander kere….

Anonoom ·

Afrikaansmagtig

Solank afrikaanssprekendes
hulself afrikaners noem,
afrikaan as belediging beskou,
sal vrede verloor.

‘n Taal is ‘n “tool”,
nie ‘n identiteit nie.
Geen motivering tot stryd,
eerder medium te stry.

Plaas van mode beskerm,
dialoog bewerkstellig.
Aanpasbaarheid gevorm,
verdediging versmoor.

Weergalmende katedrale van
beton baat jou min.
Klanke in die harte van
die minste, behoud bevry.

Anonoom ·

‘n Taal kan nie brand nie,
so sinneloos is vrees.
Geen reddingsboei vir
uitgediendes, kan dit wees.

My taal bemagtig,
omgekeerd onmoontlik.

Jang ·

Die probleem het ontstaan toe die Boere Afrikaners geword het. Afrikaners is n beesras.
Dit was Boereoorloe nie ” Afrikaners Oorloe” nie, ens. Daar is ook wereldwyd van Boere gepraat nie Afrikaners nie.
Deur jouself “Afrikaner” te noem ontneem jy jouself van jou erfenis. As jy n Boer is, moet Afrikaners onder die “Joiners” val

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.