Eeue oue onderwysagterstand word Verwoerd se skuld

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoDeur John White

Die DA herinner deesdae aan die selfbewuste mens in ‘n groep vriende wat die hardste en meeste nonsens praat om te kompenseer vir ʼn gebrek aan selfvertroue.

Die DA is baie bewus van hul beeld as ʼn “wit” party wat, in die oë van baie onkundiges, apartheid wil terugbring. Daarom hul obsessie met “wit rassiste” soos Matthew Theunissen en  Penny Sparrow, wat hulle met alle mag wil laat vervolg en verneder (swart rassiste soos Ntokozo Qwabe hoef skynbaar nie vervolg te word nie) en nou ook Gavin Davis se onlangse weeklag oor Hendrik Verwoerd se argaïese Bantoe-onderwyskonsep.

Volgens Davis is die “wortel van onderwysongelykheid” vandag sonder twyfel dr. Hendrik Verwoerd se beleid van Bantoe-onderwys omdat dit “opvoedkundige geleenthede vir swart Suid-Afrikaners beperk het tot goedkoop ongeskoolde of semigeskoolde arbeiders”.

Om die ongegrondheid van Davis se stelling, ʼn herhaling van ʼn uitgeputte refrein uit die ANC se boeke van verontskuldiging, uit te wys, moet ons miskien ʼn voor-en-na prentjie skets – een soos wat Huisgenoot gereeld op hul voorblad plaas van mense se lywe.

ʼn “Voor”-prentjie van hoe brekkig swart onderwys eintlik voor Verwoerd se termyn was, is nodig om te verstaan hoekom die “na”-prentjie so onaantreklik lyk.

Terwyl die wêreld wiskunde en wetenskap onderrig het en daarmee brûe en geboue, wat vandag steeds staan, ontwerp en gebou het, het sub-Sahara Afrika niks gehad nie. Hier, op waarskynlik die onderontwikkeldste streek op die aarde, was in die grootste gedeeltes geen onderwys wat kon bydra tot die ontwikkeling van die wêreld nie en skamele sendingskole vir swart kinders, wat sporadies deur goedgesinde witmense opgerig is.

Dít is die swart onderwys, of eerder afwesigheid daaraan, wat dr. Hendrik Verwoerd geërf het.

In ʼn streek waarin daar geen formele onderwys was nie, het ʼn groep mense met ʼn ryk geskiedenis van onderwys vir hulself onderwysstrukture opgerig wat kon kersvashou by die wêreld. En omdat Verwoerd hierdie onderwys wou uitbrei – vir verstaanbare redes eers in eenvoudige vorm – tot swart gemeenskappe wat min of geen geskiedenis van formele onderwysontwikkeling gehad het tot op daardie stadium nie, word hy gekruisig vir die onderwysprobleem in Suid-Afrika vandag.

Davis sê ook “as jy ʼn arm swart kind is, het jy bykans nie ʼn kans om ʼn goeie opvoeding te kry in ʼn demokratiese Suid-Afrika nie”, met implikasie dat dit ook  ʼn nalatenskap van dr. Verwoerd se beleid is.

Kan mnr. Davis dalk vir ons ʼn ander land, enige ander land, in sub-Sahara Afrika uitwys (waar daar nie vandag ʼn koloniale skoolstelsel is nie) waar swart kinders wel ʼn “goeie opvoeding” kan kry wat beter is as in Suid-Afrika?

Trouens, die eerste sewe lande op UNESCO se lys vir swakste onderwysstelsels in die wêreld is vandag Afrikalande. Is dit ook Verwoerd se skuld, mnr. Davis, of eerder eeue-oue agterstand in die kontinent wat Suid-Afrika se onderwys ook vandag teister? Suid-Afrika is terloops nie by hierdie lys ingesluit nie.

Verwoerd het in 1954 reeds aangedui “swart kinders moet voorberei word vir die ekonomiese eise van Suid-Afrika”. Daarom, vir die eerste jaar van implementering van Bantoe-onderwys was die uitgawe vir Bantoe-onderwys daardie boekjaar R5,92 miljard (2016 waarde) – ʼn bedrag wat ʼn veel groter uitgawe per capita van die bevolking beteken het as vir enige ander Afrikaland se onderwys.

Die toejuiging uit ANC geledere wat mnr. Davis dalk geniet het toe hy Dinsdag beaam het Verwoerd se dood was “geen tragedie” nie (ek wonder wat Verwoerd se nasate, heel waarskynlik DA-ondersteuners, van dié verontmensliking gedink het), verander nie die feit dat dit nie Verwoerd of witmense se skuld is dat hierdie kontinent histories ʼn massiewe agterstand gehad het wat dit vir enige leier of party onmoontlik gemaak het om dit te kon inhaal nie.

Die ANC verbreed elke dag hierdie historiese agterstand. Dr. Ramphele het mos reeds gesê vandag se onderwys is swakker as wat Bantoe-onderwys ooit was. Dit mag dalk nie die swart stem so effektief werf soos u kommentaar van Dinsdag nie, maar fokus liewer daarop, mnr. Davis – anders sal “Verwoerd se nalatenskap” ons nog vir baie dekades teister.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Afrikaner ·

Hoe lank gaan die patetiese regering skuil agter apartheid, en agtergeblewenes, en alles wat die vorige regering se skuld is. Vanaf 1994 is hulle aan bewind. Swart onderwysers wat daardie tyd studeer het, hou al 18 jaar lank skool, en steeds is die swak onderwys die blanke se skuld!! Wanneer wil julle, julle gatte in rat kry en begin om julle werk te doen, en ophou skuil agter ‘n era wat 22 jaar reeds verby is??

Hendrik ·

Hulle gaan nooit hulle gatte in rat kry nie. Dit is te maklik met die wit mense wat rondskarrel om alles aan die gang te hou.

Loeis ·

Die regering ja, maar hierdie gaan oor die DA wat presies dieselfde deuntjie sing. Gaan jy vir hulle stem, Afrikaner?

Louis ·

Hierdie is nie die regering nie, lees met begrip die artikel gaan oor die DA…

Theresa ·

Have to say this in annadder tale, vor ol to anderstant. (joke!)
No joke: Why go back for all you find wrong. How many things can others go back and even take the present as example – for all wrong in our country.
It is a great pity when people hammer on continuously like a buckled record going nowhere, and blame all and everyone for things which has already changed. Normally, if people work together and not always take time and energy to look back and try and find another person(s) to blame for anything lacking in present times, two decades plus is more than enough time to get all for all (and I mean all) citizens in a more positive future setting. It will be a pleasant day, when people stop looking back and blame all shortcomings on others. It will be a pleasant day, when all citizens of SA can be safe, feel free (within excellent structure and fair rules), corruption free, sophisticated leaders lead the way and no one has to worry about being attacked at home, on a farm, at work, in the street, in a shop, etc. etc. etc. Build on the past – stop blaming. Rather see that you do not make the same mistakes (definitely at this point in time debatable!). Protect all law abiding citizens.
That is what is needed in a country which is falling apart because of people looking back and not at a righteous future for all citizens.

Barries ·

Baie goed geskrewe artikel.
Daar word beslis blind-oog na die witman gekyk. Asof hy nog nooit iets goeds gedoen het nie.

Annette ·

Ek was nie seker of ek weer vir die DA moet stem nie. Nou weet ek. NEE

Andre ·

Almal blaas rasissme aan en ek is oortuig inter-rassewantroue is nou erger as toe Verwoerd nog Eersteminister was.
Ek kan my nie indink dat ek meer vir die DA sal kan stem nie en as ek nie meer vir hul stem nie, sal my gesin ook nie. Dus 4 stemme nie meer nie en glo ek die DA het sy maksimum kieserstal bereik. Wat hulle nou ook al doen verloor hulle stemme so vinnig as wat hulle anderkant wen of dalk vinniger (vandag het prominente swart DA lede na die EFF oorgeloop volgens die nuus – was hulle ooit DA lede of het hulle net die “ticket” gery?)
Ek is ook nou oortuig dat demokrasie net kan werk in n homogene gemeenskap. Dus was dit nooit geskik vir SA waar die massa nie eens verstaan wat die doelwitte van demokrasie is nie en diktators dit (demokrasie en die onkunde) gebruik om aan bewind te kom en dit (demokrasie) dan ondermyn of net sommer afskaf (sonder protes van die onkundiges).
Daar is net twee oplossings vir enige trotse blanke wat nie lewenslank n slaaf hiervan wil wees nie: Issolasie of emmigrasie.

Loeis ·

Dit was ook die ANC wie geskreeu het “Liberation before education” terwyl hulle skole afgebrand het. Dit, terloops, kom ook uit die vorige era. Vanaf die ANC, wie nou vinger wys, en waarby die DA ingeval het.

m ·

DA waar val julle uit met Verwoerd. Julle begin nou die ANC copy met hulle gesaanlik oor Van Riebeeck en Verwoerd en wie ook al. Dis jaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaare terug se dinge daai so wil julle nie ma begin vorentoe kyk en die chaos in hierdie land begin oplos nie. Julle is ma net besig om mense verder uitmekaar te dryf. Hoe meer daar aan die verlede vasgeklou word hoe minder word daar uitgerig. Ja, daar was foute gemaak niemand ontken dit nie, maar magtag bou n brug en kom daaroor. Die ANC het meer chaos in die afgelope 20 jaar veroorsaak as enige iemand anders maar hulle wil dit nie erken nie en nou is dit maklik om die geskiedenis te blameer. DA j ulle is besig om stemme teen n tempo te verloor so moenie te verbaas wees as julle stemme bitter laag gaan wees in die verkiesing nie.

Kobus ·

A man that fears his future, always goes to look into his past, to find the reasons that will justify his failure tomorrow

Connie ·

Kyk, ek het al gewonder en gewonder maar nou weet ek. Die DA gaan my stem vir seker mis. Ek voel soos ‘n vreedling in die Republiek.

Hendrik ·

Deur te gaan stem word daar erkening gegee dat die huidge bestel ‘n demokrasie is. Daar is natuurlik wette wat die meerderheid beskerm teen die 9% minderheid en die grootste teiken is natuurlik die wit mans. As mans moet ons ons plig doen deur vir ons gesinne te sorg en dit is juis wat ons doen. Nou word daar wetgewing teen ons gestel wat reken ons doen ons plig te goed. Nou wat nou? Wat doen ons vorentoe in die toekoms?

Theuns ·

Daar is niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie! Daar was ‘n Joodse skrywer wat gese het “Om te weet waar jy heengaan moet jy weet waar jy vandaan kom” Waar die meeste witmense vandaan kom was dit baie baie beter as wat ons nou ondervind! Daar is egter ‘n groepie mense wat hulle by die “Esprit De Corps” van die DA en ANC tuisvoel al lyk die pad voorentoe glad nie rooskleurig nie. Nou word daar verwag dat ons skaamteloos die skaam -telose verval, korupsie en self veryking moet aanvaar as ‘n mooi storie. Ek kan maar net se “Fat Chance” Ek sal nie!!!!

chris ·

DA, julle is besig om al hoe meer stemme te verloor met julle ‘BIG GUNS” se belaglike uitlatings en , kom ons noem dit die “vervolging” van mede blanke Suid Afrikaners. Wonder vanwaar kom die Davis kêrel ? Engeland ????

Afrikaner ·

Loeis, ek is bewus oor wie die berig gaan, maar die DA is net so betrokke in die regering. Dit wys net weereens, binnekort moet ons as kiesers ‘n kruisie trek. Maar het ons regtig ‘n party wat onafhanklik sal veg vir die voortbestaan van ons land.En met land bedoel ek al die mense wat net ‘n land wil he waarop hulle trots kan wees, kinders wat kan skoolgaan, en boere wat kan produseer, sonder vrees. Al die huidige partye krap mekaar se rug, maar is daar regtig een wat ‘n verskil kan maak?

Louis ·

Dis wensdenkery om te glo enige politieke party kan Suid Afrika regeer in sy geheel.

Xa ·

DA transformeer om die swart stem te wen, en dis reg so want hulle is beter as die ANC, maar hulle moet ongelukkig noodwendig hul rug draai teen die witmens om vir swartmense meer aanvaarbaar te word. So laat die DA toe om swart te word, en die witmense moet nou aanbeweeg en vir ander partye stem, soos die VF wat nie skaam is om vir witmense se regte te veg nie.

Donovan ·

Ek wil net weet hoe lank gaan die politieke partye nog hulle kiesers gevange hou onder die heuk van Verwoerd… Verwoerd het vir julle n platvorm geword om julle twis en haat aan te blaas om kiessers te lok… julle is te arm aan eie inisiatief om n erfenis te bou vir ons land en al sy mense…

Lester ·

Ek is so gatvol vir die vinger wysery……..wysvinger vorentoe en al die ander terug na jouself!!

johann cb ·

Ek wil nou graag by die outeur weet wíé dan verantwoordelik is vir die afbrand van al die skole die afgelope tyd. Iets soos 27 skole? En wie en met wie se geld gaan die skole herbou word? Ek vra maar net!

DA = gekaapte anc front party... ·

Wat blankes ???????

Net wat dink jul doen of wat gaan die Da vir die blankes in Suid Afrika doen huh???

Dink jul regtig hul is die enigste hoop teen die eff en anc?? Miskien setel gewys is hul sterker ja maar wat help dit jy verkoop jou siel en waardes taal en kultuur in ruil vir n bestaansreg in Suid Afrika terwyl diesefde party agterliks jou regte alreeds vertrap en blindeliks hoop jy as blanke die Da gaan die regte ding vir jou doen?? Hul bewys hulself al soveel keer as n gekaapte party WAT NIE DIE BLANKE SE BELANGE OP HART DRA NIE, MY MAGTIG MAN! So hoekom vir hul stem? Ek verstaan nie? Wat dink die blanke nasie of volg hul nie die verwikkelinge nie?

Disselboom ·

Dit sal ‘n goeie antwoord op die ongevraagde bysleep van Verwoerd in die huidige onderwys wees om ‘n groot Afrikaanse privaatskool in Centurion (Verwoerdburg) op te rig.

Bernard Jacobs ·

Daar is nie veel verskil tussen dít wat die DA doen en sê en wat die anc doen en sê nie. Stem jy vir die DA stem jy maar net vir ‘n ander tak van die anc.

Lance ·

Ag so kry iemand anders altyd die skuld ….onderwys was nog altyd n hot steamy mess ….kry die onderwysers op standaard man ….hulle kan nie eers hulle eie vak se eksamen slaag en sorg dat hulle minste by die werk is en kinders onderrig gee …dis so n slapgat ingesteldheid …nou wonder almal hoekom slaag niemand …dit begin by n doelgerigte gedisiplineerde onderwyser wat sy vak ken

Koos ·

Daar is klaar groot getalle DA wat na VF oorloop. Vir die wat nie VF wil stem omdat hy te klein is het ek nuus. Daars bruin mense wat ook nou n vesting daar gaan soek. Dit gaan maak dat die VF in die munisipale verkiesing vele onbeslisde afdelings die aliansies beheer.
As die VF wil opgang maak, moet hul adv Alberts hoêr opskuif en meer spreekbeurt ge Mense soek n vurige leier, wat oral respek afdwing.

Jaco Snyman ·

Ek begin ook al meer dink die VF+ gaan maar my stem kry. Hard gehoop die DA is beter as die ANC. Hulle raak nou so desperaat om te regeer dat hulle morele waardes net soos die ANC by die deur uitgooi. Hoe groter hulle gaan raak hoe swakker kwaliteit leiers gaan na vore kom. Ek dink Afrikaner onafhanklikheid gaan op die lange duur die enigste opsie wees.

Veritas ·

Soos die spreekwoord sê, ‘Die adder wat jy aan jou bors vertroetel, gaan jou aan die hakskeen byt’. Of iets dergliks. Die Ingelse sê weer, ‘Better the devil you know than the one you don’t know’. Die ANC is ‘n beter roep, vir die Afrikaner, as die slinkse DA. Ons is vinnig om die ANC daarvan te beskuldig dat hy die oningeligte swart stem teiken, maar ons laat toe, dat die DA die oningelgte Afrikanerstem, vir eie gewin, kaap. Al verskil tussen dié twee partye is die naam.

Eckard Potgieter ·

Ja ‘n mens kan nie met sulke stellings soos hierdie van die DA saamstem nie, tog bly hulle die enigste wesentlike alternatief. Mense wat dink dat hulle stem vir die VF+ enigiets gaan tel leef in n droomwêreld.

John ·

Sedert 1994 is duisende swart ‘onderwysers’ sonder kwalifikasies aangestel en onderwyskolleges gesluit. Duisende wit onderwysers het pakkette ontvang. ‘n Paar miljoen swart kinders is sedert 1994 gebore en ‘n paar miljoen uitlanders het die land binnegekom. Onderwysposte word soos appels teen ‘n goeie prys op die straathoek verkoop en matrieksertifikate word vervals. Eksamenvraestelle word vooraf uitgedeel deur onderwysers wat min in die klas is, glo besig met dringende vergaderings. Handboeke daag nie op by skole nie of land op vreemde wyse in slote langs die pad. Skoolfondse word verduister en skole brand op geheimsinnige wyse af. LO en kadette word uitfaseer en meer tyd word gespandeer om leerders se punte te kook vir beter matriekuitslae as om die leerders self ordentlik te onderrig. Dis so lekker om iemand te blameer … so lekker. Om die saak/skuld reg te stel gaan die Afrikaanse skole nou ‘n ding of twee geleer word deur middel van die invoer van Engelse leerders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.