Lesersbrief: ‘Ek is nie meer lid van dié boekklub’

Boekklub 1

Die Boekklub (Foto: YouTube-skermskoot)

Anita Joubert van Waverley skryf:

Ek is nie eintlik ʼn gebruiker van sosiale media nie, maar vanoggend voel ek so ʼn klein bietjie soos Martin Luther, die Kerkhervormer, moes gevoel het toe hy 500 jaar gelede aan die keiser en die pous gesê het: “Hier staan ek, ek kan nie anders nie!”

Ek was ook een van die veel meer as ʼn miljoen mense wat op 22 April 2017 op my knieë in Bloemfontein gestaan het om ʼn lewende, almagtige, drie-enige God te smeek om Suid-Afrika van algehele ondergang te red. Ek is oortuig daarvan dat in hierdie land nog ten minste twee keer soveel mense is wat net so voel en daardie dag graag daar sou wees, maar dit nie kon doen nie. Hoe kan ons dan langer stilbly!

Ek het ook graag na die TV-reeks Die boekklub gekyk en dink nog steeds dat dit uitstekend geskryf is, met die beste van die beste akteurs in ons land. Aanvanklik het die hoofkarakter, Tom, se immorele lewenswyse my begin pla, maar ek het my gewete gesus met die gedagte dat baie van ons jongmense seker maar so leef en dat die skrywer net die samelewing uitbeeld. Die gay huwelik het ʼn mens maar verwerk omdat jy darem nie liefdeloos mag wees nie, hoewel die ooglopende ongemak waarmee die twee goeie akteurs Stian Bam en Arno Marais die rolle vertolk, eers vir my en my man lagwekkend was, maar my later begin hartseer maak het. Waarom is dit nodig om sulke uitstekende akteurs in sulke rolle in te forseer wat hulle duidelik nie wil vertolk nie?

Jana Cilliers se rol as waarsêer vertolk sy uitstekend, maar genoeg is genoeg. Om te moet sit en kyk hoe sy teekoppies lees en Tarot-kaarte gebruik om inligting te bekom, en om te dink dat ʼn hele dorpie se lewe en dood in die hande van ʼn towenaar se giere en grille is, druis so reg in teen dit wat ons as Christene glo en die Bybel ons leer, dat ons dit nie elke week kan sit en bekyk en niks daaroor sê nie. Dan huigel ons mos! My lewe op aarde en ook my ewige lewe is in die hande van ʼn liefdevolle hemelse Vader wat deur sy Seun, Jesus Christus, my vrygekoop het uit die mag van die duiwel, sonde en dood, en uit genade aan my die ewige lewe geskenk het.

Daarom sê ek nou: Nee dankie, kykNET en Louis Pretorius! Ek stel nie meer belang nie!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

127 Kommentare

JC ·

Dankie Anita, jy’s ‘n ster :)
Ons het genoeg gehad, en neem weer besit van ons geloof en waardes!
Hoera!

Zuretha Bierman ·

Hoekom moet Suid-Afrikaners net altyd die sleg sien…. die depressie hulplyn aan die einde vd program,…. help tans my vriendin…… dis die lewe…. gay…. waarseer,… Tom… skrik wakker!!! Beste program in jaaaare! Groete Doc!!!!!

Louise ·

Stem volkome saam. Geniet bietjie die lewe en hou op om ‘n regte “Afrikaner” te wees en orals fout te soek en te kritiseer!!!!!! Geniet die lewe…. Dis kort genoeg

Adrie Zeilinga ·

Dankie Anita dat jy op staan vir God en Sy gebod Ek voel net soos jy Waarom moet alles Los en Los bandig en snaaks wees Is dit regtig die lewe Wat God will he ons moet leef? As dit egter die norm is is Ons bitter ver van God en Sy gebod

Carina Pringle ·

Siestog om jou nou so op te werk oor ‘n storie. Nou maar onttrek jou maar van die Boekklub en gaan heen . Dan is daar meer vir ons. Nou wat gaan jy in daardie uur doen op n Dinsdagaand? Ah ek weet! Jy kan gaan navorsing doen oor die hedendaagse lewe. Dan sal jy uitvind dat die Boekklub n goeie weergawe van die alledaagse lewe is

Louis ·

Jana Cilliers (Anna) gebruik al teeblare en kaarte van die begin van die eerste reeks af, hoekom pla dit nou eers? Hierdie is by verre die beste afrikaanse reeks tans op televisie te sien en kry dit reg om elke emosie te roer. As ons as Christene moet wegkruip vir alles wat nie binne ons Bybelse raamwerk val nie gaan ons kluisenaars in ons eie kamers word, Ek sal die reeks aanhou geniet sonder om te veel in Anna se toorkuns in te lees en so ook nie toelaat dat die gay huwelik my siening oor hoe die huwelik moet wees, verander nie.

k ·

Ek stem so saam met jou – dit is sodra mens dieper dinge wil sien in n storie. Lief Lief Lief die Boekklub en sal dit aanhou kyk met kruie en tee en towenaars en guy huwelike en al….En Tom is n stunning karakter met baie issues waarmee jong mense daagliks sukkel….

Kluisenaar ·

Dan is ek liewers ‘n kluisenaar nou om eendag in die prag en praal van die Hemel te mag beweeg in God se teenwoordigheid.

(Boek)klubber ·

Ek stem 100% saam met jou, Louis. Op die ou end van die dag is Boekklub ‘n STORIE. Dis ‘n stukkie fiksie. Dis nie rerig nie. En ja, reekse word geskryf om reaksie uit te lok. En dis ook fine as jy nie saamstem met alles wat gebeur nie, maar dis juis dan wanneer die reeks sy doel bereik het – want jy as individu het gaan dink oor ware kwessies wat aangespreek word. Dis ook nie te sê wat die skrywer ingeskryf het, is wat hy glo is noodwendig reg nie. Sonder interessante karakters het jy boring stories wat glad nie die verbeelding of kritiese denke oor die samelewing aangryp nie. En op die ou end is die doel steeds om te entertain. En dit gaan nie oor óf jy dit kyk of nie, maar liewer ófons as Christene ons waardes hou, beter maak of verloor deur die proses wat die verskil maak (dis op die ou end ‘n doelbewuste keuse) – en nie die program self nie. Ons is in die wêreld gesit om ons lewe voluit te geniet, solank ons nie van die wêreld raak nie, wat ek nie glo die geval is as jy n program kyk waarmee jy nie noodwendig saamstem nie. Ons as Afrikaners is te lief vir ons comfort zones, want ek dink ons is bang ons stel onsself teleur as ons getoets word.

Mari ·

Nee Louis, verkeerd bly verkeerd en kan nie reggekyk word nie! Ek stem saam dat dit n vermorsing is van ons Afrikaanse talent! So onnodig! En aaklig om te verduur! Ek verkies ook ons land se Christelike waardes en het groot waardering vir bogenoemde skrywe! Daar ís hoop!

Eish ·

Watter hond is die sterkste? Die witte of die swart een?
Die een wat jy die meeste kos gee.
Ek is dankbaar dat mense nog die guts het om hul openlik uit te spreek teenoor die boosheid wat in ons keelgate afgedruk word.

boosheid vanself ·

Niemand forseer enige iets nie as jy nie van dit hou nie moenie dit kyk nie die enigste ware boosheid wat in keelgatte afgedruk word is dit wat jy self maak deur elke liewe ding te kritiseer van n geloof standpunt weereens simply put as jy nie daarvan hou nie kyk een van die ander honderd dstv kanale

Deloris ·

As mens nie van iets of n storie hou nie, moenie dit lees of kyk nie, daar is baie ander goed om na te kyk. Dis n storie en klaar. Almal van ons is nie dieselfde nie en smaak verskil, dis nie n sonde nie. Die Boekklub was en is nog die beste storie en beste akteurs. Dis ontspanning.

Rina ·

Die “Towenaar” is verpoonliking van die Doodsengel. In die eerste seisoen het Anna besoek met haar hartprobleme, oral gevolg, hy was mos in die hospitaal ook.

Linda Gloy ·

Daar stem ek saam. Hom gladi aangesien as n supermag nie. Plein di engel van dood. Puik storie puik akteurs net te kort man. As mens rrg di sleg in alles gaan soek mag ek ook nie werk nie want hoeveel keer se God ons moet ons beteul. Gelukkig weet my God eks n mens met o so so baie foute

Ernalize du Toit ·

Ek sien die mag van lewe en dood glad nie in die hande van die towenaar nie. Vir my is hy bloot ‘n simbool/metafoor vir die dood (let onder andere op sy kleredrag), hy is vir my amper die argetipiese “triekster” in hierdie verhaal. Ek dink Louis Pretorius het meesterlik hiermee omgegaan.

JJ ·

Onthou, dit bly net ‘n storie. En ja, nie almal se idee van n’ ‘christelike’ Afrikaner lewe nie. As jul uit jul kampies gaan uitkom dan sal julle sien dat hierdie ‘euwels’ reg om ons plaasvind en dít dan juis jou christelik plig is om dit aan te spreek. Die akteurs se rolle was puik vertolk en die storie skrywer het nie net oppervlakkig gekrap nie. By vêr re een van die beter Afrikaanse produksies nog

L ·

Dit is net ‘n storie. Die mense leef hul te veel in die storielyn. Al stem ek soms ook nie 100% saam nie kyk ek eerder na die Boekklub as na van die ander snert op tv

Jeanette ·

Ek was self ontstig oor die dollos gooi en kaarte in die reeks. Maar wat my beter laat voel het was die feit dat niks van haar waarseery haar enigsins gehelp het nie. Vir my wys dit die nutteloosheid vsn sulke gebruike en die feit dat SLEGS God weet wanneer ons tyd is. Hoop ander oningeligte mense sal ten minste dit daaruit kan sien. Dit help nie om jou na enige iets anders as Christus te wend nie.

Charmaine ·

Well done!!! Ek stem heeltemaal saam met die skrywer van die brief. Ons kan nie wil bid draai na God en nie die veranderinge doen nie. Ek self het baie plekke waar ek ook moet terug draai na God en begin dit doen. Dis soos die colour runs wat op sommige dorpe deur die kerke gereël word. Dit is ter ere van ‘n demoon se suster, maar hey, dis cool, kom ons doen dit. Nee, ek try eerder ook terug draai na God voor dit te laat is.

Amanda ·

Gelukkig is ek nie een van daai mense wat alles so ernstig opneem nie. Ek is realisties en verstaan dat dit net ‘n storie is.

Hannelie Schwartz ·

Die Boekklub is briljant. Dit is ordentlik geskryf en werklik iets om na te kyk.

Hester Maritz. ·

Ek kan nie wag vir Dinsdae aande om die Boekklub te kyk nie. Soos baie mense se……Dis n storie en n briljante een daarby. Bietjie van alles. Wat die towenaar betref, wie het “Meet Joe Black” al gekyk en dit nie geniet nie???? As jy nie daarvan hou nie , skakel dan oor na n ander kanaal. !!!!

Ben ·

Ek het 11 jaar gelede besluit ek het genoeg gehad van al die snert op TV en van my TV ontslae geraak. Dit het gevolg op 7de Laan se gedurige geknoei en gelieg. Ek het vir myself gesê dat almal skuil agter “dis nou maar die lewe” maar dit is nie die lewe wat ek van deel wil wees nie. Die een iets wat ons almal het is keuses. Sonder om op detail hierbo in te gaan, want ek kan nie regtig ‘n mening uitspreek nie, kan ek net sê dat ek eerstens niks gemis het nie. Dat ek tweedens my tyd baie beter gebruik het deur aandag en tyd aan my kosbare kinders en kleinkinders te spandeer. Derdens het ek baie geld bespaar en dit aangewend om my kleinkinders te help om met kreatiewe stokperdjies vorendag te kom. Iemand het by geleentheid gesê ons kies dat die riool van die wêreld in ons sitkamers uitspoel. Ek het besluit dat ek nie riool in my lewe wil hê nie. Die lewe bied meer as dit.

Francois Wolfaardt ·

Seker een van die beste Afrikaanse stories waarna mens op die oomblik op TV kan kyk met top mense in al die verskillende rolle. My hoogtepunt van die week. N baie goeie ander keuse is die storie in Vetkoek Paleis se plek Maandagaand as jy sterk polse of stomp messe het. Dit wat ons elke dag om ons ervaar en beleef speel in die storie af as jy dalk met toe oë deur die lewe loop. Ek sê nie dis reg nie nie , maar jy sal n keuse moet maak tussen die storie en die lewe , of dalk n ander planeet , want die Bybel , die kerk en God is aan weerskante betrokke.

Helene ·

Wat my die meeste hinder in Boekklub is dat Tom (as my “gaydar” my nie in die steek laat nie), ooglopend gay is en daarom nie ‘n goeie keuse as hoofkarakter was nie. (Ek het baie gay vriende en familielede met wie ek baie goed oor die weg kom)Maar ek hou so baie van al die ander elemente van Boekklub. Veral die tegniese kwaliteit van die produk. Ons kan werklik trots voel op ons Suid-Afrikaanse filmmakers. Ons is reg as uitvoerproduk na enige plek op aarde.

Gideon ·

Goeie genugtig. Moet als met geloof vergelyk word ? As ek dus peper in my kos gooi moet ek eers my beginsels raadpleeg ? As ek petrol ingooi dalk ? A nee a…..Afrikaner Christelikheid is so verkramp op meeste tye dat dit mens versmoor. Ek is seker die Vader sou nie wou het dat mens nou alles eers deur n “Christelike” sif gooi om te kyk wat oorbly nie en dit dan so geniet nie. Dit is n storie en dis dit….bevraagteken mens dan die talent wat God die skrywer gegee het ? daar is seker nou fout met Liewe Heksie en Knerses ook. Ondersoek en behou die goeie. Baie stories soos hierdie bedkryf vandag se lewe soos dit is. Dit help nie ons skram weg nie. Toegegee dat die karakters jou nie altyd geval nie maar dit is die storielyn. Jy kry dit in gedigte en oral. Selfs in musiek. Wees eerder bly dat daar nog sulke kwaliteit afrikaanse stories is.

Annie ·

Gideon, jy slaan die spyker so mooi op die kop! Ek kon dit nie beter sê nie!

ingrid ·

Hmm…wat seg die bybel? Wat moet ons bedink? Waaraan moet ons nie gelykvormig wees nie? …alles wat waar, edel, regverdig en rein is, dit moet ons bedink….. maar ja, die moderne Christene gee mos nie om nie…..als wat God bedroef en teen Sy grein gaan, dit hemel ons op en hang dit aan….Ek wil Hom liewers behaag as mense…after all, HY besluit waar ek die ewigheid gaan spandeer!…en ja…gooi maar deur die “christelike sif”…

Hanlie ·

Ek stem volkome saam met Gideon . Jammer vir al die mense wat nie die diepte en begrip het om met deernis na die andersheid van die mens te kyk , te ervaar en verstaan nie . Dat hulle geloof so wankelrig is en hulle selfbeeld so laag is dat hulle waardes sommer net so by die agter deur uitgegooi gaan word. Of ons dit nou so wil he of nie, die karakters in die storie is elke dag om ons in ons eie lewe en as Godsdiens nou hier betrokke moet raak – onthou tog net die Bybel se, moenie oordeel nie .

alletta Strydom ·

dis net n storie… ek neem niks wat op TV
gewys word ernstig op nie. ek glo nie in teekoppie lesery nie….maar ek volg niks slaafs na die. Ek dink Boekklub is n baie goeie reeks…..

Arina ·

Anita, jy is reg! O griet, en ek kyk so lekker Boekklub. Ek is vasgevang in die menslike intriges en al die goed wat jy noem pla my, maar ek kyk bo-oor dit. Miskien omdat ek dink dis fiksie en nie regtig nie? Maar helaas. Jy is reg. Ek sal ook moet ophou kyk.

Jofanie Blaauw ·

Ek stem heelhartig met d briefskrywer saam. Ons het ook d eerste reeks gekyk, en als wat haar gepla het, het ons ook afgestoot. Deesdae is alle media so deurspek van okkulte en valshede, as jy als moet vermy gaan jy niks meer kan kyk of geniet ni. So mens leer maar om tussen di lyne en sondes te kyk.
Met die aanvang van d nuwe reeks het ons opgewonde gereed gesit toe d eerste episode begin draai. Ons was egter so afgesit oor als wat weer in ons kele afgedruk is dat ons aan die einde daarvan besluit het om ni d tweede reeks te kyk ni. Alhoewel die skrywers v hedendaagse reekse uitstekend is en die akteurs briljant, is d boodskap van reekse soos Boekklub en bv Vlug en Terug na Egipte afbrekend teenoor die huwelik, morele waardes en geestelike waarhede. Ons sidder om te sien wat in die 2de reeks van Sarah se geheim gaan gebeur…
Vir my gaan sondes nie soseer oor reg en verkeerd nie, maar oor God se hart wat gebreek word. As ek in ‘n liefdesverhouding met Hom staan en aanhoudend dinge doen en boodskappe verduur wat Hom seermaak. As ek Sy hart oor en oor breek, wat sal van ons verhouding oorbly? Die beginsels van Psalm 1 geld hier sonder twyfel.
Ons kan nie bid en God vra om ons land te herstel as ons nie teen dit wat verkeerd en skadelik is opstaan en dit hard en duidelik verwerp nie! Sela.

Annette Goss ·

Ek en my man LOVE Boekklub wow wow wow wens hulle wil dit elkedag uitsaai fantastiese akteurs en fyn humor sal altyd daarna kyk

humor ·

Ben jy het hom nou reg gese. Ek besoedel ook nie my siel met sulke drek nie. n Mens se spige word op die langtermyn daarmee beinvloed . Hou jou eerder met die mooie en skone besig en bou so aan jouself en andere rodom jou.

Marius ·

Beste Afr.program op die oomblik. Hou op om kleinlik te wees en altyd na iets te soek wat daar nie is nie. Akteurs en storielyn fantasties. Humor fyn en baie goed.

Dean ·

Jammer en pateties dat dit “die beste” is wat ons het. Dankie vir die terugvoer

Francie ·

Ja nee, so stil-stil bring goeie akteurs en redelike tipe van storielyne verkeerde beginsels by ons voordeure in.

Maretha ·

Ek is gek oor die boekklub, dis die enigste storie wat ek nog volg op tv maar ek stem saam met die Anita wat die brief geskryf het. Die dinge gaan teen wat ek glo en laat my ongemaklik voel as ek die scenes kyk waarin die dinge ( beide van Anna en die gay-paartjie) afspeel en dis hartseer want dis die beste afrikaanse drama wat tans op tv is met uitstekende regie en akteurs. Verstaan net nie hoekom amper alle nuwe dramas en verhoogstukke skielik homoseksuele verhoudings in die storie moet in skryf nie.
Ons moet onthou dat ons as christene is in die wêreld ja, maar ons is nie van die wêreld nie en ons hoef nie saam te gaan met alles omdat dit rondom ons gebeur nie daarom sê ek dankie Anita dat jy opstaan vir christene.

Gert ·

Anita. Dan moet ek derhalwe aanneem dat daar bitter min flieks of tv programme is wat jy kyk, behalwe kerk dienste. Dit is n storie, nes Rooikappie, Gone withe the Wind, en al die ander. As jy net ware lewe wil sien bepaal jou by dokumentere programme

ingrid ·

Hmm…wat seg die bybel? Ons moet dinge bedink wat waar, exel, regverdig en rein is…need l say more?

Corlia ·

Hierdie storie is vir my so mooi geskryf en elke keer as ek dit kyk bly daar ietsie agter en dan dink ek daaroor.
Dit is een van die beste reekse wat ek nog gekyk het.
Dit is baie figuurlik geskryf en nie platvloers nie.
Sommige sê dinge het my terug gevat na my kinderdae en my sommer ‘n knop in my keel laat kry.
Nee ek stem nie saam nie.

A ·

Liewe Anita, baie dankie vir jou guts. Ek is so bang deesdae. Ek dink partykeer ek gaan vergaan van vrees vir my volk en sy mense. Ons lippe sê ons glo maar ons lewens wys anders. Ons praat sonde goed onder die dekmantel van liefde.

Ek het nog nooit die program gekyk nie. Ek het nie eens DSTV nie, maar as ek om my kyk en sien hoe verval die jeug in sonde en dan is dit ok want die Here vergewe en is liefde ens ens.

My Bybel sê ook baie duidelik dat God ‘n jaloerse God is en dat Hy nie gekom het om die wet ongeldig te maak nie. Alhoewel Jesus vir ons sonde gesterf het, moet ons steeds probeer om sonder sonde te lewe en volgens Sy wil te lewe.

Ek bid.

humor ·

So om en by 3 weke gelede bevind ek my in n sitkamer van ander waar daar na Binnelanders gekyk word. Daar is n toneel waar n vrou n ander vrou koelbloedig vermoor. n Grusame toneel waar die vrou met n reuse mes dood gesteek word. Daar was nie suinig met bloed gewerk nie. Was dit nou wragtig nodig. Daagliks beleef ons in hierdie land gru moorde onder ons eie mense. By sekere mense wat in rou verkeer moes dit sekerlik herinnering op gewek het. Ek reken die skrywer en die hele sepie was geheel en al gevoelloos. Nou is daar seker andere wat weer sal se ag dit is eie aan die lewe. Nee dankie as ek in n buurt woon waar sulke tonele hom daagliks afspeel dan sal ek beslis my huis verkoop en n plek met hoe morelewaardes soek. Hoekom moet ek as christen na n sepie kyk waar die 10 gebooie deurlopend geminag word. Al sensasie wat die sepies bied is dat daar van begin tot einde rusie en ontsporing is.

Theo ·

Dit was regtig baie lekker om te lees hoe mense gal braak en die beste is dat hulle self afgode aanbid……

Na 22 April se uitstappie om vir Oom Angus te gaan kuier het niks opgelewer nie……

Dit is “business as usual” vanaf die 23e April….

Kepler ·

Eerlikwaar is dit vir my ‘n belaglike brief. Dis mos net ‘n storie. Ek gaan glad nie nou begin teeblare lees, dollos gooi of gay word net omdat ek ‘n storie kyk nie. Dis jou eie probleem as jy ‘n storie so ernstig opneem.
En dit maak my verseker nie minder ‘n Christen net omdat ek ‘n storie kyk nie.
Maar ja, elkeen het seker maar sy eie opinie!!! en daaraan kan mens niks doen nie.

Machiel ·

Ek stem 100% saam met die rubriek. Dis soos daardie nuwe siek storie op DSTV mer die naam Lucifer. Mense raak afgestomp en die media maak van die duiwel ‘n “Hero”. Geen wonder ons wêreld is so in sy maai in nie.

Lourina ·

Love “Die Boekklub” goeie storie en behou my Christelike waardes terselfde tyd.

Antoinette de Greeff ·

Gelukkig verskil smaak en het die mens insig gekry om te kyk wat hulle wil. Niemand dwing iemand om iets te kyk nie. Om n mening uit te spreek is ook reg. Ek geniet Die Boekklub.

Koos Kombuisie ·

mens wil amper se ag shame . die lewe is nie net mooi nie en ek woon in n klein dorpie waar daar baie van dieselle goed en erger gebeur en ek oorleef … leef en laat leef nie almal kan en wil soos die briefskrywer dink en leef nie. Boekklub is n puik storie let wel dis fiksie

Petra ·

Nee regtig…..as jy nie daarvan hou nie, moet dit nie kyk nie. Ons is mal oor Die Boekklub en mis dit vir niks.

Ruaan ·

Ek lees nou die brief en deur die kommentaar. Baie van die terugvoer se dat hulle Christene is. Alhoewel dit nie reg is vir twee mans om te trou nie of om terot kaarte te lees nie, wie gee julle mense die reg om te veroordeel. Se die bybel dan nie jy mag nie ander veroordeel nie. As julle so gou mense veroordeel is julle self skuldig. Ek stel voor julle wat veroordeel moet op julle kniee gaan en onvergifnis vra. Dis n storie als wat in die storie lyn gebeur gebeur daagliks regoor die wereld.

Adam ·

Dis nie oordeel om ‘n waarheid uit te wys nie. Om te moor is verkeerd, dis ‘n feit. As ek dit uitwys oordeel ek nie.

Om iets aan die waarheid van die Woord te meet en dit as sulks uit te wys is nie oordeel nie.
1 Korintiërs 6:9-11 (nie ek nie) stel baie duidelik wie nie die Koninkryk sal sien nie. As ek dit uitwys is dit nie oordeel nie, hoekom moet ek dan op my kniee val en om vergifnis vra?

Sien ook Lev 19:31.

Rupert Ashford ·

Die Bybel se ook ons moet alles aan die Woord meet en uitwys wat verkeerd is. Hierdie storie van “net liefhe en mag nie oordeel nie” is ook ‘n klomp snert. Dit is hoekom ons moet sout en lig wees. Daardie storie van “moenie oordeel nie…” is ‘n waarskuwing van die Here Jesus dat ons nie moet huigel en in die openbaar dinge veroordeel terwyl ons dit self agter die deur doen nie, want Hy se tereg dat ons ook getoets sal word. Maar foute uitwys – dit is die Kerk en die Christene se werk. As ons dit nie doen nie en dinge maar net laat begaan word ons gelykvormig aan hierdie wereld en daaroor word ons ook gewaarsku – “dat ek julle uit my mond sal uitspoeg”.

Adam ·

Die Boekklub is ‘n baie goeie storie en sou uitstekende gesinsvermaak gewees het sonder die geforseerde homoseksuele “huwelik”.

Danielle ·

Dis miskien nie jou lewenswyse n8e, maar homoseksualiteit bestaan. En hulle wil almal ook graag interessante TV kyk. Ek seker die gay gemeenskap gril vir ons gewone ou couples nes “hulle” gril vir die gays. Gun tog maar elkeen hul plekkie in die son. Elke liewe mens op aarde soek net iemand om by aanklank te vind.

Juani ·

Dalk moet mense hulle minder steur aan wat hulle pla op tv of in tydskrifte en daai tyd vat om iets goeds te doen vir hulle medemens.Die liewe Vader gaan nie ons land verbeter nie, dis ons elkeen se plig om iets goeds te doen in die land.

So volgende keer as iets op tv of in die media die Christene in ons land pla, gaan asb. by die voordeur uit en tel bietjie straatrommel op of gaan bied jou tyd by ‘n sopkombuis aan of gaan lees stories vir weeskinders.So sal daar minder gekla word en ons land sal stukkie vir stukkie verbeter.

Anet ·

Dankie tog nou is ons ontslae van al die huigelaars wat lekker woon in hul glashuise, nou kan ons die Boekklub geniet sonder julle. Kanselleer sommer julle Dstv wat daar is erger dinge om na te kyk ad Boekklub.

Anne-Marie Van Niekerk ·

Ek stem volmondig saam!
Die eerste reeks was puik, maar nie hierdie een nie. Inteendeel, SWAK

Natasha oosthuizen ·

Sjoe dit was nou n mond vol…. as jy nie van n program hou nie BLAAI AAN..

Anonieme Christen ·

Ek vind al die reaksies baie interessant. Dis mooi as mense hul geloof so voluit uitleef dat hul selfs aanstoot kan vind by Fiksie. Tog wonder ek waar was daai selfde afgryse toe ons Volk En ons Geloof mense vermoor het oor ons politieke ideologie. Geen byeenkoms in Bloemfontein 40 jaar gelede nie, maar dis seker want wat ons toe gedoen het was nie aangehits deur die Duiwel nie. Apartheid was God se wil..ne? En hoeveel van julle word nou kwaad oor ek Apartheid se? Is dit nie waar nie? Is God nie n God van liefde nie? Maar Gays is euwel, en swart mense is mos nie dieselfde as ons nie…Na al die verskriklike goed was ons as nasie gedoen het wil jul nou skielik gewetens besware hê oor iets so simpel soos n Televisie program? En ons land is in n krisis, mense maak mekaar seer en lieg en bedrieg, maar gelukkig kan ons die swart mense daarvoor blameer. Ons dra geen skuld aan die huidige situasie nie. Ons betaal dan belasting en ons kerm in koerante en stem vir die DA of die VF en bid in Bloem, en belangrikste van alles, ons trek n streep in die sand oor n Tv program. Christenskap is nie n stel eng reëls nie, dis n leefstyl, God oordeel jou aan wat in jou hart is, nie aan watter “reëls” jy dink jou in die Hemel gaan kry nie.

Director Krennic ·

Uitstekend gestel. Sit haar op haar plek. ‘n Program oor ‘n plat aarde sal seker haar goedkeuring wegdra.

Tarina Marais ·

‘n Storie wat ek graag volg… die skrywer wat jou neem tot op die grens van “dit is nou te vêr” of “Ditsem! dit is mos hoe jy ‘n luidrugtige mens moet aanspreek” tot “oukei… watse tipe kind gaan nou aangeneem word en gaan dit ‘n rassekwessie word…” Ek moet sê. Die Boekklub kom verander beslis nie my Christelike uitkyk nie, maar laat my eerder verwonderd oor die tipe karakters wat daar dalk in ons samelewing skuil. Dit laat my wêreld rooskleurig lyk en my vrae, onbenullig. Interressant voorwaar, interressamt….

Flippie van der Merwe ·

Ek dink dis ‘n briljante storie. Die ou in swart het perfek gepas nadat hulle vir ons gewys het hulle lees die week Terry Pratchett.
Teekoppies en Tarot kaarte is net ontstellend vir mense wat daar in glo, en ek dink nie enige Afrikaner glo regtig aan sulke gemors nie. (Of ek het so gedink :-)
ps, Die omsigtigheid waarmee hulle die swart hond aanpak het my hoendervleis gegee..
Groete.
Flippie

Heidi Jacobs ·

Dis ñ briljante storie met dieper betekenis. Dis mense mense wat oral om ons is. Mense met wie jy op ñ daaglikse bases te doen het. Jy staar jou vas in die werklikheid van menswees. Niemand is sonder sonde nie. Dis heel eenvoudig……as jy nie van die storie hou nie, moet dit dan nie kyk nie.! Ek geniet elke episode en wens hy kan soos 7deLaan elke dag wys.

Anntjie ·

As n mens nie na “Die Boekklub” kan kyk nie, sit jou TV af en bly liewer tuis. Mense wat ander so oordeel moet liefs nie na Christenskap verwys nie. Dit gee die ideologie net nog n slegter naam. Dit is n oulike storie met interessante karakters. Daar is baie baie erger goed op TV. Veral as jy die nuus kyk.

Anders ·

So is ons almal geregtig op ‘n opinie. God het ons elkeen uniek gemaak. Dankie tog daarvoor, anders was hierdie wrede wereld baie leliker en kleurloos as ons almal dieselfde was. So kom kleur ons elkeen hierdie donker in met helder kleure van denke, doen en verskillend wees.
Ek persoonlik is mal oor boekklub.
Die dorpie en sy mense is soos ‘n reenboog na ‘n donderstorm.
Kyk hoe help speudertjie vir dingetjie met haar depressie, met sy hakkel en al.
Die mense is almal vriende daar met mekaar en is lief vir mekaar.
Hulle kan hoe baklei, maar op die ou einde bly hulle lief vir mekaar.
In moeilike en hartseer tye staan hulle mekaar by.
Hoeveel ouer en kind verhoudings kan ons vereenselwig met die moeilike plaas tannie en haar dr dogter
Daar word kinders aangeneem en dasr word in kinders geglo en aangespoor
Agh nee hoekom dan altyd die lelik uit iets haal wat baie meer mooier en positiewe goed het.
Boekklub is ‘n pragtige storie
En ja ek is ‘n Jesus kind

Boekklubber ·

Soos die Engelse dit stel…”Each to his own”. Die towenaar is die verpersoonliking van die Doodsengel en Anna is, wel Anna van die begin af…hoekom pla dit nou eers? Ek is 33 en wil graag op ‘n Karoo dorpie gaan bly met net een stofstraat en die liefde ervaar van die gemeenskap soos Herman en Altus dit ervaar… sonder voor-oordele en verskillende klasse mense. Daar is almal, almal se familie, of jy vyand of vriend is. Nee wat Anita, bly jy maar in jou huisie in Waverley ek trek Merweville toe!

Marietjie Strydom ·

Ai tog…..dis ‘n STORIE. Ek neem aan die wat so kla het seker ook nie na Liewe Heksie gekyk nie? Ek geniet hierdie storie en mis dit vir niks.

Naakter as ooit ·

Bedrieglik, belaglik, verstootlik, skynheilig, op jul perdjies, afgewater. so vermink ons mekaar met met ons woorde. Ons misbruik die Woord van GOD tot ons eie voordeel. Anita voel moontlik skuldig om God te loof en terselfdertyd haarself te verdiep in die briljante spel en skrywerk van die Boekklub. Ons voel skuldig en probeer ons eie skuldgevoel bedek met mooi woorde en maskers. Elkeen van ons weet waarom die boekklub vir ons so aangrypend is en ons terselfdertyd aanspreek in ons Gees oor die toordery. Dalk wil die skrywer en akteurs heuning drup oor die gapende oop wonde van die wêreld waarin ons leef, verseker en onmiskenbaar teen ons Christen waardes. Vergeet van jou opinie en jou seksualiteit. Hou op probeer om iets of iemand te beskerm. Vraag is,:wie is jy as niemand kyk nie. Boekklub ontbloot ons geraamtes, dit maak ons bang en vry… ek voel ook skuldig oor die toordery en waardes, maar diep binne weet ek wie ek is. En Dalk help die boekklub so bq om by die naakte waarheid uit te kom en heel moontlik is Anita reg.

Margie ·

Genade dis net ñ storie…wat is dit met mense wat so kerm en kla oor sulke onbenullige goed. Dis uitstekend geskryf en elke akteur speel hul rolle briljant. As jy nie daarvan hou nie kyk dan na iets anders. Dis net ñ storie mense…NET Ñ STORIE!!!

Johann ·

Ek is Gay. 4 jaar verloof. Die Boekklub is UITSTEKEND!! Die wat wil moun verander jou kanaal na Days of our Lives en moun oor dit!!! Die Boekklub wys wat in die lewe gebeur, dis realisties. Ek hoop daar gasn n seisoen 3 ook wees! En die tannie met haar koppie, ek vrek oor haar!

S onja ·

Ons as gesin en groter familie kring is gek oor Boekklub, ons huil saam, lag saam, ons besin elke aand opnuut oor waar ons staan. Die intriges bespreek ons in detail met ons tiener dogter en ons reeds jong getroude kinders. Dit maak gesprekke oop oor die lewe, oor wat ons glo, oor ons ingesteldheid teenoor ander, en helaas dit bring ons terug na waar ons staan ook in ons verhouding tot ons Skepper, en wat vir ons aanvaarbaar is en nie. Dit is fantasties, dit spreek elke aand ‘n lewenskwessies aan. Ons het ryker mense geword, ons het meer empatie/simpatie gekry vir die rand figure in ons samelewing, ons het ons seëninge met nuwe ywer begin tel, en ons praat, oor issues wat ons nooit as gesin sou gedink het om oor te praat nie. Ek is so dankbaar dat ek daar kan wees om saam met my jong kinders deur die issues te worstel, in plaas daarvan dat hulle dit met die verkeerde persone bespreek. Ek was verbaas dat selfs my 15 jarige weet dat baie van die situasies beeldspraak is, en dat die towenaar net simbolies is, saam het ons gekies om die belangrikste les van die episode te onthou nl. dat die dood is net ‘n asemteug ver, en ons moet elke dag voluit lewe want ons weet nooit wanneer is dit ons tyd nie! Boekklub bo – ons is ingelig, ons leef – ons is in die wereld maar nie van die wereld nie!

Nee ·

Nee, ek gaan niks se nie. Ek wou gal braak oor hoe verkrampt ons geraak het en toe onthou ek die teen argument hoe ons gebreinspoel word.
Ons groot probleem is hoe ons die lewe benader en sterk ons eie oortygings is. Meeste van die klaers laat die gay karakters uit, wat eintlik die grootste dwarssteek is. Al die bybelversies enssovoort om net ons verkramptheid te bewys en te bevestig. Kyk iets anders, jou gekerm oor iets waarvan jy nie hou nie sal net nog klaagliedere op bring en ander mense verder laat wonder oor die uiterste konservatisme wat opkom om almal wat nie glo aan jou oortygings. Ja, kom ons met die bybel by.
Eintlik wou eintlik niks se.

Dawn Viljoen ·

Boekklub se skrywer het die ‘guts ‘ om ware realiteit te openbaar in die draaiboek. Dankie….geniet elke oomblik en leef my in elke karakter…puik toneel spel…briljante storielyn.

Doekvoet ·

Blyk Boekklub se skrywer het dan net selektiewe realiteit-guts

Waarom nie die hele spektrum van ander realiteite ook in die familievermaak-storie inwerk waarmee ons daagliks konfronteer word nie?

Plaasmoorde.
Kinderverkragtings
Regstellende aksie
Xenefobie met ‘n Halssnoer-moord of twee
VIGS (ek’t ‘n karakter voorstel hier)
Korrupsie
Geweldadige protes
Geen dienstelewering nie.
ens. ens. ens.

My opinie ·

Sjoe, so baie kommentaar! Maar ek moet saam stem met die briefskrywer. Het al aan begin van 1ste reeks gekies om eerder nie te kyk nie. Toe, met aan vang van 2e reeks het al wat n geselsprogram op tv is, só tekere gegaan oor die nuwe reeks, dat ek besluit het om dit n kans te gee. Wat n teleurstelling! Akteurs is briljant, maar die storielyn druis lynreg in teen my beginsels. Nee wat, daar is beter dinge om my mee besig te hou!

doreen visser ·

Die skrywer van die brief moet regtig haar komentaar vir haar self hou,kla altyd oor als,dis n storielyn,moenie kyk nie jul kyk dan het jul iets slegs t se!!!!dis n puik storie,jy moet regtig groot word dis mense sois jul wat afrikaans n knou gee kla altyd,die skrywer van die boek klub dankue aan jou vir n puik storie ouma kla is net jaloers

Brendon ·

Ag my aarde. Hier steek die afrikaner agterlikheid al weer sy kop uit. Ons is darem nou maar eenmal n bekrompe ou spulletjie.

Ruby ·

Brendon, agterlikheid en ‘n waardestelsel verskil hemelsbreed van mekaar.

Anita, bly vas staan in jou besluit. Ek haal my hoed af vir jou om op te staan en te erken wie en wat ons God is. Jy gaan uitgekryt word maar gebruik die klippe om hoër op te staan.

Willem ·

Anita, jy is doodeenvoudig reg.
Dis ook so dat elke mens kies. Jy kies God of jy’s Sy vyand. Daar is nie ‘n middeweg nie.
So kies elkeen maar….en leef en sterf met die gevolge.

A. Mac ·

Ek kyk die Boekklub. Dit kan nie erger as baie ander programme op tv wees nie. En dit kan ook nie belagliker as Parlement Parlement of Skewe pot of talle van die ander programme wees nie. Kyk wat jou gelukkig maak, maar laat ander toe om te kyk wat hulle gelukkig maak. As jy nou regtig wil weet wat my die kanaal laat verander is dit om oor die kleurgrens heen te soen en bed. Dit staan my nie aan nie maar ek skryf nou nie briewe aan almal en wys elke fout in die storie uit nie, ek verander net die kaneel en weet volgende keer om dit te vermy. En terwyl die dame nou so gal braak oor die Boekklub, kan ek seker maar gal braak oor al die kookprogramme. So, elkeen het sy voorkeur en al sê wie ook wat, kyk sal ons kyk of maar iets anders soek om te kyk.

Danielle ·

Miskien verstaan ek die Bybel en my godsdiens verkeerd, maar iets pla my ook al baie lank. Volgens my, het Jesus Christus aarde toe gekom om vir ons sonde te sterf. Ons is dus Christene, Hy is ons Verlosser. God is ons Vader maar ons glo in die Nuwe Testament​. Los tog die gays en die towernare en wie okal anders. So vêr ek weet is daar ook net Een wat mag oordeel en dis nie enige van ons nie. God is lief vir elkeen van ons, selfs die gays, die prostitute en die wie weet wat okals. Jy gaan baie moontlik saam met hulle in die Hemel op eindig. Of miskien nie. Dis GOD se besluit.

Anette ·

Anita, slae sal jy kry! Wat egter wonderlik is, is dat die Heilige Gees jou oortuig het dat dit wat jy sien en hoor onheilig is en omdat God heilig is, jy jou nie meer met so ‘n program kan vereenselwig nie. Daar is min mense wat waaksaam en nugter is. Min mense wat regtig sal verstaan. Hou vol om God te eer deur aan Hom gehoorsaam te wees. Deur op te staan en ‘n besliste keuse te maak vir die Heilige, sal nie ongesiens verbygaan nie. Bewaar Sy gebooie en die getuienis van Y’shua. Soos ‘n heks in ‘n onderhoud eens gesê het: “Baie gaan hel toe weens onkunde.” Haar woorde, nie myne! Hos 4:6 “My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir my die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.” Dus, Anita, volhard in die geloof en verdra die vervolging en laat jou lewenswandel heilig wees. Mag ABBA, Vader, jou gee die keur van Sy seëninge en mag jou lewenswandel Hom verheerlik. Shalom in die Naam van Y’shua Hamashiach

Director Krennic ·

Ai, tog.

Hoekom is die Afrikaners (die meerderheid) steeds in die 6de eeu vasgevang?

So van 22 April gepraat: het dit alles toe gewerk? Of moet dit nog werk? Of is ‘n “opvolgsessie” nodig?

Ruby ·

Krennic, moet nie veralgemeen en die Afrikaners uitsonder.

Jy sal ‘n Ier, Brit of wie ookal vind wat volgens jou “in die 6de eeu vasgevang is”. Toe nie so nie, ‘n waardestelsel raak nooit uit die mode nie, dit is ook nie oudtyds nie, maar duidelik sal jy hierdie konsep nie verstaan.

So van 22 April gepraat, dalk werk dit en weer duidelik….nie vir jou nie. Beauty is in the eye of the beholder. Godsdiens, liefde waarde sal jy slegs sien, ervaar en beleef as dit in jou hart en murgpype is.

Director Krennic ·

Ruby: lees wat ek opgemerk in hakkies opgemerk het. Lees mooi stadig.

As 1 miljoen+ vir ‘n hele dag op ‘n plaas in Bloemfontein kan gaan sit en woorde prewel aan ‘n onsigbare vriend in die wolke om ‘n land te “red”, dan is dit niks beter as die Vikings wat gedink het donderweer word deur hul god Thor veroorsaak nie (en dít is nog vroeër as 6de eeus) en moet vervolgens gepaai word (wat hulook gedoen het). Hier is ‘n idee: as almal bietjie minder bid sal dinge miskien begin regkom want hoe meer daar gebid word, hoe slegter gaan dit.

‘n Waardestelsel kán natuurlik verander en moét ook. Anders het ons steeds in die Donker Eeue gesit.

Annelise ·

Boekklub is só lekker om na te kyk. Elke episode se einde verras my. Die akteurs is puik en laat my baie trots voel oor hulle. Dis elke week ń groot bederf.

Lynne ·

Ongelooflike goeie karakters. Elke karakter op Merweville bring n storie uit wat in die hedendaagse wereld plaasvind. Van weggooi jongetjies wat na st. 5 noet gaan werk, depressie en selfdood wat n kommer in ons land is, gay huwelike, gebrome harte en sommer net als wat Sommige mense nie wil weet nie .. is te eng, of kan dit nie verstaan nie. Nou maak ons n bohaai daaroor. As jul nie wil kyk nie, Moet Dan Nie. Los dit vir ons wat dit verstaan en geniet. Hou op kla … sit jou tv op 7de laan, binnelanders en en en…kort voor lank is daarmee ook n probleem.
BOEKKLUB …DOEN SO VOORT???

Andre ·

Die grootste gemors denkbaar word op KykNet aangebied. Maar dit is mos hoe dit gaan met die Afrikaner – hoe groter die bog (gemors) hoe meer die aantrekkingskrag. En diegene wat hier so wys is en beweer jy hoef nie die Boekklub te kyk as jy nie wil nie: goed en reg. Hoe verhinder ek my kind om dit te kyk as ek nie by die huis is nie?

Thinus ·

Een vd beste TV reekse in ‘n lang tyd wat ten minste die realisme van vandag weerspieel. Hoop van harte daar is ‘n 3de Reeks.

Ekke ·

Niemand dwing jou om te kyk, kyk dan iets anders. Ek en baie ander mense geniet die reeks. Gebruik bietjie verbeelding die lewe is te ernstig!

Liendempers ·

Haar brief het wel almal aant praat gekry of hoe? Well done Anita.

Petra ·

Ja-nee!!Gee eerder daai R900+per maand aan honger en arm mense!!

Geraldine ·

Uhm… het jy die eerste reeks gekyk met Louw Venter in die rol van Altus? Hy was beslis nie ongemaklik nie! Die verkeerde keuse in akteurs vir rolle maak mos nie die storie verkeerd nie? Myns insiens het die verandering in die rolverdeling vir die tweede reeks afbreuk gedoen aan ‘n andersins uitstekende reeks, maar nou ja.

Al hierdie karakters bestaan in die lewe daar buite, of jy dit nou goedkeur of nie!

Schalk ·

Ek het die maklike ding gedoen. Net opgehou kyk . Daarmee niemand se tone getrap en niks gese daaroor nie. Ek bly eerder net stil en beweeg aan. My opinie is myne en ek vertolk en veroordeel en aanvaar dit in my eie binneste. Enige iets wat mens deesdae teengaan of opinieer lok mos net reaksie uit van die slim mense wat natuurlik ook geregtig is op hulle eie besluit of hulle dit self gaan aanvaar of nie.

fm ·

Moenie deelneem of kyk na dinge of programme of wat ookal wat jou angstig maak of met vrees vervul dat jou beloning van jou weggeneeem gaan word nadat jy gesterf het nie. Bly eerder die goeie en vroom mens wat jy is en moet geen riskos loop om deur dit wat op die planeet Aarde is geraak te word eerder as om geen beloning te ontvang as jy sterf nie. Dus hou op om die Boekeklub of wat ookal te kyk en bly deel van die Goeie Mense.

Jolindie ·

Ek kyk lankal self nie meer TV nie, juis omdat ek nie saam stem met wat as alledaags en aanvaarbaar uitgebeeld word nie. n Nasie se verandering begin tuis en die invloed wat die kassie op n familie het speel n groot rol in terme van hoe effektief jy die verandering wil teweeg bring. SOEK ALLEREERS DIE KONINGKRYK VAN GOD EN NA DIE WIL VAN DIE HERE. As jy oortuig is dat wat jy kyk en aan wat jy jou familie bloodstel in lyn is met wat jy glo dan is dit ok, maar as van hierdie kommentaar jou laat wonder dan moet jy ondersoek instel en kyk wat meer die Heilige Gees vir jou in gedagte het.

Hannelie ·

Thanks for leaving Anita. Hel dit is die werklikheid, word wakker!!! Ek is ‘n Boekklub aanhanger, en géén akteur sou ek uitlaat. Hul vertolk hul rolle uitstekend. Dankie Louis Pretorius, jy hou ons Dinsdagaande by die huis. Na ‘n lang dag van werk….sien ons uit na Boekklub.

Leon ·

Ek stem met baie van die kommentare, aan albei kante van die draad. As ek na die storie kyk, is dit eintlik mooi en amusant in sommige gevalle. Ongelukkig kan ek nie verstaan waarom daar nou juis “daai” getroude paartjie moes insluip nie. Volgende sal dit seker oor die kleurgrens gaan ook. Ek het gelukkig vir myself ‘n lekker stokperdjie begin net na die “huwelik”, so ek kyk dit glad nie meer nie. Dieselfde rede waarom ek glad nie meer Afrikaanse “sepies” kyk nie, wel inteendeel, geen meer Afrikaanse pogings nie, om nie eens te praat van die twee nuwe stukke van iets nie, iets van “Parlement parlement” en “Elke pot het ‘n deksel” of so iets.
Jammer maar ons Afrikaanse TV se idees het so opgedroog dat selfs die kook programme op ander kanale meer interressant is!

Peet J ·

Ek weet nie maar dit wil vir my voorkom of hier by ons ook profete , aanhangers van Baäl is.
Lees maar gerus 2 Konings 10 :26-28

Marga ·

Nee genade…as jy dit so ondraaglik vind om te kyk,,,sit jou TV af!! Mense soos jy wat my rerig laat wonder of mens dan regtig nooit gelukkig kan wees nie….dis immers beter as 7de laan

Agasseblief ·

Ag asseblief, in watter eeu lewe jy mens? Ek het lanklaas so ‘n spul argaïese twak gelees!

Mien ·

Kan nie help om aan die storie van die padda en die water wat elke keer bietjie warmer word
tot hy vrek, te dink nie.

Henda ·

Die Boekklub is ‘n wonderlike storie ek kyk eerder daarna as die realiteitsprogramme wat uit gesaai word. Tom en die res is uitstekende akteurs . Alles in die lewe gaan oor keuses as jy nie van dit hou nie moenie dan kyk nie hou op om in alles iets anders te lees.

Hennie Malan ·

Ek wil nie die briefskrywer se reg tot vryheid spraak ontse nie, maar ek sal haar in Johannese Kerkorrel se woorde aanraai: “Sit dit af!” Bedoelende haar TV. Ek kan tog egter nie help om geskuilde asook naakte homofobie in haar en van die ander lesers se kommentaar raak te lees nie. Kommentaar soos die van Leon gee my n beklemming om die hart: “Ongelukkig kan ek nie verstaan waarom daar nou juis “daai” getroude paartjie moes insluip nie. Volgende sal dit seker oor die kleurgrens gaan… ”
Gay huwelike is al meer as n dekade deel van die Suid-Afrikaanse samelewing, en dit was nooit Armegeddon soos die doemproefete uitgebasuin het nie. Ek woon in die buiteland en kan ongelukkig nie die reeks kyk nie, maar ek hoor net goeie dinge. Nie alles oor Afrikaans hoef stroef, stigtelik, en straight (ek impliseer nie dat straight stroef en stigtelik is nie) te wees nie. En die kommentaar oor die twee akteurs se “ongemak”. Basta! Dit is hulle werk om dit geloofwaardig te maak. En as hulle dit nie regkry nie, dan faal die regisseur om dit reg te stel. En as enigiemand vir my n wenk kan gee waar ek dit wettig kan “stream”, sal ek dit waardeer. Ek het al vir Kyknet (Multichoice) genader om uit te vind wanneer hul Showmax opsie hier in die Verre Ooste beskikbaar sal wees. Die DSTV navrae-span het teruggeskryf dat my navraag “ge-eskaleer” is na die produksie afdeling. Helaas, nog niks weer gehoor nie.

Maria Purchase ·

Ek is beslis nie minder van ‘n Christen net omdat ek absoluut gek oor ‘Die Boekklub’ is nie. Van uit ‘n letterkundige oogpunt het ek nog nooit iets beters gesien nie; die manier van aanbieding op soveel verskillende maniere om diepte te gee en abstrakte aspekte so tasbaar uit te beeld. Ons bewus te maak van wat buite ons beskermende kokon aangaan. Dit wat ons soms doelbewus wil miskyk. Ek dink die akteurs is absoluut puik…die sogenaamde ongemak waarmee sommige van hul teenoor mekaar speel, is weereens ‘n tasbare manier om ‘n storie te skets.
Sake van die tyd word aangespreek hetsy of dit reg of verkeerd volgens ons geloofsuitkyk is. Ons woon in ‘n komplekse reënboogsamelewing. Is daar dan enige Afrikaans- en/of Engelse, Suid-Afrikaans-en/of buitandseprogram, -reeks of -fliek wat dan enigsins geskik is om te kyk? Dankie tog dat dit ten minste nie net nóg ‘n breindooie, ‘common’ Afrikaanse reeks is nie!
Ek is baie lief vir my Skepper, my Abba Vader.

Genieve ·

Ek het vandag van dag1 af nie van die Boekklub gehou nie en daarom kyk ek dit nie.

Ouma ·

Ek vind die storie baie interessant. Ek kan sien hoe gay mense na kinders smag. Hoe daar vergifnis tussen pa en seun plaasvind en sy kind aanvaar vir wie hy is. Ek kan sien hoe kinders vir hul ouers omgee, Ek kan sien dat daar onderwysers is wat baie vir hul leerlinge sal doen, Ek kan sien dat jy die dood nooit kan ontwyk nie, eendag sal hy kom…….. Ek kan sien dat dit ‘n STORIE van doodgewone mense is wat aldag om ons woon. Elkeen na sy smaak. Ek geniet die Boekklub baie.

Louis Reynders ·

Mmmmmmm, kyk elke storie lyn het iets vir iemand, en iets teen iemand. Dis hoekom ons mense is. Waarvan jy hou, hou ek dalk nie van nie. Ek neem aan julle wat so kla het n “remote” druk die knoppie en loop kyk na iets anders. As ons almal oor elke ding wat uitgesaai word iets te se het sal die TV “blank” wees en jy sal net na jou eie gesig staar. Dis tyd dat ons ( vader help my want ek gaan nou deur al die suurknolle aangevat word ) wakker skrik vir wat om ons aangaan, en ophou om in ons eie koekon te leef. Die Boekklub is n uitstekende voorbeeld van wat daagliks om ons aangaan maar nie wil erken nie.

DS ·

Dis elkeen se persoonlike keuse wat hulle kyk, lees, eet , drink en wat hulle motivering daaragter is. Ek is ‘n Christen en glo my ek sou op die kantlyn gesit het as dit nie vir my ontmoeting met ‘n dame soos Anna was nie. Maar asb moenie mense probeer dwing om soos jy te dink en leef nie. Elke een se EIE keuse

Tokkie ·

Ek kyk graag. Beste reeks in ‘n lang tyd. Wat net bietjie pla is die gay scene, maar kyk dit verby.
Goeie reeks hou so aan

Claudie leR ·

Ai, ek dink die tekort hier is aan intelligente bespreking.
Bespreek die punt sonder om af te kraak.
Die skrywer het beslis ‘n punt beet, storie of nie, insette dra by tot uitsette.
Noem my verkramp, agterlik of wat ookal op die oomblik werk; dan is ek trots so.

Jeanine Norden ·

Ek is verstom en eenvoudig geskok oor die kranksinnigheid en hoe nougesind die skrywer van die artikel is.

Kan jy glo dat mense werklik so eenvoudig kan wees.

Dit is ‘n storie! Ja, mense leef so en dit is ok. Elke outjie moet teen die einde van die dag met sy eie gewete saam leef. As jy nie gay is nie en of jy is, wat maak dit tog saak. Ons is almal mense. Om nou die arme akteure te blameer omdat hulle daardie rol vertolk, wie op dees aarde dink jy is jy om namens hulle te besluit of hulle dit wil doen al nie.

Die saamtrek in Bloemfontein is verseker nie ‘n verteenwoordigheid van hou Christenskap nie. Daai is die mense wie ons advertensie Christene noem. Die wat wil wys alles is hunkey dory, maar agteraf skel hulle hulle kinders, vloek ander rasse, veroordeel mense se seksualiteit maar sit Sondag bankvas in die kerk, want dan is alles mos vergewe.

As jy so eenvoudig is dat jy nie kan verstaan wat die storie verteenwoordig nie, moet dit nie kyk nie. Moet dan terselfdertyd nie vir kinders van kerkvader of die paasmaaltyd of tandemuis vertel nie, want dit is ook fiksie.

Verbreed jou horisonne my liewe mens. Hou op om mense te oordeel, daar is higher powers wat dit sal doen.

Maak seker jou eie voordeur is skoon voor jy besluit om na ander mense sin te kyk!

Leeu ·

Hou dan op kyk. Gay huwelik, niks mee fout nie. As die akteurs dit nie wil vertolk nie, kan hulle loop, hulle het geweet wat kom al by die audisies. en wat sê vir jou dis net Christene wat kyk? Dan pla dit my as Muslim, en sal dan maar ook n eiertjie te le he, oor werklik alles, soos mense soos jy. Kyknet gaan jou verseker nie mis nie.

RERIG?!?!? ·

Stem Leeu. Dink akteurs is ervare genoeg om te weet of hul so rol wil en kan vertolk,
Hul kry baie rol aanbiedings is verseker nie desperaat om forseer te word nie.

fm ·

Goed gestel Jeanine Norden. Sommige Goeie Mense vergeet baie gou om gerieflikheidsredes om eers voor hulle eie deur te vee en verwag meesal dat ander die selektiewe, selfs dreigende onsinnighede wat hulle kwytraak (gebaseer op vrees en ‘n beloning) vir soetkoek moet opeet.

RERIG?!?!? ·

Boeke SOOS DIE gaan mos oor ‘n storie nie oor die werklikheid nie!?
Die dinge wat daarin uitgebeeld word – kom egter wel voor in DIE REGTE LEWE.
Ek dink dat ‘n uitstekende akteur soos STIAN BAM nie homself sou laat
inforseer in so rol nie, op ou eind het hy ingestem om die rol te vertolk.
Deur ‘n boek (STORIE) te lees beteken nie jy cheat op jou geloof en support nou duiwelsdinge nie?!

As so iets jou onstel moet jy liefs nie koerante en sosiale media lees nie – daars veel ergee dinge wat werklik aangaan in die lewe.

Dit is jou goeie reg om dit nie te wil kyk nie – die storielyn is miskien nie so prim & proper nie maar die akteurs speel die rolle fantasties en dit is hoekom soveel mense dit kyk.

Ek het groot agting vir Stian Bam en geniet nie sy “GAY ROL” nie, maar jinne vertolk hy dit goed – jyt seker ook nie van Valei van Sluiers kon uitstan nie – of is dit oukei as mans dinge doen soos Stian se rol??

Nita ·

Die tipe “stories” word spesiaal aangebied om die gewone mens te desentiseer (aaklige anglisisme, jammer) oor sonde. Eers voel jy ongemaklik om daarna te kyk. Gou raak jy alles wat (volgens Bybel) verkeerd is, gewoond. En nou kan enige een sy eie heil uitwerk in die bevrydende wete dat jy,in beheer is. Soos hulle se:” You are the master of your own destination!”

Erick ·

Kyk nie TV nie so ek weet nie waarvan julle praat nie. As julle by ‘n regte boekklub wil aansluit, sluit aan by die biblioteek. TV maak jou dom.

wikus ·

Hi Anita, ek ondersteun graag Afrikaanse kultuur en kuns, alhoewel ek nie altyd hou van die inhoud of voordrag nie. Die Boekklub het vir my nogal belofte ingehou. Aan die begin het ek gedink die reeks sal opbou na ‘n roerende storie, geset in ‘n landelike omgewing wat die storie ondersteun, maar dit het gou platgeval en alledaags geword.

Dina ·

Hoe dit ookal sy, jy voed jou innerlike wese telkens met die “net-‘n-storie” en alles wat daarin plaasvind, goed of sleg… Heelwat kommentare sê Anita moet slegs ophou kyk. Dit doen sy reeds. Dan sê die Woord as ons van God wil praat, moet ons afstand doen van dit wat nie reg is nie. Wat is Sy maatstaf? Sy eie Woord. Dus geld die ander sy van die saak ook hier. As ek dan weier om God se Woord en Sy standaard vir die lewe te aanvaar ( hetsy direk of indirek) moet ek myself ook nie verder christen noem nie. So eenvoudig soos dit. Vry om te kies. Soos sy…

Andre ·

Anita, pragtig, jy is besig om waarlik vry te word…doen so ook met alles wat jou geloof verkleineer en minag. Die meeste mense word hiermee subtiel en onbewustelik gekondisioneer om sonde as niks af te maak. Die engelse word is “subliminal” en dit is wereldwyd onwettig.. Mense word gekonsisioneer soos wat ‘n dier geleer word om iets te doen of te aanvaar dat iets reg is as die meeste mense so dink…..soos winkels wat vanilla in lugversorgers het om die koper meer te laat koop. Ek is ‘n sondaar nes die gay persoon en oordeel niemand….daar sal altyd mense wees wat klippe sal gooi en satan sit nie stil nie. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.