Lesersbrief: GEPF: Wie praat die waarheid?

‘n Skermskoot van die GEPF se webblad.

Adamus P. Stemmet van Durbanville skryf:

Abel Sithole sê die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) moet ongenoteerde beleggings uitbrei. Dit het glo in die 2018-boekjaar met 37% gegroei tot R50,6 miljard. Dit sal dan beter as die beleggings in aandele en effekte presteer “solank ons dit reg doen”.

Inderdaad, reg doen en nie doen soos nou in die Mpati-kommissie uitkom nie. Korrupsie en bedrog word knaend openbaar. Wat doen die GEPF om dit “reg te doen”? Alles word oorgelaat aan hul agent, die wyle Openbare Beleggingskorporasie (OBK) wat miljarde by die vensters laat uitwaai…

Sithole se syfers strook nie met die besonderhede wat dr. Dan Matjila op 17 Oktober 2017 verstrek het nie. Hy het toe op ʼn mediakonferensie gesê dat ongenoteerde beleggings uitgebrei is. ’n Tweede weergawe van Isibaya-beleggingsfonds is gestig en ongenoteerde beleggings het toe R140 miljard beloop. Voorts het hy ook genoem dat 30% ongenoteerde beleggings onderpresteer het. Nou is my vraag: Wie van die twee praat die waarheid?

Dr. Matjila het ook toe aangekondig dat die aandeelhouding in die bankrot Daybreak Farms van 54% na 100% verhoog is om dit te red.

Is dit wat Sithole bedoel met “reg doen”?

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Dit sal die huidige ANC regering nie nog 10 jaar vat om die hele GEPF leeg te tap nie, en hul kiesers sal daarna nog 100 jaar lojaal vir hul voort “struggle”.
Die motivering daarvoor sal min of meer die volgende wees: “the GEPF funds belong to ALL SA citizens, especially those who was previous deprived, and the ANC will not let anything stands in its way to correct the injustices of the past!”

Jerry ·

Mooi Thinus, jy vat dit mooi raak. Die skrywer se vraag van watter een van die twee kan geglo word kan ek onomwonde verklaar dat indien beide ANC kaders is, kan beide nie geglo en dus nie vertrou word nie, omrede staatskaping plundery deel vorm van ANC strategie (onverklaarde beleid) om die voorheen benadeeldes (ANC elite en revolusionere strukture)te verryk ten koste van die voorheen bevoordeeldes. Soos Steve sou se, dis hoe dit is!

Anoniem ·

Jy kan nie roekelose personeel aanstel om Pensioenfondse te bestuur nie. Indien makelaars hulle vingers in pensioenfondse steek, gaan hulle tronk toe, dus behoort presies dieselfde met die Staatspensioenfonds se beleggers te gebeur. Ongelukkig sien die staat dit as ‘n plunder teiken.

Boerin ·

In die kol Thinus…het die jeukerigheid op Carte Blanche gesien Sondag…is nie lank nie dan strek die gomvingers uit na die privaat pensioene..!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.