Geweld op kampusse: Waarvandaan en waarheen?

Betogings op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus (20 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Betogings op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus (20 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Deur Francois du Plessis

In 1955 is die Vryheidsmanifes (Freedom Charter) deur die ANC aanvaar as amptelike beleidsdokument.

Elke klousule van die manifes is afsonderlik bespreek deur die 3 000 kongresgangers. Nadat konsensus bereik is, is elke klousule in die manifes weer hardop voorgelees, voordat daar afsonderlik oor elkeen gestem is.

Sedert 1955 was die betrokke Vryheidsmanifes die hartklop van die struggle teen apartheid, wit oorheersing en ongelykhede in die samelewing.

Tydens die Kodesa-onderhandelings vir ʼn vry en regverdige, nierassige Suid-Afrika, was die beginsels soos vervat in die Vryheidsmanifes die wegspringblokke van die ANC, asook die grondslag waarop die ANC onderhandel het.

Die Vryheidsmanifes is die maatstaf waarteen die ANC homself en die samelewing gemeet het. Die inhoud is as ononderhandelbaar, byna heilig beskou en is aan Suid-Afrikaners as die “beloofde land” voorgehou.

Wanneer die Vryheidsmanifes vandag bestudeer word, kan duidelik opgemerk word dat die ANC byna geheel en al gefaal het om aan die verwagtinge te voldoen.

Talle landsburgers van Suid-Afrika word rooi onder die kraag as hulle die geweld en vernietiging van universiteitskampusse gade slaan.

Maar in hierdie optrede van mense (deur geweld teenoor en die vernietiging van sosiaal-ekonomiese sleutelpunte) is daar enkele faktore wat ons nooit mag vergeet nie, naamlik:

– Die rede waarom landsburgers in Suid-Afrika hulle tot geweld en die vernietiging van infrastruktuur wend, is omdat dit die enigste wyse is om die ANC en die regering sover te kry om na die mense te luister. Die ANC is ligjare verwyder van hul ondersteuners en voormalige ondersteuners. Uiterste frustrasie noodsaak mense om hulself op radikale alternatiewe te beroep. Niemand kan ooit die spoor van vernietiging en geweld op kampusse goedkeur nie, maar dit is blykbaar die enigste manier om gehoor en gesien te word.

– Die ANC is sedert 1976 bekend vir ʼn kultuur van infrastruktuur-vernietiging. Enige minister, wat sou waag om te beweer dat hulle nooit instansies tydens die strugglejare vernietig het nie, verkondig ʼn blatante leun.

– Sedert 1976 is ʼn kultuur van wanbetaling en gratis dienste deur die ANC en sy alliansie-vennote gekweek. Male sonder tal is daar vir dekades skuld vir dienste in sekere woongebiede afgeskryf.

– ʼn Leiersfiguur in die Kommunistiese Party kan nie van medelandsburgers verwag om ʼn kapitalistiese stelsel te volg nie (dus, betaling van universiteitsklasgeld).

– Die Vryheidsmanifes meld onder meer: “Education shall be free, compulsory, universal and equal for all. Higher education and technical training shall be opened to all.” Ná byna 23 jaar sedert die nuwe demokrasie gevestig is en meer as 61 jaar nadat die Vryheidsmanifes aanvaar is, kan verwag word dat mense genoeg van leë beloftes het.

ANC-veterane (soos Winnie Madikizela-Mandela) volg nou die onsnappingsroete om te verklaar dat die beginsel van gratis onderwys, soos vervat in die Vryheidsmanifes, ʼn onverantwoordelike besluit was. Die verklaring kan nie die beloftes en ondernemings wat oor dekades heen deur “kripvreters” gemaak is, ongedaan maak nie.

– ʼn Dreigement dat universiteite vir ses maande gesluit sal word, kan pligsgetroue, toegewyde studente van geleenthede ontneem. Verder wek sulke uitlatings net meer aggressie by oproerige én nie-oproerige studente. Sulke uitsprake getuig meer van radeloosheid, hulpeloosheid en die gebrek aan leierskap, as wat dit die probleem aanpak.

– Leierskap beteken dat moontlike konflikgebiede, onder meer in die onderwysstelsel, geïdentifiseer en vroegtydig aangespreek sou kon word. Die ANC en departement van onderwys is geensins voorbereid op geweld in hoërskole en laerskole nie. Verskeie onderwysers het reeds die eerste tekens van oproer en geweld binne skole waargeneem. Skole is ʼn tikkende tydbom.

– Swak presteerders op kampusse en diegene wat eksamenweiering in die gesig staar, blaas geweld aan. Toegang tot kampusse moet so streng soos toegang tot nasionale sleutelpunte beheer word. Swak presteerders moet so spoedig moontlik uitgesluit word.

– Die gebrek aan leierskap veroorsaak oproer, geweld en aggressie.

Mag ons politieke partye ʼn les leer, naamlik om versigtig te wees met leë beloftes. Onuitvoerbare beloftes lei gewoonlik net tot eie ondergang.

 

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
JC

Geweld kan NOOIT die antwoord wees nie. Gratis onderwys is ‘n pypdroom. Ons is ‘n derde-wereldse land. Van die studente wat hulp ontvang, pluk 75% . En dan wil hul gratis onderwys he????????????????????? 50% van studente val uit!! die meeste van hulle swart. Die probleem begin by skole en die gebrek aan moedertaal onderrig, en ontoereikende onderrig op skoolvlak. Dit gaan dan net aan op universiteitsvlak met bewese swak opeenvolgende prestasie juis agv die feit dat onderrig ontvang word in ‘n (kom ons AANVAAR dit) VREEMDE TAAL, naamlik Engels, terywl Afrikaanses goddank in hul taal van keuse kan swot. WAT… Lees meer »

Jeanne

Ek het nog nooit na Winnie Mandela geluister behalwe verlede Vrydag op ‘n radio-uitsending nie. En vir die eerste keer het hierdie Universiteitsopstande vir my duidelik geword. Die studente gaan NIE ophou protesteer voordat dit nie alles gratis is nie. Sy sê self, hulle kom nie in opstand teen hoë fooie nie, hulle wil dit alles gratis en verniet hê soos wat aan hulle en hulle ouers belowe is deur die ANC (wat volgens haar toe te onervare was) om sulke beloftes te maak. Vir die eerste keer het die liggie vir my opgegaan. Dit gaan nie oor Afrikaans nie,… Lees meer »

Theresa

Leë beloftes, maar baie onsinvolle redenasies daaragter – dus onuitvoerbaar.

Jakobus

Dan vra ek, is hierdie kultuur, met ander kulturele waardes versoenbaar?

Siniese Saaiman

Ek dink voedsel en drank behoort vry te wees.Arm mense kan nie eet nie.Kom ons begin ‘n ‘”FOOD AND DRINK PRICES MUST FALL” PROTES BEWEGING ‘ ” en terwyl ons nou aan die organiseer is sommer ook “All Salaries must fall” ding ook.