Marleen Swart van Centurion skryf:
Ek het die volgende al in 2017 geskryf, ná ek en my gesin vir drie jaar, deur drie winters, in ʼn Wendy-huis gebly het. Ek hoop dit beteken vandag iets vir jou.
Heb 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Oor die afgelope vier dae het ek en my gesin na ʼn nuwe huis getrek. Ons het by die huis ingetrek wat God my en Deon sewe maande gelede help koop het. Ons het 30 maande lank (twee en ʼn half jaar) in ʼn Wendy-huis gebly. Sewe maande gelede het God ons gehelp om ons heel eerste huis te koop en nou het ons hier ingetrek saam met ons ouers. Ons het self die trek behartig. Dit het ons twee dae geneem om alles te trek, buiten die tuingereedskap en my pa se gereedskap. Dit het ons twee dae geneem om alles uit te pak. Dit was ʼn uiters besige tyd, maar te midde van al die harde werk, was daar een konstante. God.
Ek spandeer elke oggend tyd saam met Jesus in sy Woord en in gebed. Ek was doodmoeg, maar dit was belangrik vir my om stil te staan en tyd saam met God te spandeer. Ek is lief vir Hom en dit is hoofsaaklik die belangrikste rede hoekom ek tyd saam met Hom spandeer, want ek weet ek het Hom nodig. Sonder sy Woord elke dag, wat my lei, sal ek verlore wees. Deur hierdie dol tyd het sy Woord my gelei, my getroos en vir my die krag gegee om met die harde werk voort te gaan.
Wanneer ek tyd spandeer en sy teenwoordigheid wat ek so goed ken, ervaar, besef ek Hy is die énigste konstante in my lewe. Deur al die geskarrel, die nuwe dinge wat ons moes leer, soos die voorafbetaalde elektrisiteitstelsel wat vir ons gewys het hoeveel elektrisiteit ons gebruik (wat skokkend was), die alarm wat afgegaan het, ensovoorts. Die enigste konstante was God, sy teenwoordigheid, sy Woord en Hy self. In hierdie nuwe huis en omgewing was sy teenwoordigheid en Woord dieselfde as in ons vorige huis waar ek die geleentheid gehad het om God te leer ken vir wie Hy is. Hy is my krag, vertroosting, my ware liefde. Ek is baie lief vir Hom.
Ons lewe kan gevul wees met baie goed en baie moeilike tye. Dalk lê finansiële probleme voor, gesondheidsprobleme, sterfte, maar die enigste konstante is God. Wanneer jy na Jesus gaan te midde van al die besige tye, moeilikhede, ’n chroniese siekte of sterfte, sal jy sy teenwoordigheid ervaar en sy Woord sal jou lig en brood wees. Dit sal jou rig, jou vertroos en jou lei. Daardie tyd wat jy aan God toewy, wanneer jy wegry by die hospitaal waar ʼn familielid van jou siek lê om alleen te wees saam met God, is Hy jou Konstante en jou Vertroosting.
Te midde van watter moeilike of besige of kommerwekkende situasie jy ook al tans beleef, bly God jou konstante. Die Een waar jy sal ontdek niks het verander nie, die plek waar alles dieselfde bly, gister, vandag en môre.
Ons het dit in ons lewe nodig. Ons is skeppings wat liefde en vertroosting nodig het en ons kan dit slegs by Jesus kry – ons vreugde in ʼn tyd van wanhoop.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Liewe Marleen Baie, baie dankie dat jy in dié tyd hierdie stuk wat jy in 2017 al geskryf het, met ons deel! Dis sooooooo relevant en net wat ek nodig gehad het om vandag te hoor! Dis dinge wat ons weet, maar ons het mos nodig om mekaar aan dié waarhede te herinner… Soms wanneer dit swaar gaan, of as my woorde heeltemal opraak, klink die lied “My enigste troos in lewe en dood, is dat ek aan Jesus Christus behoort! Met Sy kosbare bloed het Hy my vrygekoop, dis my anker, my vaste hoop!” in my hart op. Ons… Lees meer »
Ek hef my oë op na die berge waar sal my hulp vandaan kom van die Here !! my konstante Megesel.
Ek kan net se “Amen Amen En Amen”, baie waar woorde.
Amen