Godsdiens en mag

praying_hands_bibleDr. Wouter van Wyk, sekretaris van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se Sentrum vir Toerusting, Inligting en Kommunikasie (SENTIK), skryf die volgende na aanleiding van die kwessie van geloof in skole.

Waarom lok die jongste aansoek om ’n hofinterdik teen ses skole landwyd te kry soveel reaksie uit?

Omdat ’n paar dinge oombliklik duidelik is:

• Die skole is almal Afrikaanse skole met ’n Christelike inslag,
• Die organisasie wat hulle dagvaar, het vir hulleself ’n veelseggende naam gekies: Organisasie vir Godsdienste-Onderrig en Demokrasie (akroniem OGOD),
• Die uitspraak het duidelik implikasies vir alle openbare skole in die land, en vir die ruimte wat daar vir mense is om hulle geloof binne die breë skoolverband uit te leef,
• Die saak raak mense se identiteit en waardestelsel.

Maar dalk spruit die sterk emosionele reaksie onbewustelik uit die spontane aanvoeling dat ons hier te doen het met ’n poging om mag uit te oefen.

Die grondwet en die nasionale beleid vir godsdiens en onderwys (2003) bied tog reeds ’n duidelike raamwerk waarbinne skole, ouerliggame, onderwysers en kinders moet beweeg. Waar ’n bepaalde instansie of persoon buite hierdie raamwerk beweeg, kan elkeen wat daardeur geraak word, tog seker persoonlik en plaaslik beswaar maak. Of kan mense wat nie met die beleid of praktyke identifiseer nie, hulle bloot daaraan onttrek.

Daar bestaan geen volmaakte beleid nie, en ook geen skool sonder tekortkominge nie. Ouers en onderwysers is almal feilbare mense, en kinders geen engele nie. Daarom kan feitlik elke ouer jou vertel van geleenthede toe sy kind iewers uitgesluit is, te na gekom is, onregverdig gestraf is, verneder is, of aan aktiwiteite moes deelneem waaraan hy geen erg gehad het nie. By elke geleentheid wanneer sportspanne of leiers of verteenwoordigers vir die skool aangewys word, is daar mense wat ten regte of ten onregte “duistere motiewe” vir die insluiting of uitsluiting van hierdie of daardie leerder wil aanbied.

Soms blaas ouers net luidkeels in die openbaar stoom af, soms gaan sien hulle die onderwyser of die skoolhoof, en soms haal hulle selfs hulle kinders uit die skool. Maar ontevrede ouers dagvaar nie sommer die skool nie. En ontevrede ouers in Alberton, Boksburg, Johannesburg, Pretoria, en Oudtshoorn dagvaar nie saam hulle onderskeie skole nie.

Daarom dui hierdie hofaansoek nie op protes oor ongewenste uitwasse in godsdiensbeoefening nie, en ook nie op onbillike behandeling wat spesifieke leerders op spesifieke tye ontvang het nie. Dit is eerder ’n melodramatiese magsgreep, ’n manier om die meerderheid te dwing om dinge te doen soos dit ’n klein groepie pas.

Dwang is feitlik altyd teenproduktief. Wanneer leerlinge gedwing word om aan godsdienstige praktyke deel te neem, wek dit weerstand. Wanneer ’n groepie ongeïdentifiseerde individue skole of ouerliggame wil dwing om afstand te doen van hulle Christelike identiteit, sal dit skerp reaksie ontlok. Want dit is die weg van magsgrepe.

Die Christelike geloof is nie net nog ’n godsdiens nie. Christene moet nie na mag gryp of hulle waardes op ander afdwing nie. Christene moet getuig – van die Here Jesus Christus wat self nooit dwang gebruik het nie, maar mense met liefde aangeraak het.

Jesus het verkondig dat God se koninkryk aangebreek het. Maar God se koninkryk is nie soos die koninkryke van hierdie wêreld nie – dit is nie op mag gebou nie, en dit kan nie met mag vernietig word nie. God se koninkryk word onstuitbaar wanneer gelowiges eerlik en uit die hart getuig. Dit doen ons oral en onbevange. Maar sonder om onsself op ander af te dwing.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Stoere Boer ·

“Die Christelike geloof is nie net nog ’n godsdiens nie. Christene moet nie na mag gryp of hulle waardes op ander afdwing nie”

Die vraag aan Dr van Wyk is moet ons nou agteroor sit en die “reg” sy gang laat gaan en of moet ons ook vir ‘n slag baklei vir ons reg om Godsdiens te beoefen? Moet ons maar toelaat dat alles oor ons kinders in skole spoel want as jy na die dinge kyk wat hulle deesdae leer is dit alles oor ander gelowe. Het ons Kerke nie dalk “slap” geraak en dink dat jy nie moet opstaan vir die Geloof nie. Dalk is dit die redes waarom daar deesdae soveel probleme in die Kerk is. Ons praat net mooi woordjies en paai almal terwyl daar dringend besin moet word of gaan dit werklik oor God en sy Woord. Solank jy almal met liefde benader dan is alles mos reg. Moenie op hul tone trap nie al vermoor hulle jou sielkundig.

DR P E VAN DER DUSSEN ·

Ek het onlangs die Kommunistiese aanslag op onderwys in ‘n artikel met die titel DIE REWOLUSIONÊRE AANSLAG BEGIN uiteengesit. U kan dit gratis by [email protected] aanvra. Hieronder volg ‘n verkorte uittreksel.
Dr van Wyk se waarskuwende kommentaar is baie belangrik. Die aanslag op Christelikheid in skole is deel van die aanslag op die Christendom in geheel. Die SAKP se sekretaris-generaal Blade Nzimande is minister van ho-er onderwys en het in daardie hoedanigheid finale beheer oor alle ander instellings aanvaar – ook oor die NWU se Tlokwekampus. Sy adjunk Jeremy Cronin en al die ander senior SAKP-lede staan in hoe ampsposisies en beset volgens politieke ontleders minstens veertig persent van die meer as 70 kabinetsposte. Met Zuma as ANC-leier se posisie bedenklik is die SAKP met sy ondubbelsinnige anti-Christelike beginselgrondslag wesenlik in beheer.
Die Kerk van Jesus Christus die Here, die Koning van alle Konings en die Heerser oor die aarde en almal daarop, is die Kommunisme se grootste bedreiging: Daarom was en is die Kerk die Kommunisme se eerste regstreekse teiken. Satan laat die God-vyandige Kommunisme die mense met mooi praatjies verlei. Volgens Grondwet en Handves van Menseregte ook naasbestaan tussen geloof en afgodsdiens en voorvaderaanbidding en-en-en….. Tot skande moet erken word dat die Afrikaanse kerkgenootskappe met enkele uitsonderings die Kommunistiese regime gehelp het om ‘n regimegedrewe wetlik-ingestelde godsdiensteraad tot stand te bring, en daarmee die Handves van Menseregte erken. Dit is die patroon wat in die Kommunistiese lande gevolg is om die Christelike kerke te laat glo dat hulle met die Kommunistiese regime kan saamwerk – asof ‘n os en ‘n donkie in dieselfde juk kan saamtrek. Die profetiese rede van onse Here (Matteus 24-25, Markus 13, Lukas 21) lig die verskrikking wat daaruit voortgekom het toe.
Die Kommunisme is geslepe genoeg om te besef dat mense met ‘n lewenslange inslag nie maklik oortuigbaar is nie. Geduld word vereis om die heersende denke in ‘n samelewing te transformeer. Daarom het Lenin en Trotski rondom 1920 verklaar: Gee ons één geslag kinders en ons vernietig die kerk. ‘n Duideliker oorlogsverklaring deur die antichristelike mag aan die Almagtige Koning is ondenkbaar: Voed die kinders van jongsaf in die Kommunistiese antichristelike beginsels op.
Nuwe onderwyswetgewing sedert 1994 het hieraan uiting gegee. Die Kommunis Kader Asmal word die regime se eerste minister van onderwys. Die geskiedenis word onmiddellik herskryf. Die verpligte kursus Lewensoriëntering word ingevoer waarin daar vir God geen plek is nie. Staatskole word onder regstreekse sentrale beheer van departemente gestel. Privaatskole moet aansoek om registrasie doen en word so onder beheer gebring. Tuisskole word onder die sambreel ingetrek.
Die Kommunisme besef dat die massas slegs beheer kan word as hulle onkundig is. Daarom word die standaard van onderwys doelbewus deurlopend verlaag.
Opeenvolgend is drie Kommuniste Asma, Pandor en Nzimande as minister van (ho-er) onderwys aangestel. Naskoolse onderwys en opleiding word in 1996 deur wetgewing onder die sambreel ingebring, en alle bestaande én nuwe kwalifkasieleergange en vakleerplanne moet (her)beplan en vir goedkeuring aan die statutêre Raad op Hoër Onderwys voorgelê word. Geldelike selfstandigheid (subsidies ingereken) moes bewys word. Alle instellings het onder Kommunistiese beheer gekom toe hulle privaatwette in 2002 herroep en hulle onder die regstreekse beheer van die minister gekom het. In 2004 verklaar Asmal dat hoër onderwys op Kommunistiese lees geskoei sal word.
Dit bring die vraag: Wat moet ons doen? En wat KAN ons doen? Die antwoord is reeds aan die gang: Private skole met ‘n eie inslag waarheen ook gelowige ouers hulle kan stuur. Dit het reeds dekades gelede begin toe mense hulle kinders tuis begin onderrig het. Georganiseerde oprigting van ouerskole het begin en die voorbeeld gestel dat privaatonderwys ook op die volksvlak moontlik is. Die baanbrekerstyd is nou verby en die privaatskole skiet soos paddastoele op. Die klem het ook van oordrewe ideologie na praktiese gereiwe en veral na onderwysgehalte verskuif. in die stad maar ook op die platteland is die meeste mense binne hanteerbare bereik van ‘n aanvaarbare privaatskool. En hulp vir tuisonderrig is elektronies beskikbaar.
in die ellendejare na 1902 het private skole ons volk weer help ophef. Is dit dalk besig om te gebeur? Dan vereis dit algemene ondersteuning op elke moontlike gebied.

Tom Theron ·

Dr VDD se kommentaar is in die kol. Die Afrikaner moet wegkyk van staatsafhanklikheid en homself op alle vlakke selfstandig posisioneer ter wille van oorlewing. Onderwys (alle vlakke) is by uitstek die voertuig waardeur die regering blanke (en spesifiek Afrikaner) invloed oor tyd wil en sal uitfaseer. Moenie asem ophou oor wie se kant die regsbank gaan kies nie.

UT Mijnhardt ·

Tom . waar is God se eer in alles dit ?Ons gee Sy eer aan nelson en en en . Al gedink aan dat Hy net sy woord hou ,Deuteronomeum 28? Hy haal ons uit . Dit het nog die beste met die volk gegaan toe ons “uitgefaseer” was .Uit die skole uit uit die kerke ,uit die rugby uit(die’aanbidding moet as’t ware uit ons uitkom) ,uit die universiteite uit .Num_23:9 ” Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, ‘n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.” Eer aan die Lewende God Tom . Net nog Babilon en Egipte .

Chris ·

Ek het nou nie tyd vir lang stories of enige iets nie so ek gaan dit kort en kragtig hou. Hou hulle geloof uit die skole uit tensy hulle al die gelowe ewe veel tyd wil gee. Anders hou jou geloof vir jou self en gaan Sondag kerk toe of wanner ook jou geloofs daggie dan wel is. Mense het die internet en meer en meer mense se oe gaan oop vir die bedrog spul wat geloof werklikwaar is. So ek sal nie gaan dink in jou kerk as jy nie kom bid in my skool nie

Gemsbok ·

Watter skool is joune, Chris? Dan vermy ek hom!

Maar moet nou nie kom en jou eis op my skool kom inslaan nie.

Dink en glo is nie uitsluitlik nie. Tewens, die twee vul mekaar aan.

Jean ·

Asof jy nie bid nie en ek nie dink nie.
Asof jy die hele internet gelees het.
Asof die christene wat in Sudan en Sirie en Iran wat huidiglik sterf vir hulle geloof, betrokke is met ‘n bedrog spul?
Asof dit JOU skool is i.p.v. ons skool.
Asof dit My kerk is i.p.v. die kerk van Jesus Christus.

Jesus Christus het ons Christene beveel om julle te vertel van Sy Genade. Dat jy jou kan losbreek van die donker wesens wat sulke indrukwekende gedagte dingetjies in jou oor fluister. Kan los kom van die donker leuens wat jy so aan klou maar tog gereeld smelt dit in poeletjies bloed wat dien as offerhandes aan jou god. Dis die bloed van die ware onskuldiges wat met slinkse definisies uit menswees uit gestem word. Jou aandeel aan die leuens is jou aandeel in die moorde.

Gee maar voor asof ‘n christen en ‘n hindu vir jou maar net dieselfde benede jou ding is, maar as jy uiteindelik voor die ware God staan wat jou in hierdie ligaam en hierdie wereld gesit het, gaan jy al die grepies van die internet wat jy gelees het onthou. Die leuens en die waarskuwings. En dis dan wat jou “gedagtetjies” skielik net vir niks gaan tel nie.

Die laaste keer wat jy met die Here gepraat het was dit dalk om Hom te vloek en te “beveel” om jou uit te los. Maar die volgende keer behoort dus eintlik ‘n bekering te wees. ‘n Skuld erkentenis. ‘n Smeekgebed om Sy redding.

John 9:41 Jesus said unto them, If ye were blind, ye should have no sin: but now ye say, We see; therefore your sin remaineth.

Asof die lees van web tuistes jou oe laat oopgaan. Tenmiste het jy ‘n bier.

Ant ·

En in hierdie reaksie van mede Afrikaners is die groot problem vir Afrikaners opgesluit. Ons is nie meer saamgesnoer as ‘n volk van God nie. So net soos die Britte en die Amerikaners veg ons met ons-self. Chris, Shannon, julle moet eers mooi dink wat die alternatief is vir ‘n volk wat nie God se waardes najaag nie. Wees versigtig op wie julle die rug draai…….

UT Mijnhardt ·

Die groter Maroela met die harde pit maak dit toe nou nie ,jammer . Ant ,Los maar vir Shannon en Chris om liewer koud te wees .Dit was voor ons tyd toe hierdie volk “saamgesnoer” was , Daar is Amerikaners en Britte wat heeltemal goed weet wie hul vyand is , ons een voor .My broers en susters daar oorkant is ook al n minderheid in hul eie land .Se vir mense wat is”God se waardes” dan is die reaksie , n mens moenie “TE” wees nie . Ons het al vir lank “alternatiewe waardes” en leef daarvolgens . Die alternatief van die”TE” , Dit pas ons net nou nie so lekker meer nie .

UT Mijnhardt ·

Chris en Shannon . Hoop hulle maak die geen godsdiens ding wetgewing . Dan sien ons n waterskeiding , die wat hul kinders in die modderpoel los en die die wat hul uithaal .Ant ,die geselekteerde Amerikaner en en Brit is meer op datum oor hul vyand as ons ! Hierdie”volk” wat jy van praat jaag lankal die alternatief , ons weet dit net nie .Jer_5:31″ die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê.” Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan? “Die “taken as prescribed by” DOKTOR kerklikheid het nog nooit iets goed ingehou vir die volk nie .Net verdeeldheid .My kinders was soos melaatses gehou deur MNR en ME toe ek se ons sal nie lewens orienteringklas of godsdiens bywoon nie , my rede aan hoof ,ons dien die God van die Bybel en wat julle leer verskil van die Bybel . Kry die’ mense van n baie geselekteerde herkoms en oortuiging uit die politiek uit ,uit die skole uit ,uit die “entertainment ” uit en bitter belangrik ,uit die kerke uit en voilaz” het jy n volk .Ons sal net navorsing moet gaan doen ,wie is ons ,waarvandaan, waarnatoe ,kultuur ens . Seleksie : kerklikheid OF om die lewende God van die Bybel te dien .Ek is ook n “gelowige” ,ek glo ook Jan van Riebeeck het in 1652 aan die Kaap geland ,maar dit doen vir my saligheid niks .maar ek word aanvaar deur die “hoof stroom” ,nouwel ..kerk en skool is nou op in daardie”hoofstroom”…. sonder n spaan . As jy weer sien moet DR en PROF en MNR n rerige werk soek . Is vd Dussen Hollands? Na SA geimmigreer so 1950 of wat ? Gmf

Wim ·

Die Grondwet bepaal dat daar nie teen enige persoon op grond van sy/haar geloof gediskrimineer mag word nie. Dis dan seker ook op grond van hierdie bepaling dat sekere skole en mense die stelsel gaan aanvat om Godsdiensbeoefening in skole te regverdig.

Ek is n oud-polisieman. In my loopbaan het ek nogal baie veranderinge moes maak. Die eerste groot groot verandering wat ons getref het was die skraping van die ontugwet. Skielik was daar nie meer n wet wat die manne (Vroue ook) wat daarvan gehou het om anderkant die kleurgrens te kuier, te verbied nie. Nog meer – die vroue wat meesal aan die verloorkant was in hierdie verhoudings kon nou wetlik gaan aansoek doen vir onderhoud sonder om bang te wees vir vervolging. Skielik was daar nou nie meer hierdie angstigheid om “daar” te gaan kuier nie want dit kon mos nou in die lig gedoen word en nie net in die duister nie en dit kon ook nou maklik bekend word.

Om terug te kom na Godsdiensbeoefening (Geloof, aanbidding , ens) in skole, net die volgende. In enige groep waar mense met verskillende geloofsoortygings bymekaar gegooi word is dit maar altyd n moeilike saak om te hanteer. Om wat ek se te verduidelik – net vinnig die volgende. Die Suid Afrikaanse Polisie is baie lief vir vergaderings Ek moes baie van hierdie vergaderings gaan bywoon het. Dan is daar iemand gevra om die vergadering met n gebed te open. Toe begin dit gebeur dat daar al meer en meer iemand is wat in n ander taal as Afrikaans die opening warneem waarna dit uitgeloop het op baie ongelukkigheid aangesien die helfde van die vergadering nie geweet het wat word gebid en of daar ooit tot God gebid word nie. n Wyse man het toe n voorstel gemaak dat daar voor elke vergadering geleentheid van stilte gegun sal word waar elke persoon dan self op sy eie manier die seen op die verrigtinge kan vra. En dit het vir my nogal vrede in my hart gebring.

Ek het die laaste aanhaling van die vergaderings nie sommer maar net gemaak nie. Die belangrikheid van die besluit het gele in die tweede laaste sin “..self ….”

Ek wonder of die mense wat so baklei dat hulle kinders in die skool blootgestel moet word aan geloof (Ek noem dit eerder Godsdiensbeoefening) al regtig mooi gaan sit en besin het waarvoor hulle vra. Hulle vra volgens my dat daar onderrig in geloof in skole moet toegelaat word. Dit sal dan seker Bybelstudie, Gebed en ander geloofsake insluit. My vraag is nou of daar bedoel word net Gristelike geloof of baklei hulle dat alle ander gelowe ook aandag sal geniet. Wie gaan byvoorbeeld hierdie Godsdiensonderrig gee. Gaan dit iemand wees wat verseker die onderrig uit die bybel gaan doen of miskien uit die Koran of hoe gaan ons weet. Weer eens gaan die taalkwessie n probleem wees. Daar kan maar geargumenteer word dat dit bedoel is vir Afrikaansmedia skole, maar wat dan van die ander skole.

Weereens my liewe geloofsgenoot, wat doen jy self aan hierdie kwessie. Gee jy self vir jou kind geloofsonderrig en Bybelstudie by die huis tydens huis Godsdiens of wil u agteroor sit en wag dat die skole en die sondagskool by die kerk jou doopbelofte vir jou moet nakom.

My mening is dat ons so verstrengel geraak het met Taal-, ras- en geslagkwessies dat die veiligste is om ons kinders self in hierdie sake op te voed en hulle te leer van kerkbywoning waar almal dieselfde geloofoortygings het. Daar kan ons in groepsverband die Here loof en prys.

Frik Lotz ·

Waarom mag skole nie Christelike waardes nastreef nie? Hoekom moet Christene altyd agteroor buig om ander tevrede te stel? Christene moet sterk staan op hul beginsels en nie n duit terugstaan nie. Gaan lees ook artikels by http://www.opinieplatform.co.za

Jean ·

John 9:41 Jesus said unto them, If ye were blind, ye should have no sin: but now ye say, We see; therefore your sin remaineth.

Tobie Louw ·

Hierdie OGOD hofsaak sou heeltemal onnodig gewees het as die menslike (en Bybelse) beginsel van “doen aan andere soos jy aan jouself gedoen wil he” eerbiedig is. Die doel daarvan, soos ek verstaan, is allermins om godsdiensbeoefening te verbied nie (alhoewel dit beter sou wees, want dan beperk jy dit tot binnekamer, gesin en kerk), maar op almal se gewetensvryheid te waarborg, sonder onregmatige bevoordeling of benadeling. My ervaring en vele ander s’n is egter dat die Abrahamitiese gelowe een en elk nie met ander of mekaar kan saamlewe nie, en hul sendingroeping so ernstig opvat dat hulle ander mense eenvoudig nie kan uitlos nie. My eie kind is deur die Bybelstudie-onderwyser as heks en Satanis voor ander kinders uitgekryt nadat ‘n koshuismaat vir die onnie gaan vertel het my kind het Harry Potter gelees. Ek het die onderwyser by die skoolhoof gaan verkla, en gedreig dat as hy nie verskoning vra nie, ek hom by die regime (wat ek geen vrede mee het nie) se provinsiale onderwysdepartement sal gaan verkla. DIT is waarvoor diegene wat OGOD se aksie teenstaan, probeer terugwen: die “reg” om vrydenkendes in die openbaar te verneder. Het die mense dan NIKS geleer uit die pak slae wat hulle (die Broederbondklieks) sedert 1994 by die ANC oor en oor kry nie?

G Eloff ·

Lees sy dit steeds ? Ken jy’ die agtergrond en inhoud ? Die skrywer edm ? Wat is die volgende boek Tobie ? Waar sien jy n “vrydenkende” kind oor 10 jaar ? Die godsdiens onderrig wat aangebied word in die skole is wel lou en is beter om dit glad nie te he nie . Dan skuif dit’ EN die verantwoordelikheid na waar dit veronderstel is om te wees . By die huis . Jy’ maak nou haar keuse vir haar , sterkte !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.