GroeiAfrikaans of ZibiAfrikaans?

Grafika: Nico Strydom

Grafika: Nico Strydom

Johann Basson, Faerie Glen

Wat is die verskil tussen CoolAfrikaans, SepieAfrikaans, WareAfrikaans, EgAfrikaans, TrotsAfrikaans, BeskaafdeAfrikaans en ZibiAfrikaans?

Wanneer is ʼn taal ʼn waardige taal waarvoor mens met kortstondige en kosbare lewenstyd kan stry, bronne op spandeer, betogings op universiteitkampusse hou, of selfs by die land se hoogste howe te gaan aanklop om taalbeskerming?

Wanneer het sprekers van ander tale respek vir jou CoolAfrikaans, SepieAfrikaans, WareAfrikaans, TrotsAfrikaans, BeskaafdAfrikaans of ZibiAfrikaans?

Die geskiedenis leer ons dat tale mettertyd verander, groei of doodgaan. Wat gaan die naam van ons Afrikaans oor 100  jaar van nou, binne of buite die Zibiblik, genoem word? ReënboogAfrikaans, WêreldklasAfrikaans, DodoAfrikaans, GroenAfrikaans, GroeiAfrikaans of WeetnieAfrikaans?

Toe die Grieke die Midde-Ooste regeer het, was Grieks die lingua franca, die gesogte taal van die geleerdes en diegene wat belangrik wou wees. Selfs die Bybel is in Grieks vertaal.

Toe die Romeine baas van die plaas was, was Latyn die gemenedeler taal.

Toe die Britte oor die grootste  seemag beskik het, was Engels die taal “for King and Empire”.

Toe die Amerikaners die septer swaai met sy tegnologie, wil die mensdom die tegnologies-gebaseerde wêreldtaal AcronymEnglish bemeester.

Toe die Chinese ……. toe kry ons ChinEnglish, ChinAfrikaans, ChinisiZulu en Chin-eSothu.

Wat presies is my boodskap?

Soos alle spesies, het elke taal in tydsverband ʼn eie kenmerkende DNS.

Soos alle spesies van organisme veranderinge met tyd ondergaan ten einde aan te pas, kompeteer, oorleef en voort te plant in veranderende omstandighede, net so ondergaan alle tale se DNS mettertyd ook mutasies of veranderinge weens eksterne invloede op die tale en hul gebruikers. Welke taal nie betyds en voldoende veranderinge ondergaan nie, het geen kliënte en derhalwe geen bestaansreg nie. ʼn Taal is daar om die mens te dien, nie omgekeerd nie. Geen taal is ʼn heilige koei nie. Net so moet ons Suid-Afrikaanse DNS (SA-DNS) betyds en voldoende verander, sodat ons ekonomies wêreldmededingend kan wees vir oorlewing. Die alternatief is SA-DNS en Afrikaans-DNS in die Zibiblik.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JoeV ·

Kommin Afrikaans is tans hoog mode. Advertensies sal byvoorbeeld aan die luisteraar aandui hoe vlak die is met Engelse kern frase van die advertensie in Engels. Jou kultuur is dus te onder ontwikkel om kern frase te kan weergee. Jou afhanklikheid om aanvaar te word as rweede rangs moet aangedui word ingeval jy dit dalk sou vergeet.

Pieter ·

Afrikaans en Engels word tans so erg vermeng, dat dit nie meer Afrikaans of Engels is nie, maarAFRI-NGELS (Afringels), bykomend tot die ander beskrywings hierbo! Wonder waar dit gaan eindig… Tog is ons basiese Afrikaans ‘n pragtige taal, wat nie moeilik is om te gebruik nie – selfs buitelanders is gaande oor Afrikaans en word dit deur verskeie lande se universiteite aangebied! Verskeie streeks- en kultuurvariasies (bv Kaaps en ander) word algemeen aanvaar en is deel van die oorsprong en kleurvolheid van ons taal. Maar waar twee tale blatant en kunsmatig vermeng word net om “cool” te probeer wees, breek dit beide tale af – selfs in jou breinfunksie verleer jy dan om enige van hierdie tale basies korrek te gebruik. Dan is dit ook nie deel van die natuurlike ontwikkeling en groei van ‘n taal nie, maar ‘n verslonsing daarvan. Baie dankie aan al ons jongmense wat met trots Afrikaans gebruik en bevorder – kyk ook gerus na die entoesiame by al die Afrikaanse spelkompetisies! Afrikaans is LEKKER!

Theresa ·

Ja – om Afrikaansvaardig te wees is regtig LEKKER! Daar is woorde vir meeste van die nuwe tegnologiese hulp- en gebruiksmiddels, maar min mense gebruik dit. Soms klink mens selfs “hoogdrawend” wanneer suiwer, beskaafde Afrikaans sonder uitsondering gebruik word. Ons sing darem nog in Afrikaans! Ons hou nog kerk in Afrikaans! Ons het nog mekaar om in Afrikaans saam te gesels en te kuier! Niemand kan jou keer om Afrikaans te benut nie. Maar ja, mens moet maar daarteen waak om ‘n taal nie so te vermeng met ander woorde dat dit later skoon vreemd klink nie. Sommer net ‘n stukkie aan mede-Afrikaans liefhebbers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.