Help, ek sukkel om regstellende aksie te regverdig

martin-de-beer

Martin de Beer. Foto: Verskaf.

Martin de Beer van Roodepoort, Gauteng skryf:

Persoon A bestuur roekeloos, skryf B se motor af en C moet die somtotaal van B se skade aan persoon D betaal (C is nie ʼn versekeraar nie en die partye ken mekaar glad nie)

Vir enige regdenkende mens is die gevolg van bostaande scenario dat die skuldige party verskoon word, die benadeelde se skade bly staan, terwyl ʼn ander onbetrokke bevoordeelde vergoed word deur ʼn ander onbetrokke benadeelde, in die afwesigheid van enige skuld aan laasgenoemde se kant!

Die bostaande is duidelik onbillik of onregverdig en eintlik bevind B en C hulself in presies dieselfde bootjie, ʼn bootjie met die naam “Benadeel Sonder Skuld”.

Sou die toevoeging van kleuronderskeiding aan enige van hierdie “persone” en enige rondskuif van kleurtoekennings tussen hulle die onbillikheid of ongeregtigheid ongedaan kon maak? Nee.

As ons nou beslis dat, na aanleiding van A se optrede teenoor B, almal van dieselfde ras as A (C) voortaan vergoed aan B en D, verander dit die onbillikheidsbeginsel glad nie – al wat verander is dat ons rassisme gebruik om die onbillikheid of onregverdigheid te probeer ontken.

Omdat B en C in dieselfde bootjie sit het Apartheid en Regstellende Stappe verbasend ooreenstemmende gevolge in my opinie? Albei voel vir my ewe rassisties van aard. Is hulle nie eintlik sinonieme nie? Vir die “verligte vromes” wil ek vra: “Can two wrongs make a right?

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Veritas

Hoe ons ookal daarna kyk, was apartheid nie sonder foute nie. Om die situasie net om te keer is net so verkeerd. Ek het daarby baat gevind in dié dat die staat vir my studies betaal het en dat werk vir my, as blanke, gereserveer was. My kinders wat niks met apartheid te doen gehad het nie, moet vandag hoor dat hulle, al kwalifiseer hulle vir ‘n betrokke pos, nie eers hoef aansoek te doen nie omdat die pos vir ‘n anderskleurige bedoel is. As dit nie omgekeerde rassisme is nie, sal die Springbokke môre die All Blacks met twintig… Lees meer »

bloues

Sa, wat jy eintlik wou sê is:
Dit is onregverdig dat mense wat nie deel was van apartheid se voordele nie, nou straf moet dra daarvoor.

JdV

Nee, dit is nie regverdig nie. Die bordjies is slegs verhang. “Radikale ekonomiese transformasie”, “regstellende aksie” is slegs sinonieme vir diefstal en rampokkery.

Jordaan

Vertaal asb jou artikel en stuur vir die Engelse pers ook – miskien is daar iewers iemand wat beinvloed kan word om die onregverdigheid van die huidige bestel te erken.

Vrede

NEE nie alle blankes het voordeel uit die Apartheidsisteem getrek nie .. Ek het absoluut geen voordeel daaruit getrek nie, en ook nie my kind nie. Ek het vir alles gewerk en vir alles betaal. Daar was ‘n klein groepie wat daaruit voordeel getrek het soos daar maar nou ook net ‘n klein groepie is wat uit AA en BEE en EE voordeel trek. So kom ons vergeet nou van apartheid na 23 jaar. Die probleem is die JONGMENSE wat niks met apartheid te doen gehad het en nie daaruit bevoordeel is nie en nie daarvoor gestem het nie word… Lees meer »