Herdenk ook die vroue in die geskiedenis

‘n Lesersbrief deur Marietjie Raath.

Goeie more, Suid-Afrika

Wat ʼn heerlike dag! Vrouedag!

vrou_arms_uitgestrek_sonsondergang_see.png

Foto: onestoneaway.com

Graag wil ek vra dat ons vandag ook die rol van ander vroue in die geskiedenis herdenk as net die rol van die ANC se Vroueliga

My gedagte gaan terug na 1904 toe die ACVV, die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging, gestig is. Hulle doel was om te veg vir die regte van Afrikaans as onderrigtaal in skole en het ook later ʼn welsynsorganisasie geword wat vandag nog bestaan.

Ek dink aan heldinne soos Nonnie de la Rey wat jare lank in die veld geleef het tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Sy het haar kinders gered van die verskriklike ontberings in Engelse konsentrasiekampe gedurende hierdie oorlog, en ook haar man, genl. Koos de la Rey, bygestaan en ondersteun. Lees haar lewensverhaal in “De la Rey: ʼn Stryd vir vryheid” van AWG Raath.

Ook ons vroue vandag! Patricia de Lille en Helen Zille. Ons weet wat hierdie ystervroue vir die Suid-Afrika van vandag beteken!

Elke vrou wat vandag in die rol van sakevrou, huisvrou, tuisteskepper en mamma staan – ons eer julle want dit is regtig so dat die vrou van vandag elkeen haar eie Drakensberg klim! Soos deur die eeue het vandag se vrou haar eie uitdagings. Ons vroue gaan nie lê en kerm oor hulle omstandighede soos sommige vroue in die land nie. Hulle staan bankvas agter hulle mans en dra hul kerke, kinders en land se belange op die hart!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cathy Kotze ·

Lê ook ‘n baie spesiale krans vir die slagoffers van vandag. Daar word elke 26 sekondes ‘n vrou of kind in Suid-Afrika verkrag. Dis duisende wie se lewens vir altyd gaan verander.

Soms dink ek diegene wat ly onder die vele vergrype van die huidige regering, se ellendes word té maklik onder die mat in gevee.

Wat-ek-lees ·

Kom ek begin sommer hier naby my waar my skoonmoeder blind was en uiters swaar kon loop maar nooit daaroor gemurmureer het. Standvastig en gelowig was sy. Sy was nes haar dogter ‘n formidabele baasbakster. Sy moes uit die aard van haar gebrek aan sig haar hand in die oond steek en het sodoende bepaal of die oond die regte temperatuur bereik het vir haar baksels.

hans ·

Stem nie saam oor die 2 vroue van vandag wat vereer moet word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.